Home > afrikaans, Afrikaanse stories, Blogroll, stories > Gouelokkies en die 3 Bere

Gouelokkies en die 3 Bere

Gouelokkies en die drie bere – die waarheid.

Al ooit ‘n bietjie gaan sit en dink oor die storie van ‘n Klein Blonde Dogtertjie wat by die huis van drie bere opdaag, sonder toestemming daar ingaan, hul kos eet, hul stoele breek en in hul beddens slaap? Dit is eintlik ‘n bietjie bisar. Ek bedoel, kom ons begin by die begin en kyk stelselmatig na die feite:
Die storietjie begin by die drie bere wat die een oggend, soos al die ander oggende voor dit, opstaan om ontbyt te eet. Nou, hier is die eerste glitch al klaar. Pappa Beer, Mamma Beer en Baba Beertjie bly soos hoogs gecivilizde westerlinge in ‘n oulike houthuisie in die middel van ‘n bos. Okay, dit lyk darem soort-van na hul natuurlike habitat as jy die bos in ag neem, maar kom ons gaan verder. Die Mamma Beer staan, soos enige ander goeie huisvrou, vroeg op om pap te maak. Pap? Bere wat pap eet? Karnivore wat ‘n mengsel van meel, water en sout verkies bo ‘n stuk rou vis of iets dergeliks? Of even dan, as dit moet, heuning? Maar okay, sy maak die pap vir ontbyt. Pappa Beer en Baba Beertjie (omdat hy ‘n baba is lyk sy van anders as sy ouers s’n – dit werk so in sprokies) sluit dan by Mamma Beer aan in die kombuis. Onthou nou, hulle het ‘n hoogs ontwikkelde huis met ten minste ‘n kombuis, ‘n sitkamer en ‘n slaapkamer wat groot genoeg is sodat drie bere gemaklik daar kan leef. Daar was probably ‘n hangkas of drie ook nog. Toe hulle aan tafel sit, proe hulle aan die pap en Pappa Beer besluit, soos dit ‘n goeie vaderfiguur betaam, dat die kos te warm is want hy brand sy mond. Om dié rede moet hulle eers ‘n ent gaan stap. Why? Hoekom sit hulle nie net vir vyf minute op hul lekker gemaklike stoele in hul lekker gemaklike sitkamer nie? Ek meen, hoe warm kan die pap nou ook wees? Tog, dalk was daar ander redes hoekom Pappa Beer besluit het dat ‘n wandeling in die bos die aangewese ding is om te doen. Miskien wou hy vir Mamma Beer ‘n slag aanspreek oor haar kosmaak-vermoë – dit was dalk tyd dat sy haar Kook En Geniet ‘n slag deurlees, my magtag! Of dalk was hy tog al die tyd ‘n barbaar wat van yskoue pap gehou het en nie besef het dat dit een van die slegste dinge op aarde is nie. Moontlik was hy een van daardie impulsiewe natuurliefhebber freaks en het hy skielik soos in ‘n musical uitgebars in sang, die kombuisdeur oopgegooi en die woud ingedans met Mamma Beer en Baba Beertjie wat hom noodgedwonge moes volg as hulle deel van hierdie liedjie, scene en kameraskoot wou bly en wie wil nou dit mis. Dalk was dit regtig ‘n pragtige oggend en wou hulle eintlik net ‘n bietjie die natuurskoon bewonder. Aan die ander kant: dalk het Pappa Beer (meer waarskynlik) woedend opgespring met ‘n tong wat uithang en ‘n keel wat brand soos ‘n kool vuur: “Mamma! Wat de hel noem jy dié? Kan jy nie eers ‘n blêrrie potjie pap maak nie? Moet jy alewig die kos verbrand? Is hier nie melk in die huis om oor die pap te gooi om dit ‘n bietjie kouer te maak nie? Is dit ook al wat ons het om te eet?!”
Mamma Beer was, after all, ‘n beer, en sou nie op haar laat wag nie: “As jy net ‘n bietjie wil ophou om jou slap gat die heeldag hier by die huis te laat rondlê, het ons dalk geld gehad om melk mee te koop! Wanneer laas het jy uitgegaan om iets te jag, toe, sê my? Maar nee, nou word ek gedwing om vir ons ‘n halfgaar stew van meel en water aan mekaar te slaan sodat jy iets kan kry om jou vet pens mee vol te maak! En jy is so ‘n ondankbare vraat dat jy nie eens kan wag tot dit ‘n bietjie afgekoel het nie? Ek vat nóú my goed en gaan terug na my ma toe!”
Briesend sou dan by die deur uitstorm. Pappa Beer het besef hy moet dadelik damage control doen en is agterna. Baba Beertjie, wat eintlik maar die heeltyd ‘n spoilt brat was, het teen dié tyd al lankal begin tjank en sou vir geen geld ter wêreld alleen by die huis bly nie. Ek bedoel, dink nou net hoe sou dit lyk: ‘n leë houthuis in die middel van ‘n bos met ‘n pot warm pap op die stoof, geen ouers en ‘n alleenhuilende baba beer wat in anyway al klaar so groot soos ‘n uitgegroeide St. Bernard lyk. Die Welsyn sou hom so vinnig daar verwyder het dis nie eens snaaks nie.
Hoe ons ookal kan bespiegel, die Beer-gesin is al drie die bos in vir ‘n onbepaalde tyd en omdat hulle nie geweet het dat pap redelik vinnig afkoel nie, het hulle hulself heeltemal misgis met die tyd. Dalk kon hulle ook nie tyd lees nie (maar gelukkig kan hulle pap maak) en was dit die rede dat hulle so lank weggebly het. Die antwoorde bly ons ontwyk, maar een ding bly seker: hulle was lank genoeg weg dat ‘n Klein Blonde Dogtertjie daar kon aankom en begin amok maak.
Dis reg. ‘n Klein Blonde Dogtertjie wat vernoem is na haar haarkleur het op haar eie oggendwandeling gegaan en op die houthuisie in die middel van die bos afgekom. Watter regdenkende ouer ook hul kind sal toelaat om alleen, voor ontbyt, in ‘n bos te gaan rondloop waarin daar ten minste Drie! Groot! Gevaarlike! bere bly, weet nugter. Tog, dit het nou maar eenmaal gebeur en ek is seker daardie ouers het ook uit hul foute geleer. Aan die ander kant, die Klein Blonde Dogtertjie kom nogal ietwat arrogant en rebels na my liking voor en heel moontlik het sy daardie oggend opgestaan, haar ouers met ‘n middelvinger begroet en besluit: te moer met julle, ek sal vanoggend self vir my gaan kos soek, al moet ek ander mense s’n steel. Ek is in anyway gatvol vir scramble eiers en bacon. Die toast kan julle ook maar hou, as ek my brood wil verbrand sal ek dit self doen.
So, Gouelokkies (al ooit gewonder wat hulle haar gaan noem as sy haar hare gekleur het?) kom toe by die Beer-gesin se huis aan. Ek gaan nie sê ‘onskuldig’ nie, want dit was sy doodgewoon nie. Dit was breaking and entering en niks minder nie. Vandalisme ook. Gouelokkies kom by die oop kombuisdeur aan (want in sprokies is daar nie crime nie en daarom was die deur nie gesluit nie, maar Gouelokkies sou vinnig hierdie fantasie in die kiem smoor) en besluit: hier moet ek in. Dalk het sy geklop, dalk nie. Sy kon in anyway nie antwoord kry nie. Oh, well, hier staan drie bakke pap op die tafel, het sy geobserveer. Kom ons proe aan elkeen. Ek het so lanklaas iets geëet wat deur ‘n beer voorberei is and now is as good a time as any. So, slimmie wat sy is, mik sy vir die eerste grootste bak. Pappa Beer s’n. (Soos ek die skrywers van sprokies ken, het daar probably ‘Pappa Beer’ op die kant van die bak ook gestaan). Sy proe en – nee, dis te warm. Volgende bak, Mamma Beer s’n – nee, dis te koud! (Wat nie sin maak nie, want as ons reg onthou, kom alles uit dieselfde pappot uit en daarom moet dit ewe warm wees. Party versions sê Mamma Beer se pap was te sout, wat ook nie sin maak nie as gevolg van dieselfde argument, tensy Mamma Beer ‘n voorliefde vir soutsmake gehad het. Dalk was die ou dier nie gepla oor hartsiektes en sulke lawwighede nie, of dalk het sy dit met opset gedoen sodat sy haarself kon vergiftig en ‘n vroeë selfmoord kon laat plaasvind want lekker wie sou dan vir die lui vet bliksem pap maak in die oggend en na die huilende klein brat omsien. So sy was eintlik ‘n meesterbrein met ‘n meesterplan net jammer sy het nie geweet van die klein inbreker se koms nie.).
Die derde bak wat Gouelokkies aan proe is net reg. So, vraat wat sy is, besluit sy om alles te verorber.
Okay. Die bere is nog steeds iewers in die bos, maybe het hulle op ‘n ou vriend afgekom en staan hulle nou eers en geselsies maak, of maybe het Pappa Beer tog besluit om iets te jag of dalk het Baba Beertjie agter skoenlappers aangehardloop want hy kort nog baie vir sy versameling of dalk het Mamma Beer besluit vandag is die dag dat sy haarself met kos gaan doodmaak en as dit dan nie soutpap is nie gaan sy maar ‘n suiekeroordosis kry en‘n byekorf bestorm. Maar hulle is nog nie terug by die huis nie en Gouelokkies kry kans om te explore en kom in die sitkamer aan. Hier is drie stoele. ‘n Grote, ‘n middelmatige een en ‘n kleintjie. Van hout gemaak. Nou, vat ‘n oomblik en ponder hieroor: houtstoele in die huis van ‘n Beer-gesin. Die goed moes seker van sleeper-hout gemaak gewees het om hulle te hou, want gewone pine sou nooit die trick gedoen het nie. Blond soos wat sy is, try Gouelokkies natuurlik die grootste stoel eerste, so asof hy nou die lekkerste sou sit. Sy was seker maar gewoond aan hoe groter hoe beter, net jammer dit het nie dié slag gewerk nie. So sy probeer die middelmatige stoel (Wat ‘n ‘middelmatige stoel’ ookal mag beteken.) volgende. Apparently was hierdie stoel te sag. Hoe dit werk, weet ek glad nie. Ek is in elk geval oortuig dat ‘n ‘sagte’ stoel van hout nie ‘n goeie idee vir ‘n papvretende Mamma Beer is nie. Daarom beweeg sy aan na die klein stoeltjie toe. (Klein stoeltjie? Vir ‘n groeiende beer?? Huh???) Hierdie een is net reg! Wat so spesiaal aan hom is, word ons nooit meegedeel nie, maar hy was só reg dat hy die volgende oomblik gebreek het. Dit laat ‘n ander vraag by ‘n mens ontstaan: as Gouelokkies ‘n Baba Beer se stoel kon breek deur bloot daarop te gaan sit, hoeveel het die kind dan geweeg??? Die verorbering van die pap maak dan ook baie meer sin…
Anyway, sy sou nie dat dit haar te veel ontstel nie en daarom loop sy aan na die volgende kamer in die huis – die slaapkamer. Met drie beddens. Wat die teorie van die ongelukkige huwelik net meer en meer versterk, want watter beer en sy vrou slaap nou ook op aparte beddens? Of watter beer en sy vrou slaap nou ook op beddens? Maar goed, daar was drie. Teen dié tyd het die kind either begin huis toe verlang (en hoekom het sy dan nie maar soontoe verkas nie?) of sy het dalk gedink: “Kom ons kyk of die groot bed my kan hou” (onthou ons het ‘n gewigsprobleem bespeur) of dalk was dit net ‘n classic geval van “magie-vol-ogies-toe” (sy het immers ‘n hele bak pap wat vir ‘n Baba Beertjie ingeskep was leegemaak). Die eerste grootste bed is te hard. Pappa Beer het waarskynlik ‘n swak rug gehad en ná die operasie het die dokter ‘n plank onder die matras aanbeveel. Gouelokkies sien ook nie kans hiervoor nie en gaan lê op Mamma Beer se bed. Nee, hierdie een is te sag! Dit laat ‘n mens wonder hoekom? Hou Mamma Beer net van matrasse wat deur Klein (of Vet) Blonde Dogtertjies ingeduik kan word, of is die matras dalk al baie sagter vanweë ander redes? Pappa Beer sou tog nooit weet nie, hy sou nie kon agterkom as haar matras stelselmatig sagter gery word terwyl hy by die local kroeg sit en drink nie. Gouelokkies ervaar ook in hierdie bed te veel ongemak of dalk was die lakens net nog te vuil en daarom gaan lê sy maar op die laaste bed, Baba Beertjie s’n. Nou, hoe oud is Baba Beertjie nou eintlik? Is hy regtig ‘n baba of is dit dalk net sy noemnaam? Daar word pertinent gepraat van ‘n bed, nie ‘n cot nie, so hy kon nie meer in doeke gewees het nie. Dalk het hy sy bed begin natmaak omdat sy ouers probleme in hul huwelik gehad het, of dalk het hy nagmerries gekry. Heel waarskynlik was hy net so ‘n spoilt brat dat hy steeds by sy ouers in die kamer geslaap het. Of dalk was Pappa Beer net te lui om vir hom sy eie kamer te bou. Wie weet?
Hoe dit ookal sy, Gouelokkies beland in Baba Beertjie se bed (Siek kiddie-pornflieks het hierdie sin al as ‘n titel gebruik). Om een of ander rede is sy nie gepla om in vreemde mense of diere se beddens te klim nie, los blond wat sy is. Sy raak toe so gemaklik dat sy aan die slaap raak. Asof dit doodnormaal is om ‘n vreemde huis in te gaan terwyl daar niemand daar is nie en dan in die baba se bed te klim en daar te slaap, nadat jy sy kos opgeëet en sy stoel gebreek het. Deesdae word mense vir minder as dit toegesluit en weggestuur vir sielkundige waarneming.
Uiteindelik kom die Beer-gesin terug by die huis aan. Pappa Beer moes geweet het sy pap sou teen dié tyd so koud gewees het hy kan dit net sowel weggooi, maar die oomblik wat hulle die huis instap, kom hulle soos enige iemand met goeie intuïsie agter: iets is fout. Hier is iemand in ons huis! Die eerste plek waar hulle onraad bemerk, is aan die pap. “Wie het van my pap geëet?” bulder Pappa Beer asof dit saak maak en asof hy ‘n regte antwoord verwag en asof hulle nie almal saam uit die huis uit was nie. Sonder om te antwoord gee Mamma Beer een kyk na haar pap en vra geskok (maar om ander redes as wat Pappa Beer dink): “Wie het van my pap geëet?” Baba Brat Beertjie kom by sy bakkie aan en vir die eerste keer in sy lewe is hy regtig die verontregde een: “My pap is alles opgeëet!” Okay. Hy het seker nie hierdie sin gesê nie, maar net ‘n geluid soos “Whêêêêh!” gemaak en sy leë bakkie na sy ouers toe uitgehou. Sulke situasies het ‘n manier om bakleiende couples te laat ophou fight en nader aan mekaar te trek, want, vasberade om die papvreter op te spoor, beweeg die Bere deur die huis en kom op die sitkamertoneel af. ‘n Mens sou dink hulle sou Baba Brat Beertjie se stukkende plankies wat van sy stoel oorgebly het, eerste raaksien, maar hulle was nou maar eenmaal ‘n selfgesentreerde gesin en Pappa Beer grom kwaai: “Wie het op my stoel gesit?” Asof ‘n mens kon sien dat iemand op hout gesit het. Maar dalk het Gouelokkies gesweet en nat merke op die sleeper-hout gemaak. Mamma Beer, wat ook darem haar porsie aandag soek, aap haar man na: “Wie het op my stoel gesit?” Haar ‘middelmatige’, sagte houtstoel was seker ingeduik en daarom kon sy dit agterkom. Ek is seker Baba Brat Beertjie het eintlik niks gesê nie en net met ‘n geween by die oorblyfsels van sy eerste stoel gaan sit en hartverskeurend geweeklaag asof hy vir altyd op daardie klein houtstoeltjie wou sit en nooit groter sou word en eendag Pappa Beer se groot houtstoel sou volsit nie. Sy dialoog van “My stoeltjie is heeltemal gebreek!” is na alle waarskynlikheid ‘n latere invoegsel, ter wille van volledigheid of iets.
Nou was die gort en die pap behoorlik gaar en Pappa Beer was vasbeslote om die inbreker en vandalis vas te trek en die persoon ‘n deeglike les te leer. Mamma Beer self was nou al lekker moerig. As jy iets in haar huis gebreek het, het jy die stukke opgeruim en nie die gemors netso gelos nie. So stap hulle toe hul slaapkamer in. Hier is die enigste plek waar ons actually sin kan kry. Die lakens was obviously deurmekaar! Dis hoe hulle geweet het iemand het in hulle beddens geslaap! Pappa Beer neem soos altyd die voortou en omdat dit die enigste ding is wat vir hom oorbly om te vra, kom dit vir oulaas: “Wie het in my bed geslaap?” Mamma Beer skrik haarself vir die eerste keer hierdie oggend regtig yskoud en haar vraag het dalk meer in as wat Pappa Beer besef: “Wie hét in my bed geslaap?” (Hy sou nie die klem op die “hét” agterkom nie want bere kan nie regtig klem op woorde lê nie en selfs Mamma Beer was geskok toe sy agterkom sy het sopas ‘n woord beklemtoon). Baba Brat Beertjie is egter die een wat op die inbreker, papvreter, vandalis en beddeurmekaarmaker afkom. Hy het weer seker iets soos “Ghwwaarrhh!” kwytgeraak, wat in beer-taal beteken: “Hier lê sy!” Asof hy geweet het hoe Klein (of Vet) Blonde Dogtertjies lyk en dat dit nou eintlik ‘n sy is.
Van hier af is alles ‘n bietjie hazy. Al wat ons weet is dat Gouelokkies wakker geskrik het, die bere rondom die bed gesien het, by die venster uitgespring het en huistoe gehardloop het. Hoewel dit die algemeen bekende einde is, klink dit heeltemal buite karakter. Granted, ons sou almal nogal ietwat aan die bewe gaan as ons drie bere (van wie ons een se pap opgeëet, sy stoel gebreek en nou in sy bed geslaap het) rondom ons sien staan. Maar ons ken mos nou al Gouelokkies se rebelse streep. ‘n Bietjie navorsing het egter getoon dat die storie ‘n totaal en al ander einde gehad het:
Toe Baba Brat Beertjie haar met ‘n gegrom wakker brul, sit Gouelokkies toe regop in die bed en vra hom ewe parmantig: “Wat kyk jy?” Die klein Brat (ek bedoel die beertjie) het toe onmiddellik in trane in die hoekie gaan sit en voortgehuil, dit was immers sy speciality. Mamma Beer het net vir Gouelokkies beduie dat sy nie ‘n woord moet sê oor die vuil lakens nie, toe Pappa Beer afhaak: “Ek behoort jou eintlik, soos dit ‘n goeie beer betaam, met een hap op te vreet, want in sprokies kou diere nie hul kos langsaam nie, ons sluk alles met een hap af. Asof ek nou jou klere en skoene ook sou wou eet. Maar, jy het my laat besef ek is nog nie reg om die held van hierdie huisgesin of die sprokie te wees nie en daarom sal almal eendag te kere gaan oor ridders op wit perde in plaas van beer-pappas. Daarom gaan ek jou eerder oorgee aan die polisie sodat hulle ‘n speursaak kan oopmaak om jou bewegings in die huis te ondersoek. Dit sal maande, dalk jare, sloer en teen daardie tyd sal jy mooi groot wees en hopelik van ‘n paar kilo’s rondom jou middel ontslae geraak het en ‘n paar hoër op teen jou borskas bygevoeg het. Jy sal begin flieks maak en in ‘n rooi one-piece op ‘n strand rondhardloop en verdrinkende mense red omdat ek vandag jou lewe gespaar het.”
Ná hierdie toespraak was Pappa Beer nogal moeg want hy het nog nooit so baie woorde in mensetaal gepraat nie en hy en Mamma Beer gaan sit toe saam op haar bed met die vuil lakens. Gouelokkies het gedweë haar kop op en af geskud.
“Dit klink cool met my,” het sy gesê en as if from nowhere haar maniere onthou. “Ek is jammer ek het in julle huis kom kuier sonder om jul toestemming te vra. Baba Brat Beertjie, ek is jammer ek het jou pap opgeëet, maar dit was moer lekker en die ander het soos hondeshit geproe – sorry, Mamma Beer, maar papmaak is nie jou sterk punt nie, jy lyk beter met ander dinge if you know what I mean. Ek is ook jammer ek het jou stoel gebreek, maar think about it, nou kan jy ‘n nuwe, groter een kry. Ek is nie jammer dat ek in jou bed geslaap het nie, though, want dit was een van die lekkerste naps van my lewe. Jy is eintlik moerse bevoorreg met so ‘n lekker bed en buitendien is jy heeltemal te groot om nog so vreeslik aan die tjank te gaan oor alles. Pappa Beer, voor ek loop, ek het vir jou ook ‘n boodskap: lig ‘n slag jou gat, hou op bier suip en begin iets vir jou gesin beteken. Bou vir die klein Brat ‘n eie kamer en ‘n ordentlike stoel, hy is mooi groot genoeg, en hou op om jou rug die skuld te gee vir jul gebrek aan…nou-ja, kom ons sê net, as julle in een bed slaap, sal jy nie dalk later moet vra wie dit is wat op die oomblik in jou bed slaap nie. En Mamma Beer: jou naam is nie Nomsa Nxumalo nie, so hou op om te dink jy kan pap maak soos sy. Bly by wat jy goed is, gaan vang vis of kry heuning of iets en wees ‘n slag die ma van die huis in plaas van net ‘n huisvrou. As julle regtig aandring op pap, sal ek twee keer ‘n week kom en dit vir julle maak.”
Almal het gedink dis ‘n goeie idee en selfs Baba Brat Beertjie het opgehou huil. Pappa Beer het vir hom sy eie kamer gebou en toe hy groot was, het hy al sy hare afgeskeer en saam met Gouelokkies in die lewensredder-program gaan speel ensou later as “The Hoff” bekend staan. Mamma Beer het nie meer gaste in haar slaapkamer onthaal nie, maar ‘n ordentlike eetkamerstel gekoop en hulle daar begin bedien. Pappa Beer het weer begin om ‘n ordentlike skrynwerker te word en hoewel hy nooit ‘n held was nie, was hy darem nou ‘n goeie pa vir sy kind en ‘n liefdevolle man vir sy vrou. Gouelokkies het haar belofte gehou en tweeweekliks vir die bere kom pap maak (want sy was in die geheim nogal goed daarin) en later het hulle nogal hegte huisvriende geword.
En dít is die regte storie én die regte einde van Gouelokkies en die drie bere.

  1. snip
    May 23, 2007 at 12:05 pm

    Brilliant, absolutely brilliant!

    Ek het lanklaas so lekker gelag (en dit by die werk…)

    Het jy al gedink om dit met Rooikappie te try? [Net ‘n voorstel…]

  2. Lizahn
    May 21, 2011 at 8:53 pm

    Hahahaha ek weet hierdie post is mal oud maar ek was net op jou blog en toe lees ek dit sommer… Het nou so lekker gelag! Mis jou nou sommer, en random gesprekke wat nie rerig ‘n punt het nie! laat dit goed gaan T!

  3. October 18, 2012 at 8:27 am

    This is the right web site for anyone who wishes to understand this topic.
    You know a whole lot its almost tough to argue with you (not
    that I really will need to…HaHa). You certainly put a brand new spin on a subject that has been
    written about for a long time. Excellent stuff, just great!

  4. January 16, 2013 at 5:05 am

    Hey There. I discovered your blog the usage of msn.
    That is an extremely neatly written article. I will be sure to bookmark it
    and return to read more of your helpful info. Thanks for the post.
    I will certainly comeback.

  5. February 16, 2013 at 10:26 pm

    You honestly outdid yourself with this. Keep it up

  6. November 28, 2015 at 5:13 am

    You are so awesome! I do not believe I have read through anything like this before.
    So nice to discover another person with unique thoughts on this
    issue. Really.. many thanks for starting this up.
    This website is something that is needed on the web, someone with
    a bit of originality!

  7. October 28, 2017 at 8:59 am

    I love reading through an article that can make people
    think. Also, many thanks for allowing for me to
    comment!

  8. April 13, 2018 at 7:44 pm

    Thanks for sharing your thoughts about เช็คไปรษณีย์.
    Regards

  1. January 26, 2011 at 11:19 pm

Leave a comment