Archive

Posts Tagged ‘Angus Buchan’

Loftus vir Jesus/Loftus for Jesus 19/07/2008

July 22, 2008 1 comment

Jip, ek was daar en daarom deel ek gou my gedagtes met julle. Soos ek al gesê het, ek is nie anti-Angus nie (no pun intended), maar omdat almal so vreeslik in die koerante oor die man aangaan, wou ek self hoor wat hy te sê gehad het en daarom het ek gegaan.

Ek het ook gehelp om vir FEBA Radio flyers uit te deel, omdat een van hul personeellede in ons gemeente is. Die flyer het ‘n kompetisie op waar jy vir hulle ‘n slagspreuk moet uitdink. Jy kan dan 3 nagte langs die Malawi-meer wen. Of jy kan net ‘n donasie maak, jou keuse.

Natuurlik was daar mense wat nie die flyertjie by ons wou vat nie. Een vrou het reguit vir ons gesê “kinders van die Here doen nie so iets nie” en ‘n ander vrou het, by die aanhoor dat dit ‘n kompetisie is, die flyers met ‘n simpatieke Moreleta-glimlag terug in my hande geplaas: “Nee dankie.” Gelukkig was meeste mense keen om ander te help met geld om die evangelie te versprei, sonder om te dink dat hulle net dalk op die geluksgod sal vertou in die proses. Jeepers.

Die aktiwiteite op Loftus self was eintlik baie cool. Natuurlik was dit op ‘n stadium scary om te sien hoe 74 000 mense in die stadion inpas, maar dit was netso cool om te sien hoe al hierdie mense saambid. Die musiek was van goeie kwaliteit (met Louis Brittz-hulle aan die stuur) en dis nogals ‘n sight om te sien hoe al die mense (charismats, pentecostals, gereformeerdes, hervormdes en nuuskieriges) hulle hande in die lug gooi met die derde vers van die Oorwinningslied.

Oom Angus se boodskap was…gemiddeld. Which is scary. Dit was goeters wat elke liewe (NG) dominee al iewers gepreek het: bekeer jou, bly by jou vrou, moenie die staat verneuk nie, moenie jou werkers soos crap behandel nie…nie regtig ‘n TOTAAL OORSPRONKLIKE NUWE boodskap nie. Wat my laat wonder het: hoe gereeld gaan dit meer oor die messenger as oor die message? Die enigste ding wat hy vir my gaan moet verduidelik, is sy siening oor die weer, want dit is wragtig volgens my in the eye of the beholder: wat vir die een boer goeie weer is, is nie noodwendig vir die ander boer nie, en tog is albei van God afhanklik om in hul weer-behoeftes te voorsien, of hoe? Verder was sy boodskap uit Ef 3:14-21 heel above board.

Wat my wel baie ongemaklik gemaak het, was op ‘n stadium in die praise en worship toe daar ‘n ou vanuit die middelveld uit al skreeuende uit Openbaring begin profeteer het. Dit was shaky, want dit het geklink asof die ou aspris is. Dit was veronderstel om ‘n stil, gebedsoomblik te wees, maar die man het net aangehou skree en skree. Ek is nie oortuig dat hy deur die Gees gemotiveer was om Openbaring op te sê nie. Gelukkig het die musiekspan die situasie onderskep en weer begin speel. Dankie vir goeie timing!

Dit was tog op die ou end ‘n merkwaardige dag. Ja, daar was mense wat vir die regte redes daar was. Ja, daar was mense wat vir die eerste keer tot bekering gekom het. Ja, daar was ook mense wat daar was uit nuuskierigheid, groepsdruk, verveeldheid of allerhande ander verkeerde redes. Ja, daar is mense wat daar weggegaan het en natuurlik weer die dam onder nege eende gaan uitruk met belaglike statements of vurige fundamentalistiese argumente oor die duiwel en sy “swart mag”

Langnaweek en Mighty Men en Kollegetehuis en stuff

May 1, 2008 Leave a comment

Dis Laaaaaangnaweek, yeah! Ek vat ‘n bietjie af, maar dis die stilte voor die Groot Storm, want volgende week is Pinkster en ek moet ‘n opdrag vir PRT ingee (waarvan ek nog die inligting moet kry, oeps) en Vrydag die 9e is die GDOP Deurnag en die week daarna is dit kontakweek en die 18e is dit my proefpreek…
So, dis hoekom ek kans kry om te chill hierdie langnaweek by my ouers in Vryheid. Yeah! Dit bly vir my lekker om hiernatoe te kom. Al hoe lekkerder.
‘n Ander lekker plek vir my om na toe terug te gaan, is Kollegetehuis. Was in die week daar en het met van die ouens gesels wat by Angus Buchan se Mighty Men Conference was en ek het net weer besef: dit was die plek van my salvation. Absoluut. Die Here het ouens daar geplaas en oor my pad gebring wat MY ook op die regte pad hou en moed gee en inspireer om aan te hou en uit te hou. Aan alle voornemende Kollegemanne/ TUKS-studente/ ouers van seuns wat vanjaar klaarmaak met Matriek: julle kan met die grootste gemak die Republiek van Kollegetehuis as ‘n opsie oorweeg.
Geniet die langnaweek, Peace out!