Archive

Archive for May, 2009

Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme

May 30, 2009 14 comments

‘n Paar kort topics wat ek gou wil aanraak, net om hier en daar goeters rond te stir.

DISCLAIMER: hierdie entry is nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis vandag die Super 14-finaal op Loftus Versfeld in Pretoria, ‘n uiters Blou Pretoria en ek wens ek was daar, maar in plaas daarvan het ons ‘n big screen in die kerksaal waarop ons die wedstryd gaan wys. Dit kombineer ons met ‘n bring-en-braai en VERTIKAAL se optrede ná die tyd. Maandagaand was Retief Burger-hulle hier gewees en dit was awesome. Daar is net ‘n klein sakie met ‘n skool wat kinders gehou het om vir ‘n mode-parade/big brag-ding te oefen en veroorsaak het dat hulle nie kon kom nie, al het hulle saam met ons baie daarna uitgesien. Maar ons sal daardie kinders saamvat wanneer ons Pretoria toe road trip vir die Luidkeels 3 cd-opname!

En, nog ‘n ding: julle kan maar sê alle Blou Bulle is tappit, maar elkeen van die driedrukkers laas naweek het met ‘n gebaar die eer aan God gegee vir hul talente en dit openlik op TV gewys. Daarom sal ek die span aanhou ondersteun, al boe die ander mense op die pawiljoen ook hoe.

Die rassisme-ding kom al van laas week af. Vir die wat nie weet nie, dis alive and kicking (and swearing). Ek het net maar weer beleef hoe verskillend mense gekondisioneer word, afhangende van die omstandighede waarin hulle is. Hoërskool Richardsbaai is een van 3 Afrikaanse hoërskole in KwaZulu Natal en tydens ‘n sportgeleentheid teen Hoërskool Vryheid (‘n parallel-mediumskool) het ons (VHS) daar by hulle gaan speel. Gedurende die dag sit ek saam met party van die kinders agter die een veld se rugbypale en kyk na ‘n wedstryd, met ‘n paar volwasse dames wat agter ons gesit het, op ‘n walletjie, so hulle was effens hoër as ons en hulle het op ‘n bankie gesit. Daar kom toe van die hokkie-ouens daar by ons aan en ons gesels toe oor hoe hulle wedstryd was. By ons het een van die swart spelers, Mpilo, gesit. Mpilo, ‘n gewilde leerling in graad 11, is in die Afrikaanse medium en het ‘n baie goeie verhouding met die wit inders – hulle is vriende en die wit kinders aanvaar hom ook so. Dis een van die voordele van ‘n dubbel- of parallelmediumskool: hulle leer kinders hoe om in die nuwe Suid-Afrika te kan funksioneer en goed te kan funksioneer ook!

In elk geval, die hokkie-ouens staan toe half voor die dames, wat mooi aangetrek is en eintlik heel ordentlik lyk) en een van hulle vra toe of die seuns sal skuif sodat hulle kan sien, wat die seuns toe doen.
Mpilo kyk toe heel onskuldig net om, om te sien wie daar sit.
“Wat kyk jy?” vra die een vrou ongeskik.
“Ek kyk vir jou,” kom Mpilo, wat nie op sy bek geval is nie, se antwoord.
Driftig spring die vrou op en storm nader.
“Gaan kyk vir jouself, jou fokken swart nerf. Jy is net ‘n fokken werfetter…”
“Jy is een, Tannie!” kom dit van Mpilo.
“Ag jy is fokol werd, jou fokken swart nerf…”
(gesprek verkort)
“Moenie so met my vriend praat nie, assebief!” probeer een van die wit seuns tussenbeide tree. As Mpilo se gesig wit van woede kon word, het dit.
“Kom ons loop net, ouens,” kry ek met moeite die ouens daar weg, Mpilo asvaal en duidelik diep seergemaak. Ons stap verby die kiosk na die pawiljoen toe, waar die ander “swart nerwe” van ons skool sit, om by hulle aan te sluit. Ek kry net gou eers vir Mpilo ‘n koeldrank om hom te kalmeer.
“Toemaar, Mpilo, daai vrou weet nie waarvan sy praat nie, hoor jy? Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie,” probeer die een wit ou hom troos, maar dis duidelik dat Mpilo se gedagtes hom anders oortuig.

Julle kan sê wat julle wil, maar dis wat gebeur het. Eina. Terwyl die wit kinders, Afrikaanses en Engelses, in die een skool hulle bes probeer om dit te “maak werk” (amper soos daai girl gesê het aan die einde van Remember The Titans), gee party ander mense doodeenvoudig glad nie om nie. Terwyl die een spul by die omstandighede in Suid-Afrika aanpas en werk daarvan maak, trek die ander terug en haat nogsteeds “die fokken kaffers”…

Wat my laat wonder: aan watter kant van die draad staan jy?

Swaarkaliber Springhaasjag en Reverse Mentoring

May 18, 2009 Leave a comment

So twee naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.

Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.

Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).

Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.

Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/’mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.

En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.

Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.

Twee Jeugweke, een maand

May 4, 2009 Leave a comment

Ek en die AGS gemeentejaar-pastoor, Ruben Kleynhans, is besig om twee jeugweke vir Mei-maand in Vryheid te reel. Okay, die een was die NG-jeugpinkster wat ons gehijack het, maar die ander een, ‘n optrede van 13th Floor, het half in ons skote geval.
Which is awesome.
Maar ons het ook vir Vertikaal gereel om die Saterdagaand op te tree (by the way, baie geluk met jul SAMA-toekenning! Julle verdien dit!!) om die week mee af te sluit, so saam met die Super 14 final en ‘n braai (ons is immers Suid-Afrikaners).
Which is also awesome.
En dan het ons vir Retief Burger wat te danke aan Kokstad se kansellasie die Maandagaand, 25 Mei, vir ons kom optree om die week mee te begin.
Which, of course, is also awesome.
Dis net, Retief kos ons ‘n pretty penny. So, as jy voel die Here jab jou in die ribbes om ons te help met ‘n geldjie, asseblief reply, dan sal ek per e-mail bankbesonderhede uitruil.
Ons vertrou dat God groot goed in hierdie tyd in Vryheid gaan laat gebeur…