Archive

Archive for the ‘random’ Category

Same spaghetti, different sauce…

February 24, 2010 1 comment

Snaaks hoe party goed nooit verander nie. Of verander, maar eintlik dieselfde bly. Vat nou maar die redenaarskompetisie waarby ek vandag was. Die vier deelnemende skole was dieselfde vier as toe ek op skool was en self deelgeneem het, met dieselfde tendense wat nog by elkeen na vore kom. 8 jaar later…dieselfde ding.

Ek kry vanoggend naamlyste van kinders wat “opgevolg moet word” na ‘n onlangse besoek van ‘n Vreeslike! Charismatiese! Skreeuende! prediker/evangelis. Hordes name van kids wat nou kastig ALWEER ‘n “oorgawe” gemaak het of iets, met die belofte van die een of ander paaiende “berader” dat hy of sy binnekort opgevolg sal word. Your call is very important to us. Please hold…

Ek kry netnou ‘n oproep van ‘n ouer wat met my wil gesels oor ‘n saak van moontlike seksuele misdrywe wat laasjaar in ‘n skool plaasgevind het en hoe sy kinders nou skynbaar op belaglike maniere getarget word deur onderwysers. Lyk my die stof oor sekere goed wil maar net nie gaan sak nie…

Ons gesels gisteraand in die belydenisklas oor wat ons doel op aarde is. Kort voor lank was die gesprek by die sondeval (“watse vrug was dit?” I kid you not!), was Adam en Eva die eerste of enigste mense op aarde, is God mens-lik dat ons volgens Sy beeld geskep is, hoekom is die mens in die eerste plek gemaak, hoekom is die mens nie perfek gemaak nie, beheer God alles, is die duiwel in beheer van natuurrampe (!), hoekom gebeur slegte goed (sodat jy iets kan leer of jy is besig om getoets te word…ja…) en weet God alles voor die tyd (“is jou strepie getrek?”) of nie? Legio antwoorde…ek het maar besluit om so paar bladsye uit ons McGrath handboek vir die een outjie wat die goeie vrae gevra het, af te rol en te gee vir ekstra leeswerk. Kom ons kyk wat gebeur…

Verskillende gesigte – dieselfde situasies en dieselfde probleme met dieselfde (soms oppervlakkige) antwoorde en oplossings. Sheesh…

Awkward!!!

February 11, 2009 Leave a comment

Weet julle wat is awkward?
Om by ‘n houthuisie se hoekie om te spring en dan per ongeluk in ‘n meisie se gesig te poep
Om regtig kaal by die skool aan te kom
Om regtig kaal op ‘n verhoog te verskyn sonder dat jy dit beplan het
Om planne oor jou toekoms te maak en dan vind ander mense daarvan uit voor jyself doen.
Om in die Internet Kafee te sit en die couple langs jou fight só dat die vrou die man slaan terwyl hy op die rekenaar werk (dis MOERSE awkward)
Om op die preekstoel te klim en te weet almal kyk vir jou.
Om te voel dieselfde vrou wat haar man geslaan het gaan jou dalk nou slaan as sy hierdie lees terwyl jy dit tik
Om te veel wortels vir ontbyt te eet
Dis nogals awkward.

Categories: Life, random

Hoekom Pieter Koen nooit ooit weer naby Musiekteater mag kom nie en hoekom geen hoërskool hom ooit weer daarvoor mag gebruik nie

September 23, 2008 2 comments

* vir sekuriteitsdoeleindes, privaatheid en sodat ek nie geskiet word nie, is die name hier uitgehaal of verwyder.

Hoërskool-revue’s is sekerlik een van die heel lekkerste dinge wat daar is. Ek dink met groot fondness terug aan my eie paar revue’s waaraan ek deelgeneem het. Die ure se oefen voor die tyd, die balansering met jou sportaktiwiteite en akademie (ons sou soms in die voorportaal in ons sportklere sit en huiswerk doen op stoele terwyl ons wag vir ons beurt om te gaan oefen) en dan die hype wanneer dinge bymekaarkom: die aantrek backstage, grimering, kostuums, opening night met die kaas en wyn en uiteindelik closing night met die laaste show en al die bedankings en blomme en die details oor waar die foto’s en die dvd/video bestel kan word. Dis goed en elke hoërskoolkind moet dit ten minste een keer in sy of haar lewe ervaar.

So, toe M-hulle se skool, Hoërskool X, ook ‘n revue aanpak, was ek natuurlik opgewonde, gegewe die bogenoemde paragraaf en my agtergrond en drama-affiliasie yada yada yada. Hulle het al lank terug begin oefen en vanaand was ek by die laaste van slegs 2 shows. Hulle het in die P-teater in M P, Pretoria, opgetree. Interessante keuse – hoekom nie hul eie skoolsaal se verhoog nie? Ek weet nou nog nie.

Maar, goed, toe is ons nou P-teater toe. My aand het op ‘n uiters slegte noot afgeskop, wat dalk my ingesteldheid beïnvloed het: my sitplek was agter teen die muur, reg by die deur. Die heel crapste spot in die flippen teater. Behalwe vir die feit dat mense die hele tyd laat inkom, sit jy onder die galery, so jy het ‘n dakkie bokant jou kop wat die akoestiek tien keer meer bass gee as wat nodig is.

Nou, die groot ding met hierdie produksie, hulle trekpleister of watookal, was Pieter Koen. Hy sou al die male leads in die show sing. GROOT FOUT! Want seriously, is hierdie show Pieter Koen en die X’e of is dit Hoërskool X-revue met gaskunstenaar Pieter Koen? ‘n Mens kon nie agterkom nie. Wat ‘n mens wel kon agterkom, was dat hy glad nie, geheel en al en glad nie, daarby ingepas het nie.

Probleem nommer 1: As jy ‘n liedjie soos Memory, Music of the Night, You’re The One That I Want, Maria, Phantom of the Opera of Summer Nights sing, móét jy die woorde reg hê! Daar is min dinge in die lewe wat my so kan afpis as wanneer mense die verkeerde woorde van ‘n liedjie sing, met net so ‘n fokken smile op hulle gesigte asof hulle artistic license die ding beter maak. Dit doen nie.

Probleem nommer 2: Kry dan ten minste iemand wat ervaring het in Musiekteater. Vra vir Jannie Moolman of so iemand. Ek weet hy skud nie sy biscuit nie, maar ten minste kan hy die hoë note in Music of the Night moeiteloos baasraak sonder om tricks te trek of te klink soos ‘n stoomtrein wat uitasem raak.

Probleem nommer 3: WTF met die storielyn? Goed, ek weet ons spot met die sprokies en feetjieland en die Wolf mag maar met Tinkerbell iets aan hê (al is die Wolf vroulik) en die Drie Varkies mag vir Hompiekedompie rond begelei en die Three Blind Mice se komedie was actually snaaks (ek het my kliphard gecan toe die een oor ‘n trappie struikel en heel reflektief oor sy mic sê: “O, fok!” Freudian slip, much?!), maar waar de hel het die hot lugwaardinne ingepas? Dankie tog hulle was hot! En jammer, ek weet die Liewe Heksie en die ou Tannie wat die verteller was het die storie geskryf en die hele ding aanmekaar gesit, maar my hel, kry dan kinders om te act, my magtag! Flip, mens steel nie jou eie shine so nie!

Probleem nommer 4: Elke liedjie met Pieter Koen in. Hy moet bly by dit waarin hy goed is, naamlik biscuit-skudding en tattoo-ing, verkieslik op ‘n kunstefees soos Aardklop waar ‘n mens semi-gesuip kan wees as jy na hom luister en saam skud. Hy is nie stage actor nie, hy is ‘n entertainer.
Uitsonderings was Maria uit West Side Story en, actually, Phantom of the Opera se titellied…wel, ten minste totdat hy begin skree het “Sing, my angel!” aan die einde. Dit het hy eintlik heel goed gedoen.

Probleem nommer 5: Daar was eintlik net 3 outjies in die hele revue. Of 5. Maar daar was nie regtig ander nie. Ja, goed, die Eerste Rugbyspan is ingespan om die T-Birds te wees, soos dit maar altyd in hoërskool-weergawes van Grease gebeur en hulle was die twee gangs in West Side Story, maar dit was dit. En Greased Lightning se choreografie was verbeeldingloos en traag. Soos op baie plekke. Grease se choreografie het oor die algemeen nie sin gemaak nie. Hier en daar was daar strokes of brilliance, maar oor die algemeen…bleh.

Probleem nommer 6: Die speel van regte liedjies waar die oorspronklike kunstenaars dit sing terwyl die kinders te moves doen…as die kinders veronderstel is om self te sing. Gebruik hulle talente, my magtag! Selfs al sing hulle dan vals, ten minste gee jy daai Eerstespan-breker die kans om sy tenoor te laat hoor. Post-High School Musical is sing nie meer so groot skande nie.

Hier teen halftyd het dit regtig vir my gevoel of ek my een arm uit sy potjie kan ruk en met my gums aan die bloedkant kan begin kou. Dis nie hoe ek gewoonlik voel tydens musicals nie. Nooit. Ek was eintlik bly ek het by die deur gesit, ek het op ‘n stadium dit oorweeg om te loop. Net jammer ek was nie daar met my eie vervoer nie.

Goed, tweede helfte breek aan. En dis beter, dankie tog! Nie fantasties nie, maar beter.

Goeie punt nommer 1: Kostuums! Waar hulle dit ookal gehuur het, well done. Behalwe met Ipi Ntombi – soos N tereg opgemerk het, dit het meer soos Egiptiese haremmeisies gelyk as mense uit ‘n ‘n shanty-town.

Goeie punt nommer 2: Die ou en die (10-jarige!) meisie wat die latin-dans gedoen het. Uitstekend, absoluut! Ek was momenteel weegevoer en het regtig gedink: WOW! Dít is hoe die hele show moes wees. Die ou was blêrrie goed en hy is blykbaar nou eers 14, so ek sien ‘n blink toekoms vir die man.

Goeie punt nommer 3: M S! En ek belowe jou dis nie ‘n biased Goeie Punt nie. Ja, natuurlik is hierdie post subjektief, hello, maar sy was regtig goed. Sy kry sang opleiding en het al aan Eistedfodds en goed deelgeneem, so ek het darem verwag sy gaan dinge kan reg doen. En sy het, dankie tog! Sy was Maria in West Side Story en het vir ons I Feel Pretty gesing. Nou sy kan musiekteater doen! Selfs toe sy per ongeluk ‘n skop agter die kop kry, was sy nie van stryk gebring nie. Sy het lekker in die rol ingeleef, hoe kort dit ookal was, en haar stem het die hoë note heel gemaklik baasgeraak, selfs al het sy na die tyd gesê sy was nie fiks nie en het uitasem geraak. Nie so geklink nie. Well done, M!

Goeie punt nommer 4: Wel, eintlik al die solo-sangeresse. Veral die girl wat Hopelessly Devoted To You gesing het. Olivia Newton-John sou trots gewees het op haar.

Goeie punt nommer 5: Elke scene waar Pieter Koen NIE in was NIE. Die fokus was op die kinders, waar dit moes wees, en ons kon hulle talente waardeer en nie wonder of dit nou maar net ‘n onderafdeling was vir sy rambling voordrag van You’re The One That I Want nie. John Travolta sou beslis nie trots gewees het nie.

Goeie punt nommer 6: Die choreografie van die gang-fight-toneel in West Side Story. Briljant. Die ouens pull dit so geloofwaardig af, dat ‘n mens dink Hoërskool X moet dalk in die vervolg nét ‘n produksie van West Side Story aanpak. Dit behoort hulle goed te doen (hulle het net ook hier die oorpronklike songs gebruik, wat steurend oorgekom het).

Goeie punt nommer 7: Die hoof en sy adjunkte se weergawe van No Matter What. Not bad, not bad at all. En dit is by the way die regte manier om onderwysers in ‘n skoolproduksie te gebruik: jy gee vir hulle cameo’s. Jy maak hulle nie die hoofkarakters nie.

Die afsluiting: ja, okay, hoe sluit ‘n mens so iets anders af as met We Go Together? So dit was fine. Die probleem is net, na die bedankings…toe doen almal saam Skud Jou Biscuit. AAAAAHHHHHHHHHGGGGGGHHHHHHHH!!!!!!!!!!!!!!!
WTF????!!!!!!
Ja, ons weet Pieter Koen was die “gaskunstenaar” (of “Broadway-ster” soos hulle in hul vroeë Lappop-rendition geclaim het – oh my word), maar is dit nodig om ‘n aand waar ons fokus op musicals is met sy trademark af te eindig en dan mal te gaan asof hy nou net self musiek as sulks ontdek het? I don’t think so.

Ná die tyd het ons (ek en N en sy vrou, wat backstage gehelp het) eers vir die onderwysers gaan gelukwens (!) en alles. En hier is die draaipunt van hierdie post, yay! Want net hierdie geselsies na die tyd het die ding weer vir my in perspektief kom sit.

Kudo’s nommer 1: Dit vat ongelooflik baie effort om so ‘n produksie op die planke te bring. Ek haal daarom al my hoede af vir die kreatiewe span agter die revue.

Kudo’s nommer 2: As die kinders dit geniet het, was dit suksesvol. Punt. Nie of die een dansende couple op die verhoog neergesloeg het en of Hompiekedompie ‘n paar keer nie sy val kon keer nie en of almal die hele tyd honderd persent op die noot gesing het of whatever nie. As die kinders dit geniet het en voor hulle vriende in die P-teater kon optree en na die tyd sê: “Wow, dit was lekker! Ons sal dit weer doen!” Dan was dit geslaagd. En in hierdie geval was dit.

Net ‘n laaste ding: Scout assbelief jou hele skool deur vir talent totdat jy senior seuns het wat kan sing. Jy hoef nie ‘n Afrikaanse Popster in te span wat jou derduisende rande kos net sodat jy sy naam op die kaartjie kan sit om jou produksie ‘n sukses te maak nie. Inteendeel.
Musiekteater is die een ding wat Pieter Koen nooit ooit weer mag doen nie. Ek is seker sy twee-jaar oue seuntjie wat saam met hom op sy heup sy biscuit geskud het en met permanente tinitis in sy ore gaan grootword, sal saam met my stem

I hate goodbyes…want dis hartseer

September 12, 2008 Leave a comment

Die groot ding met afskeid neem is dat ‘n mens mense agterlos. Ja, jy sny hulle nie uit jou lewe uit per se nie, maar jy vat hulle nie noodwendig saam nie. Sommiges doen jy, maar jy kan dit nie met almal doen nie. Party bly noodgedwonge agter en staan op die wal vir jou en waai terwyl jou boot die sonsondergang in vaar.
En dis sad. Dis blêddie sad. Ek tjank sommer.
Sien, ek het die werk by Disney Cruise Lines gekry as Youth Activities Counselor en kan enige tyd van 5 Desember af vertrek. Ek weet nog nie wat die presiese datum gaan wees nie – hulle moet nog ons kontrakte stuur – maar die kanse is groot dat ek nie Kersfees by my familie gaan wees nie. Wat al klaar ‘n bummer is, maar as dit so moet gebeur, is dit nou maar hoe dit is.
Wat sleg is wanneer ek oor 11 weke by Wonderboom klaarmaak (Ja, ek tel al die slapies! Nog net 9 weke dan is ons gelegitimeer!), is die mense wat ek gaan agterlos. Goed, ek weet, hulle gaan okay wees en alles, maar nogtans. Ek hou nie daarvan om mense uit my lewe te verloor nie. Elkeen speel ‘n rol, elkeen maak ‘n impak. Ek sê mos altyd: It’s not WHAT you know, it’s WHO you know, en dis vir my belangrik. Natuurlik het die koms van Facebook aansienlike oplossings vir hierdie probleem kom aanbied, maar daai persoonlike kontak is maar iets wat ek mis.
Deur die jare was daar al baie mense vir wie ek moes totsiens sê, maar gelukkig het my paaie weer met hulle s’n gekruis. Ek raak dan so ‘n bietjie obsessief (sorry!) as ek hulle weer sien of kontak maak en dan voel ek vir myself soos ‘n stalker. Ek weet nie of dit is hoe dit oorkom nie. Dis net, ek is so bang ek “verloor” hulle weer dat ek soveel as moontlik tyd saam met hulle wil spandeer.
Call me an idiot. Ek voel al klaar vir myself so fake. As ek in die spieël kyk, vra ek myself: wat maak ek hier? Ek het niks om hierdie mense vir wie ek bedien, te bied nie. Daar is so baie dinge in my eie lewe wat verskriklike groot werk nodig het. Ek voel nie asof ek eerlik is met hulle of met myself nie. Dis een van die goed wat ek hoop ek kan uitsorteer wanneer ek op die skip is – waar ek hoort, wat ek het om te gee, sulke goed.
Sien, ek het ‘n afspraak gemaak gekry met die skryfster van die Reënboogrant-reeks, Louise van Niekerk. Aan die einde van my skripsie is een van die aanbevelings wat ek maak dat dié tiener-boekreeks in ‘n TV-reeks omskep moet word, soortgelyk aan The O.C. of One Tree Hill. Ek gaan nie nou die lys maak van sake wat dit aanspreek nie, maar vat my woord as ek sê dit kan uitstekend gebruik word om tieners mee te beraad of te evasngeliseer. Ek en sy gaan ‘n bietjie koffie drink en oor die moontlikhede gesels. Nou, in die lyn van al my drome en passies en stuff wens ek met my hele hart dat dit kan realiseer. Nou die aand by die oefening van die produksie wat ek en Annelie aanbied, het ek gevoel en geweet dat dit is wat ek vir die res van my lewe kan doen. Ek het dit vir haar gesê ook, maar sy was ‘n bietjie meer skepties oor haarself.
Dis net, ek sien nie kans daarvoor om in ‘n beroep te wees waar mense jou verkwalik as dit crappy gaan in hulle eie lewens nie. My hart lê nie by dit nie. Maar ek sal enige dag die heeldag lank werk aan ‘n manier om die nuus van hoop deur een of ander vorm van uitvoerende kunste aan mense te bring. Dan doen ek ten minste iets en praat ek nie net rondom ‘n sinode-tafel daaroor nie.
En in die proses wil ek almal wat vir my lief en dierbaar is behou. Want soos wat Jim Carrey in Dumb and Dumber gesê het: “I hate goodbyes!”…want dis hartseer.

McBruce en Jakkie se troue

September 8, 2008 Leave a comment

Een van die spesiaalste dinge wat ek gedoen het onlangs was om op my oudste vriend se troue te preek. Ek en McBruce en Andy Annandale (die twee boeties verskil net ‘n jaar,maar was in dieselfde graad op skool) kom al van 1991 af saam. So toe McBruce my vra om op sy troue te preek, moes ek net ja sê. Jammer Maartje dat ek jou gedrop het vir Jonk Live! Dit was nie my skuld dit was op dieselfde datum nie.

Anyway, so toe is ek twee naweke in ‘n ry Rietkuil toe, eers vir die bachelors en toe vir die actual troue. Die bachelors het ontaard in ‘n groot party, want die vrouens het van die kitchen tea af direk soontoe gekom en saam gekuier.

Die troue self was eintlik heel goed. Wat ook spesiaal was,was die feit dat dit die kerk is waarin my ouers getrou het en waarin al drie ons kinders gedoop is. Daar het gelukkig niks regtig verkeerd geloop nie, waaroor ek nogals bly is. En waaroor ek genip het, want teen 20 minute voor die troue was daar nog nie ‘n orrelis of ‘n versiering van ‘n dag oud in daai kerk nie…en ek en die dominee wat die bevestiging gedoen het (onthou, ek kan nog net op troues preek) het mekaar skaars 30 minute voor dit vir die eerste keer gesien.

Maar eind goed, als goed. Al was die bruid ‘n bietjie pregnant en al het sy die ring aan die bruidegom se verkeerde hand probeer sit, en al het die een biker-oom wat by die troue was my in die voorportaal van die skoolsaal waar die onthaal gehou was, gekry, diep met my gepraat(did I mention he is a spitter??? Handdoek, asseblief!) en die mense kort-kort gevra, haai, drink die dominee dan? En al het ons eers ná 01:00 die oggend uit die saal uitgegaan en al het ek vroeër die middag in die ergste stofstorm ooit op ons ou plaas rally gery…was dit ‘n pretty lekker troue.

Mozzeltof!

Friday Night Lights revisited en so aan…

August 5, 2008 Leave a comment

Ek het laas week Friday Night Lights Season 2 episodes by ‘n vriend van my gekry en ek love elkeen. Season twee is regtig goed. Ek het lanklaas daaroor geskryf, maar ek nooi julle almal uit om daarna te gaan kyk, want dis kind-of awesome. Sal weer ordentlike posts op dit sit iewers vorentoe.
Ek het begin werk aan my skripsie, waaroor ek nogal bly is. Dinge sal uitwerk, selfs al het ek hierdie maand byna boggerôl geld en amper netso min kos oor! Ek weet nie hoekom ek dit nou net gesê het nie…
Ek het die werk by Disney Cruise Lines gekry, yeay! En hulle het my vandag laat weet ek moet solank begin regmaak, maw ek moet my medical check-up gaan kry en aansoek doen vir my Visa. Dis ‘n positiewe teken dat ek vinnig op die boot gaan kom, dalk nog voor die einde van die jaar…scary, huh?! Maar ook exciting!

Categories: Blogroll, Life, random

The Dark Knight

July 26, 2008 Leave a comment

Het gisteraand The Dark Knight gaan kyk. Baie goeie movie. Al die houe wat Batman (Christian Bale) gee se volume is verhoog sodat dit harder klink wanneer hy iemand slaan as wanneer hulle hom terugslaan. Die Joker (Heath Ledger) is regtig flippen scary en ‘n mens wonder onwillekeurig hoeveel het die fliek sy selfmoord beïnvloed. Dit is die karakter wat die fliek oorheers, totaal en al. Die sprake van die posthume Oscar is verseker nie vergesog nie. Die special effects is natuurlik awesome, veral waar Batman ‘n laaaang trok vooroor laat slaan (okay, ons het al iets soortgelyks in X-Men 3 gesien, maar hier is dit in die nag tussen geboue met kabels, nie op die oop pad met Magneto nie).
Ook die make-up van Harvey Dent/Two Face (Aaron Eckhart) is woes goed gedoen. Beide hy en Joker lyk baie anders is die vorige uitbeeldings deur onderskeidelik Tommy Lee Jones in Batman Forever en Jack Nicholson in die oorspronklike Batman. Ek gaan nie fans omkrap deur uitsprake oor performances te maak nie.
Die nuwe Batmobile is ‘n wenner en die motorfiets waarmee Batman uit dit uit ontsnap as hy selfdestruct is die coolste ding sedert piesangbrood.
Die fliek is net VREK LANK en ‘n mens wonder of hulle nie eerder die hele Two Face-ontwikkeling kon gebêre het vir ‘n volgende fliek nie…
O, en vir die wat wonder hoe lyk genade: die scenes tussen die passasiers op die boot en die convicts is uitstekend.

Nipping…

July 17, 2008 Leave a comment

Soms wens ek net ek het presies geweet hoe om dinge te doen. Op hierdie stadium nip ek oor my skripsie en oor ons gemeente se Jeug, waar dinge BAAAIIEE shaky gaan op die oomblik en natuurlik oor Dinsdag se onderhoud met Disney Cruise Lines hulleself in Irene.
Ek sukkel om in die oggende aan die gang te kom en ek is baie bekommerd oor die mense in ons Bybelstudiegroep, omdat omtrent nie een van hulle die ander een vertrou nie en almal met almal ‘n issue het. Very bad!
Darem begin ons binnekort werk aan ‘n geestelike produksie – ek, Annelie en Sunette aan die stuur van sake. Dis ‘n moderne weergawe van die boek Job, met ‘n meisie in die hoofrol. Dis nie so weird as wat dit klink nie! Dis die een ding waarna ek nogals actually uitsien.
Die kampe was lekker, kyk na

Categories: Blogroll, Life, random, Reality

Retraite & Roeping

June 23, 2008 Leave a comment

Wow! Wat ‘n ongelooflike paar dae…die Retreat wat ons Finalejaarsklas gehad het by Good Sheperd Retreat by Hartbeespoortdam was presies wat ek nodig gehad het. Ek het baie meer gekry as waarop ek gebargain het! Wat cool was.
Om net ‘n paar hoofpunte deur te gee:
 Ek het vrees vir mislukking en teleurstelling agter my gesit
 Die Here het op verskeie maniere met my gepraat, onder andere deur die tekste in Spreuke wat na “Pad” verwys
 Ook die natuur, soos gewoonlik – die verskeidenheid reuke, vorms en kleure was opvallend, nie net die mooi panoramiese uitsig van die koppie af nie.
 Die stilwees-sessie het my gehelp om bietjie rustig te raak
 Vertikaal se nuwe cd, Stil, en dié se titelsnit, het die afgelope tyd in my lewe begin werk en ‘n metafoor vir die kamp geword vir my
 Die kuiers saam met die klas op die gras, tydens etes, op random plekke, in my en Cobus se kamer met die 30 seconds en die rooiwyn en in die saal op die mat was ongelooflik insiggewend en kosbaar
 Die labirint en toe ek daar my roeping gekry het om te gaan flieks maak was die hoogtepunt van die dag
 Vrydagoggend se “droom”-sessie was netso cool, waar Jesus vir ons elkeen ‘n boodskap kom gee het op ‘n papier
 Om te besef dat ons verskeidenheid nodig en belangrik is en iets is wat ons juis nader aan mekaar kan trek in plaas daarvan om ons te verdeel
 Om te besef dat ek en Cornel eintlik so baie van dieselfde droom deel (en om die belangrike rol wat die Global Day Of Prayer-deurnag in sy eie roeping-storie gespeel het uit te vind!!)

Verskeidenheid is goed. Ek het vrede oor volgende jaar en daarna. Ek het ‘n roeping, vir die eerste keer in my lewe.
Om dit vir die ander mense naby aan my oor te dra wat nie deel van ons klas is nie en dit daarom moeiliker verstaan, is die moeilikste ding wat ek moes doen…

Begrafnisse en troues

May 23, 2008 Leave a comment

Dis tog interessant om te sien hoe mense begrafnisse en troues verskillend hanteer. Vanoggend se begrafnis van een van my sondagskoolkinders se oupas nou weer: Ons sing How Great Thou Art en Amazing Grace en ons luister You Raise Me Up. Iemand vertel al die mooi en wonderlike dinge van die afgestorwene en een van die kleinkinders (‘n tienerseun, gewoonlik) raak vreeslik aan die huil. Die dominee/pastoor lees mooi vertroostende gedeeltes uit die Bybel en na die tyd eet ons souttertjies en drink rooibostee.
Skies, ek weet dit klink vreeslik sinies! Dis nie heeltemal die bedoeling nie. Maar is dit nie maar hoe dit by baie plekke gaan nie? Dit voel vir my net vreeslik…afgewater. ‘n Mens is tog ‘n unieke wese met ‘n vol, eie lewe – hoekom verval ons dan in clichés as ons vir die persoon totsiens sê? Ek gooi hierdie gedagtes sommer in die lug, as iemand ‘n goeie antwoord het sal ek bly wees! 😉
Troues, aan die ander kant…nou-ja, daar is variasie die wagwoord. Dis in tuine, op plase, op rivierbote, met baie mense, min mense, in markiestente op die gras of in die plasskuur sonder dat hulle die vloer uitvee. Die ablusiegeriewe wissel tussen lelies en die toilet in die huis tot…lelies en die PortaPotties langs die long drop buitekant (I kid you not). Die kos wissel van…varkribs tot lamsvleis. Maar daar is altyd roomys en chocolate sous en ‘n kleinerige dansvloer. Die musiek kan ook wissel tussen lekker Afrikaanse Kurt Darren-tipe danstreffers (jap!) en nuwe alternatiewe metal (dieselfde troue as die long drop).
Ons seremonies bly maar interessant, of hoe? Maar op die ou einde maak dit nie saak of dit cliche-erig is of nie en of jy drank by die shebeen moet gaan koop voor die tyd of nie – solank dit waardig en opreg gebeur, bly ek lief vir ons rituele. Dis nodig om ons sane te hou.