Archive

Archive for February, 2009

Net so voor ‘n kamp

February 27, 2009 3 comments

Ek kamp hierdie naweek saam met Vryheid Landbou se prefekte en almal betrokke by hul leierskapsopleiding. Ek en Tannie Annatjie doen ‘n klomp sessies, en ek is veral ingespan by al wat ‘n fisiese aktiwiteit is, dus die games en natuurlik ook die reviewing daarvan. Gelukkig het ek Roelf Opperman en Fritz Snyman se boek, Ervaringsleer Kook!, wat my hiermee help. Ek kort nog ‘n hulpmiddel of twee, maar sal dit in die toekoms aanskaf.
My ma-hulle maak kos. Dis crazy…
So, ons sal maar sien wat die kamp oplewer. Ek het iewers ‘n voëltjie hoor fluit een van die onderwysers wil met die (uitsluitlik swart) groep ‘n sessie oor tradisie/kultuur (lees: tafelmaniere) hê. Oh my soul.
Ek sal maar by die speletjies bly en môre-aand saam met hulle Cool Runnings kyk.

Van Noot Vir Noot en Blommerangskikkings

February 13, 2009 10 comments

Ek en Johan Stemmet

Ek en Johan Stemmet

Ek laat gou die kat uit die sak: ja, ek is in die nuwe reeks van Noot Vir Noot, die “immergroen, immergewilde Afrikaanse musiekvasvraspeletjieprogram”. Mondvol, nè?
Kom kyk na my optrede in die 3e episode op die laaste Vrydagaand in Februarie en sien wat gebeur.
Ek moet net vir die opnamespan en Johan Stemmet en Johan van rensburg weer eens komplimenteer: uitstekend! Professioneel, afgerond, vriendelik, bekwaam…ek hoop die program hou nog lank aan en dat julle maatskappy, Stemmburg TV, van krag tot krag sal gaan. Dit was ‘n heerlike ervaring. Dankie!

Maar vanoggend was ek toe gevra om by ‘n blommerangskikking viool te speel. Nou, ek doen dit so van tyd tot tyd – speel viool by die een of ander geleentheid, meestal troues. Dan gebruik ek Ryan Walt se Pan Pipe Moods cd en ander random backtrack cd’s om die viool-klank nie so alleen te laat klink nie, en dan tree ek op, for a small fee of course.
Vanoggend s’n was by ‘n blommerangskikking-demonstrasie by so ‘n blommeklub-oggendtee affêre.
Nou het een van die tannies wat die ding bywoon, my in ons plaaslike koerant gesien, want my liewe ma het mos opsluit besluit die dorp moet dit weet – so nou weet almal. Toe kom die tannietjie by my en sê, ewe opgewonde:
“Ek het jou foto in die koerant gesien!”
“Ja, tannie!”
“Wat gaan jy doen op noot vir Noot, gaan jy viool speel of sing of altwee?”
“Nee, ek neem deel, tannie.”
“Ek weet!”
Huh? Wat? Anyway…
So, blommerangskikkings en vioolspelery. Dit werk,soort-van. Die eetgoed na die tyd was die eintlike ding waarna ek uitgesien het!
Maar toe vertel die tannie wat die demonstrasie gedoen het hoe sy die oggend voor die tyd gesien het hoe ‘n swart man vir sy vrou ‘n roos gee.
“‘n Mens kan sien hulle het ook begin agterkom van die liefde,” verklaar sy ewe selfvoldaan, asof swart mense sopas die liefde ontdek het. “Mens kom agter ander mense het ook harte…”
I kid you not!

Categories: Blogroll

Awkward!!!

February 11, 2009 Leave a comment

Weet julle wat is awkward?
Om by ‘n houthuisie se hoekie om te spring en dan per ongeluk in ‘n meisie se gesig te poep
Om regtig kaal by die skool aan te kom
Om regtig kaal op ‘n verhoog te verskyn sonder dat jy dit beplan het
Om planne oor jou toekoms te maak en dan vind ander mense daarvan uit voor jyself doen.
Om in die Internet Kafee te sit en die couple langs jou fight só dat die vrou die man slaan terwyl hy op die rekenaar werk (dis MOERSE awkward)
Om op die preekstoel te klim en te weet almal kyk vir jou.
Om te voel dieselfde vrou wat haar man geslaan het gaan jou dalk nou slaan as sy hierdie lees terwyl jy dit tik
Om te veel wortels vir ontbyt te eet
Dis nogals awkward.

Categories: Life, random

Jeugwerk – soos in die ou dae…

February 11, 2009 Leave a comment

So, vir die wat nie weet nie, ek is terug van Disney af na net twee weke. Dit was nie hulle nie dit was ek, dit is beter as ons net vriende is, lang afstandverhoudings is nie vir my nie, dinge het net nie uitgewerk nie, warra warra warra. mail my as jy die hele storie soek.

Anyhoo, ek is terug in Vryheid en werk as Jeugpredikant. Dit involve ook om by die drie hoërskole in die dorp as berader/life coach op te tree en CSV’s en dinge by te woon.

By Hoërskool Vryheid sit ek in die Voorligting-juffrou se kantoor, gerieflik by ‘n lessenaar met toegang tot die kinders se lêers, as dit nodig is om bietjie agtergrond oor ‘n kind wat my kom spreek te verkry. Ek het ‘n hele dag daar, en die onderwysers mind nie as ek die kinders tydens ‘n klas kom haal vir ‘n afspraak nie. Natuurlik nou met diskresie – ek los maar die Wiskunde en Wetenskap periodes eenkant! Maar dis lekker want ek kry lekker geinteract met die tieners. Ek is ook betrokke by hulle revue as AD (assistent director) so dit help baaie vir verhoudings bou.

By Hoërskool Pionier het ek ‘n uur ‘n week, tydens hulle admin-periode op ‘n Woensdag. Daar sit ek in die CSV-lokaal, so ‘n kleinerige kamertjie met sulke stoele al in die rondte, ‘n paar bean bags en dan so klein tafeltjie met Bybels, Jerigo-mure blaadjies en gebedstraktaatjies in. Dis ‘n bietjie weggesteek en ‘n uur is maar min, maar darem beweeg ‘n mens tussen die kinders en kan hulle jou fisies sien.

By Vryheid Landbouskool…word ek op hierdie stadium geforseer om hul CSV op ‘n Dinsdagaand te behartig. Which kinda sucks, want dan begin ek op ‘n 15-uur werksdag te hardloop op ‘n Dinsdag. Aan die anderkant wil ‘n mens natuurlik nie die werk wat alreeds onder hulle gedoen is en hulle entoesiasme demp en afskiet en goeters nie. So, catch-22!

Dan lê daar natuurlik nog kampe voor, want ‘n kamp is ‘n lekker ding maar mense dink ook ongelukkig dis ‘n magic-ding wat vanself gebeur sonder geld. En gepraat van geld – finansiële vergaderings, natuurlik…en kerke en geld – nou-ja, ons weet hoe dit gaan!

Jap. Dis lekker om deel te wees hiervan. Dinamies, opwindend, altyd besig…ek wens meer mense kon dit so sien.

Categories: jeug, kerk, schools, Vryheid, youth