Home > God, godsdiens, Jesus, music, musicals, musiek, religion, salvation, song and dance, Suid-Afrika, theology > Houtkruis vs Hell-Hole: waarom ek die Kruis bo die gat verkies

Houtkruis vs Hell-Hole: waarom ek die Kruis bo die gat verkies

Soos almal weet is hierdie by uitstek my area van interest: Gospel-drama. Daarom gaan ek natuurlik die twee teenoor mekaar stel en vertel hoekom ek nie Charis se produksie sal aanbeveel nie.
Eerstens: The Hell-Hole, ‘n produksie aangebied deur Charis-gemeente in Lavender Rd, Pretoria. Dit is ‘n kontemporêre produksie wat handel oor hoe die duiwel mense verlei om sonde te doen en dan afrokkel en in die hel laat beland. Die duiwel, anders as God, is alomteenwoordig en is die enigste ding wat inspraak het in mense se lewens. Die “kerk”-tonele is dweperig en voorspelbaar en net gerig op “jy moet jou hart vir Jesus gee”. (Wat dit ookal in hierdie konteks presies mag beteken!). Daar word verval in die gewone Bose Drie-eenheid van sonde naamlik seks, drugs/rook/drank en vloek. En hulle doen die aaklige ding om iemand wat selfmoord pleeg, onkondisioneel na die warmplek toe te verdoem. Sorry, tjomma, genade is net vir ‘n sekere groepie mense. Nie vir jou wat daarmee struggle dat jou eie tjommie doodgegaan het in ‘n ongeluk wat jy veroorsaak het terwyl jy getrek was nie. Vir jou wag die Ewige Vuur…
Patronizing, dweperig van voor tot agter met die onderliggende doel om te laat “draai-of-braai”, met baie effects met ligte en klank en goed. Produksie-wise was dit glad nie sleg nie – klankkwaliteit, props, ligte ensovoorts was van goeie gehalte en selfs die acting was heel cool – maar meer die manlike akteurs as die dames. Die dames het geklink asof hulle hul woorde opsê.
Ja, Jesus verskyn hier aan die einde van die show op ‘n stadium in so ‘n pseudo-kwasi-kruisigingstoneel…en dis al wat h(H)y doen. Dit en opstaan. En dan natuurlik die Duiwel-karakter (by the way, die akteur wat hom speel, het die play geskryf en gedirect, blykbaar), wat nie daarvan hou om Jesus se naam te hoor nie.
Wat goed was: audience participation! Hier gee ek hulle volpunte. Die mense in die gehoor raak so meegevoer hulle begin hierdie duiwel uitmekaar uit skree en die “verlore” karakters aanmoedig. Baie goed. Dit is wat ‘n mens wil regkry: om die gehoor by jou vertelling mee te sleur.
Wat gesuck het: die stereotipe altar-call aan die einde. Nadat jy nou emosioneel gemanipuleer is om te glo dat jy hel toe gaan as jy selfmoord gepleeg het al getuig die res van jou lewe van jou geredheid, word jy voor die keuse gestel om jou hand op te steek as jy gered wil word, want onthou dit hang van die pastoor wat bid af en of jou hand in die lug was, nie van hoe jou hart is nie. Jy moet dit ook doen binne die tien tellings wat hy jou gee, anders het jy die kans by jou verby laat glip. Ook moet jy vorentoe gaan sodat almal jou kan sien, want Jesus het mos gesê as jy jou nie vir Hom skaam op aarde nie sal Hy Hom nie vir jou skaam in die hemel nie. Dan verdeel die vorentoe-gangers in groepe en word in afgesonderde plekke gered.

Tweedens: Houtkruis Die Musical, die eerste Afrikaanse gospel-musical. Dit vertel die verhaal van Vader Festus wat in die Reformasietyd terugkeer van Rome na Wurzburg om die oproermaker Philip Taylor van kant te gaan/laat maak. Taylor is ‘n Luther-aanhanger en verkondig genade, liefde en vrede. Een van sy aanhangers/bewonderaars is Katharina, wat saam met haar ma, Anna, in ‘n armmanshuisie in die bos bly. Hulle is uitgeworpenes van die dorp want Katryntjie is “in skande gebore” (ek en my broer het besluit ‘skande’ is ‘n hospitaal se naam). So hulle woon nie die mis by op die dorp nie en die ma vertrou nie die mense nie, al vir 20 jaar lank nie. Maar, natuurlik, sameloop van omstandighede bring Katryn, Anna, Vader Philip en Vader Festus almal die een aand na die mis en daar kom Anna agter dat Vader Festus eintlik Katryn se pa is. Oooeee!!! Dit gebeur alles terwyl Philip verhoor is en kans gegee word om sy woorde teen die pous en die aflaatstelsel terug te trek en homself “te bekeer” van Luther se stellings oor genade deur Jesus se kruisdood alleen. Sola Gratia! Maar Philip wil hom nie bekeer nie (obviously), selfs al wag die brandstapel vir hom. Festus sit nou self met die probleem dat sy geheim op die lappe gekom het en sy verlede hom ingehaal het. Katryn oortuig haar ma dat sy met Festus moet gaan praat. Sy doen dit toe en ook hy besef wat ware genade en vergifnis is. Soveel so dat hy besluit om Philip se plek in te neem op die brandstapel…
Roerend, meesleurend, hoendervleis met elke lied is hierdie produksie hopelik die begin van nog vele sulke goed! My hart het sommer in pas geklop die hele tyd. Hulle het ‘n konsep gevat waarmee ek te danke aan ons stranddiens-konserte al lankal bekend is en self al gebruik het (albeit op ‘n baie kleiner skaal): vat bekende liedere, sit dit in ‘n nuwe konteks binne-in ‘n verhaal en jy het ‘n musical wat appeal, omdat die mense dit ken. Goed, songs soos Hierdie Kind, Via Dolorosa, Ons Glo en Genade Onbeskyflik Groot is wel eintlik vertaalde songs, maar almal ken dit al so lank al in Afrikaans dat dit nie saak maak nie. Toevoegings soos Gebed van Koos du Plessis en ‘n oorspronklike lied of twee (Die einde is hier deur Leon Ferreira en Wat is my naam? deur Piet de Jager, Sallas en Dawie van Klopjag se pa) en Prophet se Eli Lama Sabagtani en, natuurlik, Houtkruis maak dit ‘n ryk produksie wat jou opgelig laat voel as jy daar uitstap – selfs al het hulle nounet vir Jannie du Toit op die brandstapel verbrand terwyl hy Houtkruis sing.
Wat goed is: om ‘n ou bekende lied in ‘n nuwe konteks te sit en die inhou sodoende nuwe lewe te gee. Byvoorbeeld: laat ‘n priester wat hom van die aflaatstelsel bekeer het, die reël “my lewe, kanse, tyd en geld is nutteloos verspeel” sing; of laat ‘n monnik en ‘n meisie in ‘n kapel “wat ek is, is net genade, wat ek het, is net geleen” sing. Of sit daai eerste priester op ‘n brandstapel wat Rouel Beukes aansteek en laat hom sing “wie sal my kan stilmaak, wie sal my kan doodmaak as my voete in dans wil los wil breek?”…en die resultaat is onbeskryflik.
Wat gesuck het: die kaartjies se pryse. Ongelukkig was dit nogal duur, daarom kon minder mense dit sien, en dit is hartseer, want Houtkruis se teologie is soveel suiwerder as Hell-Hole s’n. Waar jy by die Gat selfs gescare word in die hemel in (die pastoor het gesê hy is selfs bereid om dit te doen, eerder as dat mense glad nie gered word nie – asof dit van hom afhang!), wil jy by die Kruis die genade van Jesus omhels en net huil en danksie sê. Sonder om te dwing, sonder om te patronize…ek kies die Kruis bo die Gat enige dag.
Gaan koop vir jou Houtkruis se soundtrack, dit is beskikbaar. En awesome.

  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: