Home > Blogroll, choices, church, Ervarings, kerk, Life, Reality > You can’t run from the wind, maar ek wens ek kon.

You can’t run from the wind, maar ek wens ek kon.

Ek het vandag amper ‘n escape-plan gesit en deurdink. Dit is eintlik vrek maklik om net een nag my goed op te pak en te waai, terug Vryheid toe. Toe ons vanmôre in die predikante-vergadering sit, het ek net gevoel hoe ek vasgedraai word in ‘n spul crap waarmee ek niks te doen wil hê nie. Dis aaklig. Dit is ‘n bedryf waar die stem van die vol stront ou oom saak maak, want “hy kan baie vir die gemeente beteken”, maar die stem van die jong, opkomende hoërskoolleerling/naskoolse jong werkende “met versigtigheid” hanteer moet word. Ag kak man.
What the hell? Dan word daar allerhande mooi goedjies gesê oor balans en hoe dit soos ‘n weegskaal is en hoe ‘n mens maar konstant jou pad in die goue middeweg moet oopvind en al sulke crap. Dis belaglik, punt!
Ek is regtig bly vir die ouens vir wie dit werk en wie se harte in die ding in is – sterkte vir julle. Ek moes myself vandag BAIE hard aan my eie motto uit White Squall herinner: “You can’t run from the wind. You trim your sails, face the music and keep going.”
Dit was lanklaas so waar in my lewe as juis op die oomblik. Ernstig, ek wil net my goed vat en teen ‘n stink spoed weghardloop. Maar toe onthou ek ook die keer in standerd nege toe die stront gespat het na ‘n vraestel uitgelek het en ek die ouens gesplit het en en en, en toe ek weggeloop het van die skool af. Toe my pa my terug vat skool toe, toe sê die onderhoof vir my: “Laat jy nou ooit weer van jou probleme af weghardloop!” So, ek sal die jaar uitsien. Dit raak net vir my oorweldigend om opgeslurp te word in ‘n worsmasjien-maalkolk-sisteem waar ek elke Sondag ‘n ding moet voorberei waarvan mense in anyway net 6% gaan onthou terwyl ek dieselfde boodskap baie treffender kon oorbring op ‘n manier wat gemaklik is vir mense en waar ek nie nodig het om te worry of die mense gaan uitstap as ek klavier of orrel musiek in die agtergrond gebruik het nie.

  1. Nicole
    April 17, 2008 at 2:17 pm

    Bokkie, dit gaan ok wees!!
    Ek is rerig jammer dinge raak “tuff” daar by jou. MAar moenie dat hulle jou magic van jou af wegvat nie. Vat n paar dae af en kom kuier in v-town!🙂
    xx
    “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” Jos 1:9

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: