Home > jeug, kerk, Reality, Relationships, youth > Place-sharing in die gym

Place-sharing in die gym

September 23, 2009 Leave a comment Go to comments

Dis nou die 3e week dat ek saam met een van die tieners in ons gemeente gaan gym het. Crazy, want hy gym al vir soos 2 jaar en ek nie, so jy kan jou net voorstel hoe ek die eerste paar dae gevoel het! Maar ek het die gymfooie betaal en die Weider Amino 6000’s gekoop en myself nou gecommit, so hier gaan ek elke middag om 14h40 en speel tussen die ysters rond. Onder die wakende oog en met behulp van my vriend, natuurlik.
Vandag kon ons nie op dieselfde tyd gaan nie as gevolg van various redes. En vir my is ‘n gym maar altyd bietjie van ‘n intimiderende plek om alleen aan te durf. ja, ja, whatever dot com.

So toe ek daar aankom, sien ek een van die ander outjies wat ek nou al so deur die loop van die tyd leer ken (lees: groet) het. Almal groet gewoonlik almal in die gym, jy sien dieselfde mense elke middag en leer gou-gou ‘n paar nuwe name en gesigte ken – die ander hoofrede hoekom ek nou besluit het om daar uit te hang.

Vandag toe begin ek en die ou te gesels. hy was vanoggend in die saalopening wat ek by sy skool waargeneem het en hy het vir my kom se dat dit vir hom nice was (ek is bly dit was nice, ek sal blyer wees as hy dit onthou en actually iets daaromtrent doen!😉 ). Ek het eers 2 dae gelede uitgevind wat sy naam is. Hier begin ons chat en sonder om geforseerd te wees, deel ons iets van ons geloof met mekaar. Hy het vanoggend saam met my gebid nadat ek vir hom opsies gegee het oor hoe hy homself kan gedra die vakansie, en hy het my vanmiddag gewys hoe om twee liggaamsoefeninge te doen. Ons deel mekaar se plek sonder dat die een dit op die ander een afdwing.

Nie maklik nie, maar moontlik. Dis goed wat tyd vat. Jeugwerk is ‘n langtermyn investment, jy kan maak wat jy wil. Jy gaan nie vinnig ‘n kindjie bekeer met ‘n mooi Hillsongs-liedjie en nou dink hy of sy is gered en “alles is mooi, almal is gelukkig, almal is gehoorsaam aan die Here” nie. Jy gaan ure moet insit en nie afgesit word as jy nie onmiddellik hierdie massiewe resultate sien nie (soos in die gym, haha). Maar as jy bereid is om dit kans te gee en die reg verdien om ‘n tiener se plek te deel, word dit ‘n ervaring wat beide jou en die tiener se lewe verryk.

Categories: jeug, kerk, Reality, Relationships, youth
  1. mags
    September 25, 2009 at 6:06 pm

    Ek laaikit kwaai!!! Goeie werk! All in a day’s sharing….

  2. Charlotte
    September 28, 2009 at 2:24 pm

    Hi hi! Ek het sommer net kom inloer, en kyk wats nuus by jou. Keep up the good work en all that! Goedgaan!

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: