Luidkeels 3 Oorgegee Road Trip en Marcus Borg se “Jesus” July 27, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Friends, Jesus, Life, Reis, Relationships, Suid-Afrika, Vryheid, books, godsdiens, jeug, kerk, music, musiek, religion, vriende, youth.Tags: Andrew Root, Luidkeels Hersien, Luidkeels Oorgegee, Marcus Borg, place-sharing, retief burger, Road Trip-experience
add a comment
Okay, die titel mag dalk suggest dat die twee in hierdie post iets met mekaar uit te waai het, maar dit het nie regtig nie, behalwe dat ek die Borg-boek tydens dieselfde naweek gekoop het. Dit sal dalk later meer met mekaar te doen hê!
Ons het die afgelope naweek van 26 Julie 2009 met ‘n spul tieners hier van Vryheid af Pretoria toe geroad trip vir Retief Burger en Luidkeels se derde cd/dvd-opname, getiteld Oorgegee, te NG Moreleta Park. Wat ‘n ervaring! Behalwe vir die opname, wat uitstekend was, was dit vir my ook ‘n voorreg om saam met hierdie tieners dit te kon deel. Nie almal is op dieselfde plek geestelik nie, onviously, maar dit was vir almal iets besonders. Of so glo ek, te oordeel aan die terugvoer en stories na die tyd. Veral van die een outjie wat in die week vir my gesê het hy het nog nie heeltemal honderd persent geloofsekerheid (om nou maar die taal wat ons praat te gebruik) nie.
Die musiek was van hoogstaande gehalte, soos ek verwag het. En ou Retief beïndruk my al hoe meer. So ‘n paar jaar gelede het ons na hom geluister toe hy by ‘n predikante-winterskool so ‘n sessie oor kerkmusiek gedoen het en hy het ‘n paar goed oor die Fakulteit in Pretoria kwytgeraak wat ons op daardie stadium (midde-in die Jurie Le Roux-Dirk Human-Julian Muller-saga) glad nie goed opgeneem het nie. Dit het my ‘n bietjie skepties teenoor die man gelaat, laat ek nou maar bieg. Maar vandat ek twee jaar gelede by Luidkeels Hersien se opname was, het ek ‘n ander deuntjie begin sing (pun intended!). Toe hulle in Mei vanjaar hier in Vryheid opgetree het, het hulle my regtig oortuig van hulle integriteit en die afgelope Saterdag kon ek dus gelukkig sonder enige ugly vooroordeel geniet.
Daar was ‘n paar van die tieners wat op die laaste moes kop uittrek, of wat lankal iets anders aangehad het maar graag wou saam gaan, of wat op die end besluit het: ag, ek is nie lus nie, en later baie spyt was.
Vir my het dit egter oor meer as net die opname gegaan. Dit was die hele Road Trip-experience, want daar was mense saam wat nie eintlik in ons gemeente is nie en ander wat nie gewoonlik by ander jeug-aktiwiteite kan wees nie. Dit was lekker en spesiaal om in ‘n koue nag terug te ry Natal toe van Gauteng af en met 17-jarige seuns gesprekke te kon voer oor hoe ons ons Christenskap verstaan en watter impak die Bybel in ons lewens kan maak en doen. En om sommer net musiek te luister en grappies te vertel. En om, in die woorde van Andrew Root, sommer net “place” te “share”. Dit was cool.
Oor Marcus Borg se boek sal ek later seker in meer detail ‘n klomp goed kwytraak, maar vir eers net dit: ek het nog nie voorheen van hierdie boek gehoor nie, so ek is nie deur die titel beïnvloed nie. Okay, dis ‘n leuen, want die titel is Jesus en, wel, Jesus het my al baie beïnvloed, haha, maar ek is meer getrek deur die outeur. Ek het nog net The Heart Of Christianity deur Borg gelees, so twee jaar gelede. Dit was besonders, kom ons stel dit so. Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ook wees. Hy pak die verskillende maniere oor hoe ons die Jesus-storie vertel netjies uit en maak ‘n mens bewus van waar jy so half en half staan, of nie staan nie, en waar jy overlap en goed. Ek sal graag dit wat hy sê, of die manier hoe hy dit beskryf aan ons tieners wil oordra. Ons taal waarmee ons oor Jesus en ons eie geloofslewe praat is só arm dat dit net goed kan wees. Want baie is al lankal oppad saam met Jesus, maar dink hulle moet nog ‘n sekere woordformule uiter om dit offisieel te maak of iets.
Ons Christene is eintlik maar ‘n weird spul. Ek meen, waar ry jy op een dag byna 900km heen en weer net om saam met iemand te sing oor Iemand wat jou lewe verander?
Een oggend in die saal se voorportaal… June 10, 2009
Posted by tiaan in Life, Relationships, Suid-Afrika, choices, doop, godsdiens, jeug, kerk, skole, vriende, youth.Tags: aanneming, belydenisaflegging, doop, eksamen, voorstelling
add a comment
Dit is ongewoon koud en reënerig vir Junie-maand in V**. ‘n Groep matrieks staan in die voorportaal van die saal en huddle om ‘n bietjie warmer te word voordat hulle die tweede eksamensessie van die dag, Tegniese Tekeninge, aanpak.
“Wat maak daai kinders by die hoof?”
“Hulle het sulke vuurhoutjie-boks bomme gemaak,” antwoord Willie.
“Hoe werk dit?”
“Jy vat die vuurhoutjies…” begin hy verduidelik. Die ander luister geamuseerd.
“Ek hoor jy het ‘n bietjie aksie by die kerk Sondag?”
Willie knik so half instemmend.
“Wat doen jy by die kerk Sondag?” vra Anton.
“Ek word Sondag aangeneem,” antwoord Willie. Hy glimlag so half as hy dit sê.
“Moes jy nie die eerste Nagmaal-Sondag na ons aangeneem gewees het nie?” vra Anton weer.
“Ek kon nie daar wees nie, ek was by kompetisie,” verduidelik Willie.
“Dit maak in anyway nie saak wanneer nie. Hy doen dit mos nou. Ek sou graag daar wou wees, ou.”
Hy glimlag weer so half, en draai dan weg om ‘n papier of iets wat op die grond lê in ‘n asblik te gaan gooi. Wat sê daai glimlag? Is hy verleë? Is hy trots? Is hy opgewonde? Is hy onseker? Want ek weet ook dat hy Sondag gedoop word, tesame met sy aanneming en voorstelling/belydenisaflegging of wat jy dit ookal wil noem.
En dit is vir my hartseer dat hy al sy vreugdes en al sy probleme vir homself hou…
Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme May 30, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, South Africa, Suid-Afrika, rugby, schools, skole, thought provoking stuff, youth.Tags: Blou Bulle, parallelmediumskool, retief burger, Super 14-finaal, Vertikaal
14 comments
‘n Paar kort topics wat ek gou wil aanraak, net om hier en daar goeters rond te stir.
DISCLAIMER: hierdie entry is nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis vandag die Super 14-finaal op Loftus Versfeld in Pretoria, ‘n uiters Blou Pretoria en ek wens ek was daar, maar in plaas daarvan het ons ‘n big screen in die kerksaal waarop ons die wedstryd gaan wys. Dit kombineer ons met ‘n bring-en-braai en VERTIKAAL se optrede ná die tyd. Maandagaand was Retief Burger-hulle hier gewees en dit was awesome. Daar is net ‘n klein sakie met ‘n skool wat kinders gehou het om vir ‘n mode-parade/big brag-ding te oefen en veroorsaak het dat hulle nie kon kom nie, al het hulle saam met ons baie daarna uitgesien. Maar ons sal daardie kinders saamvat wanneer ons Pretoria toe road trip vir die Luidkeels 3 cd-opname!
En, nog ‘n ding: julle kan maar sê alle Blou Bulle is tappit, maar elkeen van die driedrukkers laas naweek het met ‘n gebaar die eer aan God gegee vir hul talente en dit openlik op TV gewys. Daarom sal ek die span aanhou ondersteun, al boe die ander mense op die pawiljoen ook hoe.
Die rassisme-ding kom al van laas week af. Vir die wat nie weet nie, dis alive and kicking (and swearing). Ek het net maar weer beleef hoe verskillend mense gekondisioneer word, afhangende van die omstandighede waarin hulle is. Hoërskool Richardsbaai is een van 3 Afrikaanse hoërskole in KwaZulu Natal en tydens ‘n sportgeleentheid teen Hoërskool Vryheid (‘n parallel-mediumskool) het ons (VHS) daar by hulle gaan speel. Gedurende die dag sit ek saam met party van die kinders agter die een veld se rugbypale en kyk na ‘n wedstryd, met ‘n paar volwasse dames wat agter ons gesit het, op ‘n walletjie, so hulle was effens hoër as ons en hulle het op ‘n bankie gesit. Daar kom toe van die hokkie-ouens daar by ons aan en ons gesels toe oor hoe hulle wedstryd was. By ons het een van die swart spelers, Mpilo, gesit. Mpilo, ‘n gewilde leerling in graad 11, is in die Afrikaanse medium en het ‘n baie goeie verhouding met die wit inders – hulle is vriende en die wit kinders aanvaar hom ook so. Dis een van die voordele van ‘n dubbel- of parallelmediumskool: hulle leer kinders hoe om in die nuwe Suid-Afrika te kan funksioneer en goed te kan funksioneer ook!
In elk geval, die hokkie-ouens staan toe half voor die dames, wat mooi aangetrek is en eintlik heel ordentlik lyk) en een van hulle vra toe of die seuns sal skuif sodat hulle kan sien, wat die seuns toe doen.
Mpilo kyk toe heel onskuldig net om, om te sien wie daar sit.
“Wat kyk jy?” vra die een vrou ongeskik.
“Ek kyk vir jou,” kom Mpilo, wat nie op sy bek geval is nie, se antwoord.
Driftig spring die vrou op en storm nader.
“Gaan kyk vir jouself, jou fokken swart nerf. Jy is net ‘n fokken werfetter…”
“Jy is een, Tannie!” kom dit van Mpilo.
“Ag jy is fokol werd, jou fokken swart nerf…”
(gesprek verkort)
“Moenie so met my vriend praat nie, assebief!” probeer een van die wit seuns tussenbeide tree. As Mpilo se gesig wit van woede kon word, het dit.
“Kom ons loop net, ouens,” kry ek met moeite die ouens daar weg, Mpilo asvaal en duidelik diep seergemaak. Ons stap verby die kiosk na die pawiljoen toe, waar die ander “swart nerwe” van ons skool sit, om by hulle aan te sluit. Ek kry net gou eers vir Mpilo ‘n koeldrank om hom te kalmeer.
“Toemaar, Mpilo, daai vrou weet nie waarvan sy praat nie, hoor jy? Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie,” probeer die een wit ou hom troos, maar dis duidelik dat Mpilo se gedagtes hom anders oortuig.
Julle kan sê wat julle wil, maar dis wat gebeur het. Eina. Terwyl die wit kinders, Afrikaanses en Engelses, in die een skool hulle bes probeer om dit te “maak werk” (amper soos daai girl gesê het aan die einde van Remember The Titans), gee party ander mense doodeenvoudig glad nie om nie. Terwyl die een spul by die omstandighede in Suid-Afrika aanpas en werk daarvan maak, trek die ander terug en haat nogsteeds “die fokken kaffers”…
Wat my laat wonder: aan watter kant van die draad staan jy?
Swaarkaliber Springhaasjag en Reverse Mentoring May 18, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, Suid-Afrika, Vryheid, afrikaans, animals, jeug, sports, vriende.Tags: mentee, mentor, mentoring, Springhaasjag
add a comment
So twee naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.
Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.
Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).
Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.
Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/'mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.
En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.
Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.
Los my maatjies uit! March 5, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Jesus, Suid-Afrika, church, church, religion, Jesus, prayer, godsdiens, jeug, kerk, skole, theology, youth.8 comments
Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.
Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!
Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????”
Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.
Op die hond se stert (is daar baie vlooie) en JOB raak STIL November 5, 2008
Posted by tiaan in Blogroll, Ervarings, God, Jesus, Kersfees, Suid-Afrika, acting, church, godsdiens, jeug, kerk, musiek, skryf, song and dance, theology.Tags: blue note, Hierdie Kind, JOB, Liedboek, STIL, Vertikaal
add a comment
Jap, so maak ek toe ná 6 jaar uiteindelik klaar met my teologie-studies. Ek wil nou nie te diep raak so vroeg in die oggend oor dit nie, maar hel yeah, dis lekker om klaar te wees!! Om Enrique aan te haal: “It was good, it was bad, but it was real.” ![]()
Wat cooler was as dit was die produksie wat ons die naweek op die planke gehad het, STIL, ‘n gemoderniseerde weergawe van die boek JOB. Die hoofkarakter is ‘n matriekmeisie wat dan deur haar ou afgesê word net voor die matriekafskeid, haar koshuisplek verloor en ook nie mediese keuring kry nie. Dan kom gee haar vriende vir haar “raad” wat haar net meer deurmekaar maak en op die ou end, wanneer sy vir God ervaar, raak sy rustig ten spyte van die onsekerhede van die lewe.
Mushy? ‘n Bietjie. Maar darem nie te veel nie. Te veel mush maak sulke goed soos trifle – baie deurmekaar! Die musiekverskeidenheid wat ons gebruik het was nogals wyd – Michael W Smith tot Straatligkinders tot Avril Lavigne tot Retief Burger tot Vangelis, to name but a few. Ook Vertikaal se song, STIL (wat na ‘n laaaaang gespook ons stuk se titel geword het!) en ons eindlied was.
Ligte, rookmasjien, strobes, sambrele, hoede, lappe, video clips, linte, poefkussings (beanbags)…daar was nie ‘n tekort aan props nie! En nou moet ek nog net die dvd bou – bietjie van ‘n challenge, want ons gaan twee verskillende aande se opnames moet integreer. Ek sien ook uit na die bonus disk, daar het baie snaakse goed vooraf gebeur!
Iewers deur die loop van Sondagaand se optrede was dit asof ek die “blue note” gehoor het – iewers het ons iets reg gedoen. Something just clicked en dit was goed! Die gehalte was regtig hoog en ek wens eintlik ons kon dit op ‘n groter verhoog met ‘n wyer speelvlak doen.
Nou kyk ek gisteraand na hoe daar vir ons gemeente se kategese kerskonsert voorberei word. Wat ‘n kontras! Eerstens is dit eintlik maar net die aankondiging van Jesus se geboorte aan Maria en die skaapwagters en die (3!) sterrekykers en Josef se weghardlooppoginkie en hulle aankoms in Bethlehem, met ‘n paar Kersliedjies uit die Liedboek tussen in. En natuurlik die verpligte mimiek op Jan De Wet se weergawe van “Hierdie Kind”. As jy dit ‘n mimiek kan noem, want oh my soul dit is bad. Dit is verskriklik bad! Op byna elke lettergreep word daar die een of ander direkte verbinde handbeweging gemaak, baie crappy ook! Ek het maar besluit om net niks te sê nie en myself uit dit uit te hou. Weet ook nie hoe die girl wat dit afrig al die hele jaar lank daaraan voorberei nie – daai sit ek en Annelie-hulle aanmekaar in ‘n week. Wil nie ons eie beuel blaas nie, maar ons het in 12 weke meer reggekry as wat hulle nou al van laas jaar af beplan! Hierdie Kersscript is ook totaal onverstaanbaar vir junior kategese kinders: “Maria het gewonder wat die begroeting kon beteken…dit wat in haar verwek is…ek het nog nooit omgang met ‘n man gehad nie…Wees gegroet, begenadigde…Josef wou haar nie in die skande laat kom nie…” Watter kinders (of volwasse lidmate! Scary, huh?) verstaan nog wat dit beteken? Of wat die sosio-historiese betekenis sou wees rondom Josef se situasie en al daai crap? Oh please.
Ja, ek weet, dit moet net mooi en oulik wees. Ja…in 1990! Want ja, in 2008 moet ons die Bybel vir ons kinders, jongmense, jong volwassenes, ouer volwassenes en bejaardes aantreklik en aanloklik maak, sodat hulle dit gaan wíl lees! Verbeeldingryke omgang met die teks…want dan word jy eintlik STIL voor die grootheid en almag van God en die wonder wat ons Sy Woord noem.
Hoekom Pieter Koen nooit ooit weer naby Musiekteater mag kom nie en hoekom geen hoërskool hom ooit weer daarvoor mag gebruik nie September 23, 2008
Posted by tiaan in Life, Reality, South Africa, Sprokies, Suid-Afrika, jeug, music, musicals, musiek, random, schools, skole, song and dance, youth.Tags: Broadway, Grease, Greased Lightnin', High School Musical, I Feel Pretty, Ipi Ntombi, Maria, Memory, Music of the Night, Musical theatre, Phantom of the Opera, Pieter Koen, West Side Story
2 comments
* vir sekuriteitsdoeleindes, privaatheid en sodat ek nie geskiet word nie, is die name hier uitgehaal of verwyder.
Hoërskool-revue’s is sekerlik een van die heel lekkerste dinge wat daar is. Ek dink met groot fondness terug aan my eie paar revue’s waaraan ek deelgeneem het. Die ure se oefen voor die tyd, die balansering met jou sportaktiwiteite en akademie (ons sou soms in die voorportaal in ons sportklere sit en huiswerk doen op stoele terwyl ons wag vir ons beurt om te gaan oefen) en dan die hype wanneer dinge bymekaarkom: die aantrek backstage, grimering, kostuums, opening night met die kaas en wyn en uiteindelik closing night met die laaste show en al die bedankings en blomme en die details oor waar die foto’s en die dvd/video bestel kan word. Dis goed en elke hoërskoolkind moet dit ten minste een keer in sy of haar lewe ervaar.
So, toe M-hulle se skool, Hoërskool X, ook ‘n revue aanpak, was ek natuurlik opgewonde, gegewe die bogenoemde paragraaf en my agtergrond en drama-affiliasie yada yada yada. Hulle het al lank terug begin oefen en vanaand was ek by die laaste van slegs 2 shows. Hulle het in die P-teater in M P, Pretoria, opgetree. Interessante keuse – hoekom nie hul eie skoolsaal se verhoog nie? Ek weet nou nog nie.
Maar, goed, toe is ons nou P-teater toe. My aand het op ‘n uiters slegte noot afgeskop, wat dalk my ingesteldheid beïnvloed het: my sitplek was agter teen die muur, reg by die deur. Die heel crapste spot in die flippen teater. Behalwe vir die feit dat mense die hele tyd laat inkom, sit jy onder die galery, so jy het ‘n dakkie bokant jou kop wat die akoestiek tien keer meer bass gee as wat nodig is.
Nou, die groot ding met hierdie produksie, hulle trekpleister of watookal, was Pieter Koen. Hy sou al die male leads in die show sing. GROOT FOUT! Want seriously, is hierdie show Pieter Koen en die X’e of is dit Hoërskool X-revue met gaskunstenaar Pieter Koen? ‘n Mens kon nie agterkom nie. Wat ‘n mens wel kon agterkom, was dat hy glad nie, geheel en al en glad nie, daarby ingepas het nie.
Probleem nommer 1: As jy ‘n liedjie soos Memory, Music of the Night, You’re The One That I Want, Maria, Phantom of the Opera of Summer Nights sing, móét jy die woorde reg hê! Daar is min dinge in die lewe wat my so kan afpis as wanneer mense die verkeerde woorde van ‘n liedjie sing, met net so ‘n fokken smile op hulle gesigte asof hulle artistic license die ding beter maak. Dit doen nie.
Probleem nommer 2: Kry dan ten minste iemand wat ervaring het in Musiekteater. Vra vir Jannie Moolman of so iemand. Ek weet hy skud nie sy biscuit nie, maar ten minste kan hy die hoë note in Music of the Night moeiteloos baasraak sonder om tricks te trek of te klink soos ‘n stoomtrein wat uitasem raak.
Probleem nommer 3: WTF met die storielyn? Goed, ek weet ons spot met die sprokies en feetjieland en die Wolf mag maar met Tinkerbell iets aan hê (al is die Wolf vroulik) en die Drie Varkies mag vir Hompiekedompie rond begelei en die Three Blind Mice se komedie was actually snaaks (ek het my kliphard gecan toe die een oor ‘n trappie struikel en heel reflektief oor sy mic sê: “O, fok!” Freudian slip, much?!), maar waar de hel het die hot lugwaardinne ingepas? Dankie tog hulle was hot! En jammer, ek weet die Liewe Heksie en die ou Tannie wat die verteller was het die storie geskryf en die hele ding aanmekaar gesit, maar my hel, kry dan kinders om te act, my magtag! Flip, mens steel nie jou eie shine so nie!
Probleem nommer 4: Elke liedjie met Pieter Koen in. Hy moet bly by dit waarin hy goed is, naamlik biscuit-skudding en tattoo-ing, verkieslik op ‘n kunstefees soos Aardklop waar ‘n mens semi-gesuip kan wees as jy na hom luister en saam skud. Hy is nie stage actor nie, hy is ‘n entertainer.
Uitsonderings was Maria uit West Side Story en, actually, Phantom of the Opera se titellied…wel, ten minste totdat hy begin skree het “Sing, my angel!” aan die einde. Dit het hy eintlik heel goed gedoen.
Probleem nommer 5: Daar was eintlik net 3 outjies in die hele revue. Of 5. Maar daar was nie regtig ander nie. Ja, goed, die Eerste Rugbyspan is ingespan om die T-Birds te wees, soos dit maar altyd in hoërskool-weergawes van Grease gebeur en hulle was die twee gangs in West Side Story, maar dit was dit. En Greased Lightning se choreografie was verbeeldingloos en traag. Soos op baie plekke. Grease se choreografie het oor die algemeen nie sin gemaak nie. Hier en daar was daar strokes of brilliance, maar oor die algemeen…bleh.
Probleem nommer 6: Die speel van regte liedjies waar die oorspronklike kunstenaars dit sing terwyl die kinders te moves doen…as die kinders veronderstel is om self te sing. Gebruik hulle talente, my magtag! Selfs al sing hulle dan vals, ten minste gee jy daai Eerstespan-breker die kans om sy tenoor te laat hoor. Post-High School Musical is sing nie meer so groot skande nie.
Hier teen halftyd het dit regtig vir my gevoel of ek my een arm uit sy potjie kan ruk en met my gums aan die bloedkant kan begin kou. Dis nie hoe ek gewoonlik voel tydens musicals nie. Nooit. Ek was eintlik bly ek het by die deur gesit, ek het op ‘n stadium dit oorweeg om te loop. Net jammer ek was nie daar met my eie vervoer nie.
Goed, tweede helfte breek aan. En dis beter, dankie tog! Nie fantasties nie, maar beter.
Goeie punt nommer 1: Kostuums! Waar hulle dit ookal gehuur het, well done. Behalwe met Ipi Ntombi – soos N tereg opgemerk het, dit het meer soos Egiptiese haremmeisies gelyk as mense uit ‘n ‘n shanty-town.
Goeie punt nommer 2: Die ou en die (10-jarige!) meisie wat die latin-dans gedoen het. Uitstekend, absoluut! Ek was momenteel weegevoer en het regtig gedink: WOW! Dít is hoe die hele show moes wees. Die ou was blêrrie goed en hy is blykbaar nou eers 14, so ek sien ‘n blink toekoms vir die man.
Goeie punt nommer 3: M S! En ek belowe jou dis nie ‘n biased Goeie Punt nie. Ja, natuurlik is hierdie post subjektief, hello, maar sy was regtig goed. Sy kry sang opleiding en het al aan Eistedfodds en goed deelgeneem, so ek het darem verwag sy gaan dinge kan reg doen. En sy het, dankie tog! Sy was Maria in West Side Story en het vir ons I Feel Pretty gesing. Nou sy kan musiekteater doen! Selfs toe sy per ongeluk ‘n skop agter die kop kry, was sy nie van stryk gebring nie. Sy het lekker in die rol ingeleef, hoe kort dit ookal was, en haar stem het die hoë note heel gemaklik baasgeraak, selfs al het sy na die tyd gesê sy was nie fiks nie en het uitasem geraak. Nie so geklink nie. Well done, M!
Goeie punt nommer 4: Wel, eintlik al die solo-sangeresse. Veral die girl wat Hopelessly Devoted To You gesing het. Olivia Newton-John sou trots gewees het op haar.
Goeie punt nommer 5: Elke scene waar Pieter Koen NIE in was NIE. Die fokus was op die kinders, waar dit moes wees, en ons kon hulle talente waardeer en nie wonder of dit nou maar net ‘n onderafdeling was vir sy rambling voordrag van You’re The One That I Want nie. John Travolta sou beslis nie trots gewees het nie.
Goeie punt nommer 6: Die choreografie van die gang-fight-toneel in West Side Story. Briljant. Die ouens pull dit so geloofwaardig af, dat ‘n mens dink Hoërskool X moet dalk in die vervolg nét ‘n produksie van West Side Story aanpak. Dit behoort hulle goed te doen (hulle het net ook hier die oorpronklike songs gebruik, wat steurend oorgekom het).
Goeie punt nommer 7: Die hoof en sy adjunkte se weergawe van No Matter What. Not bad, not bad at all. En dit is by the way die regte manier om onderwysers in ‘n skoolproduksie te gebruik: jy gee vir hulle cameo’s. Jy maak hulle nie die hoofkarakters nie.
Die afsluiting: ja, okay, hoe sluit ‘n mens so iets anders af as met We Go Together? So dit was fine. Die probleem is net, na die bedankings…toe doen almal saam Skud Jou Biscuit. AAAAAHHHHHHHHHGGGGGGHHHHHHHH!!!!!!!!!!!!!!!
WTF????!!!!!!
Ja, ons weet Pieter Koen was die “gaskunstenaar” (of “Broadway-ster” soos hulle in hul vroeë Lappop-rendition geclaim het – oh my word), maar is dit nodig om ‘n aand waar ons fokus op musicals is met sy trademark af te eindig en dan mal te gaan asof hy nou net self musiek as sulks ontdek het? I don’t think so.
Ná die tyd het ons (ek en N en sy vrou, wat backstage gehelp het) eers vir die onderwysers gaan gelukwens (!) en alles. En hier is die draaipunt van hierdie post, yay! Want net hierdie geselsies na die tyd het die ding weer vir my in perspektief kom sit.
Kudo’s nommer 1: Dit vat ongelooflik baie effort om so ‘n produksie op die planke te bring. Ek haal daarom al my hoede af vir die kreatiewe span agter die revue.
Kudo’s nommer 2: As die kinders dit geniet het, was dit suksesvol. Punt. Nie of die een dansende couple op die verhoog neergesloeg het en of Hompiekedompie ‘n paar keer nie sy val kon keer nie en of almal die hele tyd honderd persent op die noot gesing het of whatever nie. As die kinders dit geniet het en voor hulle vriende in die P-teater kon optree en na die tyd sê: “Wow, dit was lekker! Ons sal dit weer doen!” Dan was dit geslaagd. En in hierdie geval was dit.
Net ‘n laaste ding: Scout assbelief jou hele skool deur vir talent totdat jy senior seuns het wat kan sing. Jy hoef nie ‘n Afrikaanse Popster in te span wat jou derduisende rande kos net sodat jy sy naam op die kaartjie kan sit om jou produksie ‘n sukses te maak nie. Inteendeel.
Musiekteater is die een ding wat Pieter Koen nooit ooit weer mag doen nie. Ek is seker sy twee-jaar oue seuntjie wat saam met hom op sy heup sy biscuit geskud het en met permanente tinitis in sy ore gaan grootword, sal saam met my stem