Home > Dreams, Ervarings, humor, Life, movies > Rugbyweek en BAKGAT! en Global Day of Prayer en…

Rugbyweek en BAKGAT! en Global Day of Prayer en…

Hallo, ek’s terug! Die afwesigheid was gevul met besige tye rondom foto’s verkoop by die Hoërskool Vryheid Rugbyweek, road trips deur die Noord-Vrystaat en die feit dat ek UITEINDELIK die movie BAKGAT! te siene gekry het (okay, dit het eers laas Vrydag begin, maar ek was ‘n extra so ek sien nou al uit vandat ons die ding laas jaar geshoot het!).

Die Vrystaat-road trip ding was toe ek vir my vriend Marinus se 21st in Bothaville was en van daar af Vryheid toe gecruise het. Ja, daar is ‘n grondpad tussen Edenville en Petrus Steyn. Ja, ek het hom gery met ‘n Nissan Champ. Nee, ek gaan dit nie weer doen nie.

Rondom Rugbyweek: dit was excellent om te sien hoe groot gedeeltes van my storie HEROES VAT DIE PUNCH voor my afspeel. Dit was lekker om te kyk hoe die week weer werk en hoe die dinge inmekaarsteek. Belangrik, want ‘n mens moet dit mos so believable as moontlik hou! En ek is trots om te sê, dit is. Natuurlik met sy ekstra twists en goed, maar die uitbeelding van die Rugbyweek self is darem heel akkuraat. Yay!
Die foto-verkopery was baie fun, met baie lag en jokes en lingo wat buite konteks net sif en glad nie snaaks sal wees nie, so kom ons los dit daar. Ek sê net: wys my jou muis…

Vir die wat nog nie van BAKGAT! weet nie, maak oop jou flippen oë en ore – jy bly in Suid-Afrika en dis die eerste official Teen Comedy in Afrikaans en dis vrek snaaks. Ek het regtig gelê soos ek lag. Die subplot met die twee “kwaggas” wat vir seksterapie gaan, is lekker sif, so wees gewaarsku. Maar die movie self is flippen cool. Dis eg Suid-Afrikaans en Henk Pretorius en sy span het die hele Afrikaanse Tiener-ding 100% raakgevat. Die tieners in ons gemeente wat dit al gaan kyk het, het my gevra om hulle by skool te kom uitteken sodat hulle dit weer saam met my kan gaan kyk! Haha.

Dit het my net weer laat besef hoe graag ek in daai bedryf wil ingaan. Man, ek wens ek kon vroeër al daardie keuses maak…maar okay, alles is voorbereiding, so ons vat dit een dag op ‘n slag. Die dominee-ding is op die ou end nie vir my nie. Sorry vir die wat anders gedink het! Ek is jammer as julle teleurgesteld voel. Ek is nie jammer oor wat ek met my lewe wil doen nie, though. Ja, om teologie te swot het vir my wêrelde oopgebreek en ek het goeie vriende gemaak en ek verstaan sekere dinge beter en ander slegter. Ja, ek bly lief vir die Evangelie van Jesus Christus en die verkondiging daarvan, maar ek wil beslis nie vir ‘n instansie werk wat meer gepla is oor die regering se betrokkenheid by Zimbabwe as by die dwelm-krisis in SA skole nie, of waar die koster van ‘n gemeente vir my sê hy sál al die ligte aansit omdat hy die koster is en hy so sê. Ek kan dit nie sien gebeur nie. Dis vir my lekker om ‘n boodskap aan mense oor te dra, maar ek dink ek gaan ‘n ander medium gebruik as ‘n preekstoel.

Ek love dit nog steeds, soos ek gesê het, om die Evangelie uit te dra sover ek kan. Dis waar die Gobal Day of Prayer-deurnag inkom. Op 9 Mei hou ons ‘n deurnag-gebedsaand by NG Doornpoort hier in Pretoria en hoewel ek bietjie stres, dink ek dit gaan suksesvol wees. Daar gaan bands wees, en ‘n versoeningskamer, en allerhande verskillende gebedstasies, so voel vry om ‘n draai te kom maak, dit kos niks en dit gaan oor ‘n gebedservaring. Ek weet ek het dit self nodig, so…

Ek het al gewonder wat sal gebeur as ek nie die jaar klaar maak nie. Dit sal seker ‘n spanner in die teologie-graad works gooi, maar as ek dit nie regtig meer nodig het nie…anyway, ons sal sien. Ek is per ongeluk ook te goed groot gemaak om ‘n ding net halfpad te doen!😉 Alhoewel, ek het gehuil toe ek gister by die huis gery het terug Pretoria toe. Dit was die eerste keer vandat ek begin swot het dat dit gebeur het…maar hey, ons gaan aan en gister, in ‘n pakkie McNabs kry ek ‘n kaartjie wat sê: Do what you can, where you are with what you have. Toe dog ek: ja, okay, ek hoor!

So daarom gaan ek maar aan, intussentyd! Maar, soos ek vir my pa gesê het toe ek by die huis ry: hierdie jaar moet, wat werk aanbetref, net klaar kom…

  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: