Archive

Archive for October, 2008

Beauty and The Beast in Monte Casino

October 24, 2008 2 comments

Het laas Saterdag BATB in Monte’s gaan kyk. Not bad. Nie heeltemal Lion King nie, maarnie te sleg nie. Gelukkig kon al die akteurs sing, dankie tog, want dit is al wat die Beast deurgetrek het.
Die grootste ster is my favourite Disney villain (na Jafar), naamlik Gaston.

Gaan kyk die original song op YouTube. Ek loooooovvve hoe hy rond paradeer en maak of hy net die awesomeste is. Want hy is! Iemand het gecomment hy is soos Disney se weergawe van Chuck Norris…

Categories: Blogroll

Finale (soos in meer as een finaal, nie ‘die einde’ nie)

October 24, 2008 Leave a comment

Jap, dis nou amper sulke tyd. Môre is die 2008 Currie Cup Finaal tussen die Blou Bulle en die Sharks en laas Vrydag het ek in die Noot Vir Noot finaal deelgeneem (spoiler!). Volgende week skryf ek my finale teologie eksamen en oor minder as 3 weke doen ons die finale goed, ons legitimasie, voordat ons uiteindelik proponente is. Kan nie wag nie.
Sal nog ‘n goeie post los oor die hele Noot Vir Noot-experience, tyd is net op die oomblik ‘n faktor andnot in a good way, maar ja, dinge lyk semi-positief. Alles is byna in plek vir volgende jaar se skip-dinge en dan is ek good to go…

Categories: Blogroll

Semi-finals

October 11, 2008 Leave a comment

Dis die tyd van die semi-finals. Alles is amper klaar, maar nog nie.
Die skoolkinders het proef/rekord-eksamen geskryf, maar nog nie eindeksamen nie.
Die Currie Cup semi-finale is vandag, maar dis nog nie klaar nie.
Volgende Woensdag jol ek in die Noot Vir Noot semi-finals, maar ek weet nog nie van die finaal nie.
Ons sal maar moet sien!

GO BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Categories: Blogroll