Nóg oor Rugby en Christenskap

My verjaarsdag het darem ie sucky afgesluit nie – dankie baie aan vriend Shaun saam wie ek op die ou end by DROS in Menlyn gaan eet het. Good food, good company…en goeie rooi wyn! Dit was op die ou end nie so bad dag nie, ek weet dit het nogal erg geklink!

Anyway, so Shaun doen nou sy Meestersgraad in Sportwetenskap en werk by TUKS rugby-akademie. Nou, dit mag dalk te goed klink om waar te wees of dalk associate ‘n mens dinge net nie gewoonlik so nie, maar dis seker een van die mees Christelik-ekumeniese werkplekke wat ek nog teegekom het! Daar is ‘n Dopper, ‘n NG-outjie, Charismats en ek is nie seker wat nog alles nie, maar hulle begin en sluit die dag almal saam af met gebed en daar is orals Bybelverse opgeplak in hulle groot gesamentlike kantoor.

Hulle idee hierdie jaar is om baie meer holisties met die outjies wat by die Rugby-akademie aansluit, te werk: liggaamlik sowel as geestelik. Die hele “gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees”-ding. Maar dis glad nie oppervlakkig nie. Hulle is ernstig oor hulle geloof en oor die geestelike lewens van die outjies met wie hulle werk. Dis ‘n interkerklike opset, natuurlik, so ek dink dit kan nogals challenging wees, maar dis eintlik ongelooflik. Ek meen, wie van ons dink nou eintlik dat daar ‘n spesifieke bewuswording-slot ingewerk word op ‘n Rugby-Boot Camp?

Ek’s bly daaroor. Hulle het my ook genooi om een dag deur te kom na hulle kamp toe volgende week en om deur die jaar hulle by te staan met geestelike sessies. Ek het gister lank daar gekuier saam Shaun, Coach Neels en David (wat hulle geestelik gaan bewerk in die komende week). Hulle het in die week wat verby is, ouens se getuienisse gaan afneem op DVD – Bryan Habana, Wikus van Heerden en ek is nie seker wie nog nie. Maar dis vrek cool.

Ek is bly ek kan by dit betrokke raak. Soos julle al kon agterkom like ek Rugby baie, al is ek nie noodwendig die beste speler nie. En as ek ‘n input kan lewer, awesome! (Imagine ek word eendag soos die Springbokke se toer-predikant? Hehehe…!)

Dit help natuurlik ook met idees vir my storie. En Bybelstudies wat ek nou besig is om vir hulle uit te werk vir as hulle terugkom van die kamp af.

Mens dink baie keer God gaan jou net gebruik op die terreine waar jy goed in is of waar jou spesifieke talente iets kan beteken – en dit is so, God doen. Maar somtyds verras God jou deur jou iewers te gebruik waar jy NIE gedink het jy gebruik gaan word nie…

“Jy sien, dis nie die talentvolle ouens, of die slim ouens
wat ‘n verskil gaan maak nie
Maar dis ek en jy wat na God toe kom met leë hande en sê:
‘Here, hier is ek, gebruik my.’ “

– Gaan Na Jou Buurt! – Louis Brittz

  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: