Home > jeug, kerk, schools, Vryheid, youth > Jeugwerk – soos in die ou dae…

Jeugwerk – soos in die ou dae…

So, vir die wat nie weet nie, ek is terug van Disney af na net twee weke. Dit was nie hulle nie dit was ek, dit is beter as ons net vriende is, lang afstandverhoudings is nie vir my nie, dinge het net nie uitgewerk nie, warra warra warra. mail my as jy die hele storie soek.

Anyhoo, ek is terug in Vryheid en werk as Jeugpredikant. Dit involve ook om by die drie hoërskole in die dorp as berader/life coach op te tree en CSV’s en dinge by te woon.

By Hoërskool Vryheid sit ek in die Voorligting-juffrou se kantoor, gerieflik by ‘n lessenaar met toegang tot die kinders se lêers, as dit nodig is om bietjie agtergrond oor ‘n kind wat my kom spreek te verkry. Ek het ‘n hele dag daar, en die onderwysers mind nie as ek die kinders tydens ‘n klas kom haal vir ‘n afspraak nie. Natuurlik nou met diskresie – ek los maar die Wiskunde en Wetenskap periodes eenkant! Maar dis lekker want ek kry lekker geinteract met die tieners. Ek is ook betrokke by hulle revue as AD (assistent director) so dit help baaie vir verhoudings bou.

By Hoërskool Pionier het ek ‘n uur ‘n week, tydens hulle admin-periode op ‘n Woensdag. Daar sit ek in die CSV-lokaal, so ‘n kleinerige kamertjie met sulke stoele al in die rondte, ‘n paar bean bags en dan so klein tafeltjie met Bybels, Jerigo-mure blaadjies en gebedstraktaatjies in. Dis ‘n bietjie weggesteek en ‘n uur is maar min, maar darem beweeg ‘n mens tussen die kinders en kan hulle jou fisies sien.

By Vryheid Landbouskool…word ek op hierdie stadium geforseer om hul CSV op ‘n Dinsdagaand te behartig. Which kinda sucks, want dan begin ek op ‘n 15-uur werksdag te hardloop op ‘n Dinsdag. Aan die anderkant wil ‘n mens natuurlik nie die werk wat alreeds onder hulle gedoen is en hulle entoesiasme demp en afskiet en goeters nie. So, catch-22!

Dan lê daar natuurlik nog kampe voor, want ‘n kamp is ‘n lekker ding maar mense dink ook ongelukkig dis ‘n magic-ding wat vanself gebeur sonder geld. En gepraat van geld – finansiële vergaderings, natuurlik…en kerke en geld – nou-ja, ons weet hoe dit gaan!

Jap. Dis lekker om deel te wees hiervan. Dinamies, opwindend, altyd besig…ek wens meer mense kon dit so sien.

Categories: jeug, kerk, schools, Vryheid, youth
  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a comment