Home > God, jeug, Life, movies, religion, rugby, schools, skole, sports, stories, youth > 17 Again, Forever Strong & Amadeus

17 Again, Forever Strong & Amadeus

Drie movies wat ek die afgelope rukkie gekyk het: ‘n teen-erige movie, ‘n Amerikaanse rugby-movie (waar hulle die Haka doen???) en ‘n meesterstuk oor die lewe van die befaamde komponis. Gebalanseerd, huh?

17 Again met Zac Efron en Matthew Perry het my bo verwagting beïndruk. Ou Zac, al lyk hy nou nie regtig meer soos ‘n hoërskoolkind nie, se spel was actually heel skaflik, hoewel ek dit tog sal like om hom in ‘n fliek te sien waar hy nie ‘n basketbal op sy vingerpunte rondtol of dat basketball enigsins in die fliek is nie (Hairspray tel nie). Maar daar was goeie elemente in die fliek en saam met Juno dink ek behoort ‘n mens eers dit vir tieners te wys voordat jy begin praat oor hoërskoolseks en -swangerskappe. Dis snaaks en breek die ys gemaklik sodat gesprek openlik kan volg sonder om geforseerd oor “die daad” of “die bytjies en die blommetjies” te praat. Sal graag wil sien hoe dit werk!

Dan, Forever Strong met Sean Faris: trust die Amerikaners om ‘n ordentlike rugby-fliek te maak voordat ‘n regte rugbyland soos Engeland, Australië of, wel, selfs SA dit doen (Bakgat! was meer ‘n teen movie as ‘n rugbyfliek en Number 10 moes net nooit gebeur het nie!).
Ek het hiervan gehou, omdat dit uiteindelik iets is waarmee SA seuns kan relate. Omdat ek self baie belangstel in die ontwikkeling van rugbyseuns, kyk ek gereeld na goed om te gebruik. Classic voorbeelde is soos Remember The Titans, wat rassisme, spangees en transformasie aanspreek, Gridiron Gang en natuurlik Friday Night Lights (die series) wat menslike issues tussen spanlede hanteer.
Maar nou is daar ‘n rugbymovie, yay! Ook baie oor spangees, realities, pa-seun-verhoudings, attitude…al daai dinge. Iets oor die movie wat ek nie lekker kon kleinkry nie (maar dalk moes ek fyner geluister het), is die konneksie met New Zealand, want daar was baie gemaak van Maori-woorde vir familie en sulke goed. Ook, natuurlik, die plek van die Kiwi’s se HAKA, wat ek vreemd gevind het vir iets wat in Utah, VSA afspeel. Dit was tot ‘n mate lekker om te hoor hoe die Yanks “Ka mate ka mate koro koro!” skree, want wat de hel, maar ek sou net graag ‘n verduideliking wou kry vir die link. Niks fout daarmee nie, ek het dit net nie gevang nie. Maar, soos die een girl tereg opgemerk het: “Die Amerikaners wat daarna sou kyk, sou dit nie eens agtergekom het nie.” True.
Maar, ‘n goeie movie. Sal dit baie graag saam met die rugbyseuns wil kyk. Die gesprekke daarna behoort awesome te wees. Ook omdat dit waardes soos respek vir jou span en abstinence van slegte gewoontes soos drinkery en drugs en hoërskoolseks voorhou. Dankie aan die producers!

En dan: AMADEUS.
Nou, ek wou al lankal na hierdie fliek van Milos Forman kyk omdat dit so hoog aangeslaan word en oor die naweek het ek die Director’s Cut teen R80 raakgeloop en dit aangeskaf. What a movie! Ek dink, aan die een kant, ly ek nog steeds ‘n bietjie aan bomskok. Want hoe baie van ons is nie maar soos Salieri nie, wat ons lewens devote om reg te leef, en die gebed dat ons met talente geseën gaan word, maar dat dit dan nie regtig gebeur nie? Ek dink dit het te make met ons modernistiese/post-modernistiese wêrelduitkyk van : “You’ll get what is coming to you”, “what goes around, comes around”, “wat jy saai sal (of eerder, MOET) jy maai”…ons leef in die ding van dat ons moet kry wat ons verdien. As jy ‘goed’ leef, verdien jy ‘goeie dinge’. As jy ‘sleg’ leef, verdien jy ‘slegte dinge’. Ons vra dikwels die vraag: “Why does bad things happen to good people?” Terwyl ons dit ook kan omdraai en vra: “Why does good things happen to bad people?” !
Maar talente en seëninge werk nie volgens ‘n prestasiekalender nie. Op die ou einde moet jy die beste maak met dit wat jy gekry het, sonder om jaloers te wees op dit wat ander bereik het. Natuurlik kan jy daaruit leer, ja, maar jou jaloesie op hul geseëndheid moenie die oorhand kry nie. Makliker gesê as gedaan, of hoe?😉
Terloops, ek dink ook nie Salieri was so opreg in sy gebed dat hy “net saam met God in Sy glorie wil deel deur die musiek wat hy vir Hom wil maak” nie. Ek sê nie dit is die rede dat hy nie so geseënd soos Mozart was nie, maar ek dink nie ons moet ooit probeer om in God se glorie te deel nie. Dis kind-of Syne alleen…gebruik jy net die talente wat hy vir jou gegee het ten volle en los Hom om jou te bless op Sy tyd en op Sy manier. Sy glorie is Syne…

Laastens: is Hollywood opreg besig om hulle morele wortels te ontgin, of spring hulle net op ‘n bandwagon wat deur flieks soos Fireproof gedryf word? 17 Again promote abstinence, Forever Strong sê dis sleg om te drink en te rook as jy sport speel en Ghosts of Girlfriends Past het ‘n ding teen om met girls te mors. What is up?

  1. Ronald
    July 13, 2009 at 10:46 pm

    Tiaan!

    Jy sal dit nou nie glo nie, maar die een naweek in my lewe wat ek in Utah spandeer het in die VSA het ek ‘n internasionale rugbygame daar bygewoon. Dit was tussen die VSA se nasionale span en Uruguay. In die VSA span is daar natuurlik heelwat Suid-Afrikaners, en ‘n rugbygame daar trek Afrikaners soos … wel, kom ons sê maar soos ‘n braai.

    Die voorgame was deur ‘n Nieu-Seelandse span – hulle het blykbaar ‘n rugbykliniek of iets daar wat baie goeie werk doen. Utah is glo die rugbystaat van Amerika, en dis een van die sportsoorte wat die vinnigste groei. Daardie klomp het ook die HAKA gedoen; dit was nie heeltemal dieselfde nie, maar dit was goed om te sien. So, dis dalk nie so far-fetched soos wat dit mag lyk nie!

    Ek hoef dit seker nie te sê nie, maar ek het ‘n goeie rugbygame daar oorkant darem vir jou geniet! ‘n Spel wat vir my sin gemaak het!🙂

  2. July 20, 2009 at 2:45 pm

    Ek het nadat ek die post geskryf het ‘n bietjie gaan rondsnuffel oor die gebruik van die HAKA daar en jy is reg, dit is nie so weird as wat dit lyk nie. Blykbaar doen hulle dit gereeld. Sukkel seker nog om hulle eie rugby-tradisies te vestig. Maar gaan kyk bietjie op Wikipedia, daar is nogals cool info. Ek is te lui om die link in te sit.
    In verband met die fliek self, hulle is ‘n bietjie in die warm water want hulle het nie toestemming gehad om daardie spesifieke HAKA (ja, daar is meer as een) te gebruik nie. Dit behoort blykbaar aan die een of ander Maori-stam en hulle het of nie geweet nie, of nagelaat om toestemming te kry. Whoops!

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: