Home > Ervarings, God, Jesus, South Africa, Suid-Afrika > Loftus vir Jesus/Loftus for Jesus 19/07/2008

Loftus vir Jesus/Loftus for Jesus 19/07/2008

Jip, ek was daar en daarom deel ek gou my gedagtes met julle. Soos ek al gesê het, ek is nie anti-Angus nie (no pun intended), maar omdat almal so vreeslik in die koerante oor die man aangaan, wou ek self hoor wat hy te sê gehad het en daarom het ek gegaan.

Ek het ook gehelp om vir FEBA Radio flyers uit te deel, omdat een van hul personeellede in ons gemeente is. Die flyer het ‘n kompetisie op waar jy vir hulle ‘n slagspreuk moet uitdink. Jy kan dan 3 nagte langs die Malawi-meer wen. Of jy kan net ‘n donasie maak, jou keuse.

Natuurlik was daar mense wat nie die flyertjie by ons wou vat nie. Een vrou het reguit vir ons gesê “kinders van die Here doen nie so iets nie” en ‘n ander vrou het, by die aanhoor dat dit ‘n kompetisie is, die flyers met ‘n simpatieke Moreleta-glimlag terug in my hande geplaas: “Nee dankie.” Gelukkig was meeste mense keen om ander te help met geld om die evangelie te versprei, sonder om te dink dat hulle net dalk op die geluksgod sal vertou in die proses. Jeepers.

Die aktiwiteite op Loftus self was eintlik baie cool. Natuurlik was dit op ‘n stadium scary om te sien hoe 74 000 mense in die stadion inpas, maar dit was netso cool om te sien hoe al hierdie mense saambid. Die musiek was van goeie kwaliteit (met Louis Brittz-hulle aan die stuur) en dis nogals ‘n sight om te sien hoe al die mense (charismats, pentecostals, gereformeerdes, hervormdes en nuuskieriges) hulle hande in die lug gooi met die derde vers van die Oorwinningslied.

Oom Angus se boodskap was…gemiddeld. Which is scary. Dit was goeters wat elke liewe (NG) dominee al iewers gepreek het: bekeer jou, bly by jou vrou, moenie die staat verneuk nie, moenie jou werkers soos crap behandel nie…nie regtig ‘n TOTAAL OORSPRONKLIKE NUWE boodskap nie. Wat my laat wonder het: hoe gereeld gaan dit meer oor die messenger as oor die message? Die enigste ding wat hy vir my gaan moet verduidelik, is sy siening oor die weer, want dit is wragtig volgens my in the eye of the beholder: wat vir die een boer goeie weer is, is nie noodwendig vir die ander boer nie, en tog is albei van God afhanklik om in hul weer-behoeftes te voorsien, of hoe? Verder was sy boodskap uit Ef 3:14-21 heel above board.

Wat my wel baie ongemaklik gemaak het, was op ‘n stadium in die praise en worship toe daar ‘n ou vanuit die middelveld uit al skreeuende uit Openbaring begin profeteer het. Dit was shaky, want dit het geklink asof die ou aspris is. Dit was veronderstel om ‘n stil, gebedsoomblik te wees, maar die man het net aangehou skree en skree. Ek is nie oortuig dat hy deur die Gees gemotiveer was om Openbaring op te sê nie. Gelukkig het die musiekspan die situasie onderskep en weer begin speel. Dankie vir goeie timing!

Dit was tog op die ou end ‘n merkwaardige dag. Ja, daar was mense wat vir die regte redes daar was. Ja, daar was mense wat vir die eerste keer tot bekering gekom het. Ja, daar was ook mense wat daar was uit nuuskierigheid, groepsdruk, verveeldheid of allerhande ander verkeerde redes. Ja, daar is mense wat daar weggegaan het en natuurlik weer die dam onder nege eende gaan uitruk met belaglike statements of vurige fundamentalistiese argumente oor die duiwel en sy “swart mag” (sien die Rapport se online kommentaar!).

Wat vir my lekker was, was dat ek saam met my beste vriend daar kon staan, saam die Here kon loof, vir mekaar kon bid en ‘n antwoord of twee kry. Dit was cool. Ek hoop net die mense gaan doen wat oom Angus vir hulle gesê het – anders sit hy maar in dieselfde bootjie as baie ander Mighty NG Dominees.

PS Sien Neels Jackson se skrywe in Beeld vir verdere comments op die storie

  1. James
    July 30, 2008 at 3:29 pm

    Hi daar,

    Ek is bly jy het oor jou wedervaringe op Loftus gepraat.

    Ek was ook daar, maar my fokus was absoluut op die grootheid van God. Toe ek en my vriende daar wegry, het ons gesprekke gehandel oor wat ons in ons harte ervaar het – die absolute heerlikheid van Jesus.

    Ons was nie daar vir Angus nie – ons was nie daar vir Louis Britz nie – ons was daar vir Jesus, en dis hoekom ons oor die hele aangeleentheid “aangaan”, want dit was Hy wat ons te woord gestaan het op hierdie wonderlike dag.

    Kinderlik – miskien kinderagtig, maar Jesus se tog self ons moet soos kinders word. As jy iets spesiaals in Angus verwag het omdat die koerante oor hom ‘n ophef maak, is ek nie verbaas dat jy teleurgesteld is nie. Al het Reinhart Bonnke of Jimmy Swaggart daar gestaan sou die Heerlikheid van Jesus hulle nogsteeds oorskadu het, want dit het oor Hom gegaan, nie oor die prediker of die ouens op die verhoog nie.

    Ek dog maar net ek los my 5c worth.

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: