Archive

Archive for April, 2009

Teodisee-vraagstuk opgelos in een sin…

April 22, 2009 5 comments

So die revue waarmee ons op die oomblik besig is, gaan kortliks oor Geloof, Hoop en Liefde en dat jy elke dag oor kan begin en self verantwoordelik is vir jou keuses en hoe jy dinge gaan beleef, of jy gaan toelaat dat negatiwiteit jou oorrompel of nie. Baie mooi, bietjie mushy, maar overall die feel-good show van die jaar.

Ek wil graag die volgende toets vir reaksie ( 😉 ):
Hulle oplossing op die vraag oor hoekom daar slegte dinge in die lewe is, is:
“If humans never see darkness, how will they appreciate the light?”

DISCLAIMER: Ek het nie die script geskryf nie, ek wil sommer net hoor wat julle hiervan dink?

Categories: Blogroll

Metaforiese stuff, boudlekkery en wat om met rugby-jeug aan te vang

April 16, 2009 Leave a comment

Ek het die vakansie weer by die foto-tent van Hoërskool Vryheid se rugbyweek gewerk. Groot pret, soos altyd, al was dit harde werk en lang ure. Geluk aan almal wat goed gespeel het, dit was lekker om vir julle te kyk! Natuurlik was dit ook hiper-snaaks om die sê-goed van die foto-kykers te hoor. Ja, ouens, julle is vrek vain!!

Ek moes ook voor Vryheid Hoër se eerste wedstryd vir hulle ‘n “stukkie gaan lees en bid”, soos wat dit ‘n jeugwerker betaam. Was vir my moeilik, nie omdat dit weird is of enigiets nie, maar omdat dit so na afskeep voel. Ek sou baie graag eerder ‘n langer pad saam met die manne stap en ‘n geestelike sessie per week, gefokus op hulle sportbehoeftes, wou inwerk. Sal nog met die afrigter gaan praat…maybe kry ons iets reg. As dit nie vanjaar kan gebeur nie, dan verseker volgende jaar.

Dis moeilik om metafories mense se boude te lek, maar ons doen dit almal. My Oupa het egter altyd gesê “Van gat lek kry jy net ‘n stront smaak in jou mond.” Gaan dink daaroor, daar is meriete in! Maar ons doen dit tog. Kom noe, toe nou, asseblief tog, sal jy nie maar nie, toe? En dan noem ons dit mooi praat. ‘n Vriend van my skryf nou die dag hierdie op sy Facebook status:

“Political correctness is a doctrine, fostered by a delusional, illogical minority, and rabidly promoted by an unscrupulous mainstream media, which holds forth the proposition that it is entirely possible to pick up a turd by the clean end.”

Ek het gedink dis nogals raak gestel.

Categories: Blogroll