Home > Life, Reality > Kots in ‘n tuimeldroeër

Kots in ‘n tuimeldroeër

Okay, hierdie post gaan nie oor kots of tuimeldroeërs nie.
Ek wonder maar net ‘n bietjie. Sien, ek wonder oor hoe accepting ons eintlik is. Ek sit byvoorbeeld met ‘n probleem en ek kan niemand daarvan vertel nie – dis te sensitief. “Dominees” is nie veronderstel om sulke tipe probleme te hê nie, ons is immers die morele steunpilaar waarop sowel die jeug as die ouer garde moet staatmaak. So dit maak dit ‘n bietjie moeilik. My shrink is in Pretoria en ek is in 400km daarvandaan, so ek kan haar nie vertel nie. Ek kan nie my ouers vertel nie, want dit sal net te erg wees. Ek kan nie my kollegas vertel nie (alhoewel ek behoort te kan, maar ek wil eintlik nie want ek kan nie nog geskende verhoudings hanteer nie). My beste vriende is in Pretoria en weer eens is die geografie teen my. En selfs vir hulle sal ek dit moeilik vind om te vertel. Ek weet dis nie ‘n judgmental klomp nie (ek glo nie so nie. Ek hoop nie so nie.). Maar ek is net té versigtig. Net té bang hulle verstaan nie. Of sien my anders as wat hulle my altyd gesien het.
So dis nogal moeilik.
Intussen moet ek face up, suit up en show up vir die daaglikse eise van “die bediening” – niks fout daarmee nie, ek noem dit net – sonder dat my eie persoonlike issue uitgesort word.
Dalk lug ek bloot ‘n gevoel wat baie ander met my deel.
I dunno.

Categories: Life, Reality Tags: , ,
  1. Ronald
    August 12, 2009 at 6:28 pm

    Ai, ai!

    In daardie opsig is die katolieke kerk verseker ons almal ‘n bietjie voor, nie waar nie? Ek meen, jy kan met die priester gaan praat in julle geheime hokkie, en dan … wel, dan kan jy so halfpad vergeet daarvan. Ten minste het jy dan met iemand gepraat!

    Nou ja, daar is eintlik seker nie antwoorde nie. Sal egter aan jou dink mater!

  2. Amanda
    August 12, 2009 at 7:51 pm

    Ds. Tiaan

    Gaan na ‘n ouer man, verkieslik een wat jy nie van hou nie. Ek stel voor die dominee emeritus in julle gemeente. Dit moet iemand wees wat weet hy is ‘n vername sondaar en al wat hy jou kan offer is nie menslike, sielkundige raad nie, maar die Woord van die Here, of jy daarvan hou of nie. Hy moet dit vir jou reguit kan gee, sonder versagting, omdat hy weet hyself sit sonder verdienste. Dit moet iemand wees wat nie sy eie eer sal soek nie en eendag jou storie sal wil vertel tot sy eer nie. Moenie ‘n pleister op ‘n gebreekte been probeer plak nie. Laat ‘n ouer, onbetrokke, gebroke Christen man jou lei. Sterkte.

  3. August 12, 2009 at 11:32 pm

    Ja Ronaldo, dis jammer ons het daai ou aspekkie van ons Katolieke wortels verloor!
    Amanda, ek weet regtig nie hoekom dit nou juis ‘n ou man moet wees met wie ek moet gesels nie en ook nie hoekom ek nie van hom moet hou nie, maar ek glo jy het my beste belange op die hart met jou aanbeveling. Waarvan ek wel hou is die ding wat jy noem dat dit iemand is wat erns maak met sy (of haar) eie persoonlike gebrokenheid. Daarmee kan ek onboard gaan!
    Ek blerts maar van tyd tot tyd ook hier op my blog – nie om aandag te probeer trek nie, maar bloot om dit iewers uit my sisteem te kry. Het laas jaar ook so ‘n post geskryf oor ‘n ervaring by Wonderboom, maar dit was net baie vroeër in die jaar. Ek sal weer beter voel ook! Dankie dat julle omgee – ek waardeer dit.

  4. August 13, 2009 at 11:58 am

    Hallo ‘

    Ek het toevallig op jou blog afgekom en gaan defnitief weer kom kuier….

    Lekker dag

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: