The Life and Times of Mr T

You can’t run from the wind - you trim your sails, face the music and keep going…

Hoekom Pieter Koen nooit ooit weer naby Musiekteater mag kom nie en hoekom geen hoërskool hom ooit weer daarvoor mag gebruik nie

* vir sekuriteitsdoeleindes, privaatheid en sodat ek nie geskiet word nie, is die name hier uitgehaal of verwyder.

Hoërskool-revue’s is sekerlik een van die heel lekkerste dinge wat daar is. Ek dink met groot fondness terug aan my eie paar revue’s waaraan ek deelgeneem het. Die ure se oefen voor die tyd, die balansering met jou sportaktiwiteite en akademie (ons sou soms in die voorportaal in ons sportklere sit en huiswerk doen op stoele terwyl ons wag vir ons beurt om te gaan oefen) en dan die hype wanneer dinge bymekaarkom: die aantrek backstage, grimering, kostuums, opening night met die kaas en wyn en uiteindelik closing night met die laaste show en al die bedankings en blomme en die details oor waar die foto’s en die dvd/video bestel kan word. Dis goed en elke hoërskoolkind moet dit ten minste een keer in sy of haar lewe ervaar.

So, toe M-hulle se skool, Hoërskool X, ook ‘n revue aanpak, was ek natuurlik opgewonde, gegewe die bogenoemde paragraaf en my agtergrond en drama-affiliasie yada yada yada. Hulle het al lank terug begin oefen en vanaand was ek by die laaste van slegs 2 shows. Hulle het in die P-teater in M P, Pretoria, opgetree. Interessante keuse – hoekom nie hul eie skoolsaal se verhoog nie? Ek weet nou nog nie.

Maar, goed, toe is ons nou Performer toe. My aand het op ‘n uiters slegte noot afgeskop, wat dalk my ingesteldheid beïnvloed het: my sitplek was agter teen die muur, reg by die deur. Die heel crapste spot in die flippen teater. Behalwe vir die feit dat mense die hele tyd laat inkom, sit jy onder die galery, so jy het ‘n dakkie bokant jou kop wat die akoestiek tien keer meer bass gee as wat nodig is.

Nou, die groot ding met hierdie produksie, hulle trekpleister of watookal, was Pieter Koen. Hy sou al die male leads in die show sing. GROOT FOUT! Want seriously, is hierdie show Pieter Koen en die X’e of is dit Hoërskool X-revue met gaskunstenaar Pieter Koen? ‘n Mens kon nie agterkom nie. Wat ‘n mens wel kon agterkom, was dat hy glad nie, geheel en al en glad nie, daarby ingepas het nie.

Probleem nommer 1: As jy ‘n liedjie soos Memory, Music of the Night, You’re The One That I Want, Maria, Phantom of the Opera of Summer Nights sing, móét jy die woorde reg hê! Daar is min dinge in die lewe wat my so kan afpis as wanneer mense die verkeerde woorde van ‘n liedjie sing, met net so ‘n fokken smile op hulle gesigte asof hulle artistic license die ding beter maak. Dit doen nie.

Probleem nommer 2: Kry dan ten minste iemand wat ervaring het in Musiekteater. Vra vir Jannie Moolman of so iemand. Ek weet hy skud nie sy biscuit nie, maar ten minste kan hy die hoë note in Music of the Night moeiteloos baasraak sonder om tricks te trek of te klink soos ‘n stoomtrein wat uitasem raak.

Probleem nommer 3: WTF met die storielyn? Goed, ek weet ons spot met die sprokies en feetjieland en die Wolf mag maar met Tinkerbell iets aan hê (al is die Wolf vroulik) en die Drie Varkies mag vir Hompiekedompie rond begelei en die Three Blind Mice se komedie was actually snaaks (ek het my kliphard gecan toe die een oor ‘n trappie struikel en heel reflektief oor sy mic sê: “O, fok!” Freudian slip, much?!), maar waar de hel het die hot lugwaardinne ingepas? Dankie tog hulle was hot! En jammer, ek weet die Liewe Heksie en die ou Tannie wat die verteller was het die storie geskryf en die hele ding aanmekaar gesit, maar my hel, kry dan kinders om te act, my magtag! Flip, mens steel nie jou eie shine so nie!

Probleem nommer 4: Elke liedjie met Pieter Koen in. Hy moet bly by dit waarin hy goed is, naamlik biscuit-skudding en tattoo-ing, verkieslik op ‘n kunstefees soos Aardklop waar ‘n mens semi-gesuip kan wees as jy na hom luister en saam skud. Hy is nie stage actor nie, hy is ‘n entertainer.
Uitsonderings was Maria uit West Side Story en, actually, Phantom of the Opera se titellied…wel, ten minste totdat hy begin skree het “Sing, my angel!” aan die einde. Dit het hy eintlik heel goed gedoen.

Probleem nommer 5: Daar was eintlik net 3 outjies in die hele revue. Of 5. Maar daar was nie regtig ander nie. Ja, goed, die Eerste Rugbyspan is ingespan om die T-Birds te wees, soos dit maar altyd in hoërskool-weergawes van Grease gebeur en hulle was die twee gangs in West Side Story, maar dit was dit. En Greased Lightning se choreografie was verbeeldingloos en traag. Soos op baie plekke. Grease se choreografie het oor die algemeen nie sin gemaak nie. Hier en daar was daar strokes of brilliance, maar oor die algemeen…bleh.

Probleem nommer 6: Die speel van regte liedjies waar die oorspronklike kunstenaars dit sing terwyl die kinders te moves doen…as die kinders veronderstel is om self te sing. Gebruik hulle talente, my magtag! Selfs al sing hulle dan vals, ten minste gee jy daai Eerstespan-breker die kans om sy tenoor te laat hoor. Post-High School Musical is sing nie meer so groot skande nie.

Hier teen halftyd het dit regtig vir my gevoel of ek my een arm uit sy potjie kan ruk en met my gums aan die bloedkant kan begin kou. Dis nie hoe ek gewoonlik voel tydens musicals nie. Nooit. Ek was eintlik bly ek het by die deur gesit, ek het op ‘n stadium dit oorweeg om te loop. Net jammer ek was nie daar met my eie vervoer nie.

Goed, tweede helfte breek aan. En dis beter, dankie tog! Nie fantasties nie, maar beter.

Goeie punt nommer 1: Kostuums! Waar hulle dit ookal gehuur het, well done. Behalwe met Ipi Ntombi – soos N tereg opgemerk het, dit het meer soos Egiptiese haremmeisies gelyk as mense uit ‘n ‘n shanty-town.

Goeie punt nommer 2: Die ou en die (10-jarige!) meisie wat die latin-dans gedoen het. Uitstekend, absoluut! Ek was momenteel weegevoer en het regtig gedink: WOW! Dít is hoe die hele show moes wees. Die ou was blêrrie goed en hy is blykbaar nou eers 14, so ek sien ‘n blink toekoms vir die man.

Goeie punt nommer 3: M S! En ek belowe jou dis nie ‘n biased Goeie Punt nie. Ja, natuurlik is hierdie post subjektief, hello, maar sy was regtig goed. Sy kry sang opleiding en het al aan Eistedfodds en goed deelgeneem, so ek het darem verwag sy gaan dinge kan reg doen. En sy het, dankie tog! Sy was Maria in West Side Story en het vir ons I Feel Pretty gesing. Nou sy kan musiekteater doen! Selfs toe sy per ongeluk ‘n skop agter die kop kry, was sy nie van stryk gebring nie. Sy het lekker in die rol ingeleef, hoe kort dit ookal was, en haar stem het die hoë note heel gemaklik baasgeraak, selfs al het sy na die tyd gesê sy was nie fiks nie en het uitasem geraak. Nie so geklink nie. Well done, M!

Goeie punt nommer 4: Wel, eintlik al die solo-sangeresse. Veral die girl wat Hopelessly Devoted To You gesing het. Olivia Newton-John sou trots gewees het op haar.

Goeie punt nommer 5: Elke scene waar Pieter Koen NIE in was NIE. Die fokus was op die kinders, waar dit moes wees, en ons kon hulle talente waardeer en nie wonder of dit nou maar net ‘n onderafdeling was vir sy rambling voordrag van You’re The One That I Want nie. John Travolta sou beslis nie trots gewees het nie.

Goeie punt nommer 6: Die choreografie van die gang-fight-toneel in West Side Story. Briljant. Die ouens pull dit so geloofwaardig af, dat ‘n mens dink Hoërskool X moet dalk in die vervolg nét ‘n produksie van West Side Story aanpak. Dit behoort hulle goed te doen (hulle het net ook hier die oorpronklike songs gebruik, wat steurend oorgekom het).

Goeie punt nommer 7: Die hoof en sy adjunkte se weergawe van No Matter What. Not bad, not bad at all. En dit is by the way die regte manier om onderwysers in ‘n skoolproduksie te gebruik: jy gee vir hulle cameo’s. Jy maak hulle nie die hoofkarakters nie.

Die afsluiting: ja, okay, hoe sluit ‘n mens so iets anders af as met We Go Together? So dit was fine. Die probleem is net, na die bedankings…toe doen almal saam Skud Jou Biscuit. AAAAAHHHHHHHHHGGGGGGHHHHHHHH!!!!!!!!!!!!!!!
WTF????!!!!!!
Ja, ons weet Pieter Koen was die “gaskunstenaar” (of “Broadway-ster” soos hulle in hul vroeë Lappop-rendition geclaim het – oh my word), maar is dit nodig om ‘n aand waar ons fokus op musicals is met sy trademark af te eindig en dan mal te gaan asof hy nou net self musiek as sulks ontdek het? I don’t think so.

Ná die tyd het ons (ek en N en sy vrou, wat backstage gehelp het) eers vir die onderwysers gaan gelukwens (!) en alles. En hier is die draaipunt van hierdie post, yay! Want net hierdie geselsies na die tyd het die ding weer vir my in perspektief kom sit.

Kudo’s nommer 1: Dit vat ongelooflik baie effort om so ‘n produksie op die planke te bring. Ek haal daarom al my hoede af vir die kreatiewe span agter die revue.

Kudo’s nommer 2: As die kinders dit geniet het, was dit suksesvol. Punt. Nie of die een dansende couple op die verhoog neergesloeg het en of Hompiekedompie ‘n paar keer nie sy val kon keer nie en of almal die hele tyd honderd persent op die noot gesing het of whatever nie. As die kinders dit geniet het en voor hulle vriende in die P-teater kon optree en na die tyd sê: “Wow, dit was lekker! Ons sal dit weer doen!” Dan was dit geslaagd. En in hierdie geval was dit.

Net ‘n laaste ding: Scout assbelief jou hele skool deur vir talent totdat jy senior seuns het wat kan sing. Jy hoef nie ‘n Afrikaanse Popster in te span wat jou derduisende rande kos net sodat jy sy naam op die kaartjie kan sit om jou produksie ‘n sukses te maak nie. Inteendeel.
Musiekteater is die een ding wat Pieter Koen nooit ooit weer mag doen nie. Ek is seker sy twee-jaar oue seuntjie wat saam met hom op sy heup sy biscuit geskud het en met permanente tinitis in sy ore gaan grootword, sal saam met my stem

September 23, 2008 Posted by tiaan | Life, Reality, South Africa, Sprokies, Suid-Afrika, jeug, music, musicals, musiek, random, schools, skole, song and dance, youth | , , , , , , , , , , , , | 2 Comments

Hansie & Grietjie/Hansel & Gretel/Hänsel & Gretl

So, ons almal ken die (tragiese) verhaal van die boetie en sussie wat deur hul bose stiefma die bos ingeneem word, daar agtergelaat word, en wat dan op die lekkergoedhuisie wat deur ‘n heks bewoon word afkom, deur haar gevang word en haar dan op ‘n wreedaardige manier uitoorlê.

Okay, dis baie eenvoudig gestel en ek is regtig jammer as ek basies elkeen wat hierdie lees se kinderfantasie sopas vernietig het. Maar ek is net hier om na die ware feite van die verhaal te kyk. Kom ons kyk of ons tog, deur middel van rekonstruksie, ons onskuld kan herwin…

Reg. Die verhaal begin met Hansie, Grietjie, hulle pa en natuurlik die Wrede Stiefma (want in sprokies is stiefma’s altyd wreed – sorry stiefma’s!). Hulle bly ook, soos so baie mense in sprokies, in ‘n bos of woud. Wat ons laat wonder oor die pa se beroep en oor die afwesigheid van die biologiese ma: waar is sy? Het sy pad gevat, het sy beswyk aan ‘n virus of het die pa se onbehendigheid dalk veroorsaak dat ‘n boom op haar geval het en sy op so ‘n manier die hiernamaals in is? Want, volgens wat ons uit die storie kan aflei, is die pa nogals ‘n lamsak. Ek meen, watter mens laat sy tweede vrou toe om sy kinders (TWEE KEER!) in ‘n bos in te vat en hulle daar te los sodat hulle nou maar kan omkom van die honger? Hallo, al ooit gehoor van die WELSYN?! Sit hulle in pleegsorg of iets as jy nie vir jou eie kinders kan sorg nie, maar moenie hulle in die flippen bos gaan aflaai nie! Dis net wreed. Wat ons ook laat wonder of dit nie dalk eerder die Wrede Biologiese Pa moes gewees het nie.

Elk geval, so die Biologiese Pa en Wrede Stiefma is so onbeholpe en maak so min geld dat hulle naderhand nie meer hul twee kinders kan onderhou nie. Onthou hulle bly in ‘n bos. Met diere en voëls. En bome met vrugte. En bessies. En probably ‘n rivier waar mens water kan kry. So dis nie exactly asof daar niks was nie – hulle het immers nie in die woestyn gebly nie.

Maar okay, soos wat die twee ouers die een aand sit en oor die saak argumenteer oor wat om met die kinders te maak (in plaas daarvan om te besluit hoe hulle ‘n inkomste kan genereer), hoor Hansie en Grietjie, die twee Duitse bloedjies, die geredekawel. Hansie, wat deurgaans in die storie na vorentoe kom as die entrepreneur, innoveerder en eksperimenteerder, het toe sy sussie in die een hoek van die eenslaapkamer huisie getrek en haar van sy meesterplan vertel.

(Pause net eers. Vir almal wat al Fiela Se Kind gesien of gelees het, lui hierdie nie ‘n klokkie nie? Lukas van Rooyen, Nina die boskind…funny, tussen al die Van Rooyens se gekrepeer kon hulle hul kinders behou…)

Hansie het gehoor dat die ouers saam besluit het om hulle die bos in te vat en daar te los. Vir hierdie plan om te slaag moes (a) die bos vrek groot gewees het en hoe sou die ouers dan hul pad teruggekry het; (b) hulle die kinders geblinddoek het; of (c) Hansie en Grietjie nooit buite gespeel het en die bos leer ken het nie. Wat dalk die waarskynlikste opsie was. Want sien, Hansie was ‘n boekwurm, versot op lees. Sy intelligensie en planmaakvermoë het gekom uit al die speur- en aksieromans wat hy voor brekfis verslind het. Hy was versot op enigiets van Fritz Deelman tot Clive Cussler tot Dean Koontz tot Michael Crichton tot Wilbur Smith. Hoewel hy nie regtig van Wilbur Smith gehou het nie – teveel detail beskrywing.
Maar ja, dit en sy voorliefde om met hoenderbeentjies te speel sou hom later handig te pas kom.

Grietjie, aan die anderkant, was die klein huisslafie. Sy het alles gedoen: kos maak, wasgoed was, huis uitvee, die blare hark en die geut regmaak. Sy moes ook, wanneer haar Wrede Stiefma en Biologiese Pa wou bad, die gat in die sinkbad met haar hand toe hou. Wat veroorsaak het dat sy haar onskuld en ongemaklikheid met persoonlike nabyheid op die rype ouderdom van drie en ‘n kwart al verloor het. So sy was gemaklik met enigiets. Regtig enigiets. Niks kon haar naarmaak, afskrik of omverwerp nie, nie eens twee ouers wat haar en haar ouboet in die bos wil gaan los nie. Die stories wat sê Grietjie was ‘n bang klein dogtertjie, lieg.

Waar was ons? O, ja: die plan. Die meesterplan. Soos wat Hansie hoor dat die ouers besluit om hulle in die bos te los (seriously? Ek kom net nie oor dit nie!), werk sy kop in vyfde rat: Hoe maak mens as jy ‘n pad terug soek, maar dit nie ken nie? Die logiese antwoord is: jy volg die bordjies, of in hierdie geval, die bakens (lees: wit klippies) wat jy skelm-skelm agter jou los.

Nou, gelukkig het dit so uitgewerk dat daar iewers naby die huis ‘n plek was waar Hansie ‘n klomp wit klippies in die hande kon kry. Wat natuurlik die teorie oor die rivier wat water kon voorsien, versterk. So toe, terwyl almal slaap, gaan hy stilletjies en versamel genoeg klippies om vir hulle die pad terug huis toe aan te dui. Hoe hy geweet het hoeveel om op te tel, weet net Hansie, maar gelukkig was hy ‘n entrepreneur, innoveerder en eksperimenteerder en daarom kon hy dit met ‘n formule in sy kop uitwerk.

Die volgende oggend breek toe aan en daar trek die Biologiese Pa, die Wrede Stiefma en die twee Duitsertjies die bos in. Hansie laat val sy klippies skelm en Grietjie act ‘n Oscar los om dit te laat lyk asof sy so bang is sy kan doodgaan. Eventually is hulle ver genoeg na die Biologiese Pa en Wrede Stiefma se sin en op die telling van drie los hulle die kinders daar en hardloop terug na hulle boshuisie toe. Die Biologiese Pa het in die hardloop op die grond gekyk en elke nou en dan ‘n wit klippie gesien en gewonder of dit wat hy die vorige aand skelm geëet het hierdie gryserige putty veroorsaak het. Hulle was mos immers brandarm en wie weet op watter plekke sy broek orals stukkend was…

Back to Hansie en Grietjie. Daar sit die twee in die middel (of wherever) van die bos en pondereer. Hulle het eintlik nou veelvuldige opsies gehad: hulle kon die wit klippies gevolg het terug na die armsalige houthuisie en hul ewe armsalige bestaan toe, of hulle kon uiteindelik verlos gewees het van hul Wrede Lui Ouers en die wye wêreld ingegaan het en John en Joan Cusack geword het. Ek meen, Grietjie kon immers ‘n barshou act.

Maar, soos ons almal maar is, het familie nou maar eenmaal ‘n trekpleister op ‘n mens tot ‘n mindere of meerdere mate en buitendien het Hansie ‘n paar van sy favourite novels by die huis vergeet. Grietjie het nog nie die vorige dag se skottelgoed gewas nie, maar sy kon nie minder omgee nie. Hansie het egter ‘n belangriker rede as ‘n paar novels gehad om terug te keer huistoe.

Die ding was: Hansie het potensiaal in sy pa gesien. Granted, die man was lui, oorgewig, humeurig en bietjie van ‘n suiplap elke derde vrydagaand, maar Hansie het geweet dat sy Inner Lion net moes ontwaak om hom in die Goeie Gawe Kêrel te laat verander wat hy in der waarheid was. Daarom het hy Grietjie bietjie gepush en haar omgekoop met ‘n perd wat hy van hoenderbeentjies gemaak het. Griet se gesig het opgehelder en aan die moontlikhede van sprokieskryf gedink en besluit om tog maar saam met haar broer te gaan.
“Op een voorwaarde,” het sy toegegee.
“Wat?” het Hans gevra.
“Ons raak van daai bitch van ‘n stiefma ontslae. En ons torture haar. Ek gee jou die hele pad om aan iets te dink. Anders gaan ek in anyway f-of en dan kan julle self kyk wie die bad se lek gaan toehou.”
Hansie was keen en daar cruise hulle terug huistoe, al agter die wit klippies aan.

Nou, hier is die vraag: hoekom het Hansie, as hy dan so slim was, nooit die klippies opgetel en saam teruggevat huistoe nie? Nêrens lees ons dat hy dit wel gedoen het nie, so ons kan dit nie in die storie inlees nie. Dit sal tog net verspot wees.

So kom hulle toe laat middag by die houthuisie aan en verras die Wrede Ouers. Die stories sê dat die Biologiese Pa baie gelukkig was om hulle weer te sien, maar ek is nie so seker nie. Ek meen, hy is skaars ‘n dag in gedeeltelike vryheid en hier is die meulstene om sy nek alweer terug. Of so het hy geredeneer. Moontlik. Dat die Wrede Stiefma nie te ingenome was met hulle terugkeer nie, goes without saying.

Hans en Griet was terug by die krot en dinge het by die dag slegter gegaan. Die Biologiese Pa en Wrede Stiefma het gefigure dat dit dalk nie die brightste idee in die hele wêreld was om hulle in die bos te los nie en ander opsies begin oorweeg. Maar omdat hulle skynbaar van die buitewêreld afgesny was en daarom nie ‘n telefoon of kommunikasie van enige soort gehad het nie, het hulle seker nie van die welsyn geweet nie en kannibalisme was (dank Vader) vir die Biologiese Pa nie ‘n opsie nie. Ek meen, mens abandon net jou kinders. Jy eet hulle nie op nie.

Hansie het alles in sy vermoë gedoen om sy Biologiese Pa se Inner Lion wakker te maak, maar niks wou werk nie. Wild At Heart, Mannekampe, Rhino Horn, Viagra, you name it – alles tevergeefs. Griet het intussen begin om in haar gedagtes ‘n Sprokie uit te dink en sy het geweet dat daardie een beslis meer vreugde en plesier as haar eie lewe sou bevat.

Die Wrede Stiefma was, sad but true, regtig ‘n bitch in die ergste sin van die woord. Met die Duitse huppelkinders se terugkeer het sy hulle erger laat werk as tevore en Hans se leestyd is dramaties ingekort. Sy was ook dead set dat die bos tog die regte opsie was en het op ‘n manier die opsie op die Biologiese Pa afgedwing.

Die lewe is soms soos ‘n wrede siklus en partykeer voel mens vasgevang in die Deja Vu wat dreig om jou te verswelg. Dis seker hoe Hans en Griet moes gevoel het toe hulle een oggend wakker word en besef dat hulle wragtag weer oppad na die middel (of wherever) van die bos toe is. Hansie het yskoud geword en besef dat hy nooit daaraan gedink het om weer klippies te gaan optel nie en het inderhaas ‘n stuk droë brood van die kombuistafel afgegryp – die krummels sou maar net moes doen.

Weer is hul op die telling van drie agtergelaat en weer het hul alleen agtergebly met ‘n wêreld vol keuses. En weer het hulle terug huistoe gedonner…hierdie keer was die pad net moeiliker om te kry. So moeilik, in fact, dat hulle verdwaal het. Persoonlik glo ek nie die twak dat die voëls die broodkrummels opgepik het nie. Probeer ‘n slag broodkrummels af en toe in ‘n donker bospaadjie laat val en kyk of jy dit met die blote oog kaan raaksien? Jy kan nie. Hans en Griet kon nie die krummels kry nie want die goed het weggeraak. Punt.

Maar hulle kry toe wel ‘n oopte in die bos en…drumroll…’n huisie wat van lekkergoed gemaak is!!! Okay, dit moes paradise gewees het vir die twee Duitsertjies wat skynbaar van hoender, water en die occasional stuk droë brood geleef het.

Die soorte lekkergoed waaruit die huisie bestaan het, verskil letterlik van boek tot boek, van vertelling tot vertelling. Net ‘n paar gedagtes: sjokolade smelt, koek droog uit, versiersuiker word hard en smaakloos en as dit reën word beskuitjies extremely mushy. En hitte laat suiker en sulke goed smelt (waar dink julle kry ons spookasem vandaan?) en hierdie magic huisie het ‘n oond ingehad. Seriously, net ‘n paar gedagtes.

Hulle begin toe soos honger kinders te vreet en natuurlik moet Die Heks nou ‘n entrance maak:
“Knibbel knabbel knuisie, wie knabbel aan my huisie?”
En Hansie se comeback (waar Grietjie hom waarskynlik oor geklap het) is:
“Die wind, die wind, die hemelse kind.”
For crying out loud.

Nou, ek het ‘n teorie wat ek al van kindsbeen af glo en wat jy op raar geleenthede tog in weergawes van die verhaal sal opspoor: Die Heks en die Wrede Stiefma is een en dieselfde persoon! Die huisie was obviously ‘n lokval en háár Meesterplan om finaal van hulle ontslae te raak. Dís hoekom die Biologiese Pa nie vir sy gesin kon sorg en sy Inner Lion kon release nie, dís hoekom Hansie van die klippies vergeet het en dís hoekom sy aangedring het om hulle weer bos toe te vat. Maar op hierdie stadium in die storie weet ons dit nie.

Die heks kom uit en vermom as ‘n ou tannie nooi sy ewe vriendelik die kinders in om binne toe te kom. Binnekant verdwyn al die maskers toe natuurlik en verander sy in Die Heks wat sy nog die heeltyd was.

Belangrik om te weet is dat hekse in hul eie omgewing nie hulself kan regtoor nie, daarom kon Die Heks nie so goed sien nie en het sy nie ‘n bril gehad nie en het haar kannibalistiese sy tog na vore gekom en was dit die rede hoekom sy vir Hans wou opvreet. Hy is summier in ‘n hok gestop met tralies en slotte en alles en Grietjie is in die werk gesteek (ek bedoel sy het werk gekry om te doen, vergeet die steek).

Vir hoe lank hulle nou eintlik Die Heks se gevangenes was, is onseker, maar Hans moes iets vermoed het toe hy ALWEER hoender vir aandete gekry het op presies dieselfde manier as wat die Wrede Stiefma altyd gemaak het. En Griet moes self suspisieus geraak het toe sy die einste stukkende sinkbad buitekant by die agterdeur sien staan het. Maar soos ons mense nou maar is, lieg ons om ons swakhede weg te steek en hoewel Die Heks teen dié tyd geweet het die kinders weet wie sy is en dat hulle weet dat sy weet dat hulle weet wie sy is, het almal mooi hulle pose gehou. Hans was agter tralies, Griet was besig om die vloer te mop en Die Heks het…ek weet nie presies wat gedoen nie. Hoender gekook.

Kannibalis wat sy was het Die Heks elke dag aan Hansie se vinger gevoel of hy vetter word sodat hy vet genoeg vir haar kan wees om te eet. Seriously? Sy vinger? Hoe sy ooit gedink het hy vet gaan word op hoender is…wel, ‘n vraag wat TUKS se koshuiseetsale haar kan beantwoord: met liters en liters olie! Die Heks het egter nie van sonneblomolie geweet nie en die goed was maar meeste van die tyd op die kole gebraai.

Ou Hans, die entrepreneur, innoveerder en eksperimenteerder, het elke keer net ‘n hoenderbeentjie uitgesteek as Die Heks aan sy vinger wou vat en intussen aan die binnekant van sy hok goeters uitgekrap soos Hansie Was Here en sulke dergelikhede (vergelyk die Afrikaanse Jeugboek Buys). Intussen het hy en Griet afgespreek en sy het stelselmatig die pad tussen die hok en die vuur skoongekry. En glad ook, sy het immers die mop gehad en dit wás ‘n lekkergoedhuisie – daar moes iewers stroop gewees het. Toe Die Heks/Wrede Stiefma dus weer eendag aan Hans se vinger voel (ewww!!) en uitfreak omdat hy nie vetter word nie en na die oond toe draai om te voel hoe warm dit is, gryp Griet haar kans aan en stamp Die Heks/Wrede Stiefma in die brandende oond. Die ou ding het met ‘n geskreeu en ‘n gekrys tot as verbrand – tipies aan haar einde gekom soos wat met alle hekse gebeur. Vra maar die Kerk van die Middeleeue. Hulle ken van brandstapels.

So Hansie en Grietjie was uiteindelik vry. Dit moes sad gewees het om van die lekkergoedhuisie afskeid te neem, maar nou ja versoeking bring mens ook net so ver en dan moet mens aan beweeg.

Omdat Die Heks/Wrede Stiefma nou dood was, was die magic op die bos verbreek (ja julle suckers natuurlik het sy die bos getoor!) en kon hulle redelik eenvoudig hul pad terug kry na die houthuisie toe. Die Biologiese Pa se Inner Lion het ook intussen uitgekom en uiteindelik kon hy vir sy kinders begin sorg. Hy het vir hulle klere en haardye gekoop, die houthuisie vaarwel toegeroep en oor die straat gestap Hollywood toe (HollyWOOD – dis ‘n bos, hallo!). Daar het die kinders toe ‘n loopbaan in drama gevolg en dis hoekom ons vandag movies soos Runaway Jury, America’s Sweethearts, Con Air, Grosse Point Blank, Raising Helen, Friends With Money en so aan het.

So, ouers, die lessie wat julle moet leer, is dit: leer julle kinders vroegtydig om ordentlik keuses te kan maak sodat hulle nie altyd terug na julle toe hoef te foeter nie.

Fluit fluit my storie is uit!

October 24, 2007 Posted by tiaan | Afrikaanse stories, Blogroll, Life, Sprokies, afrikaans, humor, random, stories | | 2 Comments