Los my maatjies uit!

Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.

Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!

Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????”😉

Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.

  1. Amanda
    March 13, 2009 at 10:20 am

    Kobus Schoeman vra gister ‘n paar teologiese vrae aan jou vriend, Ds Cobus. Hy antwoord toe:

    “Ek is egter bang ja, bang dat ek filosofiese argumente belangriker as liefde en verhoudings maak, so ek sal maar by die koffie uitnodiging bly.” (klem bygevoeg)

    Van wanneer af is daardie kernvrae “filosofiese argumente”? Dit laat mens ook wonder na watter liefde hy verwys en verhoudings met wie is vir hom belangriker as om Kobus te antwoord?

    Is jy soos juf. Nicole ‘n bedienaar van die Woord en as sulks bereid om jou antwoorde op Kobus se vrae hier te antwoord?:

    “Graag wil ek vir jou ‘n paar prominente vrae vra, wat jy asseblief net met ‘n fisiese JA of NEE moet antwoord. Vergeet van woorde soos “in konteks”,”metafore”ens.
    (1)Glo jy in die fisiese dood en kruisiging en opstanding van Jesus Christus? Ja of nee.
    (2)Glo jy dat die eerste vyf boeke van die Bybel waar is. Ja of nee.
    (3)Glo jy in die verhaal van Jona en die vis? Ja of nee.
    (4)Glo jy dat Jesus uit ‘n maagd gebore is? Ja of nee.
    (5)Glo jy dat ons na die Beeld van God geskape is? (Homo Sapiens).J a of nee.
    (6)Glo jy dat daar ‘n fisiese plek soos die Hemel en die hel is? Ja of nee?
    (7)Glo jy in ‘n fisiese satan en gepaardgaande demone? Ja of nee.
    (8)Glo jy in die evolusie illusie?
    Ons soek asseblief net reguit antwoorde.Baie dankie”

    Ek wil byvoeg: (9) Is jy emergent? Ds Cobus is en hy reken Nelus Niemandt is en julle het tog sy boek die naweek bespreek, so wat dink jy? Is Niemandt emergent?

  2. March 13, 2009 at 2:41 pm

    mmm, waar beskryf ek myself as emergent nou weer?

    O, en dis die verhouding met Kobus waarna ek verwys, o.a

  3. Amanda
    March 14, 2009 at 12:41 pm

    Aan Ds Cobus

    Op ‘Emerging Africa’ het jy geskryf:

    “As for the NG Kerk. Many are intrigued by the emerging conversation. Few in it boots and all. Nelus Niemandt is our assesor (the second in command, if ever you get that in a reformed church). My onw college, Willem Pretorius, is head of congregational development for the Northern synod, and doing a lot to get what’s happening in emerging to become part of the NG Kerk.

    “I’m in a traditional congregation, but anyone who want’s to know know that I’m into the emerging thing (as the Sarel letter will point out as well). Negative critique not only make it difficult to make what is part of my part of a congregation, but also make it impossible to start out with new experiments and prototypes for the NG Kerk on what might be.”

    Op jy ou eertydse blog, ’emerging South Africa’ wat deur jou kontak met Tony Jones, vir wie jy die ‘utmost respect’ het, geïnspireer is, het jy geskryf:

    “I believe that we are the emerging church. Not because of how we conduct church services, but because we cannot help it. As soon as we get to the point where we start trying to figure out how to be church, because we know that something has got to change, we become the emerging church. No one person can decide what the emerging church must look like, we must build it from the ground upwards. This page contains just some of my thoughts on the emerging church in South Africa. We need more emerging people from South Africa to join the discussions on what it means to be part of the emerging church in South Africa.”

    Op jou blog, ‘my contemplations’ het jy geskryf:

    Me… well, I’ve never found myself so comfortable in any conversation than in the emerging conversation, especially those parts that talked above average about a way of life, that talked more theology than many would consider to be healthy, that liked the mystics, and practiced a way of life which brought hope to a world, so why leave?”

    Ek is heeltemal gemaklik daarmee om jou ‘n ’emergent’ te noem, maar neem kennis dat jy seker na jouself sal verwys as ‘n ’emerging’. Terloops, lyk my jou verhouding met Kobus het toe skeefgeloop.

    Ds(?) Tiaan, waarom word jy kwaad? Mnr. Van der Merwe wys bloot aan Christene dat hierdie ouens self hulle paaltjies platgeslaan het. Waar kom die ‘boelie’ nou in? Kan dit wees dat jy nie daarvan hou as Christene vir hulle self dink en nie alles vir soetkoek opvreet wat die ‘kerk’ en die Teologiese Departement van die UP opdis nie?

  4. March 14, 2009 at 3:01 pm

    Mooi!

    Die volgende stap sou wees om die verskil tussen “emerging” en “emergent” op te spoor.

    Nee, my uitnodiging aan Kobus staan nog, ek is nie seker waar die verhouding skeefgeloop het nie… het dit?

  5. March 14, 2009 at 3:52 pm

    My liewe Amanda

    Graag wil ek vir jou ‘n paar prominente vrae vra, wat jy asseblief net met ‘n fisiese JA of NEE moet antwoord. Vergeet van woorde soos “in konteks”,”metafore”ens.

    (1)Glo jy in die fisiese dood en kruisiging en opstanding van Jesus Christus? Ja of nee. JA – NES ALMAL BY DIE FAKULTIET TEOLOGIE AAN DIE UP EN AL MY KOLLEGAS WAT DIT SONDAG VIR SONDAG BELY. AS DIT EGTER NIE IN JOU LEWE ‘N VERSKIL GAAN MAAK NIE, KAN JY GLO WAT JY WIL

    (2)Glo jy dat die eerste vyf boeke van die Bybel waar is. Ja of nee. JA – MAAR NIE DAT MOSES HULLE GESKRYF HET NIE. EK GLO OOK IN DIE ANDER 61 BOEKE VAN DIE BYBEL

    (3)Glo jy in die verhaal van Jona en die vis? Ja of nee. JA – EK GLO OOK IN DIE VERHAAL VAN WOLRAAD WOLTEMADE, RACHELTJIE DE BEER EN DAT DAAR ‘N MEESTERNARRATIEF IS WAAROP DIE VERHALE OOR ROBIN HOOD EN KONING ARTHUR TERUGGAAN

    (4)Glo jy dat Jesus uit ‘n maagd gebore is? Ja of nee. JA – EN EK KAN NIE DINK DAT DIT SY GODDELIKHEID SOU “BESKADIG” INDIEN DIT NIE SO WAS NIE

    (5)Glo jy dat ons na die Beeld van God geskape is? (Homo Sapiens).J a of nee. JA – NA DIE BEELD VAN GOD (EN EINTLIK HOMO SAPIENS SAPIENS), MAAR PROBEER JY INSINUEER DAT GOD HOMO SAPIENS IS?

    (6)Glo jy dat daar ‘n fisiese plek soos die Hemel en die hel is? Ja of nee? JA – HEMEL IS DAAR WAAR GOD TEENWOORDIG IS EN HEL IS DAAR WAAR GOD NIE IS NIE

    (7)Glo jy in ‘n fisiese satan en gepaardgaande demone? Ja of nee. JA – OOK DAT HULLE NIKS AAN MY KAN DOEN NIE WANT EK IS GEDOOP IN CHRISTUS SE BLOED

    (8)Glo jy in die evolusie illusie? JA – EK VIND GEEN REDE OM DIE NATUURWETENSKAPPE TEENOOR MY GELOOF TE STEL NIE, MY GOD IS GROOT GENOEG OM ALTWEE TE KAN AKKOMODEER

    (9) Is jy emergent? INDIEN DAAR AL ‘N DEFINISIE IS, DAN DINK EK SO, JA. 1 KOR 13 LEER MY DAT GELOOF, HOOP EN LIEFDE BLY, MET DIE GROOTSTE DAARVAN DIE LIEFDE EN EK ONDERSTEUN MENSE WAT DIT VOORSTAAN DAT ONS UITNODIGEND MOET WEES TEENOOR RANDFIGURE EN MENSE WAT ONS HULP NODIG HET

    Gun my nou die kans om jou ook ‘n paar vrae te vra?
    (1) Glo jy dat God alle mense gelyk behandel, m.a.w. dat God regverdig is, soos ons in die Nederlandse Geloofsbelydenis dit leer?
    (2) Glo jy dat Jesus mense in staat stel om nuut oor dinge te dink?
    (3) Glo jy, soos dit in die Bybel staan, dat die aarde op vier pilare rus?
    (4) Glo jy dat die Heilige Gees in mense kom woon en voortdurend aan hulle werk?
    (5) Glo jy dat Jesus ernstig was met Matteus 25 en sy gebed in Johannes 17?
    (6) Glo jy dat God se genade vir alle mense beskikbaaris?
    (7) Vertel my asseblief kortliks jou eie bekeringsverhaal…

    Dankie! Hoop jy het ‘n lekker naweek. Geniet more se erediens!

  6. Amanda
    March 15, 2009 at 5:17 pm

    Gun my nou die kans om jou ook ‘n paar vrae te vra?
    (1) Glo jy dat God alle mense gelyk behandel, Nee:
    Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy. 1Sam 2:7

    m.a.w. dat God regverdig is, Ja:
    Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy. Deu 32:4

    soos ons in die Nederlandse Geloofsbelydenis dit leer? Nee:
    Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 2Tim 3:16

    (2) Glo jy dat Jesus mense in staat stel om nuut oor dinge te dink? Vir die wat in geloof in Hom en Sy Evangelie lewe, absoluut!:
    Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Rom 8:5-9

    (3) Glo jy, soos dit in die Bybel staan, dat die aarde op vier pilare rus? Ek glo die Here is die Skepper en Onderhouder:
    Al wankel die aarde en al sy bewoners—Ék het sy pilare vasgestel. Sela. Ps 75:3 Ek glo ook: voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks; Job 26:7

    (4) Glo jy dat die Heilige Gees in mense kom woon en voortdurend aan hulle werk? In Christene, ja:
    Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink— en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap— oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; Phi 1:3-6

    (5) Glo jy dat Jesus ernstig was met Matteus 25 en sy gebed in Johannes 17? Dodelik ernstig. Let mooi op, emergelings: Die skape en bokke word geskei op grond van wat hulle is en nie wat hulle gedoen het nie. Die skape is nie eers bewus van die goeie werke wat hulle doen nie.

    Thomas van Waak en Bid het by Hugo die voorbeeld gegee van twee sendelinge: Die een preek die Evangelie en daar is slegs een bekeerling. Die ander besluit om slegs goeie werke te doen en daar is geen bekeerling nie. Slegs die eerste sal hoor: En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. Mat 25:21 Wat ek sou wou byvoeg is dat die eerste sendeling die heeltyd goeie werke ook gedoen het, sonder om eers daaraan te dink, want dit is wat skape doen.

    (6) Glo jy dat God se genade vir alle mense beskikbaaris? Ja:
    Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 1Tim 2:3-4

    (7) Vertel my asseblief kortliks jou eie bekeringsverhaal… Dit is presies dieselfde as enige ander Christen. Ek het my bekeer uit my dooie werke en my beroep op die genade van God wat daar in Jesus Christus is:
    Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, Phi 3:8-10

  7. Amanda
    March 15, 2009 at 6:16 pm

    “Dankie! Hoop jy het ‘n lekker naweek. Geniet more se erediens!”

    Watter erediens? Ek luister net na preke wat Jesus Christus, en Hom as gekruisigde, verkondig. 1Kor 2:2. En het jy nie gehoor wat Prof. Stephan Joubert verlede sondag aan Prof. Jan van der Watt op RSG gesê het, wat sy boodskap aan die kerk is nie?:

    “Ek sou vir mense sê: Daar is net een antwoord: Jesus Christus. Dit lê nie in strukture nie, dit lê nie in strukturele vernuwing nie, dit lê in ‘n radikale liefde, ‘n uitverkoop wees, ‘n dissipel wees van Jesus Christus wat maak dat jy gehoorsaam genoeg sal wees om Hom op eietydse maniere te volg.”

    Dit het hy sowaar uit sy duim gesuig! Sekerlik klink dit goed vir die sogenaamde ‘post-moderne’ oor, maar Christene is reeds daarteen gewaarsku:

    Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 2Tim 4:1-4

    Die hele program het daaroor gegaan dat hulle die Woord van God verwerp en in hulle ongeloof gryp hulle na die blinkertjies van die emergelings om kamstig ‘die krimpende kerk van ondergang te red’. Die Woord sê: En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Mat 16:18

    So wie moet ek nou glo: Prof. Joubert en Prof. Van der Watt of Jesus van Nasaret? Christene dank die Here vir wagters op die muur, soos Mnr. Van der Merwe, wat hulle bewus maak van die afval in die kerk. Terloops, dankie dat jy die vrae beantwoord het, ds (?) Tiaan. Kan iemand asseblief vir Kobus Schoeman hierheen verwys? Ek mag nie daar kommentaar lewer nie. Dankie.

    • March 16, 2009 at 12:48 pm

      Liewe Amanda

      Sjoe, dis nogal ‘n mooondvol uit die 1953-vertaling.
      Ek moet jou ongelukkig meedeel dat ek nie verder hierdie bespreking gaan voortsit nie, of enigsins op jou kommentare (toekomstig of op poasts wat ek reeds geskryf het) gaan reageer nie. My gesondheid ly onder hierdie negatiewe soort gesprekke – ek sukkel van verlede naweek af met hoë bloeddruk. maar dalk moet ek net my huis skoonmaak, wie weet.

      Ek sluit dus my deel van ons gesprek af met Jesus van Nasaret wat in Lukas 6 vir Sy dissipels gesê het: “…seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan…behandel ander mense soos julle self behandel wil word.”

      Daarom, Amanda: mag God ons Vader jou seën, ons Here Jesus Christus jou genade gee en die Heilige Gees, ons Voorspraak en Trooster, se teenwoordigheid jou vul.

      P.S. Eks. 20:7

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: