Archive

Posts Tagged ‘BAKGAT!’

17 Again, Forever Strong & Amadeus

June 18, 2009 2 comments

Drie movies wat ek die afgelope rukkie gekyk het: ‘n teen-erige movie, ‘n Amerikaanse rugby-movie (waar hulle die Haka doen???) en ‘n meesterstuk oor die lewe van die befaamde komponis. Gebalanseerd, huh?

17 Again met Zac Efron en Matthew Perry het my bo verwagting beïndruk. Ou Zac, al lyk hy nou nie regtig meer soos ‘n hoërskoolkind nie, se spel was actually heel skaflik, hoewel ek dit tog sal like om hom in ‘n fliek te sien waar hy nie ‘n basketbal op sy vingerpunte rondtol of dat basketball enigsins in die fliek is nie (Hairspray tel nie). Maar daar was goeie elemente in die fliek en saam met Juno dink ek behoort ‘n mens eers dit vir tieners te wys voordat jy begin praat oor hoërskoolseks en -swangerskappe. Dis snaaks en breek die ys gemaklik sodat gesprek openlik kan volg sonder om geforseerd oor “die daad” of “die bytjies en die blommetjies” te praat. Sal graag wil sien hoe dit werk!

Dan, Forever Strong met Sean Faris: trust die Amerikaners om ‘n ordentlike rugby-fliek te maak voordat ‘n regte rugbyland soos Engeland, Australië of, wel, selfs SA dit doen (Bakgat! was meer ‘n teen movie as ‘n rugbyfliek en Number 10 moes net nooit gebeur het nie!).
Ek het hiervan gehou, omdat dit uiteindelik iets is waarmee SA seuns kan relate. Omdat ek self baie belangstel in die ontwikkeling van rugbyseuns, kyk ek gereeld na goed om te gebruik. Classic voorbeelde is soos Remember The Titans, wat rassisme, spangees en transformasie aanspreek, Gridiron Gang en natuurlik Friday Night Lights (die series) wat menslike issues tussen spanlede hanteer.
Maar nou is daar ‘n rugbymovie, yay! Ook baie oor spangees, realities, pa-seun-verhoudings, attitude…al daai dinge. Iets oor die movie wat ek nie lekker kon kleinkry nie (maar dalk moes ek fyner geluister het), is die konneksie met New Zealand, want daar was baie gemaak van Maori-woorde vir familie en sulke goed. Ook, natuurlik, die plek van die Kiwi’s se HAKA, wat ek vreemd gevind het vir iets wat in Utah, VSA afspeel. Dit was tot ‘n mate lekker om te hoor hoe die Yanks “Ka mate ka mate koro koro!” skree, want wat de hel, maar ek sou net graag ‘n verduideliking wou kry vir die link. Niks fout daarmee nie, ek het dit net nie gevang nie. Maar, soos die een girl tereg opgemerk het: “Die Amerikaners wat daarna sou kyk, sou dit nie eens agtergekom het nie.” True.
Maar, ‘n goeie movie. Sal dit baie graag saam met die rugbyseuns wil kyk. Die gesprekke daarna behoort awesome te wees. Ook omdat dit waardes soos respek vir jou span en abstinence van slegte gewoontes soos drinkery en drugs en hoërskoolseks voorhou. Dankie aan die producers!

En dan: AMADEUS.
Nou, ek wou al lankal na hierdie fliek van Milos Forman kyk omdat dit so hoog aangeslaan word en oor die naweek het ek die Director’s Cut teen R80 raakgeloop en dit aangeskaf. What a movie! Ek dink, aan die een kant, ly ek nog steeds ‘n bietjie aan bomskok. Want hoe baie van ons is nie maar soos Salieri nie, wat ons lewens devote om reg te leef, en die gebed dat ons met talente geseën gaan word, maar dat dit dan nie regtig gebeur nie? Ek dink dit het te make met ons modernistiese/post-modernistiese wêrelduitkyk van : “You’ll get what is coming to you”, “what goes around, comes around”, “wat jy saai sal (of eerder, MOET) jy maai”…ons leef in die ding van dat ons moet kry wat ons verdien. As jy ‘goed’ leef, verdien jy ‘goeie dinge’. As jy ‘sleg’ leef, verdien jy ‘slegte dinge’. Ons vra dikwels die vraag: “Why does bad things happen to good people?” Terwyl ons dit ook kan omdraai en vra: “Why does good things happen to bad people?” !
Maar talente en seëninge werk nie volgens ‘n prestasiekalender nie. Op die ou einde moet jy die beste maak met dit wat jy gekry het, sonder om jaloers te wees op dit wat ander bereik het. Natuurlik kan jy daaruit leer, ja, maar jou jaloesie op hul geseëndheid moenie die oorhand kry nie. Makliker gesê as gedaan, of hoe? 😉
Terloops, ek dink ook nie Salieri was so opreg in sy gebed dat hy “net saam met God in Sy glorie wil deel deur die musiek wat hy vir Hom wil maak” nie. Ek sê nie dit is die rede dat hy nie so geseënd soos Mozart was nie, maar ek dink nie ons moet ooit probeer om in God se glorie te deel nie. Dis kind-of Syne alleen…gebruik jy net die talente wat hy vir jou gegee het ten volle en los Hom om jou te bless op Sy tyd en op Sy manier. Sy glorie is Syne…

Laastens: is Hollywood opreg besig om hulle morele wortels te ontgin, of spring hulle net op ‘n bandwagon wat deur flieks soos Fireproof gedryf word? 17 Again promote abstinence, Forever Strong sê dis sleg om te drink en te rook as jy sport speel en Ghosts of Girlfriends Past het ‘n ding teen om met girls te mors. What is up?

Rugbyweek en BAKGAT! en Global Day of Prayer en…

April 14, 2008 Leave a comment

Hallo, ek’s terug! Die afwesigheid was gevul met besige tye rondom foto’s verkoop by die Hoërskool Vryheid Rugbyweek, road trips deur die Noord-Vrystaat en die feit dat ek UITEINDELIK die movie BAKGAT! te siene gekry het (okay, dit het eers laas Vrydag begin, maar ek was ‘n extra so ek sien nou al uit vandat ons die ding laas jaar geshoot het!).

Die Vrystaat-road trip ding was toe ek vir my vriend Marinus se 21st in Bothaville was en van daar af Vryheid toe gecruise het. Ja, daar is ‘n grondpad tussen Edenville en Petrus Steyn. Ja, ek het hom gery met ‘n Nissan Champ. Nee, ek gaan dit nie weer doen nie.

Rondom Rugbyweek: dit was excellent om te sien hoe groot gedeeltes van my storie HEROES VAT DIE PUNCH voor my afspeel. Dit was lekker om te kyk hoe die week weer werk en hoe die dinge inmekaarsteek. Belangrik, want ‘n mens moet dit mos so believable as moontlik hou! En ek is trots om te sê, dit is. Natuurlik met sy ekstra twists en goed, maar die uitbeelding van die Rugbyweek self is darem heel akkuraat. Yay!
Die foto-verkopery was baie fun, met baie lag en jokes en lingo wat buite konteks net sif en glad nie snaaks sal wees nie, so kom ons los dit daar. Ek sê net: wys my jou muis…

Vir die wat nog nie van BAKGAT! weet nie, maak oop jou flippen oë en ore – jy bly in Suid-Afrika en dis die eerste official Teen Comedy in Afrikaans en dis vrek snaaks. Ek het regtig gelê soos ek lag. Die subplot met die twee “kwaggas” wat vir seksterapie gaan, is lekker sif, so wees gewaarsku. Maar die movie self is flippen cool. Dis eg Suid-Afrikaans en Henk Pretorius en sy span het die hele Afrikaanse Tiener-ding 100% raakgevat. Die tieners in ons gemeente wat dit al gaan kyk het, het my gevra om hulle by skool te kom uitteken sodat hulle dit weer saam met my kan gaan kyk! Haha.

Dit het my net weer laat besef hoe graag ek in daai bedryf wil ingaan. Man, ek wens ek kon vroeër al daardie keuses maak…maar okay, alles is voorbereiding, so ons vat dit een dag op ‘n slag. Die dominee-ding is op die ou end nie vir my nie. Sorry vir die wat anders gedink het! Ek is jammer as julle teleurgesteld voel. Ek is nie jammer oor wat ek met my lewe wil doen nie, though. Ja, om teologie te swot het vir my wêrelde oopgebreek en ek het goeie vriende gemaak en ek verstaan sekere dinge beter en ander slegter. Ja, ek bly lief vir die Evangelie van Jesus Christus en die verkondiging daarvan, maar ek wil beslis nie vir ‘n instansie werk wat meer gepla is oor die regering se betrokkenheid by Zimbabwe as by die dwelm-krisis in SA skole nie, of waar die koster van ‘n gemeente vir my sê hy sál al die ligte aansit omdat hy die koster is en hy so sê. Ek kan dit nie sien gebeur nie. Dis vir my lekker om ‘n boodskap aan mense oor te dra, maar ek dink ek gaan ‘n ander medium gebruik as ‘n preekstoel.

Ek love dit nog steeds, soos ek gesê het, om die Evangelie uit te dra sover ek kan. Dis waar die Gobal Day of Prayer-deurnag inkom. Op 9 Mei hou ons ‘n deurnag-gebedsaand by NG Doornpoort hier in Pretoria en hoewel ek bietjie stres, dink ek dit gaan suksesvol wees. Daar gaan bands wees, en ‘n versoeningskamer, en allerhande verskillende gebedstasies, so voel vry om ‘n draai te kom maak, dit kos niks en dit gaan oor ‘n gebedservaring. Ek weet ek het dit self nodig, so…

Ek het al gewonder wat sal gebeur as ek nie die jaar klaar maak nie. Dit sal seker ‘n spanner in die teologie-graad works gooi, maar as ek dit nie regtig meer nodig het nie…anyway, ons sal sien. Ek is per ongeluk ook te goed groot gemaak om ‘n ding net halfpad te doen! 😉 Alhoewel, ek het gehuil toe ek gister by die huis gery het terug Pretoria toe. Dit was die eerste keer vandat ek begin swot het dat dit gebeur het…maar hey, ons gaan aan en gister, in ‘n pakkie McNabs kry ek ‘n kaartjie wat sê: Do what you can, where you are with what you have. Toe dog ek: ja, okay, ek hoor!

So daarom gaan ek maar aan, intussentyd! Maar, soos ek vir my pa gesê het toe ek by die huis ry: hierdie jaar moet, wat werk aanbetref, net klaar kom…