Die Feesmaal (II); of: ‘n Storie oor eet en kosmaak

Sjoe. Ek het nie gedink daai post gaan soveel aftrek kry nie, maar thanx, almal wat dit gelees het! Ek hoop ek praat sense. Ek dink so anyway. Maar kom ons gaan aan na ander dinge:

KOSMAAK!!!!!

Een van die lekkerste dinge vir my is om kos te maak, veral saam met my vriende. Of ons nou net ‘n gewone braai hou, of ons biltongpotjie maak en of dit seekos-stew is – dit word ‘n event op sigself. Dit gaan later nie oor die eindproduk nie, maar oor die hele proses.

Ek en een van my beste vriende, Shaun, like dit vreeslik om te eksperimenteer. Hierdie laaste week of wat in die koshuis word ons ook genoodsaak om te eksperimenteer, want ons eetsaalgeld is op en daarom is ons óf van take-aways, óf van Pick ‘n Pay afhanklik. ‘n Mens kan ook net so lank take-aways eet, selfs al is daar baie om van te kies, voordat ‘n mens dik raak daarvoor. Daarom is Pick ‘n Pay ‘n gerieflike opsie: jy kan vir jou brood koop met slaai, of jy kan klein pakkies groente koop, of soos ons die laaste week gemaak het, tamatie en komkommer koop en dit op allerhande maniere met tuna en rys vermeng. Gooi bietjie chilli sous of tamatiesous by, en ‘n bietjie blaarslaai, en voila! Jy het ‘n wenner. Hoe het daai chef op Ratatouille gesê? “Anyone can cook!” En ons kook moer lekker.

As ons braai, is daar altyd iets ekstra by soos braaibroodjies (ons koop dit of maak dit self) of mielies of ‘n ou favourite, knoffelbrood. Ai, daai knoffel is darem maar lekker…
Die biltongpotjie is ‘n endeavour op sigself, en nee, ek gaan nie die resep weggee nie, maar die wat dit al geproe het, weet. Vra maar die proffies by die Teologie-potjie kompetisie, of die judges by Asterhof en Kollege se Pot-en Pons stalletjie laas maand.

Kosmaak is lekker. Eet is lekker. Wanneer jy dit alles saam met mense doen wie se geselskap jy geniet, word dit ‘n transendente ervaring, byna ‘n geestelike ervaring.

En die verwysing is beslis nie so vergesog nie. Kos en die gemeenskap rondom ‘n ete het in die Evangelie-vertellings van Jesus en sy volgelinge ‘n belangrike rol gespeel:

In Lukas 5 lees ons van die tollenaar, Levi, wat ‘n feesmaal gehou het ter ere van Jesus, een van die occasions waar die fariseërs reeds begin kla het dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet en drink. Daar is ook kort-kort verwysings na kos, soos in Lukas 6 vers 1-5 en later in vers 20-26. Toe Jesus se voete met die nardus-olie gesalf is, was dit by ‘n ete saam ‘n Fariseër.

Treffend is ook die vermeerdering van die brood, met die Matteus-weergawes wat vir my uitstaan. Die eerste een vind plaas nadat Jesus gehoor het van sy kleinneef, Johannes die Doper, se dood. Kyk wat gebeur hier: Jesus probeer ‘n bietjie stil tyd kry, maar die mense volg Hom anyway. Hy kry hulle jammer en sien om na die siekes en voorsien op die ou end vir al die mense kos, so ongelooflik dat daar nog ekstra is ná die tyd. (Daarna vind die waterlopery saam Petrus plaas…)

Ek kan nog verwys na die troue in Kana, waar Jesus die water in wyn verander het, en natuurlik na ou Saggeüs, nog ‘n tollenaar by wie Jesus aan tafel gaan. Dis wanneer Jesus in gemeenskap met hierdie mense is, of eerder andersom: wanneer mense in gemeenskap met Jesus is, dat hulle lewens verander word.

En dan die belangrikste van alles: die laaste ete saam Sy dissipels, wat op die ou end vir ons ‘n prototipe van die ware Christelike gemeenskap word. Wanneer ons eet, deel ons ‘n ervaring met ander mense. Ons eet nie net omdat ons liggame kos nodig het nie, ons eet omdat dit lekker is. Dis lekker om saam met mense te kuier en van die ete ‘n event te maak. Ek is seker dat Jesus dit ook so bedoel het. Ons gemeenskap met mekaar om die tafel kan vir ons ‘n metafoor wees hoe ons ons gemeenskap met Jesus kan ervaar: dis ‘n event. Elke ete verskil en het ander smake en geure as die vorige een. Partykeer is dit dieselfde as die vorige keer en dit smaak nie so lekker nie, maar dit gaan eintlik oor die mense saam wie ons eet.

Ons verhouding met Jesus is ook elke dag nuut, met verskillende lekker en minder lekker ervarings. Partykeer voel dit asof daar niks spesiaals is nie, asof dinge maar net altyd dieselfde is, maar ons moet net nie vergeet nie dat dit steeds ‘n “ete” saam Jesus bly. Hy is die Een wat ons kom ontmoet waar ons is en nooit weer van ons af weggaan nie. Hy voed ons, voorsien in ons behoeftes só oorvloedig dat daar op die ou end “mandjies vol” oorbly. Selfs al kan ons nie sien hoe dit gaan gebeur nie.

  1. October 3, 2014 at 2:26 am

    Thanks for finally talking about >Die Feesmaal (II); of: n Storie oor eet en kosmaak | The Life and Times of Mr T <Loved it!

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: