Beertjie Booyse, sy boytjies en R.R. Ryger

September 22, 2008 Leave a comment Go to comments

So once in a while loop ek by ‘n boekwinkel in en koop actually ‘n boek waarvan ek nog nooit voorheen gehoor het nie, soms op ‘n uitverkoping of iets. Nie ‘n groot literêre werk of ‘n diep teologiese boek nie – hulle het ook hulle tyd en plek – maar sommer net ‘n boek.

Verlede Donderdag was weer so ‘n dag en die boek wat ek in die hande gekry het, was Beertjie en sy boytjies deur R.R. Ryger. Nou, ek het al met R.R. Ryger se goed kennis gemaak – dikwels skelm op Vlak Ses van TUKS se biblioteek of al op hoërskool, skelm in Vryheid se openbare biblioteek. Skelm, want dis nie die soort boeke wat mens voor ander mense oor spog nie. In elk geval nie by die hoërskool se CSV nie. Daarvoor is dit te progressief. En met progressief bedoel ek hulle laster, vloek, verkrag, suip, baklei, praat politiek en maak ander mense dood.

Nou hoekom like ek dié boek? Want dis real. Dis 1986, dis Pretoria, Suid-Afrika hier in die middel van Junie en PW Botha het sopas ‘n noodtoestand in die land afgekondig. Vir Beertjie Booyse is dit belangriker om uit te vind waar sy volgende dop vandaan gaan kom as om oor die politiek te worry. Hy word darem op hoogte van sake gehou deur sy seun Chris, oftewel Sugar, wat 16 is en ‘n provinsiale bokser. Sugar het groot aspirasies en is eintlik die enigste een in die huisgesin wat dit gaan maak. Te midde van sy twee ouer broers, naamlik Andreas, oftewel King Lizard wat uit die army ge-AWOL het en deur die polisie gesoek word vir ‘n moord waarvan sy broers nie weet nie, en Johan, oftewel Ketter, wat in matriek is en kaptein is van die 3e span en wie se vuiste vir niks verkeerd staan nie en eintlik net graag biltong wil steel uit oom Sakkie Saunders wat uit die Bosoorlog kom se slaghuis uit met behulp van sy vriende Harry die Wreker wat uit matriek geskors is en Jacob Weinstein wat sy beste pêl is…is Sugar die bokser die enigste een wat nie sy lewe totaal en al wegpis nie. Behalwe dat hy verlief is op Luna, die skoolslet, wat weer op haar beurt verlief is op Joos le Roux, die een onnie en afrigter van die 3es, wat haar ná sy eie bekering onder sy vlerk geneem het en haar op die regte pad probeer hou deur ‘n verhouding met haar aan te knoop (hulle het wel besluit om te wag totdat sy klaar met skool is voordat die verhouding ernstig word).

Dinge word gekompliseer (ja, gekompliseer!) wanneer Beertjie agterkom hy het ‘n “kiem in sy brein” wat sy seuns met ys en whisky moet regdokter en waarin hulle gedeeltelik slaag. Die MP’s is ook ernstig op Andreas se spoor, soveel so dat hy besluit om ‘n duck te maak via Swaziland na Amerika toe om ‘n loopbaan in comics teken te gaan pursue. Hy het selfs sy eie superhero geskep, King Lizard (sy alter ego? Nah…), wat hy hoop om eendag eers ‘n animated en later ‘n live-action movie van te maak. “Daar’s geld in nuwe heroes, my ou.” Die probleem is net dat Andreas die meester is van sy eie ondergang. Iets wat baie van ons onbewustelik, nes hy, regkry.

Ketter is ambisieus in die leier-sin van die woord. Hy is die leier van die 3e span en hou sy spanpraatjie by die President-hotel se bar. Wanneer Beertjie siek word en die MP’s na Andreas soek, is hy ook die een wat die fort hou, met Sugar wat op sy eie manier die situasie probeer hanteer en Oom Apies, Beertjie se drinkebroer-buurman in toom moet hou. Ketter vat nie kak van kabouters of van voor-op-die-wa polisiemanne nie. Toe die een polisieman wat soos Laurel van Laurel & Hardy lyk hom vir ‘n bier vra, antwoord hy summier:
Is jy fokken zef in jou kop? Jy kom hiernatoe om my broer op te sluit en dan vra jy my vir ‘n bier. Hoe werk jou brein, my ou?
Ketter se probleem is dat hy oorhaastig is en in die proses kelder hy/Sakkie Saunders sy rugbyloopbaan (?). Hoe het ons nou weer op Junie se Skoolverwisselingkamp gesê rondom tyd en plek van nonsens aanjaag? “Location, location, location...” Moenie by ‘n slaghuis inbreek op Soweto-dag net nadat daar ‘n noodtoestand in die land afgekondig is nie. Dis moeilikheid soek en jy mag dalk net ‘n been verloor.

Of Beertjie breinvliesontsteking of breinkanker het, weet ons nie. Of Sugar, die liberale oopkop een met tyd vir wit én swart, met genoeg deursettingsvermoë en talent maar met die verkeerde agtergrond toe by die kampioenskappe opgdaag het, weet ons nie. Wat verder met Ketter gebeur het en of hy herstel het is ook ‘n geheim. Maar dikwels weet ons nie wat met almal gebeur nie. Die lewe gebeur nie in periodieke fases van eksposisie, motoriese moment, opbou van die verhaal, krisis, klimaks en afloop na ‘n gelukkige einde toe nie.

Soms (en ek hoop vir Sugar se part regtig so) kom ‘n mens weg uit jou omstandighede en word jy nie ‘n gevangene daarvan nie (hoewel Sugar nog deel van sy omstandighede was, het hy nooit soos ‘n slagoffer voorgekom nie. Hy was byvoorbeeld die enigste een wat kerk toe gegaan het, op sy eie, sonder om te worry oor wat sy gesin daarvan gaan sê of dink. Hy het sy eie keuses gemaak). Soms word jy wel ‘n gevangene daarvan. Ek ken self sulke mense en ek huil as ek daaraan dink. Soms aanvaar jy jou lot en word jy wat ander mense in elk geval van jou verwag. Ander kere sit jy met hierdie spanning in jou van jou talente en ambisies wat jou voortdryf, maar iets in jou binneste stuur jou teen ‘n 1000 myl per uur in die teenoorgestelde rigting op ‘n tragiese ramp af.

Die vraag bly: is ek die slagoffer van my omstandighede, of kan ek iets daaromtrent doen?

  1. Michael Green
    September 26, 2008 at 3:50 pm

    Jy het die storie nogal mooi saamgevat, Tiaan. Ek is bly om te sien iemand het darem die boek gelees. Groete, RR Ryger.

  2. sadique
    March 20, 2009 at 7:10 pm

    A love all people and iam kind to all people

  3. sadique
    March 20, 2009 at 7:13 pm

    xzcgffds vvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvvv

  4. Hennie
    May 10, 2012 at 11:14 pm

    Wag wag. Ek het die boek so paar jaar terug gelees, toe was dit die enigste ding wat ek gelees het tot dusvêr. Ek het op so jongmens manier gelees, jy weet, “scan ‘n ding raak”, dit was die ding wat my in boeke in gekry het. Ek dog ek is terug op die “village” en my pa werk nog nagskof! Vry vir Tania blou en as jy klaar is met haar dan vat jy vir ou sus vir ‘n raaid. Ek dink dit is een van daai boeke wat as jy hom nie lees nie dan is daar ‘n gaping in die “education”. Dis amper soos ‘n Tarantino of ‘n Kubrik. Jitte maar nie des teen stande was dit seker die beste braai gesels wat ek in ‘n lang tyd kon verwerf!

  1. No trackbacks yet.

Leave a comment