Home > afrikaans, Bybel, gebed, God, godsdiens, Jesus, musiek, oorlog, South Africa, Suid-Afrika > My probleem met Steve se “Ons sal dit oorleef” – video.

My probleem met Steve se “Ons sal dit oorleef” – video.

Okay, so Steve Hofmeyr se nuutste video en liedjie, Ons Sal Dit Oorleef, maak die verwagte opslae. Geen verrassings daar nie. Daar was hype en die Afriforum-Julius Malema hofsaak gaan eers Donderdag na die verkiesing voort, hoewel vandag se ruling dat die woorde “Kill The Boer” nie net haatspraak is nie, maar ook ‘n aanhitsing tot moord groot implikasies daarvoor het. En laat ek sommer nou al sê: ek is bly oor vandag se uitspraak, regtig. As ons nie mag ‘k****r’ sê nie, mag julle nie ‘Kill the Boer’ sê nie. Dit is tog in kort waarop die hele betoog neerkom, of hoe, Steve? Want eintlik is ons almal so onderling ‘n bietjie rassisties, of volksisties, of etnies-bewus, of watokal ‘n mens dit wil noem – ons like ons eie ‘groep’ meer as die ‘ander’ groep. Ek erken dit. Dit beteken nie dat, net omdat ek my eie groep verkies, ek uit my pad uit gaan gaan om dinge vir die ‘ander’ (wie hulle ookal mag wees volgens die definisie wat ‘n mens aanhang) moeilik te maak nie. Of met hulle lelik te wees nie. Dom, common witmense irriteer my net soveel soos dom, common swartmense en dom, common bruinmense en dom, common Indiërs. Maar ek kamp net so lekker saam met die skerp, slim klein Indiërtjies as saam met die skerp, slim klein swartetjies en wittetjies en bruinetjies, soos wat ek die afgelope naweek op ‘n laerskool-leiersontwikkelingskamp gedoen het. En ons kan maar vergeet dat ons gaan integreer – ons moet dit eerder vir hulle los, want hulle het dit al klaar reggekry. Almal is pelle. Hulle nuwe generasie-groep is anders as ons groep. Al klaar.

Okay, maar terug by my punt: die video. My probleem is dus nie die feit dat die liedjie bestaan nie (hoewel, en ek is jammer om dit te sê, ek dink Bok van Blerk se My Kreet is ‘n nicer song). Die woorde is duidelik ‘n direkte teenpool vir die KTB-‘strydkreet’ (hulle hou mos voor dis nie ‘n liedjie nie): dit gaan oor ‘oorleef’, eerder as ‘to kill’; dit gaan oor ‘ons’ eerder as oor ‘the Boer’ (m.a.w. ‘hulle’). Aldus Steve op sy Facebook-page: “Dis my trotste Afrikanerlied met pragtige (voormalige) tradisionele byvoeglike naamwoorde wanneer of indien Malema en die ANC die “Kill the Boer” saak wen. Hier kom Boere karma in enorme porsies.”

Groot woorde. Dis ons teenoor hulle. Hulle wat ons wil doodmaak – toemaar, ons sal dit maak. Met daai skildery van die Trekkers wat die ossewa wat dreig om by die steil Drakensberg-helling af te donder met toue vashou terwyl die verslae hulpelose vroue toekyk wat strategies in die mise-en-scene verskyn.
Dit volg met verwysings na die oormag en die engele wat staan by ons vroue en kinders wat sterf. Dan sien ons ‘n mengsel van NP van Wyk Louw, Langenhoven en Sheila Cussons – en, natuurlik, die FAK – terwyl die kamera by die boekrak verby pan.

Tot sover in die song kon dit netsowel uit ‘n musical oor die Anglo-Boereoorlog gedateer het, iets soos Ons Vir Jou. Ek dink dit sou goed gepas het daar. Maar nou met vers 3 kom die gedeelte – met die strategiese toonaard-verandering om aan te dui dat hierdie wat volg significant is – wat volgens my problematies is.

Ek lig my oë tot die berge op
Waar sal my hulp tog vandaan kan kom

Met ‘n Psalm 121-agtige aanroep om hulp en die skildery van “God ziet mij, hier vloekt men niet” in die agtergrond. Sjoe. What a statement. Volg die link
http://flanders-inside.skynetblogs.be/archive/2008/05/16/rewind-van-god-ziet-u-mij-hier-vloekt-men-niet-a-rewind-of-g.html
vir ‘n verduideliking van wat dit beteken – baie interessant en natuurlik opsetlik gekies. Saam met die leë stoel wil ‘n mens wonder of dit regtig wys na ‘n Ander Persoon wat nou moet inspring om te help.

Ag my God jou woorde lê deur my geweef
Ons sal dit oorleef…

Ek staan vandag op jou plaas ou vriend
Daar hang stof oor die stilte sovêr ek kan sien

Na ‘n vinnige flits van ‘n kierie word twee skape gesien: ‘n witte en ‘n bruine. Ek weet ek gaan nou in nitty gritties in, dalk, maar ons leer om hierdie goed raak te sien in filmskool, so ek vra die vraag: is wit en bruin dalk almal skape? Wat net blêr, sonder om regtig te dink wat hulle vir en van mekaar sê? Dalk is dit net om te wys Steve is op ‘n plaas, soortgelyk (indien nie dieselfde nie) as Eugene Terre’Blanche s’n.

“Maar die geeste van gister sal more herleef
Ons sal dit oorleef

Eugene Terre’Blanche: Dankie o God vir die vermoë, dankie o Here wat U my geleer het, en wat U vir my so gratis geskenk het, vandag gee ek alles terug, tot eer en verheerliking van U naam en die uitbouing van U koninkryk”

Terwyl Eugene Terre’Blanche se gebed opklink, natuurlik ‘n visual van die getalle afgestorwenes tydens die ABO.

So wat is my probleem? Ek weet nie of die gebede inpas nie. Nie omdat dit gebede is per se nie, maar veral Eugene Terre’Blanche s’n se woorde maak ‘n ander appeal as wat die res van die song doen:
Hy sê dankie vir die vermoë – maar ons weet nie die vermoë om te wat nie – onderskeiding dalk?
Hy sê dankie vir wat God hom geleer en geskenk het, en nou gee hy alles terug – sou ‘n mens kon verstaan dat hy alles opgee en, a la Paulus in Filippense 3, alles wat hy vroeër as bate gesien het nou as waardeloos beskou?
Tot eer en verheerliking van U naam – duidelik het die nie meer oor homself gegaan nie
en die uitbouing van U koninkryk – okay, beslis het dit nie meer oor homself gegaan nie. Ook nie oor die uitbouing van die koninkryk onder Afrikaanses, of sy volk nie. Is ek reg? Of het dit? Hy sê dit nie.

Deur dit by die song in te sluit, sonder om dit op dramaties-ironiese wyse te gebruik soos die Oupa se gebed aan die einde van PG du Plessis se Fees van die Ongenooides, is dit mos ‘n teken dat Steve met hierdie gebed saamstem.

My vraag is: as ons dan nou saamgaan met ‘God se Naam en Koninkryk’ – het Jesus nie kom leer dat dit in God se Koninkryk juis andersom werk as “oog vir ‘n oog” en “tand vir ‘n tand” nie? Want ernstig nou, wat is hierdie song anders as dit? Ja, ons vloek nie die swartmense en als nie (ek weet daai woord is gebliep, maar dit tel nie juis nie), maar soos Steve self gesê het, dis sogenaamde Boere-Karma.

Wow. Ons sluit ‘n song af met ‘n gebed dat God se wil sal geskied, net om daarna die wil in ons eie hande te neem. Dít is dramaties-ironies.

Ek het weer hoofstuk 11 van Mense van my Asem gaan lees en ek is oortuig Steve is ‘n gelowige. Nie jou mainstream of charismat of gereformeerde of watter boksie jy ookal wil kies nie, maar gelowig none the less. Inteendeel, ek dink hy is bitter ernstig oor sy geloof in God. Wat in hulle twee se persoonlike verhouding aangaan, is hulle saak en nie my besigheid nie. Maar wat my pla, is: waar kom die ding van ‘draai die ander wang’ in? Word ons nie belowe dat, deur dit te doen, maak ons ons vyande vuurrooi van skaamte nie? En ou Salomo het in Spreuke al geobserveer dat ‘n krenkende woord woede opvlam. Ook Oom Langenhoven was wys genoeg om dit raak te sien.

Ek sê nie dis reg om KTB te chant nie. Ek het dit al aan die begin gesê. Maar om in reaksie daarop ‘n song te skryf met die voorwaarde dat die bliep sal verdwyn as hulle wen net omdat dit die polities-regverdige ding sal wees om te doen…I dunno. Dit sit ongemaklik aan my.

Sê nou Julius Malema word wel skuldig bevind. Ek weet nou nie wat sy straf gaan behels nie en ek glo nie hy sal ooit sê hy is jammer nie. Maar sê nou maar net hy sê hy is jammer – gaan ons dan ‘n song skryf waarin ons sê ons vergewe hom? Want dis tog wat God van ons verwag, is dit nie? Om ons vervolgers te seën? Om ons naaste lief te hê soos onsself?

Ek dink ek is besig om weg te beweeg van ‘n godsdiens waar ek verwag dat die God wat ek aanbid my te hulp moet snel vir die geringste dingetjie, waar ek net die “victory moet claim” en als sal okay wees en al daai goedjies (die wat my ken sal anyway weet!). En ja, ek verstaan die gesprek tussen Terblanche Jordaan en Steve in daai betrokke hoofstuk van MVMA waar hulle tot die conclusion kom dat God niks van mens verwag nie want niks wat ons kan doen, gaan God se dag opkikker nie. I get that and I am fine with that, ek hou actually daarvan. Maar daar word tog ‘n manier van mense hanteer in die Bybel voorgehou wat condusive is tot vrede en tot ‘n beter samelewing. En om vuur met vuur te beveg sien ek nie daar nie.

Ek weet nie Steve, dalk verstaan ek jou heeltemal mis? Sal graag ‘n reply wil hoor. Help my dink hierso. Ek sal dit waardeer.

  1. May 16, 2011 at 7:46 pm

    Tiaan. Eks nog nie seker wat jou vraag is nie. Maar die oordadigheid aan weerlegging en semiotiek sal jou uitput jong. Jys soos ek. Ons dink soms die ding dood.
    1. Die ‘oog vir n oog’ kom in dieselfde Boek voor as ‘draai die ander wang’. Hoogs teenstrydig. Dis ironies hierdie paradoks van die Skrif wat my dit weer maak studeer het. Ek het n 20’s, 30’s en 40’s interpretasie van die Woord en ek glo in my 50’s sal ek dit verder aanpas en so aan tot ek sterf met die ou Boek in my hand.
    2. Eugene se gebed is bloot gekies omdat ek nie die regte op sy gedigte dadelik kon opklaar nie. ONS SAL DIT OORLEEF is n Boeregebed met verwysing na die AngloBoereoorlog (kakies&kaffers&buskruit&Psalms&bloed&gebed&God). Punt. Eks dit eens met jou dat God nie geeis kan word vir jou politieke saak in 2011 nie, maar dit doen nog net n paar fundamentaluste ( en die ANC!). My lied is n skeppende werk met die metafore van my kultuur, beslus nie n traktaat oor skrifuitlegging nie.
    3. JOU worsteling is jou persoonlike geestelike pad (die bestemming is nie nou al belangrik nie) wat mettertyd afdraai van wye konsensus en publieke sanksie. Eks deur die happyclappy en uitbasuin van wat ek dink is die enigste Waarheid is. Eks nou by die min verwagtinge van die beautiful. Ek hoop om bevorder te word na mooier en dieper verstaan.
    Dankie. Jy skryf goed en dink nugter.
    Steve

  2. Louise
    January 11, 2013 at 8:41 am

    Hi Steve

    Ek is absoluut gaande oor jou liedjie. Ek sien die diepte van die liedjie en waar ek ook mag gaan speel ek dit vir my vriende. Elke keer begin ek weer te huil as ek daarna luister, want dit vat my terug na my roots toe.
    Daar is soveel diepte in daardie song, ek wens mense kan ophou kritiseer – en ophou in een woord vas kyk. Luister na die liedjie in geheel mense, Steve dankie vir die liedjie, moenie ophou nie. daar is min mense wat die guts het om op te staan en te veg vir sy volk.

    Liefde
    Louise,

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: