Home > church, doop, godsdiens, jeug, kerk, Kersfees, Suid-Afrika, TO Strand > Geseende Kersfees!

Geseende Kersfees!

Geseende Christusfees vir julle almal. Soos Prof Jurie le Roux vir my gesms het: “Mag die jaar vorentoe opwindend wees omdat hierdie dag so betekenisryk is.”
Okay, ek weet dit is ‘n dag laat, maar seriously, gister was Kersdag.
Dit was baie snaaks toe ons kerk toe was vroeg die oggend. Natuurlik was dit tjok ‘n blok met almal se families wat die banke vol gesit het. So roep Ds Ferdinand toe ook die kinders vorentoe om vir hulle ‘n storie te vertel (wat ‘n paar mense na die tyd gedink het sou genoeg gewees het vir die hele preek, maar anyway). En daar is toe ‘n bekkige dogtertjie wat besluit het dat haar storie bietjie ineteressanter is as die een wat hy probeer vertel het. In die gees van die oggend en omdat sy nogal cute was, laat hy haar toe toe om ‘n mic te vat en te sing. Daar trek sy los met “Daar’s Vissies In Die Water”! Almal het spontaan hande geklpa, maar dit het haar net aangespoor en Oom Ferdi moes sy storie ken om te sorg dat sy nie oorneem nie. Maar dit was mooi en eintlik baie Christmassey.
Ons het Sondag 3 babatjies ook gedoop en al die ander kinders van die gesinne (en party se neefs en niggies) het ook vorentoe gegaan om te kyk. Pragtig! Bietjie messy business (Cobus sal weet waarvan ek praat!) en babatjies in dooprokke (gelukkig was hulle almal dogtertjies!😉 ) en dit was beautiful.
Hierdie is die laaste post van my kant af vir die jaar. Ons ry more TO Strand toe en dan sal ek eers rondom die 8ste Januarie terug wees.
Voorspoedige Nuwejaar vir elkeen!

  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: