Home > Blogroll > Teodisee-vraagstuk opgelos in een sin…

Teodisee-vraagstuk opgelos in een sin…

So die revue waarmee ons op die oomblik besig is, gaan kortliks oor Geloof, Hoop en Liefde en dat jy elke dag oor kan begin en self verantwoordelik is vir jou keuses en hoe jy dinge gaan beleef, of jy gaan toelaat dat negatiwiteit jou oorrompel of nie. Baie mooi, bietjie mushy, maar overall die feel-good show van die jaar.

Ek wil graag die volgende toets vir reaksie (😉 ):
Hulle oplossing op die vraag oor hoekom daar slegte dinge in die lewe is, is:
“If humans never see darkness, how will they appreciate the light?”

DISCLAIMER: Ek het nie die script geskryf nie, ek wil sommer net hoor wat julle hiervan dink?

Categories: Blogroll
  1. Ronald
    April 22, 2009 at 9:34 am

    Beteken dit dat geloof en jou verhouding met God afhang van die duiwel en allerhande ander onderduimse dinge?

    :o)

  2. April 22, 2009 at 1:37 pm

    Haha! Teenvraag: as ‘n mens nie tussen 2 goed moet kies nie, oefen jy werklik nog ‘n keuse uit?

  3. April 28, 2009 at 10:48 pm

    Wel, dis dan seker hoekom ons die hel moet kan sien uit die hemel uit? Want as ons nie die donkerte kan sien nie vergeet ons dalk om die lig te waardeer?

    Nee wat, slogans is gevaarlik. Werk ook net tot op ‘n punt. Ek bedoel, het jy dan regtig nodig om verkrag te word om God te kan waardeer?

  4. April 29, 2009 at 5:46 am

    Ek wys jou net weer op die disclaimer bra! Nie juis my eie standpunt rondom die saak nie, hoewel ek wel saamstem met iets anders wat op ‘n ander plek in die show gesê word: “Slegte dinge gebeur met goeie mense, met alle mense – dis die lewe.”
    Obviously was die doel van die show nié om die Teodisee op te los nie, maar om mense te herinner dat geloof, hoop en liefde ‘n mens help om elke dag opnuut aan te pak.
    Ek bedoel, ek hóéf seker nie my kar te gestamp het omdat ek in ‘n parkie na ‘n ou se issues gesit en luister het om God te waardeer nie, of hoe? Maar die harde squak-geluid wat die deur nog maak terwyl ek wag dat die versekering my panelbeaters toe stuur, het die Wit Wonder dadelik bietjie karakter gegee!
    Ag whatever, jy weet mos ek dink nie so eenvoudig en banaal oor die goed nie.

  5. May 2, 2009 at 8:36 am

    jip, ons is nog nie in die hemel nie né!

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: