So, nierstene…

Ja, sal ek nou Maandagoggend 5:00 wakker word van die pyn net bokant my regterlies wat toe blyk een van 2 nierstene te wees. Ja, dit tref 24-jariges ook! Lang storie kort is die volgende: verbeel jou jy piepie Minora-blades…en jy’s halfpad daar. Glo my, ek wens dit niemand toe nie! Hulle haal volgende week die JJ Stent (flexible) uit. Iemand wat iets meer weet daarvan, asseblief lig my in!

Het wel vandag ‘n lekker gesprek gehad oor ‘n middagete saam my vriende by TUKS Rugby-akademie rondom Christenskap en sommer allerhande aspekte daarvan. Iets wat ek agtergekom het ons (enigiemand wat evangeliseer) heeltemal te veel doen, is om mense te “bekeer” en hulle dan netso te los. Ons leer hulle niks van die Drie-Eenheid nie (hoewel ekself dit bitter min regtig verstaan of weet hoe om dit te verduidelik) en die hele Inkarnasie-konsep: God wat Mens geword het. Ja, onthou, ons “converts” wil ook weet wat aangaan!

Ek het weer besef dat ons self soveel duidelikheid as wat ons kan moet kry oor sulke stuff, dat ons dit ook met mense kan bespreek. Gelukkig help my teologiese opleiding my ietwat, maar ek bedoel ons moet gewone gemeentelede ook help om dit te kan doen. Ek dink nie EE3 leer dit vir mense nie…

Anyhoo, dis hoe dit is…Jake White se boek is goed en ek kan nie wag vir die Hansie-movie nie. Enige iets anders?

  1. February 13, 2008 at 8:01 pm

    EE III hanteer dit in hulle nasorgprogram wat presies vir die behoefte ontwikkel is wat jy hier identifiseer – om ‘n voortdurende pad te stap saam met mense wat vir die eerste keer ontdek het wat dit beteken om die Here te dien. Die materiaal sluit onder andere van die beste opleidingsmateriaal in vir nasorg (luister-vaardighede, ens) sowel as 16 kort Bybelstudies oor ‘n wye reeks onderwerpe wat weekliks gedoen kan word. Kontak vir ds Nico van Wyk by 012-342-7650 as jy meer daaroor wil uitvind. Dit staan amptelik bekend as EE III Vlak 4.

  2. February 15, 2008 at 10:43 pm

    Hi Tiaan..oulike blog, ek sal graag wil terugkom en hier kom lees,lyk my jy hou van storie-skryf…bly om dit te sien! Ek gaan jou op my blogroll sit om te onthou om terug te kom! Het mense uit SA gehad en bietjie moeg!😉

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: