Home > Ervarings, Life, random, Reality, South Africa, Suid-Afrika > Begrafnisse en troues

Begrafnisse en troues

Dis tog interessant om te sien hoe mense begrafnisse en troues verskillend hanteer. Vanoggend se begrafnis van een van my sondagskoolkinders se oupas nou weer: Ons sing How Great Thou Art en Amazing Grace en ons luister You Raise Me Up. Iemand vertel al die mooi en wonderlike dinge van die afgestorwene en een van die kleinkinders (‘n tienerseun, gewoonlik) raak vreeslik aan die huil. Die dominee/pastoor lees mooi vertroostende gedeeltes uit die Bybel en na die tyd eet ons souttertjies en drink rooibostee.
Skies, ek weet dit klink vreeslik sinies! Dis nie heeltemal die bedoeling nie. Maar is dit nie maar hoe dit by baie plekke gaan nie? Dit voel vir my net vreeslik…afgewater. ‘n Mens is tog ‘n unieke wese met ‘n vol, eie lewe – hoekom verval ons dan in clichés as ons vir die persoon totsiens sê? Ek gooi hierdie gedagtes sommer in die lug, as iemand ‘n goeie antwoord het sal ek bly wees!😉
Troues, aan die ander kant…nou-ja, daar is variasie die wagwoord. Dis in tuine, op plase, op rivierbote, met baie mense, min mense, in markiestente op die gras of in die plasskuur sonder dat hulle die vloer uitvee. Die ablusiegeriewe wissel tussen lelies en die toilet in die huis tot…lelies en die PortaPotties langs die long drop buitekant (I kid you not). Die kos wissel van…varkribs tot lamsvleis. Maar daar is altyd roomys en chocolate sous en ‘n kleinerige dansvloer. Die musiek kan ook wissel tussen lekker Afrikaanse Kurt Darren-tipe danstreffers (jap!) en nuwe alternatiewe metal (dieselfde troue as die long drop).
Ons seremonies bly maar interessant, of hoe? Maar op die ou einde maak dit nie saak of dit cliche-erig is of nie en of jy drank by die shebeen moet gaan koop voor die tyd of nie – solank dit waardig en opreg gebeur, bly ek lief vir ons rituele. Dis nodig om ons sane te hou.

  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: