Archive

Archive for June, 2009

17 Again, Forever Strong & Amadeus

June 18, 2009 2 comments

Drie movies wat ek die afgelope rukkie gekyk het: ‘n teen-erige movie, ‘n Amerikaanse rugby-movie (waar hulle die Haka doen???) en ‘n meesterstuk oor die lewe van die befaamde komponis. Gebalanseerd, huh?

17 Again met Zac Efron en Matthew Perry het my bo verwagting beïndruk. Ou Zac, al lyk hy nou nie regtig meer soos ‘n hoërskoolkind nie, se spel was actually heel skaflik, hoewel ek dit tog sal like om hom in ‘n fliek te sien waar hy nie ‘n basketbal op sy vingerpunte rondtol of dat basketball enigsins in die fliek is nie (Hairspray tel nie). Maar daar was goeie elemente in die fliek en saam met Juno dink ek behoort ‘n mens eers dit vir tieners te wys voordat jy begin praat oor hoërskoolseks en -swangerskappe. Dis snaaks en breek die ys gemaklik sodat gesprek openlik kan volg sonder om geforseerd oor “die daad” of “die bytjies en die blommetjies” te praat. Sal graag wil sien hoe dit werk!

Dan, Forever Strong met Sean Faris: trust die Amerikaners om ‘n ordentlike rugby-fliek te maak voordat ‘n regte rugbyland soos Engeland, Australië of, wel, selfs SA dit doen (Bakgat! was meer ‘n teen movie as ‘n rugbyfliek en Number 10 moes net nooit gebeur het nie!).
Ek het hiervan gehou, omdat dit uiteindelik iets is waarmee SA seuns kan relate. Omdat ek self baie belangstel in die ontwikkeling van rugbyseuns, kyk ek gereeld na goed om te gebruik. Classic voorbeelde is soos Remember The Titans, wat rassisme, spangees en transformasie aanspreek, Gridiron Gang en natuurlik Friday Night Lights (die series) wat menslike issues tussen spanlede hanteer.
Maar nou is daar ‘n rugbymovie, yay! Ook baie oor spangees, realities, pa-seun-verhoudings, attitude…al daai dinge. Iets oor die movie wat ek nie lekker kon kleinkry nie (maar dalk moes ek fyner geluister het), is die konneksie met New Zealand, want daar was baie gemaak van Maori-woorde vir familie en sulke goed. Ook, natuurlik, die plek van die Kiwi’s se HAKA, wat ek vreemd gevind het vir iets wat in Utah, VSA afspeel. Dit was tot ‘n mate lekker om te hoor hoe die Yanks “Ka mate ka mate koro koro!” skree, want wat de hel, maar ek sou net graag ‘n verduideliking wou kry vir die link. Niks fout daarmee nie, ek het dit net nie gevang nie. Maar, soos die een girl tereg opgemerk het: “Die Amerikaners wat daarna sou kyk, sou dit nie eens agtergekom het nie.” True.
Maar, ‘n goeie movie. Sal dit baie graag saam met die rugbyseuns wil kyk. Die gesprekke daarna behoort awesome te wees. Ook omdat dit waardes soos respek vir jou span en abstinence van slegte gewoontes soos drinkery en drugs en hoërskoolseks voorhou. Dankie aan die producers!

En dan: AMADEUS.
Nou, ek wou al lankal na hierdie fliek van Milos Forman kyk omdat dit so hoog aangeslaan word en oor die naweek het ek die Director’s Cut teen R80 raakgeloop en dit aangeskaf. What a movie! Ek dink, aan die een kant, ly ek nog steeds ‘n bietjie aan bomskok. Want hoe baie van ons is nie maar soos Salieri nie, wat ons lewens devote om reg te leef, en die gebed dat ons met talente geseën gaan word, maar dat dit dan nie regtig gebeur nie? Ek dink dit het te make met ons modernistiese/post-modernistiese wêrelduitkyk van : “You’ll get what is coming to you”, “what goes around, comes around”, “wat jy saai sal (of eerder, MOET) jy maai”…ons leef in die ding van dat ons moet kry wat ons verdien. As jy ‘goed’ leef, verdien jy ‘goeie dinge’. As jy ‘sleg’ leef, verdien jy ‘slegte dinge’. Ons vra dikwels die vraag: “Why does bad things happen to good people?” Terwyl ons dit ook kan omdraai en vra: “Why does good things happen to bad people?” !
Maar talente en seëninge werk nie volgens ‘n prestasiekalender nie. Op die ou einde moet jy die beste maak met dit wat jy gekry het, sonder om jaloers te wees op dit wat ander bereik het. Natuurlik kan jy daaruit leer, ja, maar jou jaloesie op hul geseëndheid moenie die oorhand kry nie. Makliker gesê as gedaan, of hoe? 😉
Terloops, ek dink ook nie Salieri was so opreg in sy gebed dat hy “net saam met God in Sy glorie wil deel deur die musiek wat hy vir Hom wil maak” nie. Ek sê nie dit is die rede dat hy nie so geseënd soos Mozart was nie, maar ek dink nie ons moet ooit probeer om in God se glorie te deel nie. Dis kind-of Syne alleen…gebruik jy net die talente wat hy vir jou gegee het ten volle en los Hom om jou te bless op Sy tyd en op Sy manier. Sy glorie is Syne…

Laastens: is Hollywood opreg besig om hulle morele wortels te ontgin, of spring hulle net op ‘n bandwagon wat deur flieks soos Fireproof gedryf word? 17 Again promote abstinence, Forever Strong sê dis sleg om te drink en te rook as jy sport speel en Ghosts of Girlfriends Past het ‘n ding teen om met girls te mors. What is up?

Een oggend in die saal se voorportaal…

June 10, 2009 Leave a comment

Dit is ongewoon koud en reënerig vir Junie-maand in V**. ‘n Groep matrieks staan in die voorportaal van die saal en huddle om ‘n bietjie warmer te word voordat hulle die tweede eksamensessie van die dag, Tegniese Tekeninge, aanpak.
“Wat maak daai kinders by die hoof?”
“Hulle het sulke vuurhoutjie-boks bomme gemaak,” antwoord Willie.
“Hoe werk dit?”
“Jy vat die vuurhoutjies…” begin hy verduidelik. Die ander luister geamuseerd.
“Ek hoor jy het ‘n bietjie aksie by die kerk Sondag?”
Willie knik so half instemmend.
“Wat doen jy by die kerk Sondag?” vra Anton.
“Ek word Sondag aangeneem,” antwoord Willie. Hy glimlag so half as hy dit sê.
“Moes jy nie die eerste Nagmaal-Sondag na ons aangeneem gewees het nie?” vra Anton weer.
“Ek kon nie daar wees nie, ek was by kompetisie,” verduidelik Willie.
“Dit maak in anyway nie saak wanneer nie. Hy doen dit mos nou. Ek sou graag daar wou wees, ou.”
Hy glimlag weer so half, en draai dan weg om ‘n papier of iets wat op die grond lê in ‘n asblik te gaan gooi. Wat sê daai glimlag? Is hy verleë? Is hy trots? Is hy opgewonde? Is hy onseker? Want ek weet ook dat hy Sondag gedoop word, tesame met sy aanneming en voorstelling/belydenisaflegging of wat jy dit ookal wil noem.

En dit is vir my hartseer dat hy al sy vreugdes en al sy probleme vir homself hou…