Archive

Archive for December, 2006

Something before we greet 2006

December 28, 2006 Leave a comment

So, this is the final days of the year. exciting stuff, scary stuff…you fill in the blanks, because it means we are facing a whole new year with brand new challenges.
Okay, so I know my last post on 16 december was a bit grim. Bear with me. I tend to get a bit pessimistic sometimes, but it does get better!
Take care over the next few days. Me and some friends are going to the coast to visit a few friends of ours who is on a beach service outreach. I can’t wait to see the sea again!!!
Watch out for some new writing in the new year. Some stuff on John Eldredge and Ransomed Heart ministries, warriors, cowboys, kings, hearts and the true meaning of salvation (or rather, the WHOLE meaning of salvation!).

May you have a blessed 2007 in which God will become a reality to you all over again!
Tiaan

16 December 2006/Geloftedag

December 20, 2006 11 comments

We were in Badplaas on 16 december this year. As it was a public holiday lots of people visited the place, more than on other days and subsequently more black people too…lots more. The normal frustration accompanied by this type of situations dwaned on us as our family rolled in to the entrance of the resort.
Okay, so nothing wrong with this. It’s just a lot of people, doesn’t matter what colour. It’s just, I didn’t see any other white people pee at the side of the road with his front to the cars while we were waiting in the queue to pay our entrance fee…
We went there to fetch my brother after their outreach has finished. There was a Geloftedag church service and we attended it.
Now, people understand Geloftedag completely wrong. For those who do not know, it is a day that Afrikaners keep as a sacred day (or supposed to) because on this day in 1838 they were saved by a miracle from God from an army that would have killed them all at Blood River near Vryheid, KwaZulu-Natal, South Africa.
Why do I say people understand Geloftedag the wrong way? Because you get sms’s like “Lets remember a time when the afrikaners stood together to get things done”. I also brought up the topic that night on a chatroom on mxit and someone responded by saying it is the new South Africa, it’s time to let go of “that idea”.
This is not what Geloftedag is about. It is not a “old SA/new SA”-thing. It is about keeping a promise that our forefathers made to God: that they would honour this day and date and tell their offspring how God saved them. They would keep tis day as a Sabbath to the honour of God.
Now, by doing this we are not “anti-reconciliation”. I like the idea of reconciliation. I say idea, because reality is showing me a different story at this stage in SA. People doesn’t want to reconcile. They want to eliminate, destroy and take everything for themselves and then they can’t understand why the other party feels betrayed.
Keeping up Geloftedag is like Hannukah to the Jews: God saved them by a miracle and they are honouring that. (By the way, I don’t see why Christians can not also celebrate hannukah? Any reason why not? It was pre-Jesus, wasn’t it?). God also saved that particular boer-army, that is why we must uphold their promise. We can not hide from that or ignore it just because the charicature it has become has a negative connotation. It is not a day to hate the blacks; it is a day to celebrate God’s trustworthiness.
What does this have to do with Badplaas? While we were waiting in the line at the supertube, I overlooked one of the big swimming pools. On the one side all the black people were swimming, enjoying themselves. On the other side all the white people were swimming, enjoying themselves. Everybody had a good time, although they were in the same pool. Sounds like a mini-SA cosmos?! Nobody forced them to do that, it’s just the way it happened…naturally.
I smiled to my dad when we saw this. This is the real miracle of SA: a transition that took place rather smoothly, contrary to other such insidents in history when one country’s reigning people were replaced by another.
But now I am not so sure anymore. I don’t feel save in this country anymore and that is why I have decided to take a break directly after I have finished my studies. The sunny beaches of California are calling me louder everyday. Maybe I can live there without fearing for my life everyday, without a political system that is ridiculous to say the least, without having to apologize everyday because I’m white, male and Afrikaans. I know I sound cynical, but if anyone can convince me why I should stay in SA permanently, please, feel free to do so.

Mxit as beradings-tool

December 15, 2006 2 comments

Mxit as beradings-tool: my eie ervaring

Datum: 13 Desember 2006, rondom 22:30. Setting: MXIT AlphaCom chatroom room 27. Users: jadmjt, liaz, duardo (onder andere). Gesprek tussen duardo en liaz handel oor duardo se studierigting, verblyf in Pretoria en Hatfield Square. Jadmjt raak op ‘n stadium die volgende kwyt:
Jadmjt: P***SE!
Duardo: Sies man jad!
Liaz: Ag shame jy het seker nie ‘n lewe nie.
Duardo: Ek sal luister as jy met iemand wil praat jad
Jadmjt: WAT IS JY, ‘N F***N DOKTER?
Duardo: Net ‘n vriend, jad, net ‘n vriend!
Jadmjt: JY KLINK SOOS ‘N BOEKWURM MET ‘N DIK BRIL
Duardo: Nope. Kontaklense…
Liaz: Lyk my jy is almal se vriend, duardo!
Jadmjt: BESLIS NIE MYNE NIE!
Dan is daar ietwat van kommunikasie gap en dan sê jadmjt die volgende:
Jadmjt: MY GIRL IS NIE WEG NIE, SY IS HEMEL TOE!!
Liaz: Ons is jammer om te hoor, jadmjt.
Duardo: Ons kan pvt chat as jy wil, jad. Online berading. Ek is nie ‘n perv nie.
Jadmjt: IS JY ‘N F****N DOKTER?
Duardo: 0********* Teologie student. Doomnie in wording. Jy kan my invite as jy wil.
(na ‘n rukkie)
Jadmjt: OK
Duardo, ek, gaan check of jadmjt my al geinvite het, maar my foon verloor die heeltyd die connection en ek word geforseer om van vooraf in te log. Kom terug in die chatroom met ‘n boodskap van jadmjt wat wag:
Jadmjt: EK HET JOU GEINVITE DR PHIL
Ek kry die invitation en accept. Ek sien die ou se naam is eintlik Jannes*. Ek exit die chatroom.

Ek: Ek het jou. Praat met my.
Jannes: Wat wil jy hê moet ek jou vertel?
Ek: Net wat jy wil. Vertel my van jou verhouding met jou girl.
Jannes: Fyn, klein gebou blond blou die perfekte trou vrou, het altyd net geweet wat om vir my te sê
Jannes: 1 uit 1000000000
Jannes: Daar is niemand anders soos sy nie!!!
My battery is nou byna pap en weer verloor my foon die signal lat ek weer georseer is om van vooraf in te log. Dit vat lank en toe ek uiteindelik weer op is, wag daar ‘n boodskap:
Jannes: Okay, Dr Phil, lyk my nie jy wil praat nie. Ek gaan nou maar rook (dagga).
Ek: Ek gan jou eerder sms, my foon gaan die heeltyd af.

Mxit vat baie van my battery baie vinnig en dan raak gesprekke frustrasies. Dit help nie as ek my charger insit nie, dan gaan my foon heeltemal af. Omdat ek hom nou as contact op het, het ek sy nr en sms hom toe:
Ek: Praat eerdr met my, los d rook. Wa bly jy?

Geen reply. Ek besluit om hom toe maar met Bybelverse te troos en te kalmeer.

Ek: “Kom na My toe, almal wat uitgeput&oorlaai is,en Ek sal julle rus gee.” – Matt.11:28-30

Steeds geen reply. Ek gaan voort:

Ek: “Die dood is vernietig, di oorwinning is behaal.Dood,waar is jou oorwinning?Dood, waar is jou angel?” – 1Kor.15:54-55 (Sent: 23:00:00)

Jannes: Jys reg ek gan nou na hom toe, voel geeert, ek ken jou nie eers nie en jy is die een vir wie ek n laaste sms stuur (Sent: 23:01:39)

Dis nie wat ek daarmee bedoel het nie!

Ek: Hou net eers vas! Hy is HERE van die LEWE en HY wil jou op aarde gebruik,terwyl jy LEWE! (Sent: 23:02:22)

Ek: “Die Here is my Herder,ek kom niks kort ni. Hy lat my in groen weivelde rus. Hy bring my by water waar da vrede is. Hy gee my nuwe krag.” – Ps.23:1-3 (Sent: 23:05:30)

Jannes: Sonder my girl is my lewe net ‘n f***p, ek gan nou na ha toe, cheers ou, jy klink na ‘n goeie ou, bly nes jy is, dalk ontmoet ons nog eendag (Sent: 23:07:45)

Ek: Ek smeek jou moet dit nie doen nie!! Jesus het jou lief en beplan groot dinge vir jou!! (Sent: 23:08:52)

Ek: “Al sou di vyeboom ni bot ni…Nogtans sal ek in die HERE jubel…Di HERE my GOD gee v my krag…HY laat my veilig loop.” – Hab.3:17-19 (Sent: 23:13:29)

Jannes: Relax ou, jy ken my nie eers nie, ma dankie, ek het kla besluit, as jy die sms kry is ek al ver weg, dankie, jys ‘n goeie mens, dankie ma cheers. jaco (Sent: 23:14:04)

Nou, met die vrees dat hy in die toestand waarin hy is dalk iets doen soos ‘n sneller trek of pille sluk, gaan ek voort sonder om ‘n reply te kry.

Ek: Selfs jongmanne word moeg, selfs manne in hul fleur raak afgemat,mar di wat op die HERE vertrou kry nuwe krag,hul vlieg met arendsvlerke – Jes.40:30-31 (Sent: 23:19:19)

Ek: “Hy gee die vermoeides krag, HY versterk die wat nie meer kan nie.” Jes.40:29. Praat net eers met JESUS voor j enigiets doen asb!! (Sent: 23:21:43)

Ek: Jannes, my naam is Tiaan van Niekerk. Jy kan my enige tyd bel, dag of nag, mar moenie alleen swaarkry nie!! Da’s mense wat v jo omgee wat j ni eens ken ni… (Sent: 23:29:29)
Ek stuur delfs die vers wat in my devotional voorkom:
Ek: “Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken: jou broer (ek) is daar met die oog op jou nood” – Spr.17:17 (Sent: 23:52:54)

Hoor niks verder van hom nie. Ek kan nie bel nie want my foongeld is te min. Try hom toe vanoggend bel van my ma se kantoor telefoon af, maar daar is nie antwoord nie, net so funny MTN-voicemail. Natuurlik laat dit my worry, want hoe moet ek nou weet of die ou orraait is, of hy gejoke het, en even of die ergste toe nou tog gebeur het.
Later vertel ek vir Oom Ferdinand en Neels (dominees van ons tuisgemeente) die hele storie. Oom Ferdinand probeer die nommer bel van sy kantoorfoon af. Jannes tel op. Oom Ferdinand sit neer en sê dat hy okay klink, sy stem is heel orraait. Ek het maar my bedenkinge en dink toe verder oor my volgende move.
Ek besluit dat ek hom van sal sms as ek by die huis kom en vir hom die volgende sê, wat ek toe ook doen:

Ek: Hi Jannes, wil nt weet of j OK is! Belowe ek sal ni v myself ‘n nuiscance maak ni. Di bel aanbod bly valid. Tiaan. (Sent: 11:49:07)

‘n Paar minute later kry ek die reply:

Jannes: Ja dankie ou maat, jamer mar ek was heavy gedrug laasnag, ek dink dis tyd ek my k*k stop, baie dankie vi di bybelverse, dit het regtig baie vi my beteken, jy is ‘n smart ou, probeer vi jou ‘n beter version mxit kry dan kan ons leke chat, ek sal dalk beter voel as ek met jou kan chat.dankie (Sent: 11:55:35)

Mxit as berading. Ek dink dit kan werk. Ek dink dis baie powerful. Iemand, en ek weet eerlikwaar nie wie nie, gaan net vir ons moet leer hoe ‘n mens berading doen met net 160 characters op ‘n slag tot jou beskikking (as jy dit deur sms’e doen met ‘n ou foon) of +/- 300 characters op ‘n slag (met Mxit). Wat is die kerngoed wat jy moet sê om die meeste vir die ander persoon te kan beteken? Okay, natuurlik, soos enige beradingsessie, gaan elkeen van die volgende een verskil, dis tog verstaanbaar. Maar hoe kry jy die belangrikste boodskappe by die mens aan die ander kant van die lyn uit? Wat maak jy as jy nie eens weet (soos in hierdie geval) waar in Suid-Afrika die ander persoon hom/haarself bevind nie? Jy kan nie iemand bel wat daar is om te gaan check dat als okay is nie. Daar is ‘n baie groot stuk vertroue op Jesus wat noodgedwonge (ek weet dit klink funny) inskop. As jy voorheen gedink het jy kan alles darem self hanteer, dis net lekker as Jesus toekyk, moet jy nou regtig die situasie in Sy Hande plaas en vertrou dat Hy die ander persoon sal bystaan (veral in ‘n krisissituasie, soos iemand wat dreig om selfmoord te pleeg.). Jy weet nie of die persoon net joke, wolf-wolf skree of dalk regtig ernstig is nie. Ek het op ‘n stadium lus gevoel om vir Jannes te vra of hy dan ten minste seker is waarnatoe hy gaan as hy sou selfmoord pleeg, maar ek het bietjie uneasy gevoel daaroor. Actually was ek baie ongemaklik met die hele situasie, hoewel berading eintlik vir my baie vervullend is en ek dit as een van my sterk punte sien, een van die dinge van die bediening wat ek geniet om te doen. Dis net, ‘n mens kan nie face to face met die persoon praat nie, so jy weet nie hoe hy/sy reageer nie. ‘n Mens voel baie magteloos, maar, soos ons dominees my ook daarop gewys het: as jy van jou kant af gedoen het wat jy kon, dan het jy gedoen wat jy kon. Dan is die besluit nogsteeds in die ander persoon se hande…
So, hier is nog ‘n challenge vir die praktykvorming van teologiestudente: leer hulle hoe om deur MXIT te beraad! Ek weet nie of ek al reg is daarvoor nie.

*Naam is vernader

Gouelokkies en die 3 Bere

December 13, 2006 9 comments

Gouelokkies en die drie bere – die waarheid.

Al ooit ‘n bietjie gaan sit en dink oor die storie van ‘n Klein Blonde Dogtertjie wat by die huis van drie bere opdaag, sonder toestemming daar ingaan, hul kos eet, hul stoele breek en in hul beddens slaap? Dit is eintlik ‘n bietjie bisar. Ek bedoel, kom ons begin by die begin en kyk stelselmatig na die feite:
Die storietjie begin by die drie bere wat die een oggend, soos al die ander oggende voor dit, opstaan om ontbyt te eet. Nou, hier is die eerste glitch al klaar. Pappa Beer, Mamma Beer en Baba Beertjie bly soos hoogs gecivilizde westerlinge in ‘n oulike houthuisie in die middel van ‘n bos. Okay, dit lyk darem soort-van na hul natuurlike habitat as jy die bos in ag neem, maar kom ons gaan verder. Die Mamma Beer staan, soos enige ander goeie huisvrou, vroeg op om pap te maak. Pap? Bere wat pap eet? Karnivore wat ‘n mengsel van meel, water en sout verkies bo ‘n stuk rou vis of iets dergeliks? Of even dan, as dit moet, heuning? Maar okay, sy maak die pap vir ontbyt. Pappa Beer en Baba Beertjie (omdat hy ‘n baba is lyk sy van anders as sy ouers s’n – dit werk so in sprokies) sluit dan by Mamma Beer aan in die kombuis. Onthou nou, hulle het ‘n hoogs ontwikkelde huis met ten minste ‘n kombuis, ‘n sitkamer en ‘n slaapkamer wat groot genoeg is sodat drie bere gemaklik daar kan leef. Daar was probably ‘n hangkas of drie ook nog. Toe hulle aan tafel sit, proe hulle aan die pap en Pappa Beer besluit, soos dit ‘n goeie vaderfiguur betaam, dat die kos te warm is want hy brand sy mond. Om dié rede moet hulle eers ‘n ent gaan stap. Why? Hoekom sit hulle nie net vir vyf minute op hul lekker gemaklike stoele in hul lekker gemaklike sitkamer nie? Ek meen, hoe warm kan die pap nou ook wees? Tog, dalk was daar ander redes hoekom Pappa Beer besluit het dat ‘n wandeling in die bos die aangewese ding is om te doen. Miskien wou hy vir Mamma Beer ‘n slag aanspreek oor haar kosmaak-vermoë – dit was dalk tyd dat sy haar Kook En Geniet ‘n slag deurlees, my magtag! Of dalk was hy tog al die tyd ‘n barbaar wat van yskoue pap gehou het en nie besef het dat dit een van die slegste dinge op aarde is nie. Moontlik was hy een van daardie impulsiewe natuurliefhebber freaks en het hy skielik soos in ‘n musical uitgebars in sang, die kombuisdeur oopgegooi en die woud ingedans met Mamma Beer en Baba Beertjie wat hom noodgedwonge moes volg as hulle deel van hierdie liedjie, scene en kameraskoot wou bly en wie wil nou dit mis. Dalk was dit regtig ‘n pragtige oggend en wou hulle eintlik net ‘n bietjie die natuurskoon bewonder. Aan die ander kant: dalk het Pappa Beer (meer waarskynlik) woedend opgespring met ‘n tong wat uithang en ‘n keel wat brand soos ‘n kool vuur: “Mamma! Wat de hel noem jy dié? Kan jy nie eers ‘n blêrrie potjie pap maak nie? Moet jy alewig die kos verbrand? Is hier nie melk in die huis om oor die pap te gooi om dit ‘n bietjie kouer te maak nie? Is dit ook al wat ons het om te eet?!”
Mamma Beer was, after all, ‘n beer, en sou nie op haar laat wag nie: “As jy net ‘n bietjie wil ophou om jou slap gat die heeldag hier by die huis te laat rondlê, het ons dalk geld gehad om melk mee te koop! Wanneer laas het jy uitgegaan om iets te jag, toe, sê my? Maar nee, nou word ek gedwing om vir ons ‘n halfgaar stew van meel en water aan mekaar te slaan sodat jy iets kan kry om jou vet pens mee vol te maak! En jy is so ‘n ondankbare vraat dat jy nie eens kan wag tot dit ‘n bietjie afgekoel het nie? Ek vat nóú my goed en gaan terug na my ma toe!”
Briesend sou dan by die deur uitstorm. Pappa Beer het besef hy moet dadelik damage control doen en is agterna. Baba Beertjie, wat eintlik maar die heeltyd ‘n spoilt brat was, het teen dié tyd al lankal begin tjank en sou vir geen geld ter wêreld alleen by die huis bly nie. Ek bedoel, dink nou net hoe sou dit lyk: ‘n leë houthuis in die middel van ‘n bos met ‘n pot warm pap op die stoof, geen ouers en ‘n alleenhuilende baba beer wat in anyway al klaar so groot soos ‘n uitgegroeide St. Bernard lyk. Die Welsyn sou hom so vinnig daar verwyder het dis nie eens snaaks nie.
Hoe ons ookal kan bespiegel, die Beer-gesin is al drie die bos in vir ‘n onbepaalde tyd en omdat hulle nie geweet het dat pap redelik vinnig afkoel nie, het hulle hulself heeltemal misgis met die tyd. Dalk kon hulle ook nie tyd lees nie (maar gelukkig kan hulle pap maak) en was dit die rede dat hulle so lank weggebly het. Die antwoorde bly ons ontwyk, maar een ding bly seker: hulle was lank genoeg weg dat ‘n Klein Blonde Dogtertjie daar kon aankom en begin amok maak.
Dis reg. ‘n Klein Blonde Dogtertjie wat vernoem is na haar haarkleur het op haar eie oggendwandeling gegaan en op die houthuisie in die middel van die bos afgekom. Watter regdenkende ouer ook hul kind sal toelaat om alleen, voor ontbyt, in ‘n bos te gaan rondloop waarin daar ten minste Drie! Groot! Gevaarlike! bere bly, weet nugter. Tog, dit het nou maar eenmaal gebeur en ek is seker daardie ouers het ook uit hul foute geleer. Aan die ander kant, die Klein Blonde Dogtertjie kom nogal ietwat arrogant en rebels na my liking voor en heel moontlik het sy daardie oggend opgestaan, haar ouers met ‘n middelvinger begroet en besluit: te moer met julle, ek sal vanoggend self vir my gaan kos soek, al moet ek ander mense s’n steel. Ek is in anyway gatvol vir scramble eiers en bacon. Die toast kan julle ook maar hou, as ek my brood wil verbrand sal ek dit self doen.
So, Gouelokkies (al ooit gewonder wat hulle haar gaan noem as sy haar hare gekleur het?) kom toe by die Beer-gesin se huis aan. Ek gaan nie sê ‘onskuldig’ nie, want dit was sy doodgewoon nie. Dit was breaking and entering en niks minder nie. Vandalisme ook. Gouelokkies kom by die oop kombuisdeur aan (want in sprokies is daar nie crime nie en daarom was die deur nie gesluit nie, maar Gouelokkies sou vinnig hierdie fantasie in die kiem smoor) en besluit: hier moet ek in. Dalk het sy geklop, dalk nie. Sy kon in anyway nie antwoord kry nie. Oh, well, hier staan drie bakke pap op die tafel, het sy geobserveer. Kom ons proe aan elkeen. Ek het so lanklaas iets geëet wat deur ‘n beer voorberei is and now is as good a time as any. So, slimmie wat sy is, mik sy vir die eerste grootste bak. Pappa Beer s’n. (Soos ek die skrywers van sprokies ken, het daar probably ‘Pappa Beer’ op die kant van die bak ook gestaan). Sy proe en – nee, dis te warm. Volgende bak, Mamma Beer s’n – nee, dis te koud! (Wat nie sin maak nie, want as ons reg onthou, kom alles uit dieselfde pappot uit en daarom moet dit ewe warm wees. Party versions sê Mamma Beer se pap was te sout, wat ook nie sin maak nie as gevolg van dieselfde argument, tensy Mamma Beer ‘n voorliefde vir soutsmake gehad het. Dalk was die ou dier nie gepla oor hartsiektes en sulke lawwighede nie, of dalk het sy dit met opset gedoen sodat sy haarself kon vergiftig en ‘n vroeë selfmoord kon laat plaasvind want lekker wie sou dan vir die lui vet bliksem pap maak in die oggend en na die huilende klein brat omsien. So sy was eintlik ‘n meesterbrein met ‘n meesterplan net jammer sy het nie geweet van die klein inbreker se koms nie.).
Die derde bak wat Gouelokkies aan proe is net reg. So, vraat wat sy is, besluit sy om alles te verorber.
Okay. Die bere is nog steeds iewers in die bos, maybe het hulle op ‘n ou vriend afgekom en staan hulle nou eers en geselsies maak, of maybe het Pappa Beer tog besluit om iets te jag of dalk het Baba Beertjie agter skoenlappers aangehardloop want hy kort nog baie vir sy versameling of dalk het Mamma Beer besluit vandag is die dag dat sy haarself met kos gaan doodmaak en as dit dan nie soutpap is nie gaan sy maar ‘n suiekeroordosis kry en‘n byekorf bestorm. Maar hulle is nog nie terug by die huis nie en Gouelokkies kry kans om te explore en kom in die sitkamer aan. Hier is drie stoele. ‘n Grote, ‘n middelmatige een en ‘n kleintjie. Van hout gemaak. Nou, vat ‘n oomblik en ponder hieroor: houtstoele in die huis van ‘n Beer-gesin. Die goed moes seker van sleeper-hout gemaak gewees het om hulle te hou, want gewone pine sou nooit die trick gedoen het nie. Blond soos wat sy is, try Gouelokkies natuurlik die grootste stoel eerste, so asof hy nou die lekkerste sou sit. Sy was seker maar gewoond aan hoe groter hoe beter, net jammer dit het nie dié slag gewerk nie. So sy probeer die middelmatige stoel (Wat ‘n ‘middelmatige stoel’ ookal mag beteken.) volgende. Apparently was hierdie stoel te sag. Hoe dit werk, weet ek glad nie. Ek is in elk geval oortuig dat ‘n ‘sagte’ stoel van hout nie ‘n goeie idee vir ‘n papvretende Mamma Beer is nie. Daarom beweeg sy aan na die klein stoeltjie toe. (Klein stoeltjie? Vir ‘n groeiende beer?? Huh???) Hierdie een is net reg! Wat so spesiaal aan hom is, word ons nooit meegedeel nie, maar hy was só reg dat hy die volgende oomblik gebreek het. Dit laat ‘n ander vraag by ‘n mens ontstaan: as Gouelokkies ‘n Baba Beer se stoel kon breek deur bloot daarop te gaan sit, hoeveel het die kind dan geweeg??? Die verorbering van die pap maak dan ook baie meer sin…
Anyway, sy sou nie dat dit haar te veel ontstel nie en daarom loop sy aan na die volgende kamer in die huis – die slaapkamer. Met drie beddens. Wat die teorie van die ongelukkige huwelik net meer en meer versterk, want watter beer en sy vrou slaap nou ook op aparte beddens? Of watter beer en sy vrou slaap nou ook op beddens? Maar goed, daar was drie. Teen dié tyd het die kind either begin huis toe verlang (en hoekom het sy dan nie maar soontoe verkas nie?) of sy het dalk gedink: “Kom ons kyk of die groot bed my kan hou” (onthou ons het ‘n gewigsprobleem bespeur) of dalk was dit net ‘n classic geval van “magie-vol-ogies-toe” (sy het immers ‘n hele bak pap wat vir ‘n Baba Beertjie ingeskep was leegemaak). Die eerste grootste bed is te hard. Pappa Beer het waarskynlik ‘n swak rug gehad en ná die operasie het die dokter ‘n plank onder die matras aanbeveel. Gouelokkies sien ook nie kans hiervoor nie en gaan lê op Mamma Beer se bed. Nee, hierdie een is te sag! Dit laat ‘n mens wonder hoekom? Hou Mamma Beer net van matrasse wat deur Klein (of Vet) Blonde Dogtertjies ingeduik kan word, of is die matras dalk al baie sagter vanweë ander redes? Pappa Beer sou tog nooit weet nie, hy sou nie kon agterkom as haar matras stelselmatig sagter gery word terwyl hy by die local kroeg sit en drink nie. Gouelokkies ervaar ook in hierdie bed te veel ongemak of dalk was die lakens net nog te vuil en daarom gaan lê sy maar op die laaste bed, Baba Beertjie s’n. Nou, hoe oud is Baba Beertjie nou eintlik? Is hy regtig ‘n baba of is dit dalk net sy noemnaam? Daar word pertinent gepraat van ‘n bed, nie ‘n cot nie, so hy kon nie meer in doeke gewees het nie. Dalk het hy sy bed begin natmaak omdat sy ouers probleme in hul huwelik gehad het, of dalk het hy nagmerries gekry. Heel waarskynlik was hy net so ‘n spoilt brat dat hy steeds by sy ouers in die kamer geslaap het. Of dalk was Pappa Beer net te lui om vir hom sy eie kamer te bou. Wie weet?
Hoe dit ookal sy, Gouelokkies beland in Baba Beertjie se bed (Siek kiddie-pornflieks het hierdie sin al as ‘n titel gebruik). Om een of ander rede is sy nie gepla om in vreemde mense of diere se beddens te klim nie, los blond wat sy is. Sy raak toe so gemaklik dat sy aan die slaap raak. Asof dit doodnormaal is om ‘n vreemde huis in te gaan terwyl daar niemand daar is nie en dan in die baba se bed te klim en daar te slaap, nadat jy sy kos opgeëet en sy stoel gebreek het. Deesdae word mense vir minder as dit toegesluit en weggestuur vir sielkundige waarneming.
Uiteindelik kom die Beer-gesin terug by die huis aan. Pappa Beer moes geweet het sy pap sou teen dié tyd so koud gewees het hy kan dit net sowel weggooi, maar die oomblik wat hulle die huis instap, kom hulle soos enige iemand met goeie intuïsie agter: iets is fout. Hier is iemand in ons huis! Die eerste plek waar hulle onraad bemerk, is aan die pap. “Wie het van my pap geëet?” bulder Pappa Beer asof dit saak maak en asof hy ‘n regte antwoord verwag en asof hulle nie almal saam uit die huis uit was nie. Sonder om te antwoord gee Mamma Beer een kyk na haar pap en vra geskok (maar om ander redes as wat Pappa Beer dink): “Wie het van my pap geëet?” Baba Brat Beertjie kom by sy bakkie aan en vir die eerste keer in sy lewe is hy regtig die verontregde een: “My pap is alles opgeëet!” Okay. Hy het seker nie hierdie sin gesê nie, maar net ‘n geluid soos “Whêêêêh!” gemaak en sy leë bakkie na sy ouers toe uitgehou. Sulke situasies het ‘n manier om bakleiende couples te laat ophou fight en nader aan mekaar te trek, want, vasberade om die papvreter op te spoor, beweeg die Bere deur die huis en kom op die sitkamertoneel af. ‘n Mens sou dink hulle sou Baba Brat Beertjie se stukkende plankies wat van sy stoel oorgebly het, eerste raaksien, maar hulle was nou maar eenmaal ‘n selfgesentreerde gesin en Pappa Beer grom kwaai: “Wie het op my stoel gesit?” Asof ‘n mens kon sien dat iemand op hout gesit het. Maar dalk het Gouelokkies gesweet en nat merke op die sleeper-hout gemaak. Mamma Beer, wat ook darem haar porsie aandag soek, aap haar man na: “Wie het op my stoel gesit?” Haar ‘middelmatige’, sagte houtstoel was seker ingeduik en daarom kon sy dit agterkom. Ek is seker Baba Brat Beertjie het eintlik niks gesê nie en net met ‘n geween by die oorblyfsels van sy eerste stoel gaan sit en hartverskeurend geweeklaag asof hy vir altyd op daardie klein houtstoeltjie wou sit en nooit groter sou word en eendag Pappa Beer se groot houtstoel sou volsit nie. Sy dialoog van “My stoeltjie is heeltemal gebreek!” is na alle waarskynlikheid ‘n latere invoegsel, ter wille van volledigheid of iets.
Nou was die gort en die pap behoorlik gaar en Pappa Beer was vasbeslote om die inbreker en vandalis vas te trek en die persoon ‘n deeglike les te leer. Mamma Beer self was nou al lekker moerig. As jy iets in haar huis gebreek het, het jy die stukke opgeruim en nie die gemors netso gelos nie. So stap hulle toe hul slaapkamer in. Hier is die enigste plek waar ons actually sin kan kry. Die lakens was obviously deurmekaar! Dis hoe hulle geweet het iemand het in hulle beddens geslaap! Pappa Beer neem soos altyd die voortou en omdat dit die enigste ding is wat vir hom oorbly om te vra, kom dit vir oulaas: “Wie het in my bed geslaap?” Mamma Beer skrik haarself vir die eerste keer hierdie oggend regtig yskoud en haar vraag het dalk meer in as wat Pappa Beer besef: “Wie hét in my bed geslaap?” (Hy sou nie die klem op die “hét” agterkom nie want bere kan nie regtig klem op woorde lê nie en selfs Mamma Beer was geskok toe sy agterkom sy het sopas ‘n woord beklemtoon). Baba Brat Beertjie is egter die een wat op die inbreker, papvreter, vandalis en beddeurmekaarmaker afkom. Hy het weer seker iets soos “Ghwwaarrhh!” kwytgeraak, wat in beer-taal beteken: “Hier lê sy!” Asof hy geweet het hoe Klein (of Vet) Blonde Dogtertjies lyk en dat dit nou eintlik ‘n sy is.
Van hier af is alles ‘n bietjie hazy. Al wat ons weet is dat Gouelokkies wakker geskrik het, die bere rondom die bed gesien het, by die venster uitgespring het en huistoe gehardloop het. Hoewel dit die algemeen bekende einde is, klink dit heeltemal buite karakter. Granted, ons sou almal nogal ietwat aan die bewe gaan as ons drie bere (van wie ons een se pap opgeëet, sy stoel gebreek en nou in sy bed geslaap het) rondom ons sien staan. Maar ons ken mos nou al Gouelokkies se rebelse streep. ‘n Bietjie navorsing het egter getoon dat die storie ‘n totaal en al ander einde gehad het:
Toe Baba Brat Beertjie haar met ‘n gegrom wakker brul, sit Gouelokkies toe regop in die bed en vra hom ewe parmantig: “Wat kyk jy?” Die klein Brat (ek bedoel die beertjie) het toe onmiddellik in trane in die hoekie gaan sit en voortgehuil, dit was immers sy speciality. Mamma Beer het net vir Gouelokkies beduie dat sy nie ‘n woord moet sê oor die vuil lakens nie, toe Pappa Beer afhaak: “Ek behoort jou eintlik, soos dit ‘n goeie beer betaam, met een hap op te vreet, want in sprokies kou diere nie hul kos langsaam nie, ons sluk alles met een hap af. Asof ek nou jou klere en skoene ook sou wou eet. Maar, jy het my laat besef ek is nog nie reg om die held van hierdie huisgesin of die sprokie te wees nie en daarom sal almal eendag te kere gaan oor ridders op wit perde in plaas van beer-pappas. Daarom gaan ek jou eerder oorgee aan die polisie sodat hulle ‘n speursaak kan oopmaak om jou bewegings in die huis te ondersoek. Dit sal maande, dalk jare, sloer en teen daardie tyd sal jy mooi groot wees en hopelik van ‘n paar kilo’s rondom jou middel ontslae geraak het en ‘n paar hoër op teen jou borskas bygevoeg het. Jy sal begin flieks maak en in ‘n rooi one-piece op ‘n strand rondhardloop en verdrinkende mense red omdat ek vandag jou lewe gespaar het.”
Ná hierdie toespraak was Pappa Beer nogal moeg want hy het nog nooit so baie woorde in mensetaal gepraat nie en hy en Mamma Beer gaan sit toe saam op haar bed met die vuil lakens. Gouelokkies het gedweë haar kop op en af geskud.
“Dit klink cool met my,” het sy gesê en as if from nowhere haar maniere onthou. “Ek is jammer ek het in julle huis kom kuier sonder om jul toestemming te vra. Baba Brat Beertjie, ek is jammer ek het jou pap opgeëet, maar dit was moer lekker en die ander het soos hondeshit geproe – sorry, Mamma Beer, maar papmaak is nie jou sterk punt nie, jy lyk beter met ander dinge if you know what I mean. Ek is ook jammer ek het jou stoel gebreek, maar think about it, nou kan jy ‘n nuwe, groter een kry. Ek is nie jammer dat ek in jou bed geslaap het nie, though, want dit was een van die lekkerste naps van my lewe. Jy is eintlik moerse bevoorreg met so ‘n lekker bed en buitendien is jy heeltemal te groot om nog so vreeslik aan die tjank te gaan oor alles. Pappa Beer, voor ek loop, ek het vir jou ook ‘n boodskap: lig ‘n slag jou gat, hou op bier suip en begin iets vir jou gesin beteken. Bou vir die klein Brat ‘n eie kamer en ‘n ordentlike stoel, hy is mooi groot genoeg, en hou op om jou rug die skuld te gee vir jul gebrek aan…nou-ja, kom ons sê net, as julle in een bed slaap, sal jy nie dalk later moet vra wie dit is wat op die oomblik in jou bed slaap nie. En Mamma Beer: jou naam is nie Nomsa Nxumalo nie, so hou op om te dink jy kan pap maak soos sy. Bly by wat jy goed is, gaan vang vis of kry heuning of iets en wees ‘n slag die ma van die huis in plaas van net ‘n huisvrou. As julle regtig aandring op pap, sal ek twee keer ‘n week kom en dit vir julle maak.”
Almal het gedink dis ‘n goeie idee en selfs Baba Brat Beertjie het opgehou huil. Pappa Beer het vir hom sy eie kamer gebou en toe hy groot was, het hy al sy hare afgeskeer en saam met Gouelokkies in die lewensredder-program gaan speel ensou later as “The Hoff” bekend staan. Mamma Beer het nie meer gaste in haar slaapkamer onthaal nie, maar ‘n ordentlike eetkamerstel gekoop en hulle daar begin bedien. Pappa Beer het weer begin om ‘n ordentlike skrynwerker te word en hoewel hy nooit ‘n held was nie, was hy darem nou ‘n goeie pa vir sy kind en ‘n liefdevolle man vir sy vrou. Gouelokkies het haar belofte gehou en tweeweekliks vir die bere kom pap maak (want sy was in die geheim nogal goed daarin) en later het hulle nogal hegte huisvriende geword.
En dít is die regte storie én die regte einde van Gouelokkies en die drie bere.

Die Feesmaal (I): Gebed

December 13, 2006 2 comments

FEESMAAL

“U laat my by ‘n feesmaal aansit
terwyl my teenstanders moet toekyk…”

Verantwoordelike teologie. Wat is dit? Kan so iets vasgevat, gedefinieer, beskryf word? Ek hoop van harte so! Want daarsonder sal dit chaos wees daar buite – erger as wat dit reeds is. Dis ‘n teologie wat eerstens verantwoord kan word deur die Bybel, natuurlik, deur altyd binne konteks te bly sonder om “verse-picking” te pleeg. Verder moet dit ook verantwoord kan word deur die lewe – ervarings deur mense, of dit nou geloofservarings is of andersins – maar die werklike lewe met al sy swaar en seer, sy lekker en sy goed, sy op sowel as sy af. Dis ‘n teologie wat vergelyk kan word met ‘n restaurant waar jy ‘n maand vooruit moet bespreek om plek te kry en waar jy lank vir jou kos wag, maar wanneer dit kom, is dit deur en deur die moeite werd!

Wat sal onverantwoordelike teologie dan wees? Dis ‘n teologie wat ‘n cheap, plastiek godsdiens verkondig. ‘n Teologie van maklike antwoorde, kitsoplossings, patroongebede en klein boekies met blomme op die voorblad. Dis ‘n teologie wat byna soos ‘n kistkosrestaurant is: dit het ‘n redelike wye verskeidenheid van maklik bereikbare antwoorde en as jy dit nie kry nie, dan vra jy nie reg nie. Dit kom toegevou in waspapier of polistireenhouers en hou net ‘n klein rukkie voordat ‘n mens nog daarvan nodig het. Dis baie gewild en almal gebruik daarvan, maar diep binne weet ons dis nie volhoubaar nie. Kyk maar wat het met die arme ou van Supersize Me gebeur!

Nou, die probleem kom in wanneer ons op laasgenoemde begin staatmaak. Verbeel jou SPUR of DROS hardloop uit patties uit. Vinnig hardloop hulle na die MacDonalds langsaan toe, koop ‘n paar burgers en sit dit vir hul klante voor en verwag boonop dat die klant dit moet waardeer en daarvoor betaal – die prys wat ‘n SPUR-burger sou gekos het. Dis tog absurd, of hoe? Maar dis tog wat ons doen. Mense kom na ‘n erediens of godsdienstige bymekaarkoms om met vaste kos gevoed te word en dan gee ons hulle brood en water en dikwels eintlik net plasiek. En as hulle dan, soos die mense in die restaurant nie weer daardie spesifieke plek besoek nie, ook ons byeenkomste/samekomste begin vermy, vra ons skielik hoekom? Dan dink ons skielik aan nuwe “spyskaarte”, miskien ‘n nuwe look vir ons “restaurant”, dalk verander ons ons naam om mense weer te lok. Maar ons kos? Ons gaan voort om ons klante te kul en vir hulle louwarm, tweederangse kos voor te sit en net ‘n gereformeerde sousie oor te gooi sodat dit darem lyk soos die een op die prentjie.

Genoeg met die kos-metafore! sou jy sê. Teen dié tyd water jou mond seker lankal al…of is daar dalk ‘n wrang nasmaak wat daarin agtergebly het, of ‘n sooibrand wat nog deurslaan na die laaste “maaltyd” en dit wat daar gebeur het. In ‘n samelewing waar kos ‘n integrale deel van ons almal se verskillende kulture uitmaak, dink ek is die metafoor juis besonder gepas. Almal kan relate. So, sit aan jou borslap, want dalk gaan hierdie ‘n morsige besigheid wees en dalk gaan die sop spat!

Gebed

Die kinders sit in die kerkbanke, angstig, afwagting in hul hartjies wat klop. Die gebedsmarathon gaan byna begin, nog net so 20 minute of so voordat die 25-uur van gebed afskop. Almal is in skofte gedeel en daar is 15 bidstasies waar daar vir verskillende sake voorbidding gedoen word. Maar eers is daar (en ek sukkel om die woord getik te kry, so laat dit my hare rys) gebedsopleiding. Ons gaan eers nou, binne 20 minute, vir die kinders wie se ouderdomme wissel van 12 tot 17 leer hoe om ons verstande oop te maak dat ons God se stem kan hoor, anders kan ons nie Sy stem hoor nie.

Die eerste vrou kom vorentoe met ‘n skryfbord waarop sy ‘n sirkel geteken het wat in drie dele verdeel is. Ons almal weet ons is ingedeel in liggaam, siel en gees, begin sy. Ons liggaam is die deel wat ons toegooi onder die klippe as ons doodgaan, ons verstand en gees is dit waarmee ons dink en emosies voel. Ons siel is dit waarmee ons bid, die deel wat met God kontak het

Ekskuus?

Sodra jy tot bekering kom, word jy deel van die geesteswêreld, dan het jy toegang tot die geesteswêreld, daarom moet ons “geestesoë oopgemaak word” sodat ons kan sien wat God vir ons sê.

Kan iemand asseblief gou ordentlike eksegese gaan doen van Efesiërs 1? Dankie!

So, dan is jy nog hier op die aarde, maar reeds deel van die geesteswêreld.

Het ek iets gemis? Is ons terug na ‘n dualistiese, gnostiese wêreldsbeskouing waar alles wat vleeslik is, sondig is en alles wat geestelik is, rein is? Het Jesus nie reeds die wêreld oorwin nie? Is hier nog hierdie twee-wêrelde ding waar ons net moet oppas of ons word uitgesny uit die wingerdstok (gelukkig kan ons teruggëent word, onthou!)?

Jy moet net jou gees instel op God se stem, jy moet jouself oopstel anders kan God nie met jou praat nie.
So asof ons Hom skielik tot ons vermoëns kan beperk. Ek sidder by die gedagte daaraan.

Sy deel vir almal bandjies uit met ‘n versie uit 2 Kronieke uit daarop, vir dié wat hulle tot gebed verbind.

WAT??!!

In plaas van ‘n lewe van gebed, ‘n lewende verhouding met God wat deur Jesus en die Heilige Gees 24/7 in jou woon, leer ons nou vir ons kinders dat hulle net met God kan praat en Hom net kan hoor as hulle iets amazings van hulle kant af gedoen het. Dan sal die Koning (!) ‘n oudiënsie met hulle toestaan, want hulle het al die regte voorbereidings getref.

Onthou ek het gesê die eerste vrou het opgestaan. Nou was dit die tweede een se beurt. Redelik geset, al oor haar ouderdom van jeugwerk doen (ja, ek dink regtig daar is so iets soos ‘n expiry date vir jeugwerk. Dink logies daaroor. Dit het niks met jou ouderdom te doen nie, maar alles met jou uitgangspunt, mindset en aanslag) en reg om hierdie arme kinders se koppe lelik deurmekaar te maak.

Ons het ‘n wonderlike pa, die beste een wat daar is! skop sy af, selfs al is jou eie pa nie so watwonders nie of al hou jy van hom, hierdie Een is beter.As jy jou pa vir die motor se sleutels vra, gaan hy nie eers oor drie weke vir jou sê: ‘Hier is die sleutels’ nie. Jy gaan sê: ‘Huh?’ Jy gaan nie weet waaroor dit gaan nie. As ons God iets vra, antwoord Hy ons dadelik. As jy Hom nie hoor nie, dan luister jy net nie.

ASSEBLIEF, HERE, HELP!!!

Hoe kan ons sulke absolute snert, sulke onsin, sulke rubbish aan kinders in die vormingsjare van hul geloof verkondig en dan vra waarom hulle later uit die kerk uit loop net om nooit weer terug te kom nie?
But wait, there’s more:

Okay, ons gaan gou oefen om God se stem te hoor(!). Draai so twee-twee na mekaar toe, iemand wat jy nie goed ken nie. Okay. Vra nou vir God om vir jou iets moois te sê oor die persoon langs wie jy sit. En God is nie ‘n skinderbek nie, Hy sal nooit vir jou iets lelik sê van daai persoon nie. Okay, een-twee-drie, bid.

Die opdrag kom sommer so, asof sy vir die kinders sê om gou die 2x-tafel uit te skryf en te kyk wie’s eerste klaar. Ek sit daar, met my oë toe, tot stilswye geskok, net voordat ek hierdie gekkespul wou verlaat, maar shame, daar is hierdie girltjie en ek sit nou maar langs haar. Here, bid ek, vir die doel van hierdie oefening, asseblief wys my net iets, ek kan nie hierdie belaglike vrou hanteer of…watookal nie. Asseblief, Here. Al wat ek sien is…niks, net die girl wat langs my sit en daardie dynserigheid wat ‘n mens het as jy te lank in die son in gekyk het en dan jou oë toemaak.

Amen, beëindig sy die kinders se gebede.Goed, kom ons hoor wat het die Here vir julle gesê (so asof ons nou net almal ‘n order by die Wimpy gemaak het, kom ons kyk watse toy het elkeen gekry). Julle twee eerste.

Sy begin op ‘n streep en soos die kinders iets sê, interpreteer sy en lê sy dit uit, sonder om te verduidelik en sonder om te stop. Haar groot lyf stoomroller voort terwyl my hart al hoe meer ‘n beklemming kry hoe nader sy aan my kom. Nie oor ek bang is of enigiets nie, maar omdat ek ongemaklik is hiermee. Dit kan tog nie van God af wees nie, kan dit? Goed, ek is seker in geen posisie om te sê sy kan nie profeteer of watookal nie, maar asseblief, kan dit dan verantwoordelik hanteer word? Kan daar in ag geneem word dat hierdie kinders elkeen op ‘n verskillende geloofspad is, en daarby nog elkeen op ‘n verskillende plek in daardie spesifieke geloofspad?

Wat het jy gehoor? Niks nie, tannie, kom die antwoord van die seuntjie in die voorste bank. Wat het jy gesien? Enige prentjie? ‘n Skrifgedeelte dalk? Nee, tannie…nog nie las die seuntjie as ‘n nagedagte aan. Toemaar, jy moet nog so bietjie oefen. Maak jou oë toe en probeer weer.

Hallo? Is ons in die Hogwarts School of Witchcraft and Wizardry dat ons deur net weer te probeer (hilarious – ons pogings, ons wat probeer!) skielik hierdie charm, hierdie towerspreuk gaan regkry?

Toe kom sy by die dominee.

Wat het jy gesien? Vra sy. Nee, ek het net die heeltyd gedink aan die vers in Matteus wat sê geseënd is die sagmoediges…Ja, onderbreek sy hom. Sien, die Heilige Gees praat met Skrif met die dominee, omdat hy baie meer Skrif in sy hart het as julle, met julle ander praat Hy deur prentjies.

Verskoon my. Ek gaan buitekant ‘n kat skiet.

Die ergste is dat ek nie hierdie gebeurtenis opgemaak het nie. Dit het werklik gebeur. In ‘n gewone plattelandse NG gemeente. Dit het my hele dag ontstel en ek was regtig skoon naar vir die res van die dag. Ek het half hartseer teruggedink aan my eie hoërskool-katkisasie en besef dat dit hierdie tipe goed was wat my in my lewe die seerste gemaak het. Ek sê met opset nie my “geloofslewe” nie. Vir my is daar nie ‘n onderskeid tussen my “geloofslewe” en my “gewone lewe” of sulke snert nie. Ek het een lewe en alle aspekte daarvan, my godsdiens, my akademie, my speeltyd, watookal, is geïntegreerd met mekaar. Soos ek gesê het: hierdie tipe uitgangspunte, hierdie benaderings, is die goed wat my die seerste gemaak en die diepste gesny het. Dis sulke goed waar verse buite konteks gepluk is om ‘n doel te dien. Die vraag is net: wat gebeur wanneer daar nie vrugte afgewerp word nie? Wat gebeur as ek nie “tot alles in staat is deur Hom wat my krag gee” nie? Wat as ek nie by die “toekoms, die verwagting” wat God vir ons wil gee uitkom nie? As ek nie “Voorspoed, en nie teënspoed nie” beleef nie, maar juis die teenoorgestelde? Hoe maak ek nou as my ouers al vir hoeveel jare bid vir ‘n plek van hul eie waar hulle die Here kan dien en Sy woord kan uitdra? God is mos veronderstel om “onmiddellik” te antwoord – as Hy nie doen nie, is dit “ons wat nie luister nie”. Ek moes sukkel-sukkel leer dat ‘n mens nooit, maar nooit vir enigiemand so iets kan sê nie. Dit maak mense net seer.

Kom ons kyk hoekom: die kind bid nou, met ‘n geopende siel of gees of verstand of watookal (gerieflikheidshalwe is die Heilige Gees skielik nie meer in hom/haar nie) tot God. Sy/haar ouers het huweliksprobleme en dit gaan baie sleg of daar is siekte in die gesin, die pa het kanker en die ma het ‘n verhouding met ‘n ander man. Daar word gebid dat God sal ingryp en die huweliksprobleme sal oplos of die pa van sy kanker sal genees. Maar dit gebeur nie…Die ouers skei tog, die pa sterf uiteindelik ná ‘n lang siekbed aan kanker en die ma sit haar buite-egtelike verhouding voort, nou sonder die vorige skuldgevoel. Wat nou? Nou ervaar die kind: ek het nie reg gebid nie, want God het nie onmiddellik my geantwoord nie. Of ek het nie geluister nie, maar een ding is wel seker: ek is nie goed genoeg vir God nie en my gebede nog minder. Of ek is nie ‘n goeie Christen nie, want hoekom hoor ek dan nie vir God nie? Hoekom het al hierdie slegte dinge dan nogsteeds, ondanks my gebede wat met ‘n geopende hart, siel, gees en verstand gedoen is, gebeur?

Die kind gaan soek nou troos op ‘n plek wat dit aanbied: die wêreld. ‘n Plek wat met ope arms wag en sê: kom deel jou pyn hier. Ons gee nie oplossings nie, maar darem kan ons vir jou ‘n dop koop. Hier hoef jy net vir ander mense te vra vir hulp en as dit nie werk nie, kan jy dit met hulle opvat want dan is dit hulle wat nie deliver nie, dis nie jy wat verkeerd vra of op die verkeerde manier gevra het en dan gee ons vir jou die teenoorgestelde van jou versoek nie.

Ons verloor ons mense, nie net uit gemeentes nie, maar uit die Kerk van Christus, oor ons hulle seermaak deur die twak wat ons in die naam van die Bybel aan hulle verkondig.

The Feast (I): Prayer

December 13, 2006 2 comments

FEAST

“Thou preparest a table before me
In the presence of mine enemies…”

Responsible theology. What is it? Can something like that be defined, described properly? I hope so! Because without it it will be chaos out there – even worse than it is the case now. It is a theology that can firstly be counted for by the Bible, of course, by always staying within context without committing “verse-picking”. Further, it must be counted for by life – experiences of people, faith experience or otherwise – but real life with all its hurt and pain, its fun and good, its ups and downs. It’s a theology that can be compared to a restaurant you have to book a month in advance to get a seat and where yout wait a long time for your order, but when it comes, it is worth the wait through and through.

What, then, is irresponsible theology? It is a theology that proposes a cheap, plastic religion. A Theology of easy answers, quick fixes, pattern-prayers and small books with little flowers on the cover. It is a theology that is almost like a fast-food restaurant: it has quite a wide variety of the same stuff and easy answers and if you do not get it, you’re not asking in the right way. It comes folded in wax paper or polistirene-containers and only lasts for a little while before you need some more. It is very popular and everybody uses it, but deep down inside we know it is not sustainable. Just look at the guy from Supersize Me!

Now, the problem comes in when we start relying on the latter. Imagine SPUR or DROS runs out of patties. Quickly they run to the McD’s next door, buy a few burgers and put it in front of their own clients and, to top it all, expects the client to appreciate and pay for it – the price that a regular SPUR-burger would have cost. This is absurd, right? But it is what we do. People come to a church service or religious gathering to get some solid food and then we give them bread and water and most of the time just plastic. And, when they then, like the people in the restaurant would stop visiting that place, stop attending our gatherings, we suddenly start asking why? Then we suddenly come up with new “menu’s”, maybe a new look for our restaurant, maybe we change our name to attract people again. But our food? We keep on fooling our clients and serves them lukewarm, secondbest food with a reformed sauce just to make it look like the one on the picture.

Enough with all the food-metaphors! You would say. By this time your mouth must be watering…or there may be a disgusting aftertaste that is left behind in there, or heartburn that is coming through after the last meal and what happened there. In a society where food is a integral part of everybody’s culture, I think the food-metaphor is most appropriate. Everyone can relate. So, put on your apron, because this might just turn our to be quite messy!

Prayer

The children sit in the pews, excited, with hearts beating eagerly. The prayer marathon is about to start in about 20 min or so – 25 hours of prayer for the town and the coming beach outreach. Everybody is divided into shifts and there are 15 different pray-stations where you can pray for different matters. But first, there is (and I am struggling to type the words, because of the way it makes my hair stand on end) prayer training. Firstly we are now, within 20 minutes, going to teach the children (whose ages vary from 12 to 17) how to open their minds so that we can hear God’s voice, or else we won’t be able to hear his voice.
The first woman comes forward with a writing board on which she drew a circle, divided into 3 parts. We all know we are separated into body, mind and soul, she starts. Our body is the part that we cover with dirt when we die. Our mind and spirit is the part with which we think and feel. Our soul is that with which we pray, the part that is in contact with God.
Excuse me?
When you are born again, you become part of the spirit world, then you have access to the spirit world, therefore our “spiritual eyes must be opened” so that we can see what God is saying to us.
Can someone please do some proper exegeses of Ephesians 1 please??? Thank You!
So, than you are still here on earth, but part of the spirit world.
Did I miss something? Did we go back to a dualistic worldview where everything that is flesh is sinful and everything that is spiritual is pure? Did Jesus not yet conquer the world? Are we still dealing with this two-world thing where we must just look out or we will be cut from the vine (luckily we can be inserted back, remember!)?
You must just tune in your spirit to God’s voice, you must open yourself, otherwise there’s no way for God to talk to you.
Like we can suddenly limit him to our abilities. I shudder at the thought. The woman is handing out small wrist bands with a verse from 2 Chronicles on it, for those that commit themselves to prayer.
WHAT??!!
In stead of ‘n life of prayer, a living relationship with God that lives through Jesus and the Holy Spirit in you 24/7, we now teach our children that they can only communicate with God and only hear him when they have done something amazing from their side. Only then the King (!) will honour them an audience, because they have done all the right preparations.
Remember I said the first woman stood up. Now it was the second one’s turn. Fairly obese, past her age of doing youth work (yes, I really think there is something like an expiry date on doing youth work. Think about it logically. It has nothing to do with your age, but everything with your point of view, mindset and approach) and ready to confuse this poor children’s heads in a horrifying way.
We have a wonderful dad, the beste there is! She starts, even if your own dad is not the greatest or even if you do like him, this One is better! If you ask your dad for the keys to the car, he won’t only answer you in three weeks time. You are not going to know what it is about. When we ask God something, he answers immediately. If you do not hear him, you are just not listening.
LORD, PLEASE HELP!!!
How can we proclaim such absolute nonsense, such rubbish to our children in the forming years of their faith and then ask why they walk out of the church later only to never come back?
But wait, there’s more:
Okay, now we are going to exercise hearing God’s voice (!). Turn two by two to each other, somebody you do not know well. Okay. Now ask God to tell you something nice about that person that is sitting next to you. And God is not a blabbermouth. He will never tell you something bad about that person. Okay, one two three, pray.
The command comes just like that, as if she is telling the children to quickly write down the 2x-tables and see who finishes first. I am just sitting there, my eyes closed, shocked to silence, just before I wanted to leave this madness, but shame, there is this girl and I am sitting next to her. Lord, please, I pray, for the purpose of this exercise, please just show me something, I can’t handle or…whatever this ridiculous woman. Please Lord. All that I see is…nothing, just the girl sitting next to me and that funny mist spots you see when you close your eyes after looking directly into the sun for too long.
Amen, she ends the children’s prayers. Good, let’s hear what the Lord has told you (as if we all just made an order at the Wimpy, let’s see what toy each of us got.). You two first.
She starts off at one side and as the children are saying something, she interprets and declares, without explanation and without stopping. Her big body drills forward like a steamroller while my heart is turning colder the closer she gets to me. This cannot be from God, can it? Okay, I’m probably in no position to say she may not prophesize or whatever, but please, may it be handle responsibly? May it be taken into consideration that this children are all on a different faith journey and on top of it, everyone in a different place on their specific faith journey?
What did you hear? Nothing, tannie, the answer comes from the small boy in the first row. What did you see? Any pictures? Maybe a piece of scripture? No, tannie…not yet, he adds as a last thought. Don’t worry, you just need to practice some more. Close your eyes and try again.
Hello? Are we in Hogwarts School of Witchcraft and Wizardry that we can just by trying again (hilarious – our efforts, we that try!) suddenly perform this charm, this spell, successfully?
Then she reaches the reverend.
What did you see? She asks. No, I just thought the whole time of the verse in Matthew that say blessed are those that are gentle…Yes, she interrupts him. See, the Holy Spirit talks through scripture to the reverend, because he has a lot more scripture in his heart than you, with you he talks through pictures.
Excuse me. I’m gonna go outside and puke.

The worst part is that I did not make up this insident. It really happened. In a normal, small town NG congregation. It upset my whole day and I was really quite sick for the rest of the day. I remembered sadly my own high school-catechism and realized that it was this type of stuff that hurt me the most in my life. I’m deliberately not saying “faith life”. To me there is no differentiation between my “faith life” and my “normal life” or some bollocks like that. I have one life and all aspects thereof, my religion, my academics, my playtime, whatever, are integrated with each other. Like I said: this type of approaches was the things that hurt me the most and cut the deepest. It is this things where verses was plucked out of context to serve some purpose. The question is: what happens when no fruit is bore? What do I do when I can not do “everything through Christ that strengthens me”? When I do not experience “plans to prosper and not harm you”, but exactly the opposite? What do I do when my parents are praying for so many years for a place of their own where they can serve the Lord and proclaim his word? God is supposed to answer “immediately” – if he doesn’t, it is we who are “just not listening”. I had to learn the hard way that you can never, ever tell anybody something like that. It only hurts people.
Let’s take a look why: the child is praying now, with an opened soul or spirit or mind or whatever (the Holy Spirit has conveniently suddenly left him/her) to God. His/her parents are having marriage trouble and it is going bad, or there is illness in the family, the dad has cancer and the mom has a relationship with another man. There is some praying that God will intervene and solve the marriage trouble or heal the dad’s cancer. But it doesn’t happen…the parents do end up divorcing, the dad dies of cancer after a long sickbed and the mom continues her relationship with the other man, now without the previous feel of guilt. Now what? Now the child experiences: I did not pray correctly, because God didn’t answer me immediately. Or I did not listen, but one thing is certain: I am not good enough for God and my prayers even less. Or I am not a good Christian, because why do I not hear God’s voice? Why did all this bad things happen anyway, despite my prayers that were done with an opened heart, mind, soul and spirit? The child now goes to seek comfort in a place that offers it: the world. A place that waits with arms wide open and says: come share your pain here. We do not hand out solutions, but at least we can buy you a drink. Here you only need to ask other people for their help and when it doesn’t work out, you can take them on about it because then it is them that are not delivering, it is not you that asked in the wrong way and now we are giving you the exact opposite of what you asked for.

We lose our people, not just out of congregations, but out of the Church of Christ, because we hurt them with the rubbish we proclaim to them in the name of the Bible.

Hello world!

December 11, 2006 4 comments

Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!

Categories: Uncategorized