Home > Blogroll > Van Noot Vir Noot en Blommerangskikkings

Van Noot Vir Noot en Blommerangskikkings

Ek en Johan Stemmet

Ek en Johan Stemmet

Ek laat gou die kat uit die sak: ja, ek is in die nuwe reeks van Noot Vir Noot, die “immergroen, immergewilde Afrikaanse musiekvasvraspeletjieprogram”. Mondvol, nè?
Kom kyk na my optrede in die 3e episode op die laaste Vrydagaand in Februarie en sien wat gebeur.
Ek moet net vir die opnamespan en Johan Stemmet en Johan van rensburg weer eens komplimenteer: uitstekend! Professioneel, afgerond, vriendelik, bekwaam…ek hoop die program hou nog lank aan en dat julle maatskappy, Stemmburg TV, van krag tot krag sal gaan. Dit was ‘n heerlike ervaring. Dankie!

Maar vanoggend was ek toe gevra om by ‘n blommerangskikking viool te speel. Nou, ek doen dit so van tyd tot tyd – speel viool by die een of ander geleentheid, meestal troues. Dan gebruik ek Ryan Walt se Pan Pipe Moods cd en ander random backtrack cd’s om die viool-klank nie so alleen te laat klink nie, en dan tree ek op, for a small fee of course.
Vanoggend s’n was by ‘n blommerangskikking-demonstrasie by so ‘n blommeklub-oggendtee affêre.
Nou het een van die tannies wat die ding bywoon, my in ons plaaslike koerant gesien, want my liewe ma het mos opsluit besluit die dorp moet dit weet – so nou weet almal. Toe kom die tannietjie by my en sê, ewe opgewonde:
“Ek het jou foto in die koerant gesien!”
“Ja, tannie!”
“Wat gaan jy doen op noot vir Noot, gaan jy viool speel of sing of altwee?”
“Nee, ek neem deel, tannie.”
“Ek weet!”
Huh? Wat? Anyway…
So, blommerangskikkings en vioolspelery. Dit werk,soort-van. Die eetgoed na die tyd was die eintlike ding waarna ek uitgesien het!
Maar toe vertel die tannie wat die demonstrasie gedoen het hoe sy die oggend voor die tyd gesien het hoe ‘n swart man vir sy vrou ‘n roos gee.
“‘n Mens kan sien hulle het ook begin agterkom van die liefde,” verklaar sy ewe selfvoldaan, asof swart mense sopas die liefde ontdek het. “Mens kom agter ander mense het ook harte…”
I kid you not!

Categories: Blogroll
  1. Tersia
    February 16, 2009 at 10:50 pm

    baie dankie vir jou comment by my! Baie voorspoed vir jou! Sterkte! Met n selfoon laatnag is di tikwerk bietjie moeikik…of my oe raak swak….

  2. Amanda
    February 18, 2009 at 8:05 am

    Is jy ten gunste van vryheid van spraak?

    Glo jy dat die haat spraak van Christen fundamentalisme wettiglik aan bande gelê behoort te word?

    Amanda Oosthuizen
    Christen fundamentalis

  3. February 19, 2009 at 12:27 pm

    Haai Amanda
    Ek hou nie daarvan om Christene, of enigiemand for that matter, in boksies te sit nie, so ek gaan sommer net by Amanda bly. Is dit reg so?
    Ek wil net graag jou comment eers ‘n bietjie dekonstrueer voordat ons verder gaan:
    * Vryheid van spraak: ja beslis
    * “Die haat spraak van Christen fundamentalisme” – bedoel jy Christene wat fundamenteel is in hul oortuigings wat haatspraak pleeg teenoor ander mense, of bedoel jy mense wat Christene wat fundamenteel is in hul oortuigings wat voel daar word haatspraak (dis een woord, terloops) teenoor hulle gepleeg?
    * “wettiglik aan bande gelê” – deur wie nou eintlik?
    * “Glo ek” hierin? Mmm, dis moeilik om te sê.

    Seker ek sal gou van jou hoor…

  4. Amanda
    February 19, 2009 at 12:35 pm

    “(dis een woord, terloops)”
    Dankie dat jy my so mooi reghelp en dat jy my vraag beantwoord het.

  5. Charlotte
    February 19, 2009 at 12:48 pm

    Hi Tiaan, interessante post. Mense verbaas my altyd. Met wat hulle sê, en wat hulle dink. Dit herinner my gereeld om te dink voor ek sê.

  6. Nicole
    March 1, 2009 at 11:34 am

    Vriend, ek wou comment… ek wil eintlik… maar ek gaan nie, ek dink nie ek kan nie.
    Ja, mense verstom my ook, elke dag, gedurig.
    Tog bly dit interessant… ons moet weet vir wie ons preek ne? hmmm…
    ok…

  7. Amanda
    March 1, 2009 at 1:58 pm

    Juf. Nicole: Ek is nog meer verbaas oor die vrugte van die UP. Ware predikers preek die gekruisigde en opgestane Here Jesus Christus aan die heiliges van God die Vader. Glo jy dat Christus Jesus letterlik, liggaamlik uit die dood uit opgestaan het?

  8. Amanda
    March 2, 2009 at 9:27 am

    Juf. Nicole: Was dit ‘n moeilike vraag wat ek jou gevra het? Stem jy saam met Prof. Andries van Aarde wat gisteraand op RSG verklaar het dat die boodskap van die Evangelie van Mattheus is: “Om ‘n gehoorsame kind van die Here te wees in God se koninkryk en dit is om lief te hê sonder grense.”? Prof. Jan van der Watt het nie ‘n probleem daarmee gehad nie. Het jy?

  9. Amanda
    March 3, 2009 at 8:17 am

    Juf. Nicole: Is jy ‘n leraar en jy weet hierdie dinge nie? Ek sondig daagliks in woord en daad en denke. Hoe kan ek vrede by God verkry? Wat moet ek doen om die werke van God te volbring? Het jy geen Goeie Nuus vir ellendige sondaars nie of is almal gered? Hmmm?

  10. Nicole
    March 3, 2009 at 10:32 am

    Juf. Amanda. Ek wonder wie is jy rerig? Maar jy hoef nie te anwtoord nie.

    Eerstens wil ek sê dat ek nie gemaklik is met die manier hoe jy hierdie vrae aan my stel nie en hoe jy jou post begin het nie. En dus voel ek ek gaan dit nie antwoord nie.

    Ek weet nie presies wat jou doel is om sulke vrae oor n blog te vra, en dan gaan dit nie eers oor die blog nie. Ek het jou aanvanklik nie geantwoord nie want ek boer nie voor die rekenaar nie, ek het werk om te doen.
    Jou aanname in die laaste post staan my ook nie aan nie en dus voel ek dit is nie nodig om verder in hierdie gesprek betrokke te raak nie.

    Hierdie is my roeping (waarvoor jy skynbaar geen respek het nie). Ek het ‘n persoonlike en goeie verhouding met die Almagtige God, Hy is my Verlosser, my alles.
    Aan jou hoef ek nie verantwoording te doen nie. Nie ek nie, Nie my klasmaats nie en geen student wat by UP geswot het nie.
    Ek hou nie van die manier hoe jy hierdie gesprekke hanteer nie (ek het die ander op Cobus se post ook gelees), ek hou nie van die manier hoe jy jou vrae vra nie. En ek hou nie daarvan dat jy maak asof jy rerig weet wat op ons fakulteit aangaan nie.
    Jy ken my nie. Jy het my nie geken voor ek na hierdie fakulteit toe gegaan het nie. Jy ken my nie nou nadat ek by die fakulteit klaargemaak het nie. Jy ken nie hierdie sogenaamde vrugte wat UP lewer nie.
    Ek is n bedienaar van die Woord.
    Dis my belofte aan die Here en aan die NGK en aan Christene om die Woord eerbaar, en getrou vir hulle te leer.
    Ek preek wat die Here op my hart druk, wil jy dít bevraagteken?

    Liewe Amanda. Ek groet jou nou. Ek gaan nie terugkom na hierdie blog toe om jou opvolg posts te lees nie. My gebed is dat jy sal vrede vind, vrede in wat dit is wat jou so pla. Vrede sodat jy die Here sal vertrou om Sy pad saam elkeen van ons jong teoloë te stap, soos hy nog heeltyd doen. Dis jammer dat jy soveel wantroue in jou mede Christene het. Vrede vir jou.

    N

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: