Home > Ervarings, Life, Reality, rugby, schools, skole, South Africa, Suid-Afrika, thought provoking stuff, youth > Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme

Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme

‘n Paar kort topics wat ek gou wil aanraak, net om hier en daar goeters rond te stir.

DISCLAIMER: hierdie entry is nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis vandag die Super 14-finaal op Loftus Versfeld in Pretoria, ‘n uiters Blou Pretoria en ek wens ek was daar, maar in plaas daarvan het ons ‘n big screen in die kerksaal waarop ons die wedstryd gaan wys. Dit kombineer ons met ‘n bring-en-braai en VERTIKAAL se optrede ná die tyd. Maandagaand was Retief Burger-hulle hier gewees en dit was awesome. Daar is net ‘n klein sakie met ‘n skool wat kinders gehou het om vir ‘n mode-parade/big brag-ding te oefen en veroorsaak het dat hulle nie kon kom nie, al het hulle saam met ons baie daarna uitgesien. Maar ons sal daardie kinders saamvat wanneer ons Pretoria toe road trip vir die Luidkeels 3 cd-opname!

En, nog ‘n ding: julle kan maar sê alle Blou Bulle is tappit, maar elkeen van die driedrukkers laas naweek het met ‘n gebaar die eer aan God gegee vir hul talente en dit openlik op TV gewys. Daarom sal ek die span aanhou ondersteun, al boe die ander mense op die pawiljoen ook hoe.

Die rassisme-ding kom al van laas week af. Vir die wat nie weet nie, dis alive and kicking (and swearing). Ek het net maar weer beleef hoe verskillend mense gekondisioneer word, afhangende van die omstandighede waarin hulle is. Hoërskool Richardsbaai is een van 3 Afrikaanse hoërskole in KwaZulu Natal en tydens ‘n sportgeleentheid teen Hoërskool Vryheid (‘n parallel-mediumskool) het ons (VHS) daar by hulle gaan speel. Gedurende die dag sit ek saam met party van die kinders agter die een veld se rugbypale en kyk na ‘n wedstryd, met ‘n paar volwasse dames wat agter ons gesit het, op ‘n walletjie, so hulle was effens hoër as ons en hulle het op ‘n bankie gesit. Daar kom toe van die hokkie-ouens daar by ons aan en ons gesels toe oor hoe hulle wedstryd was. By ons het een van die swart spelers, Mpilo, gesit. Mpilo, ‘n gewilde leerling in graad 11, is in die Afrikaanse medium en het ‘n baie goeie verhouding met die wit inders – hulle is vriende en die wit kinders aanvaar hom ook so. Dis een van die voordele van ‘n dubbel- of parallelmediumskool: hulle leer kinders hoe om in die nuwe Suid-Afrika te kan funksioneer en goed te kan funksioneer ook!

In elk geval, die hokkie-ouens staan toe half voor die dames, wat mooi aangetrek is en eintlik heel ordentlik lyk) en een van hulle vra toe of die seuns sal skuif sodat hulle kan sien, wat die seuns toe doen.
Mpilo kyk toe heel onskuldig net om, om te sien wie daar sit.
“Wat kyk jy?” vra die een vrou ongeskik.
“Ek kyk vir jou,” kom Mpilo, wat nie op sy bek geval is nie, se antwoord.
Driftig spring die vrou op en storm nader.
“Gaan kyk vir jouself, jou fokken swart nerf. Jy is net ‘n fokken werfetter…”
“Jy is een, Tannie!” kom dit van Mpilo.
“Ag jy is fokol werd, jou fokken swart nerf…”
(gesprek verkort)
“Moenie so met my vriend praat nie, assebief!” probeer een van die wit seuns tussenbeide tree. As Mpilo se gesig wit van woede kon word, het dit.
“Kom ons loop net, ouens,” kry ek met moeite die ouens daar weg, Mpilo asvaal en duidelik diep seergemaak. Ons stap verby die kiosk na die pawiljoen toe, waar die ander “swart nerwe” van ons skool sit, om by hulle aan te sluit. Ek kry net gou eers vir Mpilo ‘n koeldrank om hom te kalmeer.
“Toemaar, Mpilo, daai vrou weet nie waarvan sy praat nie, hoor jy? Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie,” probeer die een wit ou hom troos, maar dis duidelik dat Mpilo se gedagtes hom anders oortuig.

Julle kan sê wat julle wil, maar dis wat gebeur het. Eina. Terwyl die wit kinders, Afrikaanses en Engelses, in die een skool hulle bes probeer om dit te “maak werk” (amper soos daai girl gesê het aan die einde van Remember The Titans), gee party ander mense doodeenvoudig glad nie om nie. Terwyl die een spul by die omstandighede in Suid-Afrika aanpas en werk daarvan maak, trek die ander terug en haat nogsteeds “die fokken kaffers”…

Wat my laat wonder: aan watter kant van die draad staan jy?

  1. May 30, 2009 at 10:21 pm

    ek staan as afrikaanssprekende ana die kant van die swartes wanneer ek sulke goed hoor! Daar’s mind dinge wat my so kan opklits soos sulke agterlike tappit afrikaans-sprekende wit mense nie. dis sulkes wat my skaam maak om ‘n witte te wees en dryf my in die arms van die ANC. wag, laat ek liewer later reageer, want nou sal ek dalk net goed se wat ek nie moet se nie!

  2. Amanda
    May 31, 2009 at 12:02 pm

    Ds. Tiaan (teoloog, jeugpredikant, NGK)

    Jare se teologiese opleiding aan die UP:
    R ??? ???,99c
    Blikkie koeldrank:
    R 6,50c
    Demonstrasie van ‘n bankrot ontluikende teologie in aksie:
    Priceless

  3. Ronald
    May 31, 2009 at 2:13 pm

    As ek dit so prontuit mag stel, ek dink ek sit saam met die ander etters op die werf.🙂

    Good luck met die bediening daar, Tiaan – mag alles wat jy in hierdie kinders se lewens inbou vrugte afwerp!

  4. May 31, 2009 at 2:28 pm

    ‘n mede-junior student het my so 4 jaar terug geleer dat rassisme net erger geword het na ’94. Sy’t gesê: “voor ’94 het ons nie van swartes gehou nie, maar ons het hulle elkgeval nooit gesien nie, nou sien ons hulle die heeltyd, en haat ons hulle”. Dit was voor die De La Rey generasie of enige ander gesprekke rondom neo-Afrikaner nasionalisme.

    Ek kan getuig dat jare se teologiese opleiding en ‘n ontluikende teologie wel maak dat Tiaan aktief rassisme bestry. So ek aanvaar comment nommer 2 moet maar as ‘n kompliment gelees word. Saam met ons vriend Luther moet ons seker maar sê: “Hier stehe ich, ich kann nicht anders” (ek hoop jy’s al lank genoeg terug op Vryheid om hierdie te lees).

  5. June 1, 2009 at 7:10 am

    Haha Cobus! Ja wat my duits is darem nog heel goed genoeg daarvoor. Dankie Ronald ook vir jou comment (en email!). Ekke, ek was netso opgeklits, geskok, woedend…en hartseer.
    Amanda, ek wil net weet: wat het ek nóú weer verkeerd gedoen?

  6. Amanda
    June 1, 2009 at 9:23 am

    Ds. Tiaan (teoloog, jeugpredikant NGK)

    Die tragedie is dat jy presies gedoen het wat jou bankrot teologie en opleiding vir jou voorgeskryf het. Jou diagnose van die probleem is dat daar nog mense is wat aan die verkeerde kant van die draad staan en dat hulle moet spring. ekkedink is sommer binne die arms van die ANC in. Die koninkryk sal seker kom wanneer almal aan daardie kant van die draad is, masjiengeweer en al.

    Ds. Cobus

    Jy staan op die sand van jou mensgemaakte New Age godsdiens. Prof. Jan van der Watt het dit gisteraand op RSG mooi beskryf. Hy sê dit is die noodwendige gevolg van die verwerping van die Bybel as die Woord van die Here. Jou ‘solidarity’, historiese Jesus is onmagtig om enige karakters in hierdie drama te red. Al wat hy kan voorskryf is meditasie sodat hulle ‘transcendence’ kan beleef en besef alles is een en alle grense kan wegval.

  7. June 1, 2009 at 12:33 pm

    Amanda…
    Wat het ‘solidarity’, sogenaamde verwerping van die Woord van God (waarin daar onomwonde staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!!!”) en ‘n kamtig mensgemaakte New Age-godsdiens met rassisme uit te waai? Verdedig jy rassisme, regverdig jy dit, of wat? Want die punt wat ek wou maak, as jy dit nie kon insien nie, was dat daar nog steeds mense is wat ‘n “ons” en “hulle” wêreld wil bedryf, waar “ons” (wittes) reg is en kan doen en sê wat ons wil, en “hulle” (swartes) die verkeerdes is, die onderdane, die klaas van die baas, en dit maak my hartseer, veral omdat ek daagliks met kinders werk wat mekaar in liefde probeer aanvaar en deur vriendskapsbande aanvaarding en liefde uitleef.
    Verduidelik asseblief waar jy staan in hierdie verband, sonder om vaag te wees?

  8. Amanda
    June 2, 2009 at 12:29 pm

    Ds. Tiaan (teoloog, jeugpredikant NGK)

    “Wat het ’solidarity’, sogenaamde verwerping van die Woord van God (waarin daar onomwonde staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!!!”) en ‘n kamtig mensgemaakte New Age-godsdiens met rassisme uit te waai?”

    Dit was in antwoord op Ds. Cobus se kommentaar, wat reken dat hy ‘staan’. Thomas by Waak en Bid het oor daardie tipe godsdiens geskryf: Om die Voorhangsel van Onder na Bo te Skeur.

    “(waarin daar onomwonde staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!!!”)”

    En dit is presies die bankrot teologie wat ek bedoel. Dit is die ‘hart van die evangelie’ wat jy as teoloog en jeugpredikant van die NGK na hierdie drama bring. Nou is ons weer terug na die gesprek wat ons voorheen gehad het. Terloops, ek sien daar geen verskil tussen jou en die rassis se onheilige woordeskat nie, dominee. Bekeer jou! Dan sal jy wel die Wet wettiglik kan gebruik om elke selfregverdiger in hierdie drama se mond te stop:

    Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. Rom 3:19-20

    Jy sou kon preek oor sonde en geregtigheid en oordeel, van versoening en vergifnis van sonde:

    Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. Rom 3:21-26

    Is die vrou skuldig omdat sy Mpilo nie liefgehad het soos haarself nie? Maar julle is onskuldig, want julle het haar wel liefgehad soos julleself? Komaan. Oordeel ‘n regverdige oordeel. En jy is die leraar wat vir hierdie kinders moet leer? Jy het ‘n gulde kans laat verbygaan om die vrou se lelike gedrag te gebruik om aan al die seuns te verduidelik dat dit is hoe lelik ons rebellie teen ons Skepper is wanneer ons weier om Sy gebooie te gehoorsaam [sonde]. Dit is hoe lelik dit is as ons die versoeningsbloed van Jesus Christus wat Hy aan die kruis vir ons sonde gestort het, verloën en minag en ons eerder beroep ons eie ‘goeie’ dade.

    As daar Christene in die groep was, sou julle kon herinner:

    Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. Mat 6:14-15

    In antwoord op jou vraag, ek verwerp alle rassisme, ook die tipe wat jy hier aanhits. En dominee, die Skrif leer wel van twee groepe mense: skape en bokke. Bekommer en bemoei jou daarmee:

    Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 2Tim 4:1-4

  9. Amanda
    June 2, 2009 at 12:34 pm

    Jammer. Hier is die skakel na die artikel op Waak en Bid.

  10. Amanda
    June 4, 2009 at 3:17 am

    ekkedink:

    “As hierdie ‘n debat kompetisie was, het Cobus/Tiaan ver gewen. Maar nou dat dit nie is nie, het hulle ook gewen omdat hulle in liefde en aanvaarding, sonder veroordeling julle beantwoord het.”

    Miskien het jy my laaste sinnetjie net voor jou kommentaar misgelees, dat Ds. Cobus my op sy blog verban het? Hy het my ook van sy ander blogs verban insluitende Teo@UP, so ek kan jou ongelukkig nie daar antwoord nie.

    Het jy opgelet dat hulle ‘in liefde’ Mnr. Sarel van der Merwe vals beskuldig het, dat hy nie die broederlike pad gevolg het nie, asof die Woord van die Here verdraagsaamheid teenoor dwaalleer vereis?

  11. June 10, 2009 at 1:31 pm

    Amanda, Amanda, Amanda…
    Mag jy ‘n geseënde dag hê!

  12. June 23, 2009 at 5:16 pm

    ek is ook ‘n konserwatiewe gelowige, maar wat ek nie kan verstaan nie (wel, eintlik myself skaam), is dat dit juis hulle (die “bewaarders van die geloof”) is wat die grootste “grace killers” is.

  13. Amanda
    June 23, 2009 at 6:13 pm

    ekkedink

    Net ingeval Ds. Tiaan nie weer my kommentaar vee nie wil ek tog vra waar in Ds. Tiaan se artikel het hy ‘grace’ betoon teenoor die vroue?

  14. June 23, 2009 at 7:56 pm

    ekkedink, ekke dink ek het dit al gesê, maar sê dit graag weer. Dankie vir die konserwatiewes wat ook help om die brug te bou tussen gelowiges!

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: