Home > Afrikaanse stories, Bachelor's Party, Blogroll, Dam, gebed, Hoëveld, Jesus, Life, Motorboats, prayer, random, Relationships, Rietkuil, rugby, South Africa, sports > Eina my bene…Nico se bachelor’s …motorbote en tyretubes en jetski’s…selfpyniging…Witbankdam…gepekelde, gerookte varkie op die spit…die ou wat net randomly oppitch…die Hoëveld…Rietkuil…

Eina my bene…Nico se bachelor’s …motorbote en tyretubes en jetski’s…selfpyniging…Witbankdam…gepekelde, gerookte varkie op die spit…die ou wat net randomly oppitch…die Hoëveld…Rietkuil…

Eina my bene, eina my bene, eina my bene!!!!!! Nee, ek is nie verlam of aangerand of so iets nie…ons is net terug van my vriend Nico se bachelor’s party by Witbankdam en ons het op die dam rondgespeel met motorbote en tyretubes en jetski’s. En ons het tackle rugby gespeel IN die water. Dis nogals ingewikkeld (lees: moeilik want die water en seer want die klippe), maar almal moet dit ten minste een maal in hulle lewe try.

My bene is seer (my linker quad muscle by my knie en my regter kuitspier!!) want sien, ons moet mos kyk hoe lank kan ons aan die tubes vashou terwyl ons met dieboor getrek word en glo my, die ou wat ons getrek het, Peet (of Petrus) het sy bes probeer om ons af te gooi…en dit klomp kere baie goed reggekry! Ek en Nico was sommer heel eerste en ek met my groot bek sê mos ja if you want to run with the big dogs, you can’t piss like a puppy, en ek het dit geweet.

Nico se broer JG het vir ons vertel dat ‘n mens die water tref teen twee keer die spoed waarteen die boot ry as jy afgegooi word van die tube af – iets te doen met momentum, moenie my vra nie, ek swot teologie. So as die boot dus teen byna 50 km/h ry, tref jy die water teen byna 100 km/h! G’n wonder ons het blou kolle orals op ons lywe nie en ook g’n wonder dat die water so hard voel soos ‘n sementpad nie. Kyk, dis lekker en fun en mens doen dit heeltemal te min en als, maar ai, mens like dit darem om jouself met pyn te inflict!

Dit was nie noodwendig jou run of the mill bachelor’s waar die mense kyk hoe vinnig hulle die toekomstige bruidegom dronk kan kry net voordat die skanky stripper opdaag nie. Nico se familie is ordentlike mense (selfs al bly hulle in Witbank!😉 ) en dit was eintlik ‘n vrek lekker dag. Die manne het ‘n paar biere rustig geknak, sonder om dit te verloor, en die gepekelde, gerookte vark op die spit was enige man se droom-ete. Voor ete het ons vir die kos gebid en Nico se oupa, wat die gebed gedoen het, het vir die Here dankie gesê dat Hy daar is en vir die inset wat Nico by die Here het en die inset wat die Here by Nico het, of soiets – dit het neergekom op ‘n lewende verhouding wat tussen Nico en God is en daarvoor is dankie gesê op sy Bachelor’s.

Maar, dit was immers by Witbankdam, so natuurlik moes daar gedice word, ek meen, dinge sou net nie reg wees sonder dit nie. So, toe het die 1100 cc Jetski teen die 200 perdekrag motorboot oor ‘n afstand van seker so 150 na 200 meter gedice. Die boot het lank voorgeloop, maar hier teen die einde het die Jetski hom ingehaal.

Peet, wat die motorboot bestuur en ons met ons instemming verrinneweer het, het self ‘n ontkominkie met die Jetski gehad, toe hy die golwe van ander bote getref het, geramp het en oor die neus van die Jetski gegooi is toe dié skielik vassteek. Ons was eers bietjie geworry toe ons sien dat hy nie dadelik weer opklim nie en Nico en sy pa was reg om met die boot nader te jaag om te kyk wat aangaan, maar toe klim Peet weer op en kom doen wragtag nóg tricks met die Jetski hier vlak in die water. Hy het later vertel dat die kill switch van sy arm afgeruk en in die water beland het en dat hy eers rondgeswem het op soek na dit. Hy het ook onomwonde erken dat hy sy gat af geval het. Waarmee ons almal saamgestem het.

Nou, by enige dam, braai, sportwedstryd of sosiale geleentheid op die platteland (of eintlik enige plek, for that matter), is daar ‘n ou wat net randomly oppitch. Dié ou is gewoonlik ‘n baie joviale mens, wat die grappies een na die ander inryg sonder om geforseerd te klink of te wees. Almal hang aan sy lippe en die staaltjies wat hy vertel. Hy het ook dikwels reeds sy fair share Brandewyn en Coke ingehad en sy taalgebruik is nie noodwendig geskik vir ‘n jonger gehoor nie. Hy crash bietjie die party, hoewel hy net ‘n rukkie lank bly, en niemand gee regtig om dat hy daar is nie (want almal ken hom al lankal) – solank hy net nie skade maak nie. Sy vrou (of eks-vrou) is nie noodwendig ‘n prioriteit in sy lewe nie. Ten spyte hiervan is hy eintlik ‘n baie gawe ou wat genuine omgee vir mense, selfs al lyk of klink dit nie so nie en hy sal regtig enigiets vir sy vriende doen sou hulle sy hulp benodig. En hy blaas altyd lewe in ‘n party, al sê jy wat.

Hier was dit Proppie. Proppie is seker so middel 40’s met die standaard Afrikanerboep en oopgeknoopte khaki-hemp. Hy het ‘n klein trekklaviertjie waarop hy “Suikerbossie” en “Ver in die ou Kalahari” gespeel het as hy nie grappies en staaltjies vertel het nie. Toe hy weer ‘n keer of wat te veel “fokken” gesê het, het Nico se pa hom ‘n sluk Chilli sous ingejaag – waarna die woord blitsvinnig na “HAKKEN!” verander het!

Die dag het my laat terugverlang na half twee dele van my lewe. Die tube-ry en motorboot en goed het my herinner aan ‘n New Year’s en ‘n verjaarsdag op hoërskool saam met die Wilmot’s, huisvriende van ons, waar ons dieselfde gedoen het toe hulle nog ‘n boot gehad het. Die ESKOM-kragstasie wat agter die suidelike wal uitgetoring het en natuurlik die res van die omgewing, het my teruggevat na my laerskooldae, nie te ver van daar af nie, naby Arnot kragstasie, oftewel Rietkuil. Die mense was baie dieselfde, die set-up was baie dieselfde…dit was immers op die hoëveld so die omgewing het dieselfde gelyk en die varkie was op dieselfde manier gaargemaak as wat my pa dit altyd gemaak het toe ons nog naby Rietkuil geboer het. En dit was lekker. Regtig lekker.

Ek mis Rietkuil soms – of eintlik mis ek my kleintyd en die goed wat ons gedoen het, ek weet nie. Ek weet net daar is nie ‘n MANIER wat ek al klaar is met die plek nie. Of met die hoëveld nie.

“Daar’s geen bosse, daar’s geen see
Net maar koppe, vlei en vlaktes…” (Laerskool Rietkuil Skoollied)

Wat nie van die hoëveld noodwendig ‘n picturesque plek maak nie. Alhoewel, gaan kyk Ouma Se Slim Kind, Gustav Mahne-hulle het daar brilliant goed met die hoëveldse scenery gedoen. Maar daar is iets, iets wat ‘n mens nie kan vasvat nie, wat jy net kan verstaan as jy daar gebore is en daar groot geword het. Dis rêrig in jou bloed.

  1. March 11, 2008 at 5:23 pm

    sounds like fun, if i could read that….

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: