“Our Lord works in mysterious ways…”
Okay, ja, so ek haal vir Frollo uit The Hunchback of Notre Dame (awesome soundtrack, by the way) aan, maar dis nou maar eenmaal waar: die Here werk op onverstaanbare maniere (meestal).
Na my hele ramping en rage en galbraak (hoe lekker dit ookal was!) het ek laas week op ‘n punt gekom dat ek besef het dinge kan nie so aangaan nie. Ek is gesond, ek leef eintlik heel gemaklik en ek het regtig baie om voor dankbaar te wees. “As die lewenstorme woedend om jou slaan, tel jou seëninge,” soos die Halleluja-liedjie sê.
‘n Paar elemente het saamgewerk:
toe ek vir vriendin Jolinda laas Dinsdag op kampus sien en agterkom ek kla alweer;
toe Annelie vir my sê ek sê nooit meer iets positiefs nie;
toe Richardo Dednam, ‘n ou wat skynbaar van Mosselbaai af kom voor my deur op daag (en vir wie ek toe slaapplek en kos gegee het en gehelp soek het na werk en blyplek…lang storie);
toe Karin Prinsloo laatnag ‘n email stuur en vertel van haar seun, Uli, wat in ‘n moerse bad motorfiets ongeluk was…
Ja, dan kom ‘n mens agter: mmm, maybe is dinge tog nie heeltemal so sleg nie.
Ja, goed, alles het nie magically net verbeter by die kerk en als nie. Ek en die kantoor tannies het byvoorbeeld Donderdagoggend vasgesit of gestry of ‘n opinieverskil gehad oor die dra van die toga, die rol van die predikantsvrou en die herder-kudde-model, maar ek het besluit: dis nie die waarheid oor myself nie. Hierdie is alles aanvalle om my te discourage en ek weet my hart is goed (dankie John Eldredge vir die teachings daaroor. Dit help my.).
Sondag se twee preke het ook baie goed afgeloop. Die oggenddiens het ons streng volgens die boek gedoen, met die sistematiese preek en die drie hoofpunte (en natuurlik die meegaande Powerpoint slideshow om dit grafies te maak) en die Liedboek-liedere en die pak en die das en alles. Baie stigtelik en netjies!
Die preek het gegaan oor sjokoladekoek, hoe die drie dele van die koek te make het met roeping: die onderste laag dui op dissipelskap, die tweede laag dui op jou verantwoordelikhede in die wêreld en die versiersuiker bo-op dui op jou persoonlike roeping. lekker metafoor waarmee ek gespeel het. Darem het dit inslag gevind, lyk my, want na die diens het iemand vir my ‘n stuk sjokoladekoek gebring! Hahaha. ‘n Ou Tannie het ook lank met my gesels en gesê hoe sy vir my bid en my opdra en ondersteun. Dis lekker om dit te hoor, want dit moedig ‘n mens weer aan om verder te gaan.
Die aanddiens was ook okay, te danke aan Vic en Thea Brink se boekie Wat Sou Jesus Vandag Doen? Alhoewel, na die tyd het een van die naskoolse girls vir my kom vra of ek vir haar spesifiek gepreek het, en toe het ons (‘n klomp ouens en ‘n klomp girls) ‘n lang argument of bespreking gehad oor grudges hou en mense like en vergifnis en hoe dit meer dikwels as nie ‘n keuse is.
Dit het vir my teruggekom na die motto van Heroes Vat Die Punch toe: jy kan net verantwoordelikheid vat vir jouself en jou eie optrede, maak nie saak wat mense aan jou doen nie.
Interessant hoe dit wat ‘n mens preek of verkondig terugkom en jy daarmee getoets word, huh? 😉
Gepraat van HVDP: Jeanne Jordaan se ma is besig om dit te lees, sodra sy klaar is gaan ek deur haar notes gaan en werk daarvan maak en dan is dit die instuur! En daarna is dit die lang wag…wat suck, maar nou-ja, dis hoe dit verloop. Ek sien baie uit daarna ook.
Turkye is nog aan, sover! Daar is ‘n nagraadse beurs by TUKS wat ook gaan loskom en dan behoort ek darem al so R 4000,00 te hê. Inbetalings is nog steeds welkom, details is by die Turkye-post.
So tussen die lang naweke deur is die volgende groot ding die Global Day Of Prayer deurnag en daarna my Proefpreek…
Maar jip: Life’s a journey – enjoy the ride!
You can’t run from the wind, maar ek wens ek kon.
Ek het vandag amper ‘n escape-plan gesit en deurdink. Dit is eintlik vrek maklik om net een nag my goed op te pak en te waai, terug Vryheid toe. Toe ons vanmôre in die predikante-vergadering sit, het ek net gevoel hoe ek vasgedraai word in ‘n spul crap waarmee ek niks te doen wil hê nie. Dis aaklig. Dit is ‘n bedryf waar die stem van die vol stront ou oom saak maak, want “hy kan baie vir die gemeente beteken”, maar die stem van die jong, opkomende hoërskoolleerling/naskoolse jong werkende “met versigtigheid” hanteer moet word. Ag kak man.
What the hell? Dan word daar allerhande mooi goedjies gesê oor balans en hoe dit soos ‘n weegskaal is en hoe ‘n mens maar konstant jou pad in die goue middeweg moet oopvind en al sulke crap. Dis belaglik, punt!
Ek is regtig bly vir die ouens vir wie dit werk en wie se harte in die ding in is – sterkte vir julle. Ek moes myself vandag BAIE hard aan my eie motto uit White Squall herinner: “You can’t run from the wind. You trim your sails, face the music and keep going.”
Dit was lanklaas so waar in my lewe as juis op die oomblik. Ernstig, ek wil net my goed vat en teen ‘n stink spoed weghardloop. Maar toe onthou ek ook die keer in standerd nege toe die stront gespat het na ‘n vraestel uitgelek het en ek die ouens gesplit het en en en, en toe ek weggeloop het van die skool af. Toe my pa my terug vat skool toe, toe sê die onderhoof vir my: “Laat jy nou ooit weer van jou probleme af weghardloop!” So, ek sal die jaar uitsien. Dit raak net vir my oorweldigend om opgeslurp te word in ‘n worsmasjien-maalkolk-sisteem waar ek elke Sondag ‘n ding moet voorberei waarvan mense in anyway net 6% gaan onthou terwyl ek dieselfde boodskap baie treffender kon oorbring op ‘n manier wat gemaklik is vir mense en waar ek nie nodig het om te worry of die mense gaan uitstap as ek klavier of orrel musiek in die agtergrond gebruik het nie.
Rugbyweek en BAKGAT! en Global Day of Prayer en…
Hallo, ek’s terug! Die afwesigheid was gevul met besige tye rondom foto’s verkoop by die Hoërskool Vryheid Rugbyweek, road trips deur die Noord-Vrystaat en die feit dat ek UITEINDELIK die movie BAKGAT! te siene gekry het (okay, dit het eers laas Vrydag begin, maar ek was ‘n extra so ek sien nou al uit vandat ons die ding laas jaar geshoot het!).
Die Vrystaat-road trip ding was toe ek vir my vriend Marinus se 21st in Bothaville was en van daar af Vryheid toe gecruise het. Ja, daar is ‘n grondpad tussen Edenville en Petrus Steyn. Ja, ek het hom gery met ‘n Nissan Champ. Nee, ek gaan dit nie weer doen nie.
Rondom Rugbyweek: dit was excellent om te sien hoe groot gedeeltes van my storie HEROES VAT DIE PUNCH voor my afspeel. Dit was lekker om te kyk hoe die week weer werk en hoe die dinge inmekaarsteek. Belangrik, want ‘n mens moet dit mos so believable as moontlik hou! En ek is trots om te sê, dit is. Natuurlik met sy ekstra twists en goed, maar die uitbeelding van die Rugbyweek self is darem heel akkuraat. Yay!
Die foto-verkopery was baie fun, met baie lag en jokes en lingo wat buite konteks net sif en glad nie snaaks sal wees nie, so kom ons los dit daar. Ek sê net: wys my jou muis…
Vir die wat nog nie van BAKGAT! weet nie, maak oop jou flippen oë en ore – jy bly in Suid-Afrika en dis die eerste official Teen Comedy in Afrikaans en dis vrek snaaks. Ek het regtig gelê soos ek lag. Die subplot met die twee “kwaggas” wat vir seksterapie gaan, is lekker sif, so wees gewaarsku. Maar die movie self is flippen cool. Dis eg Suid-Afrikaans en Henk Pretorius en sy span het die hele Afrikaanse Tiener-ding 100% raakgevat. Die tieners in ons gemeente wat dit al gaan kyk het, het my gevra om hulle by skool te kom uitteken sodat hulle dit weer saam met my kan gaan kyk! Haha.
Dit het my net weer laat besef hoe graag ek in daai bedryf wil ingaan. Man, ek wens ek kon vroeër al daardie keuses maak…maar okay, alles is voorbereiding, so ons vat dit een dag op ‘n slag. Die dominee-ding is op die ou end nie vir my nie. Sorry vir die wat anders gedink het! Ek is jammer as julle teleurgesteld voel. Ek is nie jammer oor wat ek met my lewe wil doen nie, though. Ja, om teologie te swot het vir my wêrelde oopgebreek en ek het goeie vriende gemaak en ek verstaan sekere dinge beter en ander slegter. Ja, ek bly lief vir die Evangelie van Jesus Christus en die verkondiging daarvan, maar ek wil beslis nie vir ‘n instansie werk wat meer gepla is oor die regering se betrokkenheid by Zimbabwe as by die dwelm-krisis in SA skole nie, of waar die koster van ‘n gemeente vir my sê hy sál al die ligte aansit omdat hy die koster is en hy so sê. Ek kan dit nie sien gebeur nie. Dis vir my lekker om ‘n boodskap aan mense oor te dra, maar ek dink ek gaan ‘n ander medium gebruik as ‘n preekstoel.
Ek love dit nog steeds, soos ek gesê het, om die Evangelie uit te dra sover ek kan. Dis waar die Gobal Day of Prayer-deurnag inkom. Op 9 Mei hou ons ‘n deurnag-gebedsaand by NG Doornpoort hier in Pretoria en hoewel ek bietjie stres, dink ek dit gaan suksesvol wees. Daar gaan bands wees, en ‘n versoeningskamer, en allerhande verskillende gebedstasies, so voel vry om ‘n draai te kom maak, dit kos niks en dit gaan oor ‘n gebedservaring. Ek weet ek het dit self nodig, so…
Ek het al gewonder wat sal gebeur as ek nie die jaar klaar maak nie. Dit sal seker ‘n spanner in die teologie-graad works gooi, maar as ek dit nie regtig meer nodig het nie…anyway, ons sal sien. Ek is per ongeluk ook te goed groot gemaak om ‘n ding net halfpad te doen! 😉 Alhoewel, ek het gehuil toe ek gister by die huis gery het terug Pretoria toe. Dit was die eerste keer vandat ek begin swot het dat dit gebeur het…maar hey, ons gaan aan en gister, in ‘n pakkie McNabs kry ek ‘n kaartjie wat sê: Do what you can, where you are with what you have. Toe dog ek: ja, okay, ek hoor!
So daarom gaan ek maar aan, intussentyd! Maar, soos ek vir my pa gesê het toe ek by die huis ry: hierdie jaar moet, wat werk aanbetref, net klaar kom…
Recent Comments