2010 sover…

Okay, nuwe jaar, nuwe dinge…of nou nie heeltemal NUWE dinge soseer as wat dit ‘n change is van die OU dinge nie, maar darem ‘n nuwe klemverskuiwing.

WAT?

Hehe! Laat ek verduidelik: ek is nog steeds in Jeugbediening in ‘n lekker NG gemeente op ‘n Noord-Natalse plattelandse dorp waar ek met 3 skole se tieners (van ‘n verskeidenheid ouderdomme, rasse, taalgroepe, geslagte en ekonomiese aard) te doen het. Wat vanjaar ‘n bietjie anders is, is dat ek myself by Ope Rugby betrokke gekry het (I have my ways and means!) en sover is dit nogals ‘n uitdaging. Totale nuwe soort-van groep (hoewel daar baie van die ouens is wat my reeds ken, en party wat my baie goed ken) wie se vertroue jy moet wen en al daai goed.

Dit gaan nie vir jou weird wees as jy my nie ken nie, ek meen, wat is daar nou aan rugbyafrigting? Haha, baie, laat ek jou vertel (en jy moet half weet dat daar tussen my en die een afrigter ‘n redelike stukkie persoonlike geskiedenis is). My swaer het gelukkig vinnig se hulp aangebied, hy is nogals ‘n expert. Laat ek net duidelik maak: ek rig nog nie regtig af nie. Ek het die coaches sover gekry dat ons voor oefeninge ‘n kort inspirational stukkie doen en bid. Ek het dit oor die boeg gegooi van “ons doen dit anyway voor wedstryde, kan ons dit nie maar voor oefeninge ook doen nie?” en toe die een coach kom met ja, hy challenge die ouens om CSV toe te gaan (whatever!), was my backlash ja maar kan ons nie maar die evangelie na hulle toe bring nie?😉 ! So dis hoe dit gebeur het. Nou neem ek roll-call ook. Dis nou nie moerse verantwoordelikheid nie, maar hey, enigiets om tussen die mense rond te beweeg op grondvlak.

Dit gaan nog goed by die gym, hoewel ek op die oomblik sonder ‘n partner is omdat Wiam nie tydens die rugbyseisoen by gym gaan uitkom met skool en alles saam nie. So ek gaan partykeer op snaakse tye in die dag! Maar dit gaan nog goed. Ook daar kry ek kort-kort met nuwe mense te doen wat die lewe heel interessant maak.

Maar die hoogtepunt vir my, sover, op ‘n persoonlike vlak was Ds Pieter Badenhorst van Moreletapark se besoek aan ons gemeente die afgelope week om ‘n Toewydingsweek te kom hou, met die tema hoop en vergifnis. Sy preke was goed, regtig goed, maar die hoogtepunt kom uit ‘n gesprek wat ons twee gehad het Donderdagoggend. ons het net gesels en ek het gedeel oor my droom vir ‘n fliekbediening en dramas en al daai (as jy nie weet nie, lees ouer entries van my blog). Hy was so opgewonde daaroor! Eventually is hy hier weg met ‘n copy van STIL, die JOB-produksie wat ek en Annelie en Sunette in 2008 gedoen het. Die enigste ekstra copy wat ek gehad het, maar nou ja! Hehe. Anyway, hy wil my oplink met Jacques Gombault-hulle, wat ook blykbaar sulke goed doen. Nou, ek weet so ‘n klein bietjie daarvan af DAT hulle met sulke goed besig is, maar WAT hulle presies doen is ek nie seker nie. Dit sal cool wees om met iemand opgelink te word wat in die industry is en al klaar contacts het (“contacts” beteken hierso “mense wat toegang het tot filmtoerusting en skills oor hoe om so iets aan te pak en wat weet waar om geld daarvoor te kry”.)

So dit was net vir my bevestiging dat ek iewerster op die regte pad is. Die Jeugbediening-goeters op die oomblik sien ek as ‘n leerskool, waar ek laasjaar op die verhoog met hulle te doene kon kry en vanjaar op die sportveld. Ek leer hoe vandag se tieners op grondvlak leef, hoe hulle dink, waaroor hulle droom en waaroor hulle gal braak. Nou wat het ek al geleer? Wel, the more things change, the more they stay the same, vir een. Aan die ander kant…dis ‘n tegnologiese galaxy weg van waar ek was 10 jaar gelede. Die meeste wat ons toe op ‘n selfoon kon doen, was Snake speel en Please Call Me’s stuur. Nou…die Internet is letterlik aan jou vingerpunte. Voor- en nadele…

Daarom, my raad is: moenie gaan vir die gimmick nie. Hulle kan baie beter kry binne sekondes as wat jy op ‘n slide show kan gooi. Gaan vir die verhoudings. Ja, dit vat langer en verg meer tyd en loop ‘n groter risiko tot seerkry, maar dis soveel keer meer die moeite werd. Tieners soek genuineness, hulle weet waar om entertainment te kry. Jy gaan hulle waarskynlik nooit regtig van die rook-drank-vloek-ding af wegkry nie, so hou op om jou tyd met dit te mors. Wys hulle eerder hoe lyk iemand wat compassion het met die mense rondom hom, wat (om Ds Pieter se term te gebruik) bereid is om iemand anders raak te leef. Wys hulle hoe lyk iemand wat kan om vergifnis vra, no strings attached, en dit ook kan uitdeel, no strings attached. Wys hulle hoe lyk iemand wat sy walk walk en sy talk talk (en vir homself kan lag as hy sy naam per ongeluk met ‘n plank slaan!). Wys hulle hoe lyk iemand wat kans sien vir almal, maak nie saak hoe scruff hulle is nie.
Gaan kyk maar, Jesus het dieselfde gedoen…

  1. Marlene Loubser
    April 28, 2010 at 9:44 pm

    Hi Tiaan

    Ek is opsoek na Ds. Pieter Badenhorst se kontak details asb. Ek was op skool in Dewetsdorp en sy ma was ons kerk se orrelis en ‘n persoonlike vriendin van my ouers. Haar moord en vergifnis sal ons altyd bybly maar nou sou ek graag weer wil kontak maak met Ds. Pieter Badenhorst

    Groete
    Marlene Loubser

  2. August 5, 2011 at 7:56 am

    […]we came across a cool site that you might enjoy. Take a look if you want[…]…

  3. August 7, 2011 at 6:24 am

    Super information it is without doubt. We?ve been awaiting for this info.

  4. August 26, 2011 at 5:59 am

    First-class share it is actually. My girlfriend has been looking for this information.

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: