Home > afrikaans, church, eksperimenteer, Ervarings, kerk, Reality, Suid-Afrika > Die kerk en…nou-ja, mense wat uitstap

Die kerk en…nou-ja, mense wat uitstap

Vinnige post om te sê: ek het my eerste skriftelike beswaar teen ‘n erediens wat ek gelei het gekry! Baie geluk, Tiaan. Eers laat jy die mense huil en nou maak jy hulle kwaad. En dit alles binne net 2 maande! Indrukwekkend, of hoe?
Die besware lui dat
– ek nie waardig geklee was nie en dus die waardigheid onteer het (ek het ‘n langbroek, toeskoene en ‘n mooi oopnek hemp aangehad – dit was ‘n baie warm Sondag in Februarie in Afrika)
– ek nie die Woord gepreek het nie en dat dit net koerantsensasie was (ek het na die Kovsie-video in my inleiding en ‘n keer of wat na daardie ouens se gedrag in my preek verwys)
– ek het nie by die “leturgiese verloop” (sic) gehou nie (ek het die wet en skuldbelydenis deel van die preek gemaak)
EN…
Ek het ‘n langerige clip van Les Miserables In Concert gewys (okay, dit was byna 10 min lank, maar daarom was die preek korter) en ek het gedog die mooi musiek en die feit dat ‘n mens die woorde kan saamlees sou dit deurslaggewend gemaak het.
Apparently not.
Party mense het my na die tyd kom vra waar hulle die dvd kan gaan koop. ‘n Ou, gerespekteerde dominee in die gemeente het vir my kom sê dit was “revolusionêr”.
Een oom het uitgeloop en sy vrou agterna. Hy het die brief geskryf. Hy is ook die token “Anti-Engels” Oom in die gemeente.
Ek wonder wat sou hy gedoen het as hy al by een van die aanddienste was wat ek gelei het – daar het ek al in ‘n Jean en ‘n Blou Bul-hemp geSIT en preek!
Maar nou-ja…
Ek love die kerk. Ek haat die establishment.

  1. Ronald
    March 12, 2008 at 11:17 am

    Ja, die Engelse ding bly maar ‘n issue. Skuus, ‘n “teer sakie,” in mooi Afrikaans. Jy kan altyd soos Fouché maak, by die Afrikaans bly en Fokofpolisiekar in die kerk speel. Alhoewel ek ook nie seker is of dit noodwendig so goed gaan afgaan nie.

  2. March 12, 2008 at 7:05 pm

    Mmmm, het dit oorweeg, maar weet ook nou nie of dit gaan afgaan nie. Wel, die moeilikste deel dink ek is om hulle bekend te stel, daar is baie van hulle songs wat jy maar in die kerk kan speel, en niemand sal soooo baie moan nie, meeste sal elkgeval nie weet wie dit is nie:-)

  3. March 23, 2008 at 8:56 pm

    Die kerk is die establishment. Sterkte.

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: