Mxit as beradings-tool

Mxit as beradings-tool: my eie ervaring

Datum: 13 Desember 2006, rondom 22:30. Setting: MXIT AlphaCom chatroom room 27. Users: jadmjt, liaz, duardo (onder andere). Gesprek tussen duardo en liaz handel oor duardo se studierigting, verblyf in Pretoria en Hatfield Square. Jadmjt raak op ‘n stadium die volgende kwyt:
Jadmjt: P***SE!
Duardo: Sies man jad!
Liaz: Ag shame jy het seker nie ‘n lewe nie.
Duardo: Ek sal luister as jy met iemand wil praat jad
Jadmjt: WAT IS JY, ‘N F***N DOKTER?
Duardo: Net ‘n vriend, jad, net ‘n vriend!
Jadmjt: JY KLINK SOOS ‘N BOEKWURM MET ‘N DIK BRIL
Duardo: Nope. Kontaklense…
Liaz: Lyk my jy is almal se vriend, duardo!
Jadmjt: BESLIS NIE MYNE NIE!
Dan is daar ietwat van kommunikasie gap en dan sê jadmjt die volgende:
Jadmjt: MY GIRL IS NIE WEG NIE, SY IS HEMEL TOE!!
Liaz: Ons is jammer om te hoor, jadmjt.
Duardo: Ons kan pvt chat as jy wil, jad. Online berading. Ek is nie ‘n perv nie.
Jadmjt: IS JY ‘N F****N DOKTER?
Duardo: 0********* Teologie student. Doomnie in wording. Jy kan my invite as jy wil.
(na ‘n rukkie)
Jadmjt: OK
Duardo, ek, gaan check of jadmjt my al geinvite het, maar my foon verloor die heeltyd die connection en ek word geforseer om van vooraf in te log. Kom terug in die chatroom met ‘n boodskap van jadmjt wat wag:
Jadmjt: EK HET JOU GEINVITE DR PHIL
Ek kry die invitation en accept. Ek sien die ou se naam is eintlik Jannes*. Ek exit die chatroom.

Ek: Ek het jou. Praat met my.
Jannes: Wat wil jy hê moet ek jou vertel?
Ek: Net wat jy wil. Vertel my van jou verhouding met jou girl.
Jannes: Fyn, klein gebou blond blou die perfekte trou vrou, het altyd net geweet wat om vir my te sê
Jannes: 1 uit 1000000000
Jannes: Daar is niemand anders soos sy nie!!!
My battery is nou byna pap en weer verloor my foon die signal lat ek weer georseer is om van vooraf in te log. Dit vat lank en toe ek uiteindelik weer op is, wag daar ‘n boodskap:
Jannes: Okay, Dr Phil, lyk my nie jy wil praat nie. Ek gaan nou maar rook (dagga).
Ek: Ek gan jou eerder sms, my foon gaan die heeltyd af.

Mxit vat baie van my battery baie vinnig en dan raak gesprekke frustrasies. Dit help nie as ek my charger insit nie, dan gaan my foon heeltemal af. Omdat ek hom nou as contact op het, het ek sy nr en sms hom toe:
Ek: Praat eerdr met my, los d rook. Wa bly jy?

Geen reply. Ek besluit om hom toe maar met Bybelverse te troos en te kalmeer.

Ek: “Kom na My toe, almal wat uitgeput&oorlaai is,en Ek sal julle rus gee.” – Matt.11:28-30

Steeds geen reply. Ek gaan voort:

Ek: “Die dood is vernietig, di oorwinning is behaal.Dood,waar is jou oorwinning?Dood, waar is jou angel?” – 1Kor.15:54-55 (Sent: 23:00:00)

Jannes: Jys reg ek gan nou na hom toe, voel geeert, ek ken jou nie eers nie en jy is die een vir wie ek n laaste sms stuur (Sent: 23:01:39)

Dis nie wat ek daarmee bedoel het nie!

Ek: Hou net eers vas! Hy is HERE van die LEWE en HY wil jou op aarde gebruik,terwyl jy LEWE! (Sent: 23:02:22)

Ek: “Die Here is my Herder,ek kom niks kort ni. Hy lat my in groen weivelde rus. Hy bring my by water waar da vrede is. Hy gee my nuwe krag.” – Ps.23:1-3 (Sent: 23:05:30)

Jannes: Sonder my girl is my lewe net ‘n f***p, ek gan nou na ha toe, cheers ou, jy klink na ‘n goeie ou, bly nes jy is, dalk ontmoet ons nog eendag (Sent: 23:07:45)

Ek: Ek smeek jou moet dit nie doen nie!! Jesus het jou lief en beplan groot dinge vir jou!! (Sent: 23:08:52)

Ek: “Al sou di vyeboom ni bot ni…Nogtans sal ek in die HERE jubel…Di HERE my GOD gee v my krag…HY laat my veilig loop.” – Hab.3:17-19 (Sent: 23:13:29)

Jannes: Relax ou, jy ken my nie eers nie, ma dankie, ek het kla besluit, as jy die sms kry is ek al ver weg, dankie, jys ‘n goeie mens, dankie ma cheers. jaco (Sent: 23:14:04)

Nou, met die vrees dat hy in die toestand waarin hy is dalk iets doen soos ‘n sneller trek of pille sluk, gaan ek voort sonder om ‘n reply te kry.

Ek: Selfs jongmanne word moeg, selfs manne in hul fleur raak afgemat,mar di wat op die HERE vertrou kry nuwe krag,hul vlieg met arendsvlerke – Jes.40:30-31 (Sent: 23:19:19)

Ek: “Hy gee die vermoeides krag, HY versterk die wat nie meer kan nie.” Jes.40:29. Praat net eers met JESUS voor j enigiets doen asb!! (Sent: 23:21:43)

Ek: Jannes, my naam is Tiaan van Niekerk. Jy kan my enige tyd bel, dag of nag, mar moenie alleen swaarkry nie!! Da’s mense wat v jo omgee wat j ni eens ken ni… (Sent: 23:29:29)
Ek stuur delfs die vers wat in my devotional voorkom:
Ek: “Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken: jou broer (ek) is daar met die oog op jou nood” – Spr.17:17 (Sent: 23:52:54)

Hoor niks verder van hom nie. Ek kan nie bel nie want my foongeld is te min. Try hom toe vanoggend bel van my ma se kantoor telefoon af, maar daar is nie antwoord nie, net so funny MTN-voicemail. Natuurlik laat dit my worry, want hoe moet ek nou weet of die ou orraait is, of hy gejoke het, en even of die ergste toe nou tog gebeur het.
Later vertel ek vir Oom Ferdinand en Neels (dominees van ons tuisgemeente) die hele storie. Oom Ferdinand probeer die nommer bel van sy kantoorfoon af. Jannes tel op. Oom Ferdinand sit neer en sê dat hy okay klink, sy stem is heel orraait. Ek het maar my bedenkinge en dink toe verder oor my volgende move.
Ek besluit dat ek hom van sal sms as ek by die huis kom en vir hom die volgende sê, wat ek toe ook doen:

Ek: Hi Jannes, wil nt weet of j OK is! Belowe ek sal ni v myself ‘n nuiscance maak ni. Di bel aanbod bly valid. Tiaan. (Sent: 11:49:07)

‘n Paar minute later kry ek die reply:

Jannes: Ja dankie ou maat, jamer mar ek was heavy gedrug laasnag, ek dink dis tyd ek my k*k stop, baie dankie vi di bybelverse, dit het regtig baie vi my beteken, jy is ‘n smart ou, probeer vi jou ‘n beter version mxit kry dan kan ons leke chat, ek sal dalk beter voel as ek met jou kan chat.dankie (Sent: 11:55:35)

Mxit as berading. Ek dink dit kan werk. Ek dink dis baie powerful. Iemand, en ek weet eerlikwaar nie wie nie, gaan net vir ons moet leer hoe ‘n mens berading doen met net 160 characters op ‘n slag tot jou beskikking (as jy dit deur sms’e doen met ‘n ou foon) of +/- 300 characters op ‘n slag (met Mxit). Wat is die kerngoed wat jy moet sê om die meeste vir die ander persoon te kan beteken? Okay, natuurlik, soos enige beradingsessie, gaan elkeen van die volgende een verskil, dis tog verstaanbaar. Maar hoe kry jy die belangrikste boodskappe by die mens aan die ander kant van die lyn uit? Wat maak jy as jy nie eens weet (soos in hierdie geval) waar in Suid-Afrika die ander persoon hom/haarself bevind nie? Jy kan nie iemand bel wat daar is om te gaan check dat als okay is nie. Daar is ‘n baie groot stuk vertroue op Jesus wat noodgedwonge (ek weet dit klink funny) inskop. As jy voorheen gedink het jy kan alles darem self hanteer, dis net lekker as Jesus toekyk, moet jy nou regtig die situasie in Sy Hande plaas en vertrou dat Hy die ander persoon sal bystaan (veral in ‘n krisissituasie, soos iemand wat dreig om selfmoord te pleeg.). Jy weet nie of die persoon net joke, wolf-wolf skree of dalk regtig ernstig is nie. Ek het op ‘n stadium lus gevoel om vir Jannes te vra of hy dan ten minste seker is waarnatoe hy gaan as hy sou selfmoord pleeg, maar ek het bietjie uneasy gevoel daaroor. Actually was ek baie ongemaklik met die hele situasie, hoewel berading eintlik vir my baie vervullend is en ek dit as een van my sterk punte sien, een van die dinge van die bediening wat ek geniet om te doen. Dis net, ‘n mens kan nie face to face met die persoon praat nie, so jy weet nie hoe hy/sy reageer nie. ‘n Mens voel baie magteloos, maar, soos ons dominees my ook daarop gewys het: as jy van jou kant af gedoen het wat jy kon, dan het jy gedoen wat jy kon. Dan is die besluit nogsteeds in die ander persoon se hande…
So, hier is nog ‘n challenge vir die praktykvorming van teologiestudente: leer hulle hoe om deur MXIT te beraad! Ek weet nie of ek al reg is daarvoor nie.

*Naam is vernader

  1. Annemarie Venter
    January 5, 2007 at 12:00 pm

    Hey. Hoop dit gaan goed.

    Om eerlik te wees weet ek rerig nie hoe jy die situasie so kon hanteer nie, maar dis rerig baie inspererend.

    Ek gaan doodeerlik met jou wees en vir jou sê dat ek eers die 8ste Desember 2006 rerig tot geloof in God gekom het.

    Daar’s ‘n vriendin van my wat baie struggle op die oomblik. Ek wil haar help maar sy side step heeltyd die gsprek (oor Mxit).

    OK. Hier’s ‘n paar vrae:

    1. Hoe sê ‘n mens vir iemand jy is daar vir haar(hom) sonder om te heilig te klink? Sonder om die “verkeerde knoppies te druk”, sonder om die vriendskap te laat verkrummel?

    2. Waar begin mens as mens iemand van God en Sy liefde vertel? Veral vir iemand wat weet maar nie glo nie?

    3. En as die persoon niks wil hoor wat jy te sê het nie, wat dan? Ek glo nie dit moet net daar gelos word sodat die persoon sy gaan moet gaan nie. Dis immers ‘n vriend, ‘n broer, ‘n suster. Hoe help mens hulle uit ‘n donker gat uit met net ‘n stukkie garing? (hoop jy verstaan die metafoor).

    Wel ek hoop rerig jy’t die see geniet. Daar is niks lekkerder nie. Hoop die jaar is vir jou een groot fees.

  2. sonneblom
    January 9, 2007 at 12:41 pm

    Hi Tiaan. Ek het self ‘n rukkie op mxit gekuier… daar is so baie mense wat seer het en wat mxit gebruik as ‘n platform vir kommunikasie…sekermaar omdat die mense naaste aan hulle nie luister nie…
    Ek is besig met bietjie navorsing en sal graag meer met jou wil chat oor mxit en berading. Ek weet nie waar om jou e-mail te kry nie, so miskien kan jy my mail by sonneblom22@vodamail.co.za? Sal dit baie waardeer.

    Annemarie
    Dis wonderlik om te hoor dat jy die Here as jou Verlosser aangeneem het!😀
    Ek is nie ‘n teoloog nie en het ook baie foute, maar in ‘n poging om jou vrae te beantwoord:
    1. Soms hoef mens nie sê dat jy daar is vir iemand nie…jy IS net eenvoudig daar. Jy maak soos Tiaan en stuur boodskappe van bemoediging (sonder om dit te oordoen) en as jy die persoon gereeld sien, behoort jy te weet of ten minste aan te voel wanneer die persoon bietjie aanmoediging in die regte rigting nodig het…
    2 en 3. Ek gaan hierdie jaar ‘n EE3 kursus by ons kerk doen wat ‘n mens help om te weet waar om te begin wanneer jy iemand van die Here wil vertel. So, ek het nog nie ‘n KURSUS gedoen nie, maar ek sou sê dat jy natuurlik eerste moet begin om die persoon aan die Here op te dra. Vra die Here om jou te help om op te regte oomblik die regte ding vir die persoon te sê. Dit is eenvoudig amazing hoe die Here te werk gaan om jou te help in sulke oomblikke. En baie keer werk woorde nie, maar dade. As jou lewe (jou glimlag, jou gesprekke met ander mense, jou opgewondenheid oor die dag, ens) getuig van Jesus se liefde in jou lewe, sal ander mense begin wonder wat hulle mis… Maar dit bly ‘n saak van gebed. Daar is nie ‘n kitsoplossing nie, want die duiwel is listig en ons mense is maar swak.

    Baie seën vir jou in alles wat wag! En onthou, jy is nooit alleen nie. Jesus is by jou.

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: