Archive

Archive for March, 2009

Dialoog tussen Christene en Moslems

March 24, 2009 8 comments

Sondagoggend was daar twee Pakistani’s wat in Suid-Afrika kom asiel soek het, in ons erediens. Ek was nie self in Vryheid nie, maar het daarvan gehoor by die predikant wat die diens gelei het.
Maandagoggend het die twee Pakistani’s, H en O, ons kom sien. Nou, sedert ons besoek an ‘n moskee hier in my 4e jaar was dit die eerste keer dat ek regtig op so ‘n vlak met Moslems te doen gekry het.
Wat in ‘n baie ongemaklike, “kom-ons-kyk-wie-kan-vir-wie-eerste-bekeer”-gesprek kon ontaard, was op die ou einde ‘n baie positiewe, lekker koffiedrink sessie rondom ons “common ground”, naamlik om die wêreld ‘n beter plek te maak. Gesamentlik het ons ook die misverstande oor mekaar as die grootste probleem-areas geïdentifiseer. Hulle dink ons is uitsluitend (hoewel hulle ook is…) en ons mense is bang vir hulle. Of so iets.
Baie interessant was dat O nie regtig Engels kan praat nie, hoewel hy dit soort-van kan verstaan. Daarom moes H die hele tyd vir hom tolk! O het ook ‘n baie meer liberale siening van sy eie geloof as H, wat veroorsaak het dat hulle soms lekker gestry het oor wat hulleself aan ons wil oordra. Was nogals funny.

Ons het so hier en daar ‘n klein bietjie dogma gechat, maar eintlik het ons albei partye daarop gefokus dat ons nie ons verskille hoef op te gee nie. Dit hoef nie ‘n conversion-oorlog hoef te wees nie (kantaantekening: dis anyway net die Heilige Gees wat mense oortuig, nie ons nie), maar ons moet ons toleransie met mekaar wys deur mekaar te besoek en by hulle winkel in te gaan en so. Ook het die punt opgekom dat ‘n mens se geloof tot uiting kom in jou dade (vergelyk Jakobus!) en…as jy regtig soos ‘n Christen optree, maar dit nooit hard-op gesê het nie – is jy nie dan een nie? Ek weet C.S. Lewis het interessante views hieroor gehad (vergelyk Narnia Chronicles 7: The Last Battle).

All in all kom dit neer op ‘n koppie koffie…

Hoë Bloeddruk en Uitpass

March 16, 2009 Leave a comment

Ek het laas Vrydag tydens bloedskenk gehoor my bloeddruk is ‘n bietjie hoog. Toe, vyf minute later terwyl ek lê en bloei, toe pass ek uit. Scary, het regtig gevoel of ek wegraak!
Saterdag gaan meet ek, toe is dit 151 oor 93. Ek vat die naweek rustiger, lê en slaap, lag lekker vir snaakse movies en vanoggend toe ons weer gaan meet, toe is dit 154 oor 100!
So, ek stres ‘n bietjie…waar kom dit vandaan?
Intussen hoor ons hierdie week of een van my vriende Vryheid toe gaan trek om hier te kom skoolhou en die inskrywings vir ons Avontuurkamp is intussen uitgestuur. Probleem is, dis dieselfde naweek as wat die rugbyweek by Hoërskool Vryheid begin (3-4 April) so dit boor ons ‘n bietjie…maar ons sal nog sien wat gebeur!

Categories: Blogroll

Los my maatjies uit!

March 5, 2009 8 comments

Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.

Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!

Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????” 😉

Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.