Archive

Archive for December, 2009

Lewe…en dood…en asseblief nie weer You Raise Me Up nie

December 15, 2009 Leave a comment

Die afgelope ruk was ons weer gedwing om te kyk na hoe ons lewe en dood sien. Een van ons Jeugkinders se ma is Sondagoggend na ‘n baie lang siekbed oorlede. Hy lyk en maak asof alles okay is, dis nie ‘n skok nie, hulle het dit verwag, hulle was darem daar en kon afskeid neem…maar dit maak dinge nie minder hartseer nie. Volgens my.

Die verassingsdiens (ja, dis reg gespel!) is Donderdagoggend en in my stilligheid hoop ek dat die familie NIE Josh Groban se You Raise Me Up sal speel nie. Ek moes dit laas jaar op ‘n begrafnis speel, en vanjaar weer tydens ‘n Vrouetee. En raai-raai, Sondagaand tydens die uitsending van die SA Tattoo speel die massaorkes…You Raise Me Up! Wat vir my regtig ‘n besonderse lied is, word nou so over-played dat ek bietjies-bietjies in my mond gaan kots as ek dit binnekort WEER by ‘n begrafnis moet hoor. Dit maak dit so cheap. Ek het al oor my gevoelens rondom hierdie aspek geblog.

En dit alles op die vooraand van ons jaarlikse stranddiens, waarvan hierdie seun die spanleier is. Nadat ons ‘n interessante voorkamp en gebedsmarathon gehad het, is daar iets besonders besig om met die span te gebeur. Nie dat ‘n mens sulke situasies wil uitbuit nie, maar dikwels in tye van hartseer word mense nader aan mekaar getrek en dit voel vir my asof daar ‘n nouer band besig is om tussen die kinders te vorm.

Want die lewe gaan aan…al is dit moeilik en al moet ons afskeid neem.

Categories: Blogroll