Archive

Posts Tagged ‘movies’

Random goeters…

August 24, 2009 Leave a comment

Ek het gisteraand vir die eerste keer in ek weet nie hoe lank nie die Sondagaand fliek op M-Net gekyk, wat toevallig Made Of Honor was. Lekker romantiese komedie, wat nie teveel breinkrag vereis nie, voorspelbaar is en ‘n gelukkig einde het. Presies soos ons van hulle hou en hulle soek!
Iets waarmee ek so soort-van kon identifiseer, is die feit dat die arme Tom elke keer die beste vriend is. Nou, ek gaan nie eers begin met daai lyn nie – ek het die storie self al genoeg beleef, net sonder om op presies die regte oomblik by die kerkie in te storm, die troue te onderbreek en die bruid met +/- 40 woorde myne te maak. Hehe. Ek weet hoe dit is om die beste vriend te wees. Dit suck.

Elk geval, so die Curriebeker Log lyk ná die eerste ronde uiteindelik meer soos dit moet. Griekwas het omtrent ‘n opskudding veroorsaak (en heimlik wens ek nog steeds hulle haak somehow die knoop deur, wat ‘n lekker underdog-storie sal dit nie wees nie!) en die Bulle het ons, hul aanhangers, vir ‘n wedstryd of wat aan die nip gehad. Die Sharks het gedoen wat van hulle verwag is en die WP speel ook weer ‘n slag saam. Die Cheetas is nog nêrens en hulle gaan waarskynlik nie hierdie seisoen regtig hulle opwagting by die partytjie maak nie. Die Lions…ek weet nie wat om vir hulle te sê nie, behalwe: sterkte! Ditto vir Boland.

Ek lees die naweek in die koerante die positiewe reviews oor District 9, ‘n Suid-Afrikaanse (?) wetenskapfiksie-fliek oor aliens wat die pad moet vat. Hierdie een gaan nog die onderwerp van vele besprekings wees, mark my words. Sal dit regtig graag wil kyk, maar seker eers aan die begin van Oktober wanneer ek weer myself in die stad bevind.

Ek wens meer mense wil Suid-Afrikaanse stories vertel wat nie gaan oor ‘n Vigs-kind uit die townships op soek na ‘n beter lewe nie of jagse tieners wat a la Hollywood liefde langs die rugbyveld vind nie. Indien iemand belangstel om Leon de Villiers se Die Pro of Fanie Viljoen se Miserella te verfilm, ek sal met liefde aan die draaiboeke werk!

I’d rather go see Enchanted than The Golden Compass…

December 15, 2007 4 comments

Hey all!
The main reason I haven’t said anyhing about The Golden Compass and the sms’s and emails flying about is because I haven’t seen the movie yet and don’t know the books at all. But I do want to see it sometime, but I guess I won’t get a chance before returning to Pretoria in January and by that time I will get it from our residence’s network, so I won’t even have to pay for it. If I get to a cinema before then, I want to go see Enchanted!
But I did stumble across this blog this morning, so I put in the link. Read the post and the comments, they’re all good!

Een van daai dae wat jou lewe verryk…Prof Jurie le Roux…War against terrorism…The Kingdom…In The Valley Of Elah…Lions For Lambs…Thought-provoking stuff

November 22, 2007 Leave a comment

Jy weet as jy een van daai dae het wat regtig goed is en soos jou lewe verryk? Ek praat nie van…ag dalk, whatever. Dis soos een van daai dae wat jy net agterkom: wat ek nou sien/hoor/beleef, is thought-provoking stuff. Miskien is dit die beste manier om vandag mee te beskryf. Thought-provoking.

Dit het begin met ‘n ontbyt saam Prof Jurie le Roux van die Departement Ou Testament van die Fakulteit Teologie aan UP, in my oë die mees onderskatte professor, ten minste in die fakulteit. What a man, what a legend! Daai ou is net sy tyd ligjare vooruit. Die Mormone glo mos half so iets van dat jy eintlik voor jou geboorte al bestaan en dat wanneer jy gebore word, gaan jy ‘n liggaam binne en wanneer jy doodgaan verlaat jy weer jou liggaam (asseblief korrigeer my op hierdie een!). Ek kan in anyway nogals saamgaan met hierdie tipe siening. As ek na party mense kyk, lyk dit vir my regtig of hulle in die verkeerde time zone van die lewe “ingekom” het! Daar is studente (en proffies) wat baie beter sou gefunksioneer het 30 jaar, 35 jaar gelede. Dan is daar ouens soos Prof Jurie wat ook net sy tyd myle vooruit was. Hy is een van die slimste mense wat ek ken, en al vertel hy jou die heeltyd van die boeke en filosowe en skrywers wat hy al gelees het (op sy half lakonieke manier!), voel dit nooit asof hy jou neus in dit vryf dat hy baie weet nie. Hy laat jou lus voel om self daai boeke en skryers en filosowe te tackle. Dit was net awesome. Ek het weer besef dat dit ‘n baie waar ding is (wat ook weer half van Gerhard von Rad af kom) dat ‘n mens nie by die sin van die lewe self kan uitkom nie, maar dat jy self sin aan die lewe toeken. Die lewe is ‘n immer-interpreteerbare ding, en ons woorde skiet dikwels te kort om te kan beskryf wat ons nou eintlik ervaar. Ons maak keuses en interpreteer en daarin ken ons sin aan die lewe toe. Daar is nie hierdie inherente stuk sin wat wag om ontdek te word nie. Elke dag is ‘n nuwe geleentheid vir ons elkeen om self sin toe te ken aan die dinge wat in ons lewens gebeur. Die keuse is ons s’n.

Maar die dag het nie daar opgehou nie. Dit was ook die “Woensdag-na-die-eksamen-fliek-marathon”-dag. Ek was lus om ‘n dag lank net in die movies te lê en goed te kyk waarby ek nie gaan uitkom terwyl ek die vakansie in Vryheid sit nie. Dit het ook anders uitgewerk as wat ek aanvanklik beplan het en op die ou einde het ek 3 movies gesien, wat almal met mekaar verband hou. Dis die drie “Oorlog in Irak/Afghanistan/Saudi-Arabië” movies wat op die oomblik op circuit is: The Kingdom, In The Valley Of Elah en Lions For Lambs.

The Kingdom het Peter Berg as regisseur, so verwag baie onstabiele kameraskote en ‘n naelbyteinde (tipies wat hy doen in Friday Night Lights, so as jy dit volg sal die kamerawerk jou nie pla nie.). Dis die een wat gaan oor die mense wat moet ingaan om raad te gee aan die Saudi’s en hulle te help om hul eie shit op te los. Vertel die stories van mense – dat ons almal ‘n gesin en familie het, mense wat vir ons kosbaar is en liefhet. En dat oorlog sinneloos is. Baie goeie action en Jamie Foxx lyk soos ‘n jonger weergawe van Denzel Washington. Wys in jou gesig die devastation van die oorlog op Saudi-Arabië self ook. Ek het ook daar die scaryste ding in die wêreld gesien: suicide bombers. Vergeet van ouens met kettingsae en nagmerrie mans met messe vir vingers – suicide bombers is tien keer scarier. ‘n Ou wat só ver sal gaan om mense nader aan hom te lok en dan in hul midde willens en wetens uit geloofs- en godsdienstige oortuigings homself en honderde ander mense op te blaas, is flippen scary.

In The Valley Of Elah het ‘n star-studded cast – Tommy Lee Jones, Charlize Theron, Susan Sarandon. Dit vertel die verhaal van die ouens wat teruggekom het van die oorlogsfront af en wat die oorlog aan hulle gedoen het. Dis crazy. Daar is net GEEN manier waarop dit regverdig kan word nie. Mense se lewens word geknak, afgebreek en verwoes. Hier is die interessanet tegniek dat daar die hele tyd hierdie selfoon-video clips is wat ons baie onduidelik sien en as ruggraat van die storie funksioneer. Heel aan die einde word dit weer vir ons gewys – in goeie kwaliteit. En dan besef ons: oorlog is sinneloos. Dit maak seer, dit verwoes gesinne. Dit breek die soldate wat gaan en terugkom se psige heeltemal.
Die titel verwys na die vallei in die Bybel waar Dawid en Goliat gefight het, en die storie word ook so halwe metafoor vir die boodskap van die fliek. Iewers is ‘n groot ou wat mense uitdaag om teen hom te fight en dan kom ‘n klein outjie en maak hom dood op ‘n wyse waarop niemand gedink het sou gebeur nie. Oorlog kom met ‘n prys. ‘n Flippen duur prys.

En dan is daar Lions For Lambs – Robert Redford se bydrae en beslis die beste een van drie uiters goeie flieks. Dit het vir Robert, Tom Cruise, Meryl Streep, Michael Peña, Derek Luke, Andrew Garfield en Peter Berg in. Hierdie storie word op drie vlakke vertel: die professor in Politieke Wetenskappe wat oplossings soek en die student wat afgestomp wil wees as gevolg van die regering; die blinkjan senator met die wonderlike nuwe strategiese plan en die joernalis wat nie meer hierdie bullshit aan die publiek kan opdis nie, maar gedwing word om dit te doen (Meryl Streep is excellent); en die soldate wat hierdie strategiese plan moet uitvoer en dan ervaar hoe dinge in die praktyk skeefloop (Amerika is altyd te flippen laat!).
Die fliek bestaan uit baie, baie gesprekke en dialoog, met heelwat minder aksie as The Kingdom, maar dis van die beste sosiale kommentaar wat ek nog op screen gesien het. Dit wys ook ‘n paar goed: dat oorlog sinneloos is, maar dat Amerika dit nou glad nie meer kan bekostig om dit te verloor nie. Glad nie. Ook dat dit maklik is om kamstige planne uit te dink en dan ander mense dit te laat implementeer. Dat almal ‘n aandeel het – die media, die establishment, die passiewes, die intelektueles. En dat dit bitter maklik is om die foute van die verlede netso te herhaal.
Ek gaan die fliek weer moet kyk.

Thought-provoking stuff. Vandag het my lewe verryk omdat dit my op vele maniere aan die dink gesit het en my regtig diep geraak het. Jy kan nie na een (of al drie) van hierdie flieks gaan kyk en nie geraak wees nie. Al drie skok, nie vir sensasie nie, maar uit opregte bedoeling. Hierdie is die realiteit. Hierdie shit gebeur nóú. En die mensdom is vir sy eie destruction verantwoordelik. Want hoe kan jy tot God/Allah bid, en mense laat opblaas? Hoe kan jy bloedjong seuns soos vleis in ‘n worsstopper instuur om opgefok te word deur die wreedhede van die oorlog, vir volk en vaderland? Hoe slaap jy snags met twee oë toe as jy weet jy is verantwoordelik vir duisende ouens wat nooit terug gaan kom huistoe nie, net sodat jou politieke party kan seëvier???

“Whatever it takes…”

Nie een van die flieks het ‘n happy ending nie. Dis alles oop eindes; die storie moet nog klaar gemaak word. En dis ons keuses wat die einde gaan bepaal…

Die Oorlog teen Terrorisme duur nou al langer as wat die Tweede Wêreldoorlog geduur het. Hierdie is beslis die finale spyker in die doodskis van enige emand wat nog met die Verligting-wêreldbeeld rondloop van “ons kan eintlik enigiets doen want ons kan dit met ons verstand uitfigure en daarom gaan ons net vorentoe gaan hoera vir die mensdom”.
Please.

Dit rig juis ‘n appèl tot ons, as mense, om nou meer as ooit tevore te dink. Te dink wat ons doen met ons mense; met ons naaste; met ons families; met mense wat ons nie ken nie; met ons wapens; met ons geld; met ons kennis; met ons hulpbronne; met ons natuur; met ons planeet; met die mensdom self.

Want die vraag, die “oop einde”, is: wat gaan hierdie einde wees? Wat gaan aan die einde van hierdie Wêreldoorlog gebeur? En hoeveel mense moet nog almal doodgaan voordat hierdie einde bereik kan word? En dan daarna moet ons weer van vooraf begin om sin aan ons bestaan te gee…