Home > God, godsdiens, religion, South Africa, Vryheid > Dialoog tussen Christene en Moslems

Dialoog tussen Christene en Moslems

Sondagoggend was daar twee Pakistani’s wat in Suid-Afrika kom asiel soek het, in ons erediens. Ek was nie self in Vryheid nie, maar het daarvan gehoor by die predikant wat die diens gelei het.
Maandagoggend het die twee Pakistani’s, H en O, ons kom sien. Nou, sedert ons besoek an ‘n moskee hier in my 4e jaar was dit die eerste keer dat ek regtig op so ‘n vlak met Moslems te doen gekry het.
Wat in ‘n baie ongemaklike, “kom-ons-kyk-wie-kan-vir-wie-eerste-bekeer”-gesprek kon ontaard, was op die ou einde ‘n baie positiewe, lekker koffiedrink sessie rondom ons “common ground”, naamlik om die wêreld ‘n beter plek te maak. Gesamentlik het ons ook die misverstande oor mekaar as die grootste probleem-areas geïdentifiseer. Hulle dink ons is uitsluitend (hoewel hulle ook is…) en ons mense is bang vir hulle. Of so iets.
Baie interessant was dat O nie regtig Engels kan praat nie, hoewel hy dit soort-van kan verstaan. Daarom moes H die hele tyd vir hom tolk! O het ook ‘n baie meer liberale siening van sy eie geloof as H, wat veroorsaak het dat hulle soms lekker gestry het oor wat hulleself aan ons wil oordra. Was nogals funny.

Ons het so hier en daar ‘n klein bietjie dogma gechat, maar eintlik het ons albei partye daarop gefokus dat ons nie ons verskille hoef op te gee nie. Dit hoef nie ‘n conversion-oorlog hoef te wees nie (kantaantekening: dis anyway net die Heilige Gees wat mense oortuig, nie ons nie), maar ons moet ons toleransie met mekaar wys deur mekaar te besoek en by hulle winkel in te gaan en so. Ook het die punt opgekom dat ‘n mens se geloof tot uiting kom in jou dade (vergelyk Jakobus!) en…as jy regtig soos ‘n Christen optree, maar dit nooit hard-op gesê het nie – is jy nie dan een nie? Ek weet C.S. Lewis het interessante views hieroor gehad (vergelyk Narnia Chronicles 7: The Last Battle).

All in all kom dit neer op ‘n koppie koffie…

  1. Ronald
    March 24, 2009 at 4:54 pm

    Hene, ek hoor nou nogals baie hierdie koppie koffie ding deesdae. Dink ek gaan dit ook ‘n bietjie probeer…

    “…as jy regtig soos ‘n Christen optree, maar dit nooit hard-op gesê het nie – is jy nie dan een nie?” Mens moet versigtig wees om nou weer net op dade te fokus. Baie ouens kom te maklik weg met “ek getuig met my dade” – en dan dink hulle dit is om vriendelik te wees met die sqeeuza wat vir hulle tee aandra.

    Mens moet getuig – ja, jou dade is ‘n getuienis, maar baie mense doen maar dieselfde as jy; mens moet radikaal anders wees – hoe lyk dit?

    Ja, ek hou meer en meer van hierdie koppie koffie ding: want wat meer kan mens doen (na al jou dade)as om te vertel (klem op vertel) van wie God (vir jou) is en hoekom jy juis doen wat jy doen?

  2. Amanda
    March 24, 2009 at 6:52 pm

    Ds (?) Tiaan: Ek weet jy wil nie meer op my kommentaar reageer nie. Dus vra ek net vir duidelikheid. Wat op aarde sal twee moslems, een wat skaars Engels kan verstaan, beweeg om na ‘n kerkdiens te gaan? Het jy gewonder hoekom dit nodig is dat hulle vir asiel aansoek gedoen het? Jy skryf:

    “Ook het die punt opgekom dat ‘n mens se geloof tot uiting kom in jou dade (vergelyk Jakobus!) en…as jy regtig soos ‘n Christen optree, maar dit nooit hard-op gesê het nie – is jy nie dan een nie? Ek weet C.S. Lewis het interessante views hieroor gehad (vergelyk Narnia Chronicles 7: The Last Battle).”

    As ek reg onthou het Aslan gesê dat hy alle opregte aanbidding vir homself neem. Sê jy dat as die moslems soos Christene optree, dan is hulle ook eintlik Christene, al sê hulle dit nie, en dat hul ‘goeie’ werke hulle regverdig om ook die ewige lewe te verdien? Ek kan nie glo, in die lig van die kommunikasie probleme, dat julle ‘n gesprek gehad het oor Jakobus nie. Verduidelik asseblief waar ek jou verkeerd lees?

  3. March 25, 2009 at 5:49 am

    Hou ons posted. Pieter Visser het altyd spotenderwys na coffee-shop theology verwys in ons jong dae:), dalk is coffee shop theology juis dit, teologie wat in die praxis van verhoudings uiting vind…

  4. Amanda
    March 25, 2009 at 7:36 am

    Ds(?) Tiaan: Jy het geskryf;
    “Ons het so hier en daar ‘n klein bietjie dogma gechat, maar eintlik het ons albei partye daarop gefokus dat ons nie ons verskille hoef op te gee nie. Dit hoef nie ‘n conversion-oorlog hoef te wees nie (kantaantekening: dis anyway net die Heilige Gees wat mense oortuig, nie ons nie), maar ons moet ons toleransie met mekaar wys deur mekaar te besoek en by hulle winkel in te gaan en so. Ook het die punt opgekom dat ‘n mens se geloof tot uiting kom in jou dade (vergelyk Jakobus!) en…as jy regtig soos ‘n Christen optree, maar dit nooit hard-op gesê het nie – is jy nie dan een nie? Ek weet C.S. Lewis het interessante views hieroor gehad (vergelyk Narnia Chronicles 7: The Last Battle).”

    Hoe meer ek dit lees, hoe minder verstaan ek wat jy sê en hoe meer ontstellend vind ek die moontlike implikasies. Wil jy nie maar enige misverstande uit die weg ruim deur daardie paragraaf te, mmm, dekonstrueer nie?

  5. Amanda
    March 26, 2009 at 8:11 am

    Ds (?) Tiaan

    “Ook het die punt opgekom dat ‘n mens se geloof tot uiting kom in jou dade (vergelyk Jakobus!) en…as jy regtig soos ‘n Christen optree, maar dit nooit hard-op gesê het nie – is jy nie dan een nie? Ek weet C.S. Lewis het interessante views hieroor gehad (vergelyk Narnia Chronicles 7: The Last Battle).”

    Is hierdie die gedeelte waarna jy verwys?

    “So I went over much grass and many flowers and among all kinds of wholesome and delectable trees till lo! in a narrow place between two rocks there came to meet me a great Lion. The speed of him was like the ostrich, and his size as an elephant’s; his hair was like pure gold and the brightness of his eyes like gold that is liquid in the furnace. He was more terrible than the Flaming Mountain of Lagour, and in beauty he surpassed all that is in the world even as the rose in bloom surpasses the dust of the desert. Then I fell at his feet and thought, Surely this is the hour of death, for the Lion (who is worthy of all honour) will know that I have served Tash all my days and not him. Nevertheless, it is better to see the Lion and die than to be Tisroc of the world and live and not to have seen him. But the Glorious One bent down his golden head and touched my forehead with his tongue and said, Son, thou art welcome. But I said, Alas Lord, I am no son of thine but the servant of Tash. He answered, Child, all the service thou hast done to Tash, I account as service done to me. Then by reasons of my great desire for wisdom and understanding, I overcame my fear and questioned the Glorious One and said, Lord, is it then true, as the Ape said, that thou and Tash are one? The Lion growled so that the earth shook (but his wrath was not against me) and said, It is false. Not because he and I are one, but because we are opposites, I take to me the services which thou hast done to him. For I and he are of such different kinds that no service which is vile can be done to me, and none which is not vile can be done to him. Therefore if any man swear by Tash and keep his oath for the oath’s sake, it is by me that he has truly sworn, though he know it not, and it is I who reward him. And if any man do a cruelty in my name, then, though he says the name Aslan, it is Tash whom he serves and by Tash his deed is accepted. Dost thou understand, Child? I said, Lord, though knowest how much I understand. But I said also (for the truth constrained me), Yet I have been seeking Tash all my days. Beloved, said the Glorious One, unless they desire had been for me thou wouldst not have sought so long and so truly. For all find what they truly seek.”

  6. March 27, 2009 at 10:28 am

    Liewe Almal wat so lekker kommentaar lewer: eerstens, baie dankie! Die gesprek is aan die gang en dis ‘n goeie een, yay! Ek wil julle net gerusstel: ek probeer nie in elke liewe post my onderliggende geloofsoortuigings op ‘n kriptiese manier inwerk nie. Ek vra soms doodgewoon die vrae wat ek vra om te hoor wat ander mense se views is. My blog is nie my status confessionis of whatever nie. Dis meestal los gedagtes wanneer ek tyd het. Die regte lewe hou my besig met regte dialoog met tieners en mense met genuine probleme. Moslems, swart mense, AGS-pastore en Shark-ondersteuners ingesluit.

    Amanda, ja ek dink dit is die gedeelte waaraan ek gedink het. Dankie dat jy dit gaan opsoek het en bygelas het – dit maak die post ‘n bietjie meer volledig😉 !

  7. Amanda
    March 27, 2009 at 1:52 pm

    Ds. Cobus:

    “teologie wat in die praxis van verhoudings uiting vind…”

    Sal jy asseblief, vir die van ons wat nie Grieks verstaan nie, hierdie in gewone Afrikaans vertaal?

  8. May 2, 2009 at 8:32 am

    hallo

    ek het onlangs ‘n moslem-kollega bygekry. Kyk hier wat ek en sy gesels het. http://ekkedink.wordpress.com/2009/04/06/in-gesprek-met-n-moslem/

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: