Archive

Archive for September, 2009

Place-sharing in die gym

September 23, 2009 2 comments

Dis nou die 3e week dat ek saam met een van die tieners in ons gemeente gaan gym het. Crazy, want hy gym al vir soos 2 jaar en ek nie, so jy kan jou net voorstel hoe ek die eerste paar dae gevoel het! Maar ek het die gymfooie betaal en die Weider Amino 6000’s gekoop en myself nou gecommit, so hier gaan ek elke middag om 14h40 en speel tussen die ysters rond. Onder die wakende oog en met behulp van my vriend, natuurlik.
Vandag kon ons nie op dieselfde tyd gaan nie as gevolg van various redes. En vir my is ‘n gym maar altyd bietjie van ‘n intimiderende plek om alleen aan te durf. ja, ja, whatever dot com.

So toe ek daar aankom, sien ek een van die ander outjies wat ek nou al so deur die loop van die tyd leer ken (lees: groet) het. Almal groet gewoonlik almal in die gym, jy sien dieselfde mense elke middag en leer gou-gou ‘n paar nuwe name en gesigte ken – die ander hoofrede hoekom ek nou besluit het om daar uit te hang.

Vandag toe begin ek en die ou te gesels. hy was vanoggend in die saalopening wat ek by sy skool waargeneem het en hy het vir my kom se dat dit vir hom nice was (ek is bly dit was nice, ek sal blyer wees as hy dit onthou en actually iets daaromtrent doen! 😉 ). Ek het eers 2 dae gelede uitgevind wat sy naam is. Hier begin ons chat en sonder om geforseerd te wees, deel ons iets van ons geloof met mekaar. Hy het vanoggend saam met my gebid nadat ek vir hom opsies gegee het oor hoe hy homself kan gedra die vakansie, en hy het my vanmiddag gewys hoe om twee liggaamsoefeninge te doen. Ons deel mekaar se plek sonder dat die een dit op die ander een afdwing.

Nie maklik nie, maar moontlik. Dis goed wat tyd vat. Jeugwerk is ‘n langtermyn investment, jy kan maak wat jy wil. Jy gaan nie vinnig ‘n kindjie bekeer met ‘n mooi Hillsongs-liedjie en nou dink hy of sy is gered en “alles is mooi, almal is gelukkig, almal is gehoorsaam aan die Here” nie. Jy gaan ure moet insit en nie afgesit word as jy nie onmiddellik hierdie massiewe resultate sien nie (soos in die gym, haha). Maar as jy bereid is om dit kans te gee en die reg verdien om ‘n tiener se plek te deel, word dit ‘n ervaring wat beide jou en die tiener se lewe verryk.

Categories: jeug, kerk, Reality, Relationships, youth

Kyk hoe lekker gee ons voor…

September 14, 2009 2 comments

Die ding met ope dae is dat dit ‘n baie “Bo blink, onder stink”-ding is, is dit nie? Ek meen, ons hou vir hierdie aspirant inskrywers voor dat hierdie plek uitstekend is, met die heel beste van alles waaraan jy kan dink – van onderwysers, tot sportgeriewe, tot speelgrondsituasies, tot vriende. HIER gaan jy geluk vind, belowe ons jou. Kyk net na al hierdie ander gelukkige kinders. Hulle bereik die hoogste sport(e) op watter terrein ookal. Al 800 kinders is super gelukkig.

Maar niemand vertel van die groeperings op die skoolgrond nie. Niemand vertel van die ongelukkige kind wat agter die badkamerdeur wegkruip omdat niemand met haar wil praat nie. Niemand vertel van die ou wat sy meisie swanger gemaak het en nou oor naweke moet werk sodat hulle kan doeke koop nie.
Niemand vertel van die outjie wat in aliens glo, wicca beoefen en om die hoekie staan met ‘n skerp liniaal sodat, as jy met hom moeilikheid soek, hy jou kan “get” nie.
Niemand vertel van die groepsdruk, die sosiale outcasting, die stryd om jouself te vind en hoe dit soms ‘n baie eensame reis kan wees nie. Niemand vertel van die donker aande in ‘n koshuiskamer met iemand wat dit vir jou regtig nag kan maak wat daar rondsluip nie.

Kry vir jou ‘n aansoekvorm in die voorportaal. Ons kan nie wag om jou volgende jaar hier te sien nie!

Categories: Blogroll

Programlose Tienerkampe – try dit, ek dare jou!

September 9, 2009 2 comments

Ek en Cobus en ‘n paar ander het laas jaar begin eksperimenteer met kampe sonder ‘n vaste leier en programme. Okay, die leierlose-ding is seker nie heeltemal so feasable nie, maar die programlose-ding wel. Gaan lees op sy blog oor 20something en Open Space vir al daai details.

Vroeg vanjaar wou ek, soos dit ‘n goeie jeugwerker betaam, ‘n avontuurkamp vir die tieners in ons gemeente hou. Ons datums het geclash met die rugbyweek en die ding het deur die mat geval. Dit sou seker ‘n goeie kamp gewees het, met al die verpligte aktiwiteite oos abseil en laetoubane en al die goed wat ons ken. Ek het nie pyne met dit nie, ek like dit! Maar die ding het net nie op daardie stadium, in April, uitgewerk nie.

So toe ons nou weer begin praat in die rigting van ‘n kamp, het die tieners my baie duidelik laat verstaan dat ons nie te veel aktiwiteite moet inwerk nie. Ek is in elk geval al lankal op die Ervaringsleer-band wagon, so ek het in anyway nie lesings in my kop gehad oor die 15 Goeie Geestelike Grondbeginsels of die Eskatologiese verstaan van Openbaring 11-18 met die wegraping as fokus nie. Wie is nou lus om op ‘n perfekte Saterdagoggend na ‘n boring lesing te luister as jy in ‘n rivier kan gaan swem?!

So tref ons toe ons reelings en so is Chillax-kamp gebore (waar jy kan “Chill” en “relax”). Die doel van die kamp: ontspan, rus, kuier, speel! Die reels van die kamp: alles is opsioneel – van opstaantyd tot deelname tot etes tot stort (alhoewel die meeste die laaste een as ‘n ongeskrewe verpligting hanteer het, gelukkig!). Al wat vooraf vas op die program was, was die Vrydagaand se lanternbekruip – wat ook opsioneel was.

En dis presies wat gebeur het! Ons het Vrydagmiddag by Matatane River Lodge aangekom, Wykie Swanepoel-hulle se pragtige plek en byna onmiddellik afgesuiker rivier toe. Asemrowend! Ja, dit het nog nie baie gereen nie, so die rivier was nie vol nie, maar die kranse en die bosveld en die water het dit prentjiemooi gemaak. En ons het dadelik begin speel! Wat ‘n plesier, wat ‘n voorreg om saam met sulke mooi jong lewenslustige tieners te kan jol en mekaar te kan duik en in die water te kere te gaan!

Ons is teen sononder terug kampterrein toe. Geen vaste etenstyd nie, het ons ons deur ons mae laat lei na die bakke pasta wat ons die middag in Vryheid reeds gemaak het. Heerlik.

Die jonger latte het self die vuur aangesteek en die plek reggemaak vir ure se kuier rondom die gloeiende kole. Almal was gesettle, gemaklik en jy kon vir ‘n slag vergeet van skool, jou ouers, druk van jou vriende, druk om te presteer, verantwoordelikhede…net wegkom.

Later het ek sekerlik een van die snaaksste lanternbekruipe in my lewe gesien. As mense dink dat hulle minder sigbaar gaan wees op ‘n volmaanaand deur hulle klere uit te trek en in hul onderbroeke op die lantern te pounce, moet jy weet: hier kom groot sports! Bitterlik snaaks!

Later is daar Mafia gespeel en musiek geluister en gekuier en gelag en National Geographic-tipe foto’s geneem van paddas wat besig is om te paar (op ‘n kerkkamp! My magtag!). Ek weet nie hoe laat ons gaan slaap het nie.

Saterdag het ons opgestaan soos die Gees en ons lywe ons gelei het. Daar is gebrunch en na die Springbokke se toets gekyk en dit het veroorsaak dat ons natuurlik eers moes gaan kalmeer deur by die rivier en die foefieslide uit te kom – al was die pad na die foefieslide ‘n bietjie bundu-bashing.

Die aand het ons gebraai, elkeen sy eie braaipakkie, en ons het gekuier en gelag en musiek geluister en ‘n reuse handjietennis toernooi met ‘n huge sagte bal gehad.

En ons het WEER gaan lanternbekruip – ander spanne, ander spot…net soveel sports! Daar was mense wat deur die rivier se vlak water geleopard crawl het en ‘n ander ou wat besluit het om vir die res ‘n trench te bou, daarteen besluit het en homself toe daarin begrawe het sodat net sy kop uitsteek en hy die ander kan skrikmaak!

Nog rondes mafia is gespeel, baie potte skaak en eventually het almal in hul chalets uitgekom en in die bed neergeval. Ons het 4 per chalet geslaap en dit het wonderlik gewerk.

Sondagoggend moes ons egter vroeg opstaan om betyds terug in Vryheid te wees om ‘n mimiek in die erediens te doen, maar dit was al drawbac. Ons sou dalk volgende keer eerder later terug gecruise het dorp toe, dan kon ons rustiger opstaan en klaarmaak.

Wat is die punt van hierdie kampe? Om kinders te vermaak? Nee, want dit het hulle sommer self gedoen. Om geestelike waarhede oor te dra? Wel, sonder lesings – na die eerste lanternbekruip het ek hom baie ligweg gereview. Die kinders het self by die ding uitgekom dat, net soos lanternbekruip, kan jy nie kerkwees alleen doen nie. Awesome. Is die doel om verhoudings te bou? Beslis, ja! Daar was 2 ouens saam wat nie regtig deel was van ons jeuggroep voor die tyd nie, maar wat van die kinders van skool af geken het, en dit was great om hulle te sien inskakel. Ook met van die tieners wie se ander vriende ‘n bietjie meer aan die scruff kant is. Dis goed om vir hulle die opsie te kan gee dat ‘n mens jouself kan geniet sonder sigarette, drank en dagga.

Daar was twee couples op die kamp en hulle het gewys hoe gesonde Christentiener couples kan optree. Ek was nie een keer regtig bang dat hulle iewers in ‘n chalet die lakens gaan deurmekaar maak nie. Nie omdat hulle kamtig engeltjies is nie, maar omdat ek weet dis nie die soort verhoudings wat hulle het met mekaar of met my nie.

Kan programlose kerkkampe, waar ‘n mens nie een keer Bybellees nie en net bid voordat jy eet, werk? Ek dink so. Ek kon die naweek in die naam van my gemeente ‘n ruimte skep waar tieners kon ontspan en wegkom en rus en fellowship geniet, sonder om “kerkerig” of dweperig te wees.

En dit is awesome.