Archive

Posts Tagged ‘Liedboek’

Op die hond se stert (is daar baie vlooie) en JOB raak STIL

November 5, 2008 Leave a comment

Jap, so maak ek toe ná 6 jaar uiteindelik klaar met my teologie-studies. Ek wil nou nie te diep raak so vroeg in die oggend oor dit nie, maar hel yeah, dis lekker om klaar te wees!! Om Enrique aan te haal: “It was good, it was bad, but it was real.” 😉
Wat cooler was as dit was die produksie wat ons die naweek op die planke gehad het, STIL, ‘n gemoderniseerde weergawe van die boek JOB. Die hoofkarakter is ‘n matriekmeisie wat dan deur haar ou afgesê word net voor die matriekafskeid, haar koshuisplek verloor en ook nie mediese keuring kry nie. Dan kom gee haar vriende vir haar “raad” wat haar net meer deurmekaar maak en op die ou end, wanneer sy vir God ervaar, raak sy rustig ten spyte van die onsekerhede van die lewe.
Mushy? ‘n Bietjie. Maar darem nie te veel nie. Te veel mush maak sulke goed soos trifle – baie deurmekaar! Die musiekverskeidenheid wat ons gebruik het was nogals wyd – Michael W Smith tot Straatligkinders tot Avril Lavigne tot Retief Burger tot Vangelis, to name but a few. Ook Vertikaal se song, STIL (wat na ‘n laaaaang gespook ons stuk se titel geword het!) en ons eindlied was.
Ligte, rookmasjien, strobes, sambrele, hoede, lappe, video clips, linte, poefkussings (beanbags)…daar was nie ‘n tekort aan props nie! En nou moet ek nog net die dvd bou – bietjie van ‘n challenge, want ons gaan twee verskillende aande se opnames moet integreer. Ek sien ook uit na die bonus disk, daar het baie snaakse goed vooraf gebeur!
Iewers deur die loop van Sondagaand se optrede was dit asof ek die “blue note” gehoor het – iewers het ons iets reg gedoen. Something just clicked en dit was goed! Die gehalte was regtig hoog en ek wens eintlik ons kon dit op ‘n groter verhoog met ‘n wyer speelvlak doen.
Nou kyk ek gisteraand na hoe daar vir ons gemeente se kategese kerskonsert voorberei word. Wat ‘n kontras! Eerstens is dit eintlik maar net die aankondiging van Jesus se geboorte aan Maria en die skaapwagters en die (3!) sterrekykers en Josef se weghardlooppoginkie en hulle aankoms in Bethlehem, met ‘n paar Kersliedjies uit die Liedboek tussen in. En natuurlik die verpligte mimiek op Jan De Wet se weergawe van “Hierdie Kind”. As jy dit ‘n mimiek kan noem, want oh my soul dit is bad. Dit is verskriklik bad! Op byna elke lettergreep word daar die een of ander direkte verbinde handbeweging gemaak, baie crappy ook! Ek het maar besluit om net niks te sê nie en myself uit dit uit te hou. Weet ook nie hoe die girl wat dit afrig al die hele jaar lank daaraan voorberei nie – daai sit ek en Annelie-hulle aanmekaar in ‘n week. Wil nie ons eie beuel blaas nie, maar ons het in 12 weke meer reggekry as wat hulle nou al van laas jaar af beplan! Hierdie Kersscript is ook totaal onverstaanbaar vir junior kategese kinders: “Maria het gewonder wat die begroeting kon beteken…dit wat in haar verwek is…ek het nog nooit omgang met ‘n man gehad nie…Wees gegroet, begenadigde…Josef wou haar nie in die skande laat kom nie…” Watter kinders (of volwasse lidmate! Scary, huh?) verstaan nog wat dit beteken? Of wat die sosio-historiese betekenis sou wees rondom Josef se situasie en al daai crap? Oh please.
Ja, ek weet, dit moet net mooi en oulik wees. Ja…in 1990! Want ja, in 2008 moet ons die Bybel vir ons kinders, jongmense, jong volwassenes, ouer volwassenes en bejaardes aantreklik en aanloklik maak, sodat hulle dit gaan wíl lees! Verbeeldingryke omgang met die teks…want dan word jy eintlik STIL voor die grootheid en almag van God en die wonder wat ons Sy Woord noem.

“Our Lord works in mysterious ways…”

April 28, 2008 Leave a comment

Okay, ja, so ek haal vir Frollo uit The Hunchback of Notre Dame (awesome soundtrack, by the way) aan, maar dis nou maar eenmaal waar: die Here werk op onverstaanbare maniere (meestal).
Na my hele ramping en rage en galbraak (hoe lekker dit ookal was!) het ek laas week op ‘n punt gekom dat ek besef het dinge kan nie so aangaan nie. Ek is gesond, ek leef eintlik heel gemaklik en ek het regtig baie om voor dankbaar te wees. “As die lewenstorme woedend om jou slaan, tel jou seëninge,” soos die Halleluja-liedjie sê.
‘n Paar elemente het saamgewerk:
toe ek vir vriendin Jolinda laas Dinsdag op kampus sien en agterkom ek kla alweer;
toe Annelie vir my sê ek sê nooit meer iets positiefs nie;
toe Richardo Dednam, ‘n ou wat skynbaar van Mosselbaai af kom voor my deur op daag (en vir wie ek toe slaapplek en kos gegee het en gehelp soek het na werk en blyplek…lang storie);
toe Karin Prinsloo laatnag ‘n email stuur en vertel van haar seun, Uli, wat in ‘n moerse bad motorfiets ongeluk was…
Ja, dan kom ‘n mens agter: mmm, maybe is dinge tog nie heeltemal so sleg nie.
Ja, goed, alles het nie magically net verbeter by die kerk en als nie. Ek en die kantoor tannies het byvoorbeeld Donderdagoggend vasgesit of gestry of ‘n opinieverskil gehad oor die dra van die toga, die rol van die predikantsvrou en die herder-kudde-model, maar ek het besluit: dis nie die waarheid oor myself nie. Hierdie is alles aanvalle om my te discourage en ek weet my hart is goed (dankie John Eldredge vir die teachings daaroor. Dit help my.).
Sondag se twee preke het ook baie goed afgeloop. Die oggenddiens het ons streng volgens die boek gedoen, met die sistematiese preek en die drie hoofpunte (en natuurlik die meegaande Powerpoint slideshow om dit grafies te maak) en die Liedboek-liedere en die pak en die das en alles. Baie stigtelik en netjies!
Die preek het gegaan oor sjokoladekoek, hoe die drie dele van die koek te make het met roeping: die onderste laag dui op dissipelskap, die tweede laag dui op jou verantwoordelikhede in die wêreld en die versiersuiker bo-op dui op jou persoonlike roeping. lekker metafoor waarmee ek gespeel het. Darem het dit inslag gevind, lyk my, want na die diens het iemand vir my ‘n stuk sjokoladekoek gebring! Hahaha. ‘n Ou Tannie het ook lank met my gesels en gesê hoe sy vir my bid en my opdra en ondersteun. Dis lekker om dit te hoor, want dit moedig ‘n mens weer aan om verder te gaan.
Die aanddiens was ook okay, te danke aan Vic en Thea Brink se boekie Wat Sou Jesus Vandag Doen? Alhoewel, na die tyd het een van die naskoolse girls vir my kom vra of ek vir haar spesifiek gepreek het, en toe het ons (‘n klomp ouens en ‘n klomp girls) ‘n lang argument of bespreking gehad oor grudges hou en mense like en vergifnis en hoe dit meer dikwels as nie ‘n keuse is.
Dit het vir my teruggekom na die motto van Heroes Vat Die Punch toe: jy kan net verantwoordelikheid vat vir jouself en jou eie optrede, maak nie saak wat mense aan jou doen nie.
Interessant hoe dit wat ‘n mens preek of verkondig terugkom en jy daarmee getoets word, huh? 😉
Gepraat van HVDP: Jeanne Jordaan se ma is besig om dit te lees, sodra sy klaar is gaan ek deur haar notes gaan en werk daarvan maak en dan is dit die instuur! En daarna is dit die lang wag…wat suck, maar nou-ja, dis hoe dit verloop. Ek sien baie uit daarna ook.
Turkye is nog aan, sover! Daar is ‘n nagraadse beurs by TUKS wat ook gaan loskom en dan behoort ek darem al so R 4000,00 te hê. Inbetalings is nog steeds welkom, details is by die Turkye-post.
So tussen die lang naweke deur is die volgende groot ding die Global Day Of Prayer deurnag en daarna my Proefpreek…
Maar jip: Life’s a journey – enjoy the ride!