Archive

Archive for March, 2008

Die Turkye Toer/The Turkey Tour

March 17, 2008 Leave a comment

Okay, net ‘n vinnige post met ‘n onverbloemde agenda: die Departement van Nuwe Testament aan UP se Fakulteit Teologie hou volgende jaar ‘n toer na Turkye vir ons wat dan reeds afgestudeer het. Ek wil baie graag gaan, maar dit kos (net) E1200 (euro). Wat nie eintlik baie is nie, maar as ‘n mens dit nie het nie, bly dit baie geld. Ons moet hul einde van Maart laat weet of ons gaan of nie – so dis nogal vinnig op ons.
Dit is ‘n akademiese, wetenskaplike toer saam met Prof Jan van der Watt en ons gaan onder meer die stede van Paulus se briewe en die stede van Openbaring besoek.
As jy my like of my blog like of as jy dink ek het dit nodig of as Jesus dit op jou hart lê of as jy ‘n paar rand to spare het waarvan die Ontvanger nie moet weet nie, oorweeg dit asseblief om my finansieel te ondersteun. Onthou ek is nog steeds ‘n teologie-student en ons het nie baie geld nie! Ek sal dit opreg waardeer!!
My bank besonderhede is

CM VAN NIEKERK
ABSA
Tjekrek 4057136323
Verwysing: Tiaan Turkye

By voorbaat – BAIE DANKIE

Just a quick post with no hidden agenda: the department of New Testament at UP’s Faculty of Theology is having a tour to Turkey at the beginning of next year for us that has just finished our theological studies. I desperately want to go, but it costs (just) E1200 (euro). Which is not actually THAT much, but if you don’t have it, it remains a lot of money. We must let them know by the end of March whether we are going or not, so they are quite quick on us.
It is a academic, scientific tour with Prof Jan van der Watt and we will visit amongst other places the cities of Paul and the cities of Revelation.
If you like me or my blog or if you think I need it or if jesus press it on your heart or if you have a few rand to spare that the receiver of income shouldn’t know about, please consider to support me financially. Remember I am still a theology student and we are poor! I will appreciate it very much.

My banking details are

CM VAN NIEKERK
ABSA
Cheque acc. 4057136323
Ref: Tiaan Turkey

THANK YOU very much in advance!!

Die kerk en…nou-ja, mense wat uitstap

March 11, 2008 3 comments

Vinnige post om te sê: ek het my eerste skriftelike beswaar teen ‘n erediens wat ek gelei het gekry! Baie geluk, Tiaan. Eers laat jy die mense huil en nou maak jy hulle kwaad. En dit alles binne net 2 maande! Indrukwekkend, of hoe?
Die besware lui dat
– ek nie waardig geklee was nie en dus die waardigheid onteer het (ek het ‘n langbroek, toeskoene en ‘n mooi oopnek hemp aangehad – dit was ‘n baie warm Sondag in Februarie in Afrika)
– ek nie die Woord gepreek het nie en dat dit net koerantsensasie was (ek het na die Kovsie-video in my inleiding en ‘n keer of wat na daardie ouens se gedrag in my preek verwys)
– ek het nie by die “leturgiese verloop” (sic) gehou nie (ek het die wet en skuldbelydenis deel van die preek gemaak)
EN…
Ek het ‘n langerige clip van Les Miserables In Concert gewys (okay, dit was byna 10 min lank, maar daarom was die preek korter) en ek het gedog die mooi musiek en die feit dat ‘n mens die woorde kan saamlees sou dit deurslaggewend gemaak het.
Apparently not.
Party mense het my na die tyd kom vra waar hulle die dvd kan gaan koop. ‘n Ou, gerespekteerde dominee in die gemeente het vir my kom sê dit was “revolusionêr”.
Een oom het uitgeloop en sy vrou agterna. Hy het die brief geskryf. Hy is ook die token “Anti-Engels” Oom in die gemeente.
Ek wonder wat sou hy gedoen het as hy al by een van die aanddienste was wat ek gelei het – daar het ek al in ‘n Jean en ‘n Blou Bul-hemp geSIT en preek!
Maar nou-ja…
Ek love die kerk. Ek haat die establishment.

Sweeney Todd, Les Miserables en Makabere Surrealisme

March 7, 2008 Leave a comment

Ons sit op die oomblik in Nuwe Testament-klas tydens ons kontakweek en ek is ‘n bietjie verveeld, maar dis tog interessant om almal se Bybelstudie idees te hoor. DIVERS!!! Wat cool is, is om te sien hoe almal die temas wat gegee is, interpreteer en dit hul eie maak.
Party is meer fundamentalisties, ander meer surrealisties (groot woord!) en ander s’n baie meer prakties.

Gepraat van surrealisties – ek en ‘n vriendin het gisteraand Sweeney Todd gaan kyk…en die woord wat ons gebruik om dit mee te beskryf is MAKABER!!!!! Ek het nog nooit regtig vantevore in ‘n musical naar geword nie, maar daar is seker maar ‘n eerste keer vir alles. Die cinematography is excellent, sowel as die directing en die acting. Die akteurs se sang was ‘n aaklige teleurstelling. Maybe moes hulle liedjies net gedub gewees het, want Johnny Depp en Helena Bonham Carter se acting bly van hoogstaande gehalte.
Maar die musiek was teleurstellend.
Behalwe die ou wat Anthony gespeel het, en die laaitie, Tobey. Hulle sing nogal goed. Helena en Johnny het net nie die OEMF wat ‘n musical vra wanneer dit kom by sang nie.

Neem iets soos Les Miserables In Concert, waar ‘n ou soos Alun Armstrong en Colm Wilkinson speel en sing, Granted, dis ‘n “IN CONCERT” produksie, maar daar is nogtans ‘n sterk element van acting betrokke, wat hulle baie goed doen. Die sang van die produksie is natuurlik iets wat jy op min ander plekke gaan hoor.

Sweeney Todd is ‘n goeie fliek, ek dink net nie hulle sing mooi genoeg nie. Maar gaan kyk dit. So baie bloed….