Archive

Archive for September 12, 2008

I hate goodbyes…want dis hartseer

September 12, 2008 Leave a comment

Die groot ding met afskeid neem is dat ‘n mens mense agterlos. Ja, jy sny hulle nie uit jou lewe uit per se nie, maar jy vat hulle nie noodwendig saam nie. Sommiges doen jy, maar jy kan dit nie met almal doen nie. Party bly noodgedwonge agter en staan op die wal vir jou en waai terwyl jou boot die sonsondergang in vaar.
En dis sad. Dis blêddie sad. Ek tjank sommer.
Sien, ek het die werk by Disney Cruise Lines gekry as Youth Activities Counselor en kan enige tyd van 5 Desember af vertrek. Ek weet nog nie wat die presiese datum gaan wees nie – hulle moet nog ons kontrakte stuur – maar die kanse is groot dat ek nie Kersfees by my familie gaan wees nie. Wat al klaar ‘n bummer is, maar as dit so moet gebeur, is dit nou maar hoe dit is.
Wat sleg is wanneer ek oor 11 weke by Wonderboom klaarmaak (Ja, ek tel al die slapies! Nog net 9 weke dan is ons gelegitimeer!), is die mense wat ek gaan agterlos. Goed, ek weet, hulle gaan okay wees en alles, maar nogtans. Ek hou nie daarvan om mense uit my lewe te verloor nie. Elkeen speel ‘n rol, elkeen maak ‘n impak. Ek sê mos altyd: It’s not WHAT you know, it’s WHO you know, en dis vir my belangrik. Natuurlik het die koms van Facebook aansienlike oplossings vir hierdie probleem kom aanbied, maar daai persoonlike kontak is maar iets wat ek mis.
Deur die jare was daar al baie mense vir wie ek moes totsiens sê, maar gelukkig het my paaie weer met hulle s’n gekruis. Ek raak dan so ‘n bietjie obsessief (sorry!) as ek hulle weer sien of kontak maak en dan voel ek vir myself soos ‘n stalker. Ek weet nie of dit is hoe dit oorkom nie. Dis net, ek is so bang ek “verloor” hulle weer dat ek soveel as moontlik tyd saam met hulle wil spandeer.
Call me an idiot. Ek voel al klaar vir myself so fake. As ek in die spieël kyk, vra ek myself: wat maak ek hier? Ek het niks om hierdie mense vir wie ek bedien, te bied nie. Daar is so baie dinge in my eie lewe wat verskriklike groot werk nodig het. Ek voel nie asof ek eerlik is met hulle of met myself nie. Dis een van die goed wat ek hoop ek kan uitsorteer wanneer ek op die skip is – waar ek hoort, wat ek het om te gee, sulke goed.
Sien, ek het ‘n afspraak gemaak gekry met die skryfster van die Reënboogrant-reeks, Louise van Niekerk. Aan die einde van my skripsie is een van die aanbevelings wat ek maak dat dié tiener-boekreeks in ‘n TV-reeks omskep moet word, soortgelyk aan The O.C. of One Tree Hill. Ek gaan nie nou die lys maak van sake wat dit aanspreek nie, maar vat my woord as ek sê dit kan uitstekend gebruik word om tieners mee te beraad of te evasngeliseer. Ek en sy gaan ‘n bietjie koffie drink en oor die moontlikhede gesels. Nou, in die lyn van al my drome en passies en stuff wens ek met my hele hart dat dit kan realiseer. Nou die aand by die oefening van die produksie wat ek en Annelie aanbied, het ek gevoel en geweet dat dit is wat ek vir die res van my lewe kan doen. Ek het dit vir haar gesê ook, maar sy was ‘n bietjie meer skepties oor haarself.
Dis net, ek sien nie kans daarvoor om in ‘n beroep te wees waar mense jou verkwalik as dit crappy gaan in hulle eie lewens nie. My hart lê nie by dit nie. Maar ek sal enige dag die heeldag lank werk aan ‘n manier om die nuus van hoop deur een of ander vorm van uitvoerende kunste aan mense te bring. Dan doen ek ten minste iets en praat ek nie net rondom ‘n sinode-tafel daaroor nie.
En in die proses wil ek almal wat vir my lief en dierbaar is behou. Want soos wat Jim Carrey in Dumb and Dumber gesê het: “I hate goodbyes!”…want dis hartseer.