Archive

Archive for July, 2009

Luidkeels 3 Oorgegee Road Trip en Marcus Borg se “Jesus”

July 27, 2009 Leave a comment

Okay, die titel mag dalk suggest dat die twee in hierdie post iets met mekaar uit te waai het, maar dit het nie regtig nie, behalwe dat ek die Borg-boek tydens dieselfde naweek gekoop het. Dit sal dalk later meer met mekaar te doen hê!

Ons het die afgelope naweek van 26 Julie 2009 met ‘n spul tieners hier van Vryheid af Pretoria toe geroad trip vir Retief Burger en Luidkeels se derde cd/dvd-opname, getiteld Oorgegee, te NG Moreleta Park. Wat ‘n ervaring! Behalwe vir die opname, wat uitstekend was, was dit vir my ook ‘n voorreg om saam met hierdie tieners dit te kon deel. Nie almal is op dieselfde plek geestelik nie, onviously, maar dit was vir almal iets besonders. Of so glo ek, te oordeel aan die terugvoer en stories na die tyd. Veral van die een outjie wat in die week vir my gesê het hy het nog nie heeltemal honderd persent geloofsekerheid (om nou maar die taal wat ons praat te gebruik) nie.

Die musiek was van hoogstaande gehalte, soos ek verwag het. En ou Retief beïndruk my al hoe meer. So ‘n paar jaar gelede het ons na hom geluister toe hy by ‘n predikante-winterskool so ‘n sessie oor kerkmusiek gedoen het en hy het ‘n paar goed oor die Fakulteit in Pretoria kwytgeraak wat ons op daardie stadium (midde-in die Jurie Le Roux-Dirk Human-Julian Muller-saga) glad nie goed opgeneem het nie. Dit het my ‘n bietjie skepties teenoor die man gelaat, laat ek nou maar bieg. Maar vandat ek twee jaar gelede by Luidkeels Hersien se opname was, het ek ‘n ander deuntjie begin sing (pun intended!). Toe hulle in Mei vanjaar hier in Vryheid opgetree het, het hulle my regtig oortuig van hulle integriteit en die afgelope Saterdag kon ek dus gelukkig sonder enige ugly vooroordeel geniet.

Daar was ‘n paar van die tieners wat op die laaste moes kop uittrek, of wat lankal iets anders aangehad het maar graag wou saam gaan, of wat op die end besluit het: ag, ek is nie lus nie, en later baie spyt was.

Vir my het dit egter oor meer as net die opname gegaan. Dit was die hele Road Trip-experience, want daar was mense saam wat nie eintlik in ons gemeente is nie en ander wat nie gewoonlik by ander jeug-aktiwiteite kan wees nie. Dit was lekker en spesiaal om in ‘n koue nag terug te ry Natal toe van Gauteng af en met 17-jarige seuns gesprekke te kon voer oor hoe ons ons Christenskap verstaan en watter impak die Bybel in ons lewens kan maak en doen. En om sommer net musiek te luister en grappies te vertel. En om, in die woorde van Andrew Root, sommer net “place” te “share”. Dit was cool.

Oor Marcus Borg se boek sal ek later seker in meer detail ‘n klomp goed kwytraak, maar vir eers net dit: ek het nog nie voorheen van hierdie boek gehoor nie, so ek is nie deur die titel beïnvloed nie. Okay, dis ‘n leuen, want die titel is Jesus en, wel, Jesus het my al baie beïnvloed, haha, maar ek is meer getrek deur die outeur. Ek het nog net The Heart Of Christianity deur Borg gelees, so twee jaar gelede. Dit was besonders, kom ons stel dit so. Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ook wees. Hy pak die verskillende maniere oor hoe ons die Jesus-storie vertel netjies uit en maak ‘n mens bewus van waar jy so half en half staan, of nie staan nie, en waar jy overlap en goed. Ek sal graag dit wat hy sê, of die manier hoe hy dit beskryf aan ons tieners wil oordra. Ons taal waarmee ons oor Jesus en ons eie geloofslewe praat is só arm dat dit net goed kan wees. Want baie is al lankal oppad saam met Jesus, maar dink hulle moet nog ‘n sekere woordformule uiter om dit offisieel te maak of iets.

Ons Christene is eintlik maar ‘n weird spul. Ek meen, waar ry jy op een dag byna 900km heen en weer net om saam met iemand te sing oor Iemand wat jou lewe verander?

“Mango, mango…!”

July 20, 2009 1 comment

Dit was weer tyd vir Skoolverwisselingskamp by Bad-Se-Loop aai-jaai-joegaai! En ek moet sê, teen die 3e keer wat ek daar gekom het, het ek regtig lief geword vir die plek.

Dit was ‘n kamp vol stories, soos kampe maar altyd is. Vol interessante karakters – mense met issues, bitches, snobs, tomboys, kakaanjaers, teologie-studente, kitaarspelers, uitslippers, emo’s en jocks. Daar was ook baie pranks – klokke wat in die middel van die nag onverklaarbaar lui, onderklere wat onverklaarbaar wegraak (of nie), suiker wat in slaapsakke beland en grawe wat teen mekaar geslaan word om mense wakker te maak. Hmm? 😕

Baie grappe is gemaak, veral in die Romeinse baddens en veral die een spesifieke aand saam met die manne (“daai is 5 shots!”). Thanx ouens, ek glo nie ek sal dit sommer vergeet nie!

Daar was baie slogans en goed wat geskree is, om maar ‘n paar te noem:
“A jo ba joe!” – Wilke en TKG
“Ons is vrot, ons is vrot, ons steel jou kind se pop, Borrievrotters!” – Leje en die Borrievrotters
“Pinka Pinka Kroka Kroka Tryyyyyyyyssss!” – Henmar, Ernest en die Pinkakrokatry’s
En natuurlik:
“Mango, mango! Veselperske…” – Derrick en almal

Daar is ‘n oorspronklike nuwe liedjie geskryf en selfs ‘n mimiek op dit uitgewerk (dankie aan Lance en die Silkesnakes) – baie cool. Ons het ook vir Zing ontmoet en ‘n paar sappige stories uit sy lappopmond gehoor.

Daar sal vorentoe seker nog baie reflect word op hierdie spesifieke kamp. Dalk omdat ons besef het ons weet nie regtig hoekom ons sekere dinge doen nie. Dalk omdat ons goeie verhoudings gebou het en tog die waarde van die hele endeavour insien. Dalk omdat nuwe vriende gemaak is en awesome experiences gedeel is.

Ek hoop meer mense kan dieselfde soort ding beleef. Ek voel bevoorreg en geseënd.