Archive

Archive for November, 2008

Op die hond se stert (is daar baie vlooie) en JOB raak STIL

November 5, 2008 Leave a comment

Jap, so maak ek toe ná 6 jaar uiteindelik klaar met my teologie-studies. Ek wil nou nie te diep raak so vroeg in die oggend oor dit nie, maar hel yeah, dis lekker om klaar te wees!! Om Enrique aan te haal: “It was good, it was bad, but it was real.” 😉
Wat cooler was as dit was die produksie wat ons die naweek op die planke gehad het, STIL, ‘n gemoderniseerde weergawe van die boek JOB. Die hoofkarakter is ‘n matriekmeisie wat dan deur haar ou afgesê word net voor die matriekafskeid, haar koshuisplek verloor en ook nie mediese keuring kry nie. Dan kom gee haar vriende vir haar “raad” wat haar net meer deurmekaar maak en op die ou end, wanneer sy vir God ervaar, raak sy rustig ten spyte van die onsekerhede van die lewe.
Mushy? ‘n Bietjie. Maar darem nie te veel nie. Te veel mush maak sulke goed soos trifle – baie deurmekaar! Die musiekverskeidenheid wat ons gebruik het was nogals wyd – Michael W Smith tot Straatligkinders tot Avril Lavigne tot Retief Burger tot Vangelis, to name but a few. Ook Vertikaal se song, STIL (wat na ‘n laaaaang gespook ons stuk se titel geword het!) en ons eindlied was.
Ligte, rookmasjien, strobes, sambrele, hoede, lappe, video clips, linte, poefkussings (beanbags)…daar was nie ‘n tekort aan props nie! En nou moet ek nog net die dvd bou – bietjie van ‘n challenge, want ons gaan twee verskillende aande se opnames moet integreer. Ek sien ook uit na die bonus disk, daar het baie snaakse goed vooraf gebeur!
Iewers deur die loop van Sondagaand se optrede was dit asof ek die “blue note” gehoor het – iewers het ons iets reg gedoen. Something just clicked en dit was goed! Die gehalte was regtig hoog en ek wens eintlik ons kon dit op ‘n groter verhoog met ‘n wyer speelvlak doen.
Nou kyk ek gisteraand na hoe daar vir ons gemeente se kategese kerskonsert voorberei word. Wat ‘n kontras! Eerstens is dit eintlik maar net die aankondiging van Jesus se geboorte aan Maria en die skaapwagters en die (3!) sterrekykers en Josef se weghardlooppoginkie en hulle aankoms in Bethlehem, met ‘n paar Kersliedjies uit die Liedboek tussen in. En natuurlik die verpligte mimiek op Jan De Wet se weergawe van “Hierdie Kind”. As jy dit ‘n mimiek kan noem, want oh my soul dit is bad. Dit is verskriklik bad! Op byna elke lettergreep word daar die een of ander direkte verbinde handbeweging gemaak, baie crappy ook! Ek het maar besluit om net niks te sê nie en myself uit dit uit te hou. Weet ook nie hoe die girl wat dit afrig al die hele jaar lank daaraan voorberei nie – daai sit ek en Annelie-hulle aanmekaar in ‘n week. Wil nie ons eie beuel blaas nie, maar ons het in 12 weke meer reggekry as wat hulle nou al van laas jaar af beplan! Hierdie Kersscript is ook totaal onverstaanbaar vir junior kategese kinders: “Maria het gewonder wat die begroeting kon beteken…dit wat in haar verwek is…ek het nog nooit omgang met ‘n man gehad nie…Wees gegroet, begenadigde…Josef wou haar nie in die skande laat kom nie…” Watter kinders (of volwasse lidmate! Scary, huh?) verstaan nog wat dit beteken? Of wat die sosio-historiese betekenis sou wees rondom Josef se situasie en al daai crap? Oh please.
Ja, ek weet, dit moet net mooi en oulik wees. Ja…in 1990! Want ja, in 2008 moet ons die Bybel vir ons kinders, jongmense, jong volwassenes, ouer volwassenes en bejaardes aantreklik en aanloklik maak, sodat hulle dit gaan wíl lees! Verbeeldingryke omgang met die teks…want dan word jy eintlik STIL voor die grootheid en almag van God en die wonder wat ons Sy Woord noem.