Archive

Archive for the ‘humor’ Category

“Dis nie kwaai ver nie, maar jy gaan nog bietjie moet ry…”

September 10, 2010 Leave a comment

Ek het vir Soon Strydom belowe dat ek op sy troue sal preek toe ons nog albei Eerstejaars was in die Republiek van Kollegetehuis. Back in the day. So, toe sy groot dag uiteindelik aanbreek, het ek my belofte gestand gedoen en die roadtrippie Delmas toe aangepak.

Nou, wat veronderstel is om ‘n vinnige 3-en-‘n-half ure trip te wees, draai toe uit in ‘n vyf-en-‘n-half ure ekspedisie. Hoe op aarde het dit gebeur?

Wel, eerstens het my eie kar, die Wit Wonder, se battery daardie dag die gees gegee, tesame met iets by die fans, want hy het verskriklik geoverheat. Daarom is ek uiteindelik, meer as ‘n uur later as wat ek beplan het, uit Vryheid weg met ons 1996 Isuzu double cab.

Die pad tot op Newcastle was uneventful, soos dit gewoonlik is. Naby Utrecht het ek oudergewoonte afgeslack want jy weet nooit of die speedcops jou daar gaan verras met hulle teenwoordigheid of nie. Die padwerke met die stop-go bordjies is ook besig om verby die T-aansluiting verby te skuif, so dit maak dat ‘n mens nie so lank hoef te wag om die gedeelde pad te gebruik nie. Tog bly dit ‘n hassle, en toe ek Volksrust nader, moes ek net gou stop om my bene te rek. My lae rug raak nogal seer as ek bestuur, daarom bly ek by die 200km/2 ure stilhou reël.

Van Volksrust af tot op Standerton was die pad ook heel skaflik, met niks snaaks wat gebeur het nie. Twintig kilo’s buite Standerton bel Soon my en vra of my probleme uitgesort is. Op daardie stadium was dit 12h15. Ek bevestig dat ek goed oppad is en baie betyds daar sal aankom. Hulle het vir my plek in ‘n gastehuis georganize, en ek sou so ‘n bietjie daar gaan ontspan en myself rustig vir die troue voorberei.

Maar dis in Standerton waar die sports sou begin. Sien, gewoonlik ry ons sommer direk van daar af Leandra toe en dan van daar af Delmas toe. Die pad tussen Leandra en Standerton het intussen egter so gesdisintegreer dat geen ordentlike bestuurder dit aan sy motor wil doen om hom- of haarself op daardie pad te begewe nie. Daarom het ek raad gekry van ‘n detour Leandra toe via Kinross. Klink maklik genoeg, doen dit nie? Ja, as jy die pad ken!

Die aanwysings wat ek gekry het (en, ek bieg, nagelaat het om op te volg) het my net verduidelik tot by die Sasol-garage op Standerton. “Dan ry jy net daar uit.” So maak ek toe – min wetende dat daardie pad my reguit Bethal toe sou neem…

Nou ry ek op hierdie pad, wonder so ‘n keer of wat of ek nie maar gou by die petrolstasie moes seker gaan maak het nie, maar skud dan die gedagte af. Nee wat, Bethal, Kinross, Secunda, Trichard…als is mos net hier bymekaar. Iewers sal ‘n bordjie wees, is mos.

Maar die bordjie kom nie…en Bethal kruip al hoe nader…dis nou te laat om terug te draai en aanwysings te gaan vra. Pleks ek het.

Naderhand is ek verby Thutuka Kragstasie. Nou moet ek begin plan maak! Toe ek ‘n bordjie sien waarop staan ‘Trichard’, maak ek net daar ‘n U-turn en draai af op die distrikspad. Nou worry ek nie meer nie, ek ry net. Hierdie grondpad gaan volgens my inner-compass meer in die rigting waar ek wil uitkom, so here goes.
Op ‘n stadium kruis ek nog ‘ngrondpad en sien drie Afrika Mama’s voor my loop. Ek stop net daar en vra deur die venster:
“Sorry, ma, hoe moet ek ry om by Trichard te kom?”
“Trichard?”
“Ja.”
“Jy slat net hierdie pad, straight, straight, straight. Moenie afdraai nie. Jy sal by hom kom.”
Troef-vraag:
“Is dit ver?”
Troef-antwoord:
“Dis nie kwaai ver nie, maar jy gaan nog bietjie moet ry.”
Op dit kan jy niks terugantwoord behalwe “Dankie” nie. Daar gaan ek, straight, straight, straight.

Tot by ‘n T-aansluiting wat sy heeltemal vergeet het om te mention.

Instink laat my links draai en ek jaag op die ongelyk pad voort. Omtrent 10 minute later sien ek die pad sluit by ‘n teerdpad aan en my hart juig. Dis ‘n besonderse mooi pad vir hierdie omgewing – dalk het hulle die pad tussen Leandra en Standerton intussen reggemaak? Ek is meteens beïndruk met die Mpumalanga Padwerke. Maar ek sou gou agterkom dit is toe nie daardie pad nie – hierdie een is mooi omdat hy nie soveel verkeer hoef te dra nie! Dit is die pad Charl Cilliers toe.

Ek stop eers semi om te wag vir die trop skape wat die pad kruis – hulle het voorrang – en ry dan na die massiewe kerktoring wat jou al van ver af aanlok. Soos ek in ry, sien ek aan my regterkant ‘n gesin wat regmaak vir die Saterdagbraai. Ek ry te vinnig verby. T-aansluitng. Mmm, winkeltjie? Weer kom my aanwysings van ‘n groot swart vrou. Al die ander mense het te dronk gelyk om te help (sorry, maar regtig!).
“Hoe kom ek op Leandra?”
“Leandra?”
“Ja?”
“Mmm…jy gaan straight by hierdie pad (really?), dan gaan jy links. Maar eers na jy gekom het by Mahlababelbelbellebbeb…. (so iets).”
“Okay…dankie.”
Want ek weet mos waar is Mahlababelbelbellebbeb…. Ek weet nie eens presies waar ekself is nie, nog minder waar dit is. Maar hier gaan ons.

Magic! Genade! ‘n Bordjie sê: EVANDER. Juig! Hier moet ‘n petrolpomp wees wat my kan help.
Toe ek Evander binnery, sien ek die bordjie wat Mahlababelbelbellebbeb…. links wys. Kan jy nou meer. En by die Total-garage wys die Here We Go-aanwysingsbord dat my pad links na Leandra net verby dit loop. So, sy was reg!

Van hier af is dit maklik en naby en die pad verloop sonder enige werklike verdere insidente. Delmas lewer vinnig ‘n situasietjie op by die BP garage (ek het nie petrol ingegooi nie, net aanwysings gevra na die straatadres toe, vir die groen-bewustes onder julle!), maar tjop-tjop is ek waar ek moet wees. Nou is dit al 14h50 en die troue begin 16h00. Sharp.

‘n Paar foonoproepe en sms’ verder en ek het die sleutels vir die gastehuis, Hoffmann’s Guesthouse. Niks kan nou meer verkeerd gaan nie.

Guess again.

Toe ek by my bakkie uitklim, besef ek dat ek NOOIT my sak met my klere in ingelaai het nie…my kerkklere hang darem aan ‘n hanger, maar dis dit! Nie ‘n skeermes, tandeborsel, haarborsel, kontaklensseep, niks nie. Ook nie kerkskoene nie…

Die tannie van die gastehuis, Millie (ek weet nie wat is haar van nie, maar ek skat dis Hoffmann) maak toe ook die gewone aanbod: “Laat weet as ons met enigiets kan help!”
My versoek:
“Kan Tannie dalk vir my help met swart kerkskoene?”

Ek shower so soort-van sonder om my hare nat te maak, trek aan en sit af na die trou-venue toe.
“Jy ry net totdat jy die T-aansluiting kry.”
Niemand het gesê die T-aansluiting is 25km en drie klein dorpies verder nie…

Tien voor vier bel die bruidegom my:
“Tiaan, waar is jy??”
Nee, my vriend, ek is nou daar.

Eind goed, als goed. Die bruid was heelwat later as ek, so dit was fine. Die troue was mooi stylish, die bruidegom was emosioneel en die speeches lekker kort en die kos heerlik. Die open bar was ‘n bonus, maar ek het dit vir die ander gaste gelos, want die volgende oggend 10 voor 4 het ek met ‘n gejuig wakker geword en opgespring om terug te jaag Vryheid toe. Ek moes met die oggenddiens uithelp. Hierdie keer het ek die pad baie makliker gekry en my ligte mistykie by Standerton vinnig opgetel.

Moenie vra hoe ek gelyk, geruik of gevoel het nie, maar ek was 08h10 terug by die Klipkerk.

Rugbyweek en BAKGAT! en Global Day of Prayer en…

April 14, 2008 Leave a comment

Hallo, ek’s terug! Die afwesigheid was gevul met besige tye rondom foto’s verkoop by die Hoërskool Vryheid Rugbyweek, road trips deur die Noord-Vrystaat en die feit dat ek UITEINDELIK die movie BAKGAT! te siene gekry het (okay, dit het eers laas Vrydag begin, maar ek was ‘n extra so ek sien nou al uit vandat ons die ding laas jaar geshoot het!).

Die Vrystaat-road trip ding was toe ek vir my vriend Marinus se 21st in Bothaville was en van daar af Vryheid toe gecruise het. Ja, daar is ‘n grondpad tussen Edenville en Petrus Steyn. Ja, ek het hom gery met ‘n Nissan Champ. Nee, ek gaan dit nie weer doen nie.

Rondom Rugbyweek: dit was excellent om te sien hoe groot gedeeltes van my storie HEROES VAT DIE PUNCH voor my afspeel. Dit was lekker om te kyk hoe die week weer werk en hoe die dinge inmekaarsteek. Belangrik, want ‘n mens moet dit mos so believable as moontlik hou! En ek is trots om te sê, dit is. Natuurlik met sy ekstra twists en goed, maar die uitbeelding van die Rugbyweek self is darem heel akkuraat. Yay!
Die foto-verkopery was baie fun, met baie lag en jokes en lingo wat buite konteks net sif en glad nie snaaks sal wees nie, so kom ons los dit daar. Ek sê net: wys my jou muis…

Vir die wat nog nie van BAKGAT! weet nie, maak oop jou flippen oë en ore – jy bly in Suid-Afrika en dis die eerste official Teen Comedy in Afrikaans en dis vrek snaaks. Ek het regtig gelê soos ek lag. Die subplot met die twee “kwaggas” wat vir seksterapie gaan, is lekker sif, so wees gewaarsku. Maar die movie self is flippen cool. Dis eg Suid-Afrikaans en Henk Pretorius en sy span het die hele Afrikaanse Tiener-ding 100% raakgevat. Die tieners in ons gemeente wat dit al gaan kyk het, het my gevra om hulle by skool te kom uitteken sodat hulle dit weer saam met my kan gaan kyk! Haha.

Dit het my net weer laat besef hoe graag ek in daai bedryf wil ingaan. Man, ek wens ek kon vroeër al daardie keuses maak…maar okay, alles is voorbereiding, so ons vat dit een dag op ‘n slag. Die dominee-ding is op die ou end nie vir my nie. Sorry vir die wat anders gedink het! Ek is jammer as julle teleurgesteld voel. Ek is nie jammer oor wat ek met my lewe wil doen nie, though. Ja, om teologie te swot het vir my wêrelde oopgebreek en ek het goeie vriende gemaak en ek verstaan sekere dinge beter en ander slegter. Ja, ek bly lief vir die Evangelie van Jesus Christus en die verkondiging daarvan, maar ek wil beslis nie vir ‘n instansie werk wat meer gepla is oor die regering se betrokkenheid by Zimbabwe as by die dwelm-krisis in SA skole nie, of waar die koster van ‘n gemeente vir my sê hy sál al die ligte aansit omdat hy die koster is en hy so sê. Ek kan dit nie sien gebeur nie. Dis vir my lekker om ‘n boodskap aan mense oor te dra, maar ek dink ek gaan ‘n ander medium gebruik as ‘n preekstoel.

Ek love dit nog steeds, soos ek gesê het, om die Evangelie uit te dra sover ek kan. Dis waar die Gobal Day of Prayer-deurnag inkom. Op 9 Mei hou ons ‘n deurnag-gebedsaand by NG Doornpoort hier in Pretoria en hoewel ek bietjie stres, dink ek dit gaan suksesvol wees. Daar gaan bands wees, en ‘n versoeningskamer, en allerhande verskillende gebedstasies, so voel vry om ‘n draai te kom maak, dit kos niks en dit gaan oor ‘n gebedservaring. Ek weet ek het dit self nodig, so…

Ek het al gewonder wat sal gebeur as ek nie die jaar klaar maak nie. Dit sal seker ‘n spanner in die teologie-graad works gooi, maar as ek dit nie regtig meer nodig het nie…anyway, ons sal sien. Ek is per ongeluk ook te goed groot gemaak om ‘n ding net halfpad te doen! 😉 Alhoewel, ek het gehuil toe ek gister by die huis gery het terug Pretoria toe. Dit was die eerste keer vandat ek begin swot het dat dit gebeur het…maar hey, ons gaan aan en gister, in ‘n pakkie McNabs kry ek ‘n kaartjie wat sê: Do what you can, where you are with what you have. Toe dog ek: ja, okay, ek hoor!

So daarom gaan ek maar aan, intussentyd! Maar, soos ek vir my pa gesê het toe ek by die huis ry: hierdie jaar moet, wat werk aanbetref, net klaar kom…

Rugbyskoolstorie Deel 4: Die Party

February 2, 2008 Leave a comment

Okay, die waarheid is ek is amper klaar met die finale ding, so omdat niemand comment nie het ek maar net aangegaan. Ek post vandag 2 dele.

Juan gooi die springtou gefrustreerd in die hoek van sy kamer en val dan met sy sweterige lyf en al op sy bed neer. Hy haat dit om nie by die party te kan wees nie! Almal gaan daar wees – soos in álmal! Behalwe vir sy bekommernisse oor Rozaan, is dit tyd dat hy saam met die main manne kuier as een van hulle. Hy ken die meeste van hulle al van laerskool af en met sommige van hulle is hy al lankal redelike goeie vriende, maar nou is hy in ‘n spesifieke posisie as Eerstespan-skrummie en hy wil nie hê die ouens moet dink hy is eintlik ‘n softie wat eerder by die huis wil bly en bolle rol as om saam hulle te kuier nie. ‘n Mens word bitter vinnig uitgesluit. As jy nie jouself deel máák van die groep nie, gaan niemand dit doen nie, en as jy weer sien sit jy alleen. En om uitgesluit te wees van die Eerstespan terwyl jy vir hulle speel, is nie net ‘n gedagte wat vir Juan koue rillings gee nie, maar ook iets wat ongelooflik vernederend kan wees.
Dit het ‘n paar jaar vantevore met ‘n ou gebeur en die dorp het behoorlik gegons oor die outjie wat maar net nie by die span ingepas het nie. Allerhande belaglike bespiegelings het oor die arme ou rondgeloop, natuurlik die gewone ou simpel stories oor sy seksuele voorkeure wat die leitou geneem het. Dit was nie lank nie, toe quit hy in elk geval die span. ‘n Verlies, want hy was op daardie stadium die skool se vinnigste atleet oor 100m, 200m en 400m. Juan snork. Dit alles net omdat hy nie juis saam die main manne gekuier het nie. Hy sal nogal graag die regte rede daarvoor wou weet.
Juan staan op, neem die klein gymhanddoekie en vee oor sy gesig en bolyf. Hy wonder hoe lank sy pa beplan om hom gehok te hou. In die verlede het dit nog nooit langer as ‘n paar dae geduur nie, maar then again, hy het nog nooit steroïede-inspuitings by die skool ingespuit en is daarvoor gevang nie. Dit mag dalk sy pa se besluit ietwat kompliseer, dink Juan grimmig. Intussen doen hy drie keer ‘n dag sy cardio en hy drink sy supplements getrou. Dít volg hy presies volgens die voorskrif – na die affêre met die inspuitings het hy nie lus om ‘n bloutjie met dit wat hy actually mag gebruik ook te loop nie.
Sy kamer voel skielik te warm en Juan besluit om onder die stort te gaan inspring. Die strale water wat op sy gespanne skouers spuit, bied welkome verligting en Juan kan voel hoedat sy spiere effens skiet gee. Hoekom dinge by die huis ook so tense moet wees, weet hy regtig nie. Ja, goed, hulle was nog nooit sonder probleme nie, maar dit was nog nooit iets major nie – klein goedjies, af en toe. Maar deesdae…dis ‘n ander storie. Dis asof sy ouers opgehou het om met mekaar en met hulle te praat. Ja, goed, hulle práát nog fisies met mekaar, maar dis sulke niksseggende sinne, sulke leë woorde. As hy net kon verstaan wat aan die gang is, sou dit seker ook help. Iewers moet dinge tog weer begin beter gaan.
Juan skud sy kop. Dalk verbeel hy homself, dalk is dit sy hormone, dalk is dit puberteit. Hy móét net ontspan!
Dan besef Juan die absurditeit van sy gedagtes. Hel, al die druk van buite en hier pressure hy homself ook nog om te ontspan…dit tref hom soos ‘n nat vis deur die gesig. Man, dit is net crazy! Hy sal vanaand ‘n bietjie vroeër bed toe gaan, ‘n paar ontspanningstegnieke wat hy een keer in ‘n tydskrif raakgelees het probeer. Hy moet sommer ‘n slag Bybel lees ook, hy het heeltemal te lank laas. Hy voel ‘n bietjie soos ‘n hypocrite as hulle Sondagaande by die Jeug is. Die ander kinders dink sy geestelike lewe is fine, maar hy skeep dit eintlik heavy af. Miskien as hy dit regkry, sal die ander dinge ook in plek val.

*****

By Jacques Steynberg se huis is die partytjie in volle swang. Musiek dreun raserig die soel naglug in en orals is daar lywe wat op die maat daarvan dans. Skielik kom ‘n klomp van die ouens van die tuinhuisie se kroeg af na ‘n groep meisies toe aangestorm en gryp hulle om hulle in die swembad te gooi. Gillend protesteer die meisies halfhartig en met ‘n geplons en ‘n gespat van water beland ‘n hele paar van hulle in die groot swembad, die ouens inkluis. Frans, wie se idee dit was, gil uitgelate ‘n oorwinnigskreet vanuit die warm swembad.
Van waar hy eenkant op een van die patiostoele sit met sy hande om ‘n bier gevou, aanskou Rufus die situasie met gemengde gevoelens. Dis nie ‘n bad party nie. Die musiek is lekker, die atmosfeer is gesellig en daar was selfs ‘n reuse tafel vol allerhande snacks op – en nie sommer net chips en dip nie! Dit was duidelik dat een of ander gourmet chef ‘n paar lang ure in ‘n kombuis deurgebring het. Hy kon aflei uit die ander ouens se gepratery, en deur doodeenvoudig rondom hom te kyk, dat hier báie geld in hierdie huishouding teenwoordig is.
Wihan kom na hom toe aangestap met ‘n bier vir hul elk.
“Thanks, Wihan,” sê hy en klink syne teen Wihan s’n. Wihan vat ‘n groot sluk van sy bier.
“Wat sit jy so eenkant? Jy moet mingle, tjomma.”
“Ja, ja,” antwoord hy bietjie verleë. “Ek skep net ‘n bietjie vars lug. Dis flippen bedompig daar by die bar!”
Wihan lag en vat nog ‘n sluk van sy drankie.
“You got that right. Gepraat van warm, hier is ‘n paar hot girls by die hierdie party.”
“Jip,” stem Rufus saam. “Dit kan jy weer sê!”
Wihan babbel voort langs hom, maar Rufus besef skielik dat hy heeltemal vergeet het om vir Rozaan dop te hou, en nou kry hy haar nêrens te sien nie. Shit! Waar kan sy wees? O, crap, o, crap, o, crap! Juan gaan die lewe vir hom hel maak as hy vanaand opslip.
“Jy dalk vir Rozaan gesien?” onderbreek hy Wihan wat besig is om die meisies te rate. Wihan trek sy mond op ‘n plooi.
“Ek dink sy was een van dié wat in die water gegooi is. Hoekom?”
“Moet haar gou iets gaan vra,” antwoord hy vaag.
Wihan maak sy bier klaar.
“Okay. Ek gaan gou nog ‘n bier kry. Moenie sonder my waai nie, oraait? As ons saam ry huis toe kan ons mekaar darem opcheck dat ons veilig is!”
Rufus lag.
“No sweat.”
Met sy oë soek Rufus tussen die laggende, gillende meisies in die swembad en sien dan vir Rozaan waar sy en Lisa in die water rondplas. Op die ingewing van die oomblik trek hy sy hemp uit en spring ook in. Die ouens is besig om die meisies te dip en in die water rond te skiet en skielik is dit die perekte geleentheid vir hom om te join.
Toe die meisies sien dat Rufus saam met hulle in die water is, klink die gille so hard en so deurmekaar op dat ‘n mens nie kan agterkom presies om watter rede hulle histeries raak nie. Frans kry ‘n kleinerige plastiek-rugbybal van êrens af en gooi dit na hom toe.
“Toe, meneer Waterkloof, wat sê jy: dink jy die girls kan die bal by ons kry?”
Rufus sien die uitdagende kyk in Frans se oë en weet hierdie is ‘n maak of breek punt.
“Nie as dit van my afhang nie!” sê hy dan met ‘n glimlag, gooi die bal terug vir Frans en swem dan nader. Die ander ouens sien dit raak en hulle kom almal blitsvinnig bymekaar, terwyl die meisies eenkant op hul eie groepeer.
“Okay, manne,” begin Frans en sy oë vonkel stout. “Daar is net een ding waaroor ons gou moet praat: wanneer ek skree ‘knoffel’, vergeet van die bal en duik vir ‘n girl se ass. Boudbyt!”
Die ouens bars kliphard uit van die lag en die meisies kyk wantrouig in hul rigting.
“Stefan, jy gaan diep. Rufus, sorg dat jy oop bly. Die res van ons, sprei uit en moenie laat ‘n klomp girls ons name gat maak nie. Oraait?” Ondeund lag die ouens saam en neem dan stelling in. Die meisies is ook klaar gekoukus en versprei deur die swembad.
“Reg?” skree Frans en gooi dan die rugbyballetjie hoog die lug in.

*****

Dis donker en stil in die Steyn-huis, maar Leon lê wawyd wakker in sy bed. Hy wonder wat gaan by Jacques se partytjie aan? Man, hy sal wat wou gee om daar te wees! Frans het vroeër die aand vir hom ‘n foto of wat ge-mms en dit lyk regtig soos die partytjie van die jaar. Okay, die eerste prentjie was van Frans wat met ‘n uitgesteekte tong voor die bar staan, maar nogtans. Die ander prentjie het darem ‘n groter view van die party self gegee.
Leon spits sy ore om te hoor of sy pa snork. Dis tjoepstil in die huis. Vir ‘n oomblik oorweeg Leon die gedagte om uit te glip en op ‘n manier by die party uit te kom. Dis min genoeg dat ouens van die twee aartsvyand-skole saam kuier. Ja, sure, almal ken wedersyds iemand in die ander skool en almal het oor en weer vriende, maar daar is min partytjies wat regtig só groot is en wat almal akkomodeer. Gewoonlik, as daar ‘n party is, hou die ouens van dieselfde skool maar bymekaar. Op die rugbyveld is daar in elk geval geen genade nie, maak nie saak hoe close buddies julle is nie. Daar gaan dit om net een ding: die groot, blink trofeë waarom die twee skole elke jaar meeding. Hulle val in dieselfde liga en moet teen mekaar meeding, maar hulle is ook tradisioneel opposisieskole en daarom het die skoolhoofde dit al lankal goed gedink om hulle om ‘n trofeë te laat speel.
Leon kan nie wag vir die Derby-dag nie! Hy raak sommer opgewonde as hy net daaraan dink. Van vroeg af al wemel die sportgronde gewoonlik van die mense – skoolkinders, familie, ondersteuners, werwers en keurders. Hy voel hoe die vlinders in sy maag met eens lewe kry. As hy vanjaar die keurders kan beïndruk…hy wil bitter graag in sy lewe Cravenweek speel. Op laerskool het hy, hoewel hy heelwat skraler was as die ander outjies van sy ouderdom, dit tog gemaak tot op streeks-provinsiale vlak. Hy onthou nog hoe lekker dit vir hom was toe hy een van die keurders aan ‘n ander hoor sê het toe hy verby hulle stap: “Jitte, daardie mannetjie tackle darem maar ‘n hond uit ‘n bos uit! ‘n Mens kan sien hy’t hart.”
Hy het nie omgekyk nie en aangestap asof hy dit nie gehoor het nie, maar sy hele binneste het sommer so geelwarm geword van lekkerte. Wow! het hy gedink. ‘n Provinsiale keurder dink ek het hart.
Dit sou egter nie heeltemal genoeg wees om hom tot op provinsiale vlak te neem nie en sedertdien is dit een van Leon se groot drome. Die afgelope paar jare het hy homself daarop toegespits om ‘n spesialis op sy posisie te word. Hy het elke Sports Illustrated en SA Rugby waarop hy sy hande kon lê, verslind en alles oor senters, en veral binnesenters, ingedrink en toegepas. Oor naweke sou hy een van die duiksakke by die skool leen en dan agter in hul erf, vir ure aanmekaar, sy skouers teen die sak gooi. Laag ingaan, Leon, laag ingaan. Albei skouers, leer om met albei skouers te kan tackle.
In ‘n poging om te oefen hoe om ‘n bewegende opponent te lak, het hy die duiksak een dag aan die wasgoedpaal se een windmeularm vasgemaak. Hy het die wasgoedpaal so hard as moontlik gespin, ‘n vinnige draai gehardloop en op die sak afgestorm. Met die duikslag het hy die hele paal saam hom geneem en besef dat die plan dalk nie so lekker gaan werk nie. Sy pa moes die oggend werk en nog voordat hy terug by die huis was, was die paal weer op sy plek. Toegegee, die een arm het bietjie meer gebuig gelyk as voorheen, maar toe Fanie Steyn die middag by die huis kom en die wasgoedpaal sien, het hy net effens gefrons, stip na die paal gekyk…en toe ‘n trekkie van ‘n glimlag op sy gesig gekry.
Al die ekstra ure wat hy ingesit het, het vrugte afgewerp en dit is een van die redes hoekom hy al die vorige jaar by die Eerstes se oefengroep ingesluit was. Sy dodelike plettervatte is wyd bekend en dis vir hom wat Leon is, lekker om te weet daar is iets waarin hy vrek goed is. Nie dat hy noodwendig daarop uitgaan om die ouens onnodig af te skryf nie, maar dit bly ‘n kontaksport en ‘n tawwe een daarby! En dit is tog lekker om te hoor hoe ‘n opponent sy wind met ‘n harde hikgeluid verloor.
Leon luister weer of hy sy pa kan hoor. Nog steeds is daar geen geluid nie. Vir ‘n sekonde of twee oorweeg hy dit om tóg na die partytjie toe uit te glip. Hulle sal nog nie nou al klaar wees nie, dit weet hy goed. Dan besluit hy finaal daarteen. Om daar te kom, beteken hy sal óf fiets moet ry, óf hy sal sy pa se bakkie moet steel en dit gaan beslis sy pa wakker maak. Nee, die risiko is net té groot. As hy sy pa nou gelukkig hou, kan hy dalk die volgende keer meer toegeeflik wees.

*****

“Stefan!” skree Rufus en gooi die rugbyballetjie, wat hy sopas by Corna afgeneem het, vir die ander seun. Die meisies stoei hard om besit vir die balletjie, maar dis duidelik ‘n spul kranige rugbyseuns wat saam hulle in die water is en hulle maak dit nie vir die meisies maklik nie. Hier en daar behaal hulle wel sukses – Corna is immers Hoërskool Bergkruin se Eerste Netbalspan-senter en sy en haar eweknie van Ewoud Heymans maak vanaand ‘n goeie span.
Corna duik voor Frans verby en dis net die oomblik waarvoor hy gewag het.
“KNOFFEL!” bulder hy skielik en onmiddellik is daar chaos in die verhitte swembad soos wat die ouens duik om elkeen ‘n meisie aan die boud te hap. Dit vind met gemengde welslae plaas en dis eintlik maar net ‘n geskree en ‘n gelag en baie water wat gespat word. Lisa trek selfs met ‘n elmboog los en tref vir Stefan solied op sy neus.
“Aaah!” skree die seun en hou sy bloeiende neus vas. “Son of a bitch!”
Die ander ouens lag vir hom en Wihan, wat ook kort ná die begin van die aanvanklike speletjie ingespring het, help hom uit.
Rufus sien hoedat Rozaan vir ‘n ietwat verbaasde, maar tog trotse, Lisa niksvermoedend gelukwens, terwyl Frans regmaak om agter haar in te duik. Hy wonder of hy dit moet keer. Dit tel seker nie as vry nie, maar…Toe hy sien dat Frans onder die water ingaan, doen hy dieselfde en swem nader. Net voordat Frans op sy prooi kan toesak, stamp Rufus hom eenkant toe en maak asof dit eintlik hy was wat vir Rozaan gemik het. Die twee seuns breek saam die oppervlak van die water.
“Sorry, ou, my fout,” maak hy kamstig verskoning. Frans sluk die aas.
“Nee, no worries,” sê hy en vervolg dan fluisterend. “As ek geweet het jy wil haar vanaand score, sou ek nie vir haar gegaan het in die eerste plek nie!”
Rufus lyk ‘n oomblik uit die veld geslaan.
“Hoe nou?”
Frans sit sy arm om sy nek en trek hom na die rand van die swembad toe.
“Die ou wat dit regkry om ‘n girl se boud te byt, het eerste dibs op haar en sy is off limits vir die ander ouens vir die res van die aand. Ken jy nie die game nie?”
Rufus lag en vee met sy hand die water van sy gesig af.
“Nie daardie version nie! Pleks jy sê my?” gaan hy gemaak-ernstig voort.
“Jip,” gaan Frans voort. “Man, ek sou nie gemind het om daai gat ‘n hap te gee nie. Haar boyfriend is nie eens hier om my te stop nie. Dalk moet ek tog try om haar om die hoekie te lei.”
Dis presies wat Rufus bang was hy sou sê en probeer dan Frans se aandag op iemand anders fokus.
“Wat van Corna? Sy’s nogal hot en losserig.”
Frans skud sy kop.
“Nee dankie, pêl. Been there, done that, got the sifilis. Nie weer nie.”
Rufus se mond val in ongeloof oop.
“Genuine?”
Frans knik instemmend en ietwat verleë.
“Ja, so…nee, ek raak nie weer aan daai girl met ‘n tang nie. Jy kan haar maar kry as jy wil.”
Rufus keer heftig.
“Nee, dis okay, thanks. Ek het in anyway ‘n…”
Hy sny sy sin in die middel stomp-af. As hy nou vir Frans moet laat weet hy het ‘n meisie, gaan dié by hom wil weet hoekom hy vir Rozaan soek en hy is nie lus om dit nou alles te verduidelik nie.
“Ek bedoel, ek moet ‘n draai gaan loop,” probeer hy cover.
“Pee sommer in die swembad,” laat hoor Frans van hom. Rufus lag, klim dan uit en steek sy hand na Frans toe uit om hom ook uit te help.
“Dis ‘n nommer twee, pêl. Mense gaan dit sien.”
Frans kry meteens ‘n idee.
“Was daar nie sulke Lunch Bar-goed op daai tafel nie?” vra hy en hardloop dan gly-gly na die groot tafel toe met die eetgoed op.
Rozaan het ook uit die swembad geklim en staan eenkant met ‘n handdoek om haar lyf en gesels met Lisa en ‘n paar van hul ander vriendinne. Rufus kan sien hoekom Juan vir haar gegaan het: die girl is ‘n absolute babe! Haar swemklere beklemtoon elke stukkie van haar pragtige lyf en haar nat, gitswart hare wat nou in sulke slierte op haar skouers hang, is genoeg om enige ou heeltemal van sy sinne te beroof.
Rozaan kan uit die hoekie van haar oog sien hoedat Rufus haar aanstaar. Jeepers, ouens is darem so obvious! Dit lyk nie eens asof hy dit probeer wegsteek nie. Wel, een van die redes hoekom sy by hierdie party is, is tog om ‘n ander ou te vry en Rufus is by verre die hotste ou by die partytjie.
“Jy weet hy check jou uit, nè?” vra Lisa skelm.
“Uh-huh,” sê Rozaan.
“Jy weet hy kom hiernatoe aangestap, nè?”
“Uh-huh!”
Rozaan voel opgewonde. Dis nie asof sy iets meer by hom soek nie, maar sy gaan beslis nie nee sê as hy haar na een van die tuin se donker hoekies toe trek nie.
“Hey,” sê Rufus toe hy by hulle kom.
“Hey jouself,” groet sy vriendelik terug. Tergerig gly haar oë onverbloemd oor sy sterk lyf. Rufus sien dit. Oh boy, dink hy. Hier kom moeilikheid.
“Wil jy gou saam met my…ek gaan gou…” Rufus sukkel om die woorde uit te kry op só ‘n manier dat sy nie die idee kry wat hy dink sy het nie. Rozaan het egter lankal daardie idee en sy vat hom net aan die hand.
“Kom.”
Sy lei hom na die westekant van die groot tuin, in die rigting van die tennisbaan, waar daar baie groot struike is wat die sig van nuuskierige koekeloerders sal versper. Die gras is ‘n week vantevore gesny en is sag en klam onder hul kaal voete.
Toe sy seker is dat niemand hulle kan sien nie, sit Rozaan haar hande om Rufus se nek en trek hom nader.
Dit vat elke greintjie wilskrag wat hy bymekaar kon skraap, maar net voordat hulle lippe mekaar ontmoet, keer Rufus haar.
“Rozaan…”
Rozaan, wat al haar oë toegemaak het in afwagting op die soen, kyk hom tergerig aan met haar neutbruin oë.
“Wat nou, jou sexy ding?”
Rufus weet dat as daar medaljes vir dié soort ding was, het hy verseker ‘n goue gekry, want weer ‘n keer weerstaan hy die versoeking om tog maar toe te gee en die girl vuurwarm te vry.
“Dis…dis Juan,” kry hy dit uiteindelik uit.
“Wat van hom?” vra sy kort-af. Hel, dink Rufus, nou moet ek my woorde mooi kies!
“Hy…ek en hy het vanmiddag na skool bietjie gechat en goed en ek weet dit klink weird omdat ons die eerste slag toe ons mekaar ontmoet het nou nie juis gebond het nie, maar ek dink dat ons dalk pêlle kan wees. As ek nou sy girl sou score…dit sou dinge net opneuk.”
“So, jy kies my ou bo my?” kom Rozaan se onverwagte vraag. Rufus maak haar hande, wat nog steeds om sy nek gevou is, los en hou dit dan in sy sterkes vas.
“Dis nie dit nie, glo my. Onthou, ek het ook nog ‘n meisie. Ons sou albei nou gecheat het, besef jy dit? En ek dink nie dat Juan of my girl dit van ons af verdien nie. Wat dink jy?”
Rozaan sug saggies. Hy het ‘n punt beet.
“Ja…dis net…” begin sy, maar ou dan op. Sy kan nie glo sy gaan haar gevoelens met hierdie hunk deel terwyl sy hom eintlik wou vry nie, maar nou ja.
“Sien, ek en Juan het op ‘n vreeslike romantiese noot afgeskop en alles was net perfek, jy weet. Ons was dié couple toe die skool weer begin het. Almal het gesê ons pas so goed bymekaar en alles was net soos dit moet wees.”
“Nou hoekom wil jy dan op hom cheat?” vra Rufus.
“Want…ek is nie seker hoe ek oor hom voel nie. Ek dink hy is liewer vir my as ek vir hom en ek is bang sy jaloesie vernietig ons altwee,” kom dit vreeslik melodramaties.
“Wat?” lag Rufus. “Dis die grootste klomp crap wat ek nog van ‘n girl af gehoor het!”
Rozaan rol haar oë.
“Ja, okay, vergeet van die jaloesie-stukkie, maar die res is actually waar. Hy is ‘n moerse nice ou en alles, ek is net nie heeltemal seker of ek reg is om die verhouding ernstiger te neem nie.”
“Nou vir wat sê jy dit nie reguit vir hom nie? Ons ouens like dit as girls ons in hulle vertroue neem, weet jy.”
Rozaan voel skuldig.
“Jy’s seker reg.”
“Natuurlik is ek reg. Ek is ‘n ou.”
Rufus besef meteens hoe dit geklink het.
“Ek bedoel, ek is reg oor hoe ons ouens dink,” probeer hy opmaak. Rozaan proes toe sy sy ongemak sien.
“Relax! Ek is nie een van daai feministiese bitches nie. Aaah! Julle ouens kom ook met moord weg, weet jy?”
Rufus bloos en hy kan sweer sy kan in die maanlig sien hoe rooi hy word.
“So, is jy nog lus om te bly? Of gaan ons waai?”
Rozaan vee haar hare uit haar gesig uit.
“Kom ons gaan. Ek gaan net vir Lisa sê. Maar kom ons hou hande vas as ons van hier af loop, dan keer dit sommer die unwanted attention ook!”
Hierdie keer stap Rufus voor en eers toe hulle by haar vriendinne is, los hy haar hand.
“Ek kry net gou my hemp en my helmet.”
Terwyl sy ‘n opgemaakte storie vir haar opgewonde vriendinne vertel, tel Rufus sy hemp, wat nog al die tyd op die patio-stoel gelê het, op en pluk dit oor sy kop. Hy sien vir Wihan, waar hy en die ander manne by die bar staan en kuier. Wihan sien hom ook raak en kom aangestap.
“Gaan ons spore maak?” vra hy. Rufus knik.
“Jip. As jy reg is?”
Wihan sluk die laaste slukkie bier af.
“Let’s go.”
Teen die tyd dat hulle by hul motorfietse kom, wag Rozaan en Lisa al klaar vir hulle daar. Rozaan klim agter by Rufus op en Lisa gaan sit agter Wihan. Sy slaan haar arms om Wihan se lyf en hy glimlag skielik breed.

*****

Toe Juan se selfoon uiteindelik piep, is hy nog wakker. Hy het, nadat hy ‘n hele spul ontspanningstegnieke toegepas het, begin Bybel lees, die storie van Daniël, en dit het hom so gefascinate dat hy nie kon ophou nie.
Juan kyk op sy selfoon:

Als was fine. Jou girl is safe. Sien Maandag.

Verligting spoel deur hom en Juan glimlag. Dit moes eintlik nogal baie van Rufus gevat het om Rozaan vanaand so die heeltyd op te check. Hy skuld die ou groot!
Dan skiet ‘n ander gedagte skielik vir Juan binne. Hy moet vir Rufus bietjie saamvat Jeug toe. Dis ‘n heelwat gesonder omgewing as Jacques Steynberg se parties en hy soek al lankal ‘n vriend om saam hom te gaan. Ja, hy sal hom môre sms en sê hy moet saamkom.
Binne oomblikke is Juan vas aan die slaap.

Stranddiens #01: 1-9 Januarie 2000

December 10, 2007 Leave a comment

Stranddiens #01: 1-9 Januarie 2000

Ons eerste stranddiens na TO Strand toe het eintlik baie toevallig gebeur en was veronderstel om net ‘n eenmalige gebeurtenis te wees. Sien, RAU (toe nog RAU!) het altyd twee vol spanne gestuur gedurende die Desember-vakansie: een span wat vir twee weke gegaan het tot net ná Kersfees en dan ‘n tweede span wat dan so van die 26e tot 7 Januarie daar sou bly. Die mense wat die oord ken, weet ook daar is blokruilings van vakansiegangers wat in en uit beweeg.

Dié betrokke jaar kon RAU se 2e span net tot Nuwejaar bly – ek weet nie hoekom nie – en hulle het dus iemand nodig gehad om die gaping te vul. Die onderbestuurder van TO Strand op daardie stadium was Jan Erasmus – ons een predikant by NG Vryheid Moedergemeente, Ferdinand van Niekerk, se swaer. So, hy bel toe ons gemeente en hoor of ons nie lus is om ‘n span te stuur nie – sommer maar net, kyk wat ons kan doen, jy weet, niks heavy nie. Oom Ferdinand en sy gesin was ook ou bekendes aan die oord en aan dit wat die stranddiensspanne daar gedoen het en hy stem toe in.

Die Jeug by Vryheid Moedergemeente was in daardie tyd nie baie groot nie, maar dinge het tog begin optel. Die probleem was egter om mense so laat in die vakansie te kry wat nog nie ander planne gehad het nie en dus kans sou sien om op ‘n stranddiens te gaan (nie dat ons regtig geweet het wat dit beteken nie – ons het nie eens geweet waar die plek is nie!). Maar op die ou end was ons 19 mense altesaam: span, geestelike leiers en kosma en haar dogter ingesluit! Die amazingste van dit was dat ons dit alles bymekaar gekry het in ‘n week. Op die ou end het ‘n groot gedeelte van die span bestaan uit kinders wat in ons selgroep van daardie tyd was.

Natuurlik moes ons T-shirts kry, en dom genoeg besluit ons op wit, met sulke cheap print op. Okay, die print was nie heeltemal ons skuld nie – die printing plek het nie met die design gedoen wat ons in gedagte gehad het nie, maar ons gaan toe nou met hierdie dun see-through wit hempies en die slagspreuk (beleef die awesome alliterasie): “Bly Aan Die Brand Op Die Strand”. Ja, ek weet.

En so, op die eerste dag van die nuwe millennium, sit ons toe in ‘n konvooi bakkies en karre af TO Strand toe…

Die eerste dag of wat was dit reënerig en ons het dit gebruik om onsself te oriënteer en die plek te verken. Ons kon darem OordBybelstudie en Poppekas hou, want dit was in die saal en speletjies in die aand ook. Later, toe die weer beter was, het ons touch rugby en sandkasteelkompetisie en sulke goed in die oggend op die strand gehad. In die middag het ons met die kinders in die swembad gespeel.

Die lekker ding van daardie kamp was dat daar GEEN reëls was nie. Niks. Daar was nie inkomtye en sulke goed nie. Jy het gaan shower wanneer jy ‘n kans gekry het en jy het gaan slaap wanneer jy wou, solank jy die volgende oggend vir bewuswording op die strand was. So, sommer die eerste aand al na ons afgesluit het, is so vier van ons af strand toe. Ek het in daardie tyd my oog gehad op ‘n girl met die naam Sonèl de Bruin, en wat is dan nou meer romanties vir ‘n 16-jarige as ‘n maanlignag op die strand? Hmm…

Ja. Daar sou egter niks van kom nie, want ek en Sonèl het net so gaan sit, toe hoor ons ‘n vreeslike geskree en lawaai. Dit is toe 3 ouens (2 van hulle sou ons later jare dikwels weer daar raakloop) wat so standerd 9, matriek se kant was, ‘n jaar of twee ouer as ons – Bertie, Etienne en Willem. Hulle hardloop daar op die strand rond met plastiekstoele wat hulle by die gamesroom gevat het en sulke lawwe goed. En omdat ons aangesê is om almal te groet en na die vakansiegangers uit te reik, het ons met hulle pelle gemaak en saam met hulle soos mal goed rondgehardloop. Eenuur die oggend op TO se strand. Dit was die eerste mense met wie ek vriende geword het op TO Strand (my score was natuurlik heeltemal daarmee heen!).

Dit sou van die lekkerste paar dae van my lewe word. Nie net omdat ek lief is vir die see oor die algemeen nie (TO het die lekkerste swemstrand waarvan ek weet), maar ook omdat dit die tipe ding was wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie en dit nou kon doen saam met vriende en mense wat vir my omgee. Onthou, ek was nie baie gewild rondom standerd 7, standerd 8 se kant nie en vir ‘n tiener is die soeke na aanvaarding en standvastigheid dan redelik huge, so hierdie was presies wat ek nodig gehad het.

Daar was ‘n paar skreeusnaakse tye ook gewees. Een van die kere wat ons huisbesoek gedoen het, het ontaard in ‘n stryery tussen die spanlede by ‘n gesin vakansiegangers se karavaan oor watter hoërskool in Vryheid die beste is. Die vakansieromanses het ook nie agterweë gebly nie en gou-gou was daar ‘n couple of twee in die span en buite die span-ish.

Sonja Herholdt het ook ‘n konsert daar gehad. Oom Ferdinand-hulle het ons so half-en-half verplig om die aand die konsert by te woon – sy seun, Ferdinand Jr (of Boeta, soos almal hom genoem het) moes haar spotlight vir haar doen. Dit was net so voor Reconstructing Alice, so dit was die laaste dae van die ou Sonja – net om julle ‘n idee te gee. Ons sit toe die middag ná Poppekas buite die saal terwyl hulle opstel en Anelda, Sonèl se sussie, sê toe: “Ek weet nie hoe ek vanaand gaan wakker bly en na hierdie boring show gaan kyk nie.” Met Sonja wat reg agter haar uitkom en vra:
“Wie is boring?”

En dan was daar Mariet. Net gou ‘n nota: ons stranddienste is gewoonlik gekenmerk deur een of ander persoon wat eintlik half die odd one out is, maar ook saam is, en so aan…dié persoon verskaf kleur en geur, selfs al staan hulle ietwat uit en dié girl was hierdie slag die Odd One Out. Sy het byvoorbeeld T-shirts gedra met heavy Draai-Of-Braai slagspreuke op, wat die kinders half afgesit het. Sy het ook een keer in die groep gesê dat as jy tydens Praise en Worship nie bedoel wat jy sing nie, gaan die demone in jou inkom…

En sy’t gerook. Nou, ek is lankal verby die ding van rook-drink-vloek is die Onheilige Drie-Eenheid, maar in daardie tyd was ek nie en nie een van die ander kinders ook nie. So, toe ons dit uitvind, besluit ons om dit te exploit. Ek, Werner, Landie en Marlene kry toe haar pakkie sigarette in die hande, breek die filters af en los vir haar ‘n nota: “Uitgevang!”

Okay. Ons was 16. Tieners is evil en irrasioneel en dis hoe hulle dinge dikwels hanteer. So sit ons toe ook die een aand almal agter die bungalows waar die ouens en meisies geslaap het (ja, aparte bungalows!) en gesels. Sommer so random, die hele groep van ons. En dit raak toe nogal loud en Mariet, wat vroeër die dag vir haarself ‘n kierie gekoop het by die verkopers by die ingang na die strand, kom toe uit.
“Kan julle asseblief sagter, daar is mense wat probeer slaap!” het sy uitgebars. Okay, dis seker waar, maar dit was ook maar half elf – nog nie regtig só laat nie.
“Ag, Mariet, ons mag nog gesels,” het Anelda teruggekap. Mariet draai toe brom-brom om en gaan terug na haar bed toe. Natuurlik begin ons toe almal haar bespreek en oor haar lag. Odie vat toe ‘n lemoen en gooi dit kliphard teen die agterste muur van die girls se bungalow – presies waar Mariet se bed is!

Toe was sy woedend. Sy het uitgekom (met haar kierie) en vir ons kom sê:
“Julle behoort ander mense te respekteer as hulle wil slaap!”
Waarop Anelda antwoord: “Ag, Mariet, kyk jy na jou rookprobleem en dan sal ons na ons probleme kyk.”
“Dis damn moeilik om op te hou,” het Mariet kwaad gesê.
“Ja, wel, dis damn moeilik om nie te lag nie,” het Anelda geantwoord. In ‘n stofwolk van woede storm Mariet toe daar weg (met haar kierie) na die telefoonhokkies onder by die saal toe (ons het toe nog nie almal selfone gehad nie): “EK GAAN NOU MY OUERS BEL!”
Dis toe darem later uitgesorteer. Mariet was nooit weer saam Stranddiens toe nie. Sy is vroeër vanjaar getroud en ek hoop sy het ‘n gelukkige huwelik.

Louis en Malan, twee van die ouens op die span het ook die een aand besluit om die girls bietjie bang te maak. Hulle sê toe vir Marnie, Oom Ferdinand se dogter, dat hulle dit gaan doen – net sodat iemand aan die binnekant darem weet. Hulle klim toe die een aand laat met besems bo-op die girls se bungalow se dak. Nou, die bungalows was toe nog sulke houthutte met asbesdakke – vrek warm en bietjie onprakties vir ‘n seekamp, maar wat kan mens nou doen.

Malan en Louis begin toe met die besems op die dakke vee. Die geluid aan die binnekant van die bungalow was baie scarier as wat enigeen kon dink. Met een sprong was Landie bo-op Marnie se bed en sy probeer toe net die verskrikte girls kalm hou. Albertha sê toe dat hulle doodstil moet bly en bid (Marnie, in die meantime, sukkel so om haar pose te hou, dat sy dit amper nie meer kan regkry nie). Toe die meisies doodstil is, skree Albertha meteens: “WYK SATAN!”

Die laaste aand van die Stranddiens het ons ‘n sokkie gehad. Na die tyd het ons die kosma, Tannie Henriëtte Wasserman, se dogter, Carien, by die huisie waar hulle gebly het, gaan aflaai. Omdat die spanleier, Etienne Nel, die enigste ou was wat ‘n lisensie gehad het, was hy die enigste een wat toegelaat is om ‘n voertuig te bestuur – so ‘n kleinerige double-cab bakkie (ek kan nie eens die maak onthou nie) met ‘n canopy op. Niemand is toe lus om terug te stap bungalows toe nie (dis nie regtig so ver nie, maar come on, ons kon op die bakkie ry, so yeah!) en ons bondel toe die meeste van ons in die bakkietjie in. Oorvol. Werner en Danie van der Merwe het agterop gestaan en ek het in die canopy se linkervenstertjie gesit.

TO Strand is ‘n vakansieoord met baie terasse en walle. Dis nogal tricky om daar te bestuur, veral waar die pad ‘n eenrigting is of met ‘n karavaan. Jy moet op ‘n sekere manier ry. So, nadat ons vir Carien gaan aflaai het, moes ons in die een paadjie in reverse en dan vorentoe ry om by die bungalows uit te kom. Toe ons vorentoe gaan, misjudge Etienne die nabyheid van die wal…en ry met die bakkie skuins teen die wal op sodat die bakkie begin kantel.

Gelukkig het ek op daardie stadium binne-in die canopy ingeklim en Werner het voorin gaan sit, maar Danie het bo-op die canopy se dak gaan lê. Toe die bakkie begin kantel en basies op sy twee linkerwiele ry, pluk Etienne die stuurwiel om die bakkie reg in die pad te kry. Almal het gegil en die grond was so naby aan die venstertjie dat ek die nattigheid daarvan kon ruik. Die bakkie het ‘n keer of wat lelik gehop, maar gelukkig kry Etienne toe weer beheer oor die voertuig en ons kom toe veilig by die bungalows aan – twintig meter verder!

Almal was geskok, maar okay, behalwe…Danie, wat bo-op die bakkie gelê het! Met die gehoppery het hy heeltemal van die bakkie afgehop en in die pad beland. Teen die tyd dat ons besef hy is missing in action, kom twee van die vakansiegangers met hom daar aan. Sy knieë was oop en daar was stukkies grond en klippies in sy vleis in. Die oom wat hom daar aangebring het, het ons lelik uitgetrap:
“Julle noem julleself Christene en dan bestuur julle só!”

Daar het ek besef hoe maklik ‘n mens ‘n hele week se goeie werk in ‘n baie kort rukkie kan opmors. Daai les sou vir alle kampe waarop ek in die toekoms sou gaan geld.

Tipies aan ons Afrikaners hanteer ons mos naturlik krisisse deur te joke daaroor, en dis toe dat Louis en Malan begin sing:

“Daar’s ‘n bakkie, toe-toe-doe-roe-doe
Daar’s ‘n bakkie, toe-toe-doe-roe-doe
Daar’s ‘n bakkie, toe-toe-doe-roe-doe
‘n Bakkie wat op twee wiele kan ry!”

Maar, end goed, als goed. Die Stranddiens was ‘n sukses en ons het ‘n fees van ‘n tyd gehad. Ons het toe nog nie geweet dat ons enigsins weer sou gaan nie, maar in ons harte het ons dit tog maar gehoop.

En niemand sou kon raai wat nog vir ons sou voorlê op TO Strand nie…

Hansie & Grietjie/Hansel & Gretel/Hänsel & Gretl

October 24, 2007 4 comments

So, ons almal ken die (tragiese) verhaal van die boetie en sussie wat deur hul bose stiefma die bos ingeneem word, daar agtergelaat word, en wat dan op die lekkergoedhuisie wat deur ‘n heks bewoon word afkom, deur haar gevang word en haar dan op ‘n wreedaardige manier uitoorlê.

Okay, dis baie eenvoudig gestel en ek is regtig jammer as ek basies elkeen wat hierdie lees se kinderfantasie sopas vernietig het. Maar ek is net hier om na die ware feite van die verhaal te kyk. Kom ons kyk of ons tog, deur middel van rekonstruksie, ons onskuld kan herwin…

Reg. Die verhaal begin met Hansie, Grietjie, hulle pa en natuurlik die Wrede Stiefma (want in sprokies is stiefma’s altyd wreed – sorry stiefma’s!). Hulle bly ook, soos so baie mense in sprokies, in ‘n bos of woud. Wat ons laat wonder oor die pa se beroep en oor die afwesigheid van die biologiese ma: waar is sy? Het sy pad gevat, het sy beswyk aan ‘n virus of het die pa se onbehendigheid dalk veroorsaak dat ‘n boom op haar geval het en sy op so ‘n manier die hiernamaals in is? Want, volgens wat ons uit die storie kan aflei, is die pa nogals ‘n lamsak. Ek meen, watter mens laat sy tweede vrou toe om sy kinders (TWEE KEER!) in ‘n bos in te vat en hulle daar te los sodat hulle nou maar kan omkom van die honger? Hallo, al ooit gehoor van die WELSYN?! Sit hulle in pleegsorg of iets as jy nie vir jou eie kinders kan sorg nie, maar moenie hulle in die flippen bos gaan aflaai nie! Dis net wreed. Wat ons ook laat wonder of dit nie dalk eerder die Wrede Biologiese Pa moes gewees het nie.

Elk geval, so die Biologiese Pa en Wrede Stiefma is so onbeholpe en maak so min geld dat hulle naderhand nie meer hul twee kinders kan onderhou nie. Onthou hulle bly in ‘n bos. Met diere en voëls. En bome met vrugte. En bessies. En probably ‘n rivier waar mens water kan kry. So dis nie exactly asof daar niks was nie – hulle het immers nie in die woestyn gebly nie.

Maar okay, soos wat die twee ouers die een aand sit en oor die saak argumenteer oor wat om met die kinders te maak (in plaas daarvan om te besluit hoe hulle ‘n inkomste kan genereer), hoor Hansie en Grietjie, die twee Duitse bloedjies, die geredekawel. Hansie, wat deurgaans in die storie na vorentoe kom as die entrepreneur, innoveerder en eksperimenteerder, het toe sy sussie in die een hoek van die eenslaapkamer huisie getrek en haar van sy meesterplan vertel.

(Pause net eers. Vir almal wat al Fiela Se Kind gesien of gelees het, lui hierdie nie ‘n klokkie nie? Lukas van Rooyen, Nina die boskind…funny, tussen al die Van Rooyens se gekrepeer kon hulle hul kinders behou…)

Hansie het gehoor dat die ouers saam besluit het om hulle die bos in te vat en daar te los. Vir hierdie plan om te slaag moes (a) die bos vrek groot gewees het en hoe sou die ouers dan hul pad teruggekry het; (b) hulle die kinders geblinddoek het; of (c) Hansie en Grietjie nooit buite gespeel het en die bos leer ken het nie. Wat dalk die waarskynlikste opsie was. Want sien, Hansie was ‘n boekwurm, versot op lees. Sy intelligensie en planmaakvermoë het gekom uit al die speur- en aksieromans wat hy voor brekfis verslind het. Hy was versot op enigiets van Fritz Deelman tot Clive Cussler tot Dean Koontz tot Michael Crichton tot Wilbur Smith. Hoewel hy nie regtig van Wilbur Smith gehou het nie – teveel detail beskrywing.
Maar ja, dit en sy voorliefde om met hoenderbeentjies te speel sou hom later handig te pas kom.

Grietjie, aan die anderkant, was die klein huisslafie. Sy het alles gedoen: kos maak, wasgoed was, huis uitvee, die blare hark en die geut regmaak. Sy moes ook, wanneer haar Wrede Stiefma en Biologiese Pa wou bad, die gat in die sinkbad met haar hand toe hou. Wat veroorsaak het dat sy haar onskuld en ongemaklikheid met persoonlike nabyheid op die rype ouderdom van drie en ‘n kwart al verloor het. So sy was gemaklik met enigiets. Regtig enigiets. Niks kon haar naarmaak, afskrik of omverwerp nie, nie eens twee ouers wat haar en haar ouboet in die bos wil gaan los nie. Die stories wat sê Grietjie was ‘n bang klein dogtertjie, lieg.

Waar was ons? O, ja: die plan. Die meesterplan. Soos wat Hansie hoor dat die ouers besluit om hulle in die bos te los (seriously? Ek kom net nie oor dit nie!), werk sy kop in vyfde rat: Hoe maak mens as jy ‘n pad terug soek, maar dit nie ken nie? Die logiese antwoord is: jy volg die bordjies, of in hierdie geval, die bakens (lees: wit klippies) wat jy skelm-skelm agter jou los.

Nou, gelukkig het dit so uitgewerk dat daar iewers naby die huis ‘n plek was waar Hansie ‘n klomp wit klippies in die hande kon kry. Wat natuurlik die teorie oor die rivier wat water kon voorsien, versterk. So toe, terwyl almal slaap, gaan hy stilletjies en versamel genoeg klippies om vir hulle die pad terug huis toe aan te dui. Hoe hy geweet het hoeveel om op te tel, weet net Hansie, maar gelukkig was hy ‘n entrepreneur, innoveerder en eksperimenteerder en daarom kon hy dit met ‘n formule in sy kop uitwerk.

Die volgende oggend breek toe aan en daar trek die Biologiese Pa, die Wrede Stiefma en die twee Duitsertjies die bos in. Hansie laat val sy klippies skelm en Grietjie act ‘n Oscar los om dit te laat lyk asof sy so bang is sy kan doodgaan. Eventually is hulle ver genoeg na die Biologiese Pa en Wrede Stiefma se sin en op die telling van drie los hulle die kinders daar en hardloop terug na hulle boshuisie toe. Die Biologiese Pa het in die hardloop op die grond gekyk en elke nou en dan ‘n wit klippie gesien en gewonder of dit wat hy die vorige aand skelm geëet het hierdie gryserige putty veroorsaak het. Hulle was mos immers brandarm en wie weet op watter plekke sy broek orals stukkend was…

Back to Hansie en Grietjie. Daar sit die twee in die middel (of wherever) van die bos en pondereer. Hulle het eintlik nou veelvuldige opsies gehad: hulle kon die wit klippies gevolg het terug na die armsalige houthuisie en hul ewe armsalige bestaan toe, of hulle kon uiteindelik verlos gewees het van hul Wrede Lui Ouers en die wye wêreld ingegaan het en John en Joan Cusack geword het. Ek meen, Grietjie kon immers ‘n barshou act.

Maar, soos ons almal maar is, het familie nou maar eenmaal ‘n trekpleister op ‘n mens tot ‘n mindere of meerdere mate en buitendien het Hansie ‘n paar van sy favourite novels by die huis vergeet. Grietjie het nog nie die vorige dag se skottelgoed gewas nie, maar sy kon nie minder omgee nie. Hansie het egter ‘n belangriker rede as ‘n paar novels gehad om terug te keer huistoe.

Die ding was: Hansie het potensiaal in sy pa gesien. Granted, die man was lui, oorgewig, humeurig en bietjie van ‘n suiplap elke derde vrydagaand, maar Hansie het geweet dat sy Inner Lion net moes ontwaak om hom in die Goeie Gawe Kêrel te laat verander wat hy in der waarheid was. Daarom het hy Grietjie bietjie gepush en haar omgekoop met ‘n perd wat hy van hoenderbeentjies gemaak het. Griet se gesig het opgehelder en aan die moontlikhede van sprokieskryf gedink en besluit om tog maar saam met haar broer te gaan.
“Op een voorwaarde,” het sy toegegee.
“Wat?” het Hans gevra.
“Ons raak van daai bitch van ‘n stiefma ontslae. En ons torture haar. Ek gee jou die hele pad om aan iets te dink. Anders gaan ek in anyway f-of en dan kan julle self kyk wie die bad se lek gaan toehou.”
Hansie was keen en daar cruise hulle terug huistoe, al agter die wit klippies aan.

Nou, hier is die vraag: hoekom het Hansie, as hy dan so slim was, nooit die klippies opgetel en saam teruggevat huistoe nie? Nêrens lees ons dat hy dit wel gedoen het nie, so ons kan dit nie in die storie inlees nie. Dit sal tog net verspot wees.

So kom hulle toe laat middag by die houthuisie aan en verras die Wrede Ouers. Die stories sê dat die Biologiese Pa baie gelukkig was om hulle weer te sien, maar ek is nie so seker nie. Ek meen, hy is skaars ‘n dag in gedeeltelike vryheid en hier is die meulstene om sy nek alweer terug. Of so het hy geredeneer. Moontlik. Dat die Wrede Stiefma nie te ingenome was met hulle terugkeer nie, goes without saying.

Hans en Griet was terug by die krot en dinge het by die dag slegter gegaan. Die Biologiese Pa en Wrede Stiefma het gefigure dat dit dalk nie die brightste idee in die hele wêreld was om hulle in die bos te los nie en ander opsies begin oorweeg. Maar omdat hulle skynbaar van die buitewêreld afgesny was en daarom nie ‘n telefoon of kommunikasie van enige soort gehad het nie, het hulle seker nie van die welsyn geweet nie en kannibalisme was (dank Vader) vir die Biologiese Pa nie ‘n opsie nie. Ek meen, mens abandon net jou kinders. Jy eet hulle nie op nie.

Hansie het alles in sy vermoë gedoen om sy Biologiese Pa se Inner Lion wakker te maak, maar niks wou werk nie. Wild At Heart, Mannekampe, Rhino Horn, Viagra, you name it – alles tevergeefs. Griet het intussen begin om in haar gedagtes ‘n Sprokie uit te dink en sy het geweet dat daardie een beslis meer vreugde en plesier as haar eie lewe sou bevat.

Die Wrede Stiefma was, sad but true, regtig ‘n bitch in die ergste sin van die woord. Met die Duitse huppelkinders se terugkeer het sy hulle erger laat werk as tevore en Hans se leestyd is dramaties ingekort. Sy was ook dead set dat die bos tog die regte opsie was en het op ‘n manier die opsie op die Biologiese Pa afgedwing.

Die lewe is soms soos ‘n wrede siklus en partykeer voel mens vasgevang in die Deja Vu wat dreig om jou te verswelg. Dis seker hoe Hans en Griet moes gevoel het toe hulle een oggend wakker word en besef dat hulle wragtag weer oppad na die middel (of wherever) van die bos toe is. Hansie het yskoud geword en besef dat hy nooit daaraan gedink het om weer klippies te gaan optel nie en het inderhaas ‘n stuk droë brood van die kombuistafel afgegryp – die krummels sou maar net moes doen.

Weer is hul op die telling van drie agtergelaat en weer het hul alleen agtergebly met ‘n wêreld vol keuses. En weer het hulle terug huistoe gedonner…hierdie keer was die pad net moeiliker om te kry. So moeilik, in fact, dat hulle verdwaal het. Persoonlik glo ek nie die twak dat die voëls die broodkrummels opgepik het nie. Probeer ‘n slag broodkrummels af en toe in ‘n donker bospaadjie laat val en kyk of jy dit met die blote oog kaan raaksien? Jy kan nie. Hans en Griet kon nie die krummels kry nie want die goed het weggeraak. Punt.

Maar hulle kry toe wel ‘n oopte in die bos en…drumroll…’n huisie wat van lekkergoed gemaak is!!! Okay, dit moes paradise gewees het vir die twee Duitsertjies wat skynbaar van hoender, water en die occasional stuk droë brood geleef het.

Die soorte lekkergoed waaruit die huisie bestaan het, verskil letterlik van boek tot boek, van vertelling tot vertelling. Net ‘n paar gedagtes: sjokolade smelt, koek droog uit, versiersuiker word hard en smaakloos en as dit reën word beskuitjies extremely mushy. En hitte laat suiker en sulke goed smelt (waar dink julle kry ons spookasem vandaan?) en hierdie magic huisie het ‘n oond ingehad. Seriously, net ‘n paar gedagtes.

Hulle begin toe soos honger kinders te vreet en natuurlik moet Die Heks nou ‘n entrance maak:
“Knibbel knabbel knuisie, wie knabbel aan my huisie?”
En Hansie se comeback (waar Grietjie hom waarskynlik oor geklap het) is:
“Die wind, die wind, die hemelse kind.”
For crying out loud.

Nou, ek het ‘n teorie wat ek al van kindsbeen af glo en wat jy op raar geleenthede tog in weergawes van die verhaal sal opspoor: Die Heks en die Wrede Stiefma is een en dieselfde persoon! Die huisie was obviously ‘n lokval en háár Meesterplan om finaal van hulle ontslae te raak. Dís hoekom die Biologiese Pa nie vir sy gesin kon sorg en sy Inner Lion kon release nie, dís hoekom Hansie van die klippies vergeet het en dís hoekom sy aangedring het om hulle weer bos toe te vat. Maar op hierdie stadium in die storie weet ons dit nie.

Die heks kom uit en vermom as ‘n ou tannie nooi sy ewe vriendelik die kinders in om binne toe te kom. Binnekant verdwyn al die maskers toe natuurlik en verander sy in Die Heks wat sy nog die heeltyd was.

Belangrik om te weet is dat hekse in hul eie omgewing nie hulself kan regtoor nie, daarom kon Die Heks nie so goed sien nie en het sy nie ‘n bril gehad nie en het haar kannibalistiese sy tog na vore gekom en was dit die rede hoekom sy vir Hans wou opvreet. Hy is summier in ‘n hok gestop met tralies en slotte en alles en Grietjie is in die werk gesteek (ek bedoel sy het werk gekry om te doen, vergeet die steek).

Vir hoe lank hulle nou eintlik Die Heks se gevangenes was, is onseker, maar Hans moes iets vermoed het toe hy ALWEER hoender vir aandete gekry het op presies dieselfde manier as wat die Wrede Stiefma altyd gemaak het. En Griet moes self suspisieus geraak het toe sy die einste stukkende sinkbad buitekant by die agterdeur sien staan het. Maar soos ons mense nou maar is, lieg ons om ons swakhede weg te steek en hoewel Die Heks teen dié tyd geweet het die kinders weet wie sy is en dat hulle weet dat sy weet dat hulle weet wie sy is, het almal mooi hulle pose gehou. Hans was agter tralies, Griet was besig om die vloer te mop en Die Heks het…ek weet nie presies wat gedoen nie. Hoender gekook.

Kannibalis wat sy was het Die Heks elke dag aan Hansie se vinger gevoel of hy vetter word sodat hy vet genoeg vir haar kan wees om te eet. Seriously? Sy vinger? Hoe sy ooit gedink het hy vet gaan word op hoender is…wel, ‘n vraag wat TUKS se koshuiseetsale haar kan beantwoord: met liters en liters olie! Die Heks het egter nie van sonneblomolie geweet nie en die goed was maar meeste van die tyd op die kole gebraai.

Ou Hans, die entrepreneur, innoveerder en eksperimenteerder, het elke keer net ‘n hoenderbeentjie uitgesteek as Die Heks aan sy vinger wou vat en intussen aan die binnekant van sy hok goeters uitgekrap soos Hansie Was Here en sulke dergelikhede (vergelyk die Afrikaanse Jeugboek Buys). Intussen het hy en Griet afgespreek en sy het stelselmatig die pad tussen die hok en die vuur skoongekry. En glad ook, sy het immers die mop gehad en dit wás ‘n lekkergoedhuisie – daar moes iewers stroop gewees het. Toe Die Heks/Wrede Stiefma dus weer eendag aan Hans se vinger voel (ewww!!) en uitfreak omdat hy nie vetter word nie en na die oond toe draai om te voel hoe warm dit is, gryp Griet haar kans aan en stamp Die Heks/Wrede Stiefma in die brandende oond. Die ou ding het met ‘n geskreeu en ‘n gekrys tot as verbrand – tipies aan haar einde gekom soos wat met alle hekse gebeur. Vra maar die Kerk van die Middeleeue. Hulle ken van brandstapels.

So Hansie en Grietjie was uiteindelik vry. Dit moes sad gewees het om van die lekkergoedhuisie afskeid te neem, maar nou ja versoeking bring mens ook net so ver en dan moet mens aan beweeg.

Omdat Die Heks/Wrede Stiefma nou dood was, was die magic op die bos verbreek (ja julle suckers natuurlik het sy die bos getoor!) en kon hulle redelik eenvoudig hul pad terug kry na die houthuisie toe. Die Biologiese Pa se Inner Lion het ook intussen uitgekom en uiteindelik kon hy vir sy kinders begin sorg. Hy het vir hulle klere en haardye gekoop, die houthuisie vaarwel toegeroep en oor die straat gestap Hollywood toe (HollyWOOD – dis ‘n bos, hallo!). Daar het die kinders toe ‘n loopbaan in drama gevolg en dis hoekom ons vandag movies soos Runaway Jury, America’s Sweethearts, Con Air, Grosse Point Blank, Raising Helen, Friends With Money en so aan het.

So, ouers, die lessie wat julle moet leer, is dit: leer julle kinders vroegtydig om ordentlik keuses te kan maak sodat hulle nie altyd terug na julle toe hoef te foeter nie.

Fluit fluit my storie is uit!