Home > Blogroll > Kyk hoe lekker gee ons voor…

Kyk hoe lekker gee ons voor…

September 14, 2009 Leave a comment Go to comments

Die ding met ope dae is dat dit ‘n baie “Bo blink, onder stink”-ding is, is dit nie? Ek meen, ons hou vir hierdie aspirant inskrywers voor dat hierdie plek uitstekend is, met die heel beste van alles waaraan jy kan dink – van onderwysers, tot sportgeriewe, tot speelgrondsituasies, tot vriende. HIER gaan jy geluk vind, belowe ons jou. Kyk net na al hierdie ander gelukkige kinders. Hulle bereik die hoogste sport(e) op watter terrein ookal. Al 800 kinders is super gelukkig.

Maar niemand vertel van die groeperings op die skoolgrond nie. Niemand vertel van die ongelukkige kind wat agter die badkamerdeur wegkruip omdat niemand met haar wil praat nie. Niemand vertel van die ou wat sy meisie swanger gemaak het en nou oor naweke moet werk sodat hulle kan doeke koop nie.
Niemand vertel van die outjie wat in aliens glo, wicca beoefen en om die hoekie staan met ‘n skerp liniaal sodat, as jy met hom moeilikheid soek, hy jou kan “get” nie.
Niemand vertel van die groepsdruk, die sosiale outcasting, die stryd om jouself te vind en hoe dit soms ‘n baie eensame reis kan wees nie. Niemand vertel van die donker aande in ‘n koshuiskamer met iemand wat dit vir jou regtig nag kan maak wat daar rondsluip nie.

Kry vir jou ‘n aansoekvorm in die voorportaal. Ons kan nie wag om jou volgende jaar hier te sien nie!

Categories: Blogroll
  1. Shinji
    September 17, 2009 at 3:02 am

    Is dit nie doe probleem met alles in die wereld nie? Hulle sal wat doen om hulle produk te verkoop. Dit lat my dink aan die verhaal wat ek as kind gelees het oor die die mense wat vrugte [wartelemoene] verkoop het. Die een man se wartelemoene was sleg en het voorgehou dat dit die beste is. Die ander verkoper het vir die kliente ese dat sy wartelemoene nie diebeste is nie. So die kopers koop toe by die eerste verkoper.
    MAAR so vind die koper toe uit dat die 1ste verkoper hom om die bos gely het om sy geld te kry, waar die die 2de verkoper eerlik was.
    Die punt van die storie, ‘n mens mag dalk nie soveel produkte verkop met eerlikheid nie, maar ten minste behou jy jou integriteit.

  2. September 23, 2009 at 5:41 pm

    Jap! Dis net, party plekke is nie bereid om daardie prys te betaal nie…

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: