Place-sharing in die gym September 23, 2009
Posted by tiaan in Reality, Relationships, jeug, kerk, youth.2 comments
Dis nou die 3e week dat ek saam met een van die tieners in ons gemeente gaan gym het. Crazy, want hy gym al vir soos 2 jaar en ek nie, so jy kan jou net voorstel hoe ek die eerste paar dae gevoel het! Maar ek het die gymfooie betaal en die Weider Amino 6000’s gekoop en myself nou gecommit, so hier gaan ek elke middag om 14h40 en speel tussen die ysters rond. Onder die wakende oog en met behulp van my vriend, natuurlik.
Vandag kon ons nie op dieselfde tyd gaan nie as gevolg van various redes. En vir my is ‘n gym maar altyd bietjie van ‘n intimiderende plek om alleen aan te durf. ja, ja, whatever dot com.
So toe ek daar aankom, sien ek een van die ander outjies wat ek nou al so deur die loop van die tyd leer ken (lees: groet) het. Almal groet gewoonlik almal in die gym, jy sien dieselfde mense elke middag en leer gou-gou ‘n paar nuwe name en gesigte ken – die ander hoofrede hoekom ek nou besluit het om daar uit te hang.
Vandag toe begin ek en die ou te gesels. hy was vanoggend in die saalopening wat ek by sy skool waargeneem het en hy het vir my kom se dat dit vir hom nice was (ek is bly dit was nice, ek sal blyer wees as hy dit onthou en actually iets daaromtrent doen!
). Ek het eers 2 dae gelede uitgevind wat sy naam is. Hier begin ons chat en sonder om geforseerd te wees, deel ons iets van ons geloof met mekaar. Hy het vanoggend saam met my gebid nadat ek vir hom opsies gegee het oor hoe hy homself kan gedra die vakansie, en hy het my vanmiddag gewys hoe om twee liggaamsoefeninge te doen. Ons deel mekaar se plek sonder dat die een dit op die ander een afdwing.
Nie maklik nie, maar moontlik. Dis goed wat tyd vat. Jeugwerk is ‘n langtermyn investment, jy kan maak wat jy wil. Jy gaan nie vinnig ‘n kindjie bekeer met ‘n mooi Hillsongs-liedjie en nou dink hy of sy is gered en “alles is mooi, almal is gelukkig, almal is gehoorsaam aan die Here” nie. Jy gaan ure moet insit en nie afgesit word as jy nie onmiddellik hierdie massiewe resultate sien nie (soos in die gym, haha). Maar as jy bereid is om dit kans te gee en die reg verdien om ‘n tiener se plek te deel, word dit ‘n ervaring wat beide jou en die tiener se lewe verryk.
Kots in ‘n tuimeldroeër August 12, 2009
Posted by tiaan in Life, Reality.Tags: issues, probleme, wegsteek
4 comments
Okay, hierdie post gaan nie oor kots of tuimeldroeërs nie.
Ek wonder maar net ‘n bietjie. Sien, ek wonder oor hoe accepting ons eintlik is. Ek sit byvoorbeeld met ‘n probleem en ek kan niemand daarvan vertel nie – dis te sensitief. “Dominees” is nie veronderstel om sulke tipe probleme te hê nie, ons is immers die morele steunpilaar waarop sowel die jeug as die ouer garde moet staatmaak. So dit maak dit ‘n bietjie moeilik. My shrink is in Pretoria en ek is in 400km daarvandaan, so ek kan haar nie vertel nie. Ek kan nie my ouers vertel nie, want dit sal net te erg wees. Ek kan nie my kollegas vertel nie (alhoewel ek behoort te kan, maar ek wil eintlik nie want ek kan nie nog geskende verhoudings hanteer nie). My beste vriende is in Pretoria en weer eens is die geografie teen my. En selfs vir hulle sal ek dit moeilik vind om te vertel. Ek weet dis nie ‘n judgmental klomp nie (ek glo nie so nie. Ek hoop nie so nie.). Maar ek is net té versigtig. Net té bang hulle verstaan nie. Of sien my anders as wat hulle my altyd gesien het.
So dis nogal moeilik.
Intussen moet ek face up, suit up en show up vir die daaglikse eise van “die bediening” – niks fout daarmee nie, ek noem dit net – sonder dat my eie persoonlike issue uitgesort word.
Dalk lug ek bloot ‘n gevoel wat baie ander met my deel.
I dunno.
Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme May 30, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, South Africa, Suid-Afrika, rugby, schools, skole, thought provoking stuff, youth.Tags: Blou Bulle, parallelmediumskool, retief burger, Super 14-finaal, Vertikaal
14 comments
‘n Paar kort topics wat ek gou wil aanraak, net om hier en daar goeters rond te stir.
DISCLAIMER: hierdie entry is nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis vandag die Super 14-finaal op Loftus Versfeld in Pretoria, ‘n uiters Blou Pretoria en ek wens ek was daar, maar in plaas daarvan het ons ‘n big screen in die kerksaal waarop ons die wedstryd gaan wys. Dit kombineer ons met ‘n bring-en-braai en VERTIKAAL se optrede ná die tyd. Maandagaand was Retief Burger-hulle hier gewees en dit was awesome. Daar is net ‘n klein sakie met ‘n skool wat kinders gehou het om vir ‘n mode-parade/big brag-ding te oefen en veroorsaak het dat hulle nie kon kom nie, al het hulle saam met ons baie daarna uitgesien. Maar ons sal daardie kinders saamvat wanneer ons Pretoria toe road trip vir die Luidkeels 3 cd-opname!
En, nog ‘n ding: julle kan maar sê alle Blou Bulle is tappit, maar elkeen van die driedrukkers laas naweek het met ‘n gebaar die eer aan God gegee vir hul talente en dit openlik op TV gewys. Daarom sal ek die span aanhou ondersteun, al boe die ander mense op die pawiljoen ook hoe.
Die rassisme-ding kom al van laas week af. Vir die wat nie weet nie, dis alive and kicking (and swearing). Ek het net maar weer beleef hoe verskillend mense gekondisioneer word, afhangende van die omstandighede waarin hulle is. Hoërskool Richardsbaai is een van 3 Afrikaanse hoërskole in KwaZulu Natal en tydens ‘n sportgeleentheid teen Hoërskool Vryheid (‘n parallel-mediumskool) het ons (VHS) daar by hulle gaan speel. Gedurende die dag sit ek saam met party van die kinders agter die een veld se rugbypale en kyk na ‘n wedstryd, met ‘n paar volwasse dames wat agter ons gesit het, op ‘n walletjie, so hulle was effens hoër as ons en hulle het op ‘n bankie gesit. Daar kom toe van die hokkie-ouens daar by ons aan en ons gesels toe oor hoe hulle wedstryd was. By ons het een van die swart spelers, Mpilo, gesit. Mpilo, ‘n gewilde leerling in graad 11, is in die Afrikaanse medium en het ‘n baie goeie verhouding met die wit inders – hulle is vriende en die wit kinders aanvaar hom ook so. Dis een van die voordele van ‘n dubbel- of parallelmediumskool: hulle leer kinders hoe om in die nuwe Suid-Afrika te kan funksioneer en goed te kan funksioneer ook!
In elk geval, die hokkie-ouens staan toe half voor die dames, wat mooi aangetrek is en eintlik heel ordentlik lyk) en een van hulle vra toe of die seuns sal skuif sodat hulle kan sien, wat die seuns toe doen.
Mpilo kyk toe heel onskuldig net om, om te sien wie daar sit.
“Wat kyk jy?” vra die een vrou ongeskik.
“Ek kyk vir jou,” kom Mpilo, wat nie op sy bek geval is nie, se antwoord.
Driftig spring die vrou op en storm nader.
“Gaan kyk vir jouself, jou fokken swart nerf. Jy is net ‘n fokken werfetter…”
“Jy is een, Tannie!” kom dit van Mpilo.
“Ag jy is fokol werd, jou fokken swart nerf…”
(gesprek verkort)
“Moenie so met my vriend praat nie, assebief!” probeer een van die wit seuns tussenbeide tree. As Mpilo se gesig wit van woede kon word, het dit.
“Kom ons loop net, ouens,” kry ek met moeite die ouens daar weg, Mpilo asvaal en duidelik diep seergemaak. Ons stap verby die kiosk na die pawiljoen toe, waar die ander “swart nerwe” van ons skool sit, om by hulle aan te sluit. Ek kry net gou eers vir Mpilo ‘n koeldrank om hom te kalmeer.
“Toemaar, Mpilo, daai vrou weet nie waarvan sy praat nie, hoor jy? Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie,” probeer die een wit ou hom troos, maar dis duidelik dat Mpilo se gedagtes hom anders oortuig.
Julle kan sê wat julle wil, maar dis wat gebeur het. Eina. Terwyl die wit kinders, Afrikaanses en Engelses, in die een skool hulle bes probeer om dit te “maak werk” (amper soos daai girl gesê het aan die einde van Remember The Titans), gee party ander mense doodeenvoudig glad nie om nie. Terwyl die een spul by die omstandighede in Suid-Afrika aanpas en werk daarvan maak, trek die ander terug en haat nogsteeds “die fokken kaffers”…
Wat my laat wonder: aan watter kant van die draad staan jy?
Swaarkaliber Springhaasjag en Reverse Mentoring May 18, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, Suid-Afrika, Vryheid, afrikaans, animals, jeug, sports, vriende.Tags: mentee, mentor, mentoring, Springhaasjag
add a comment
So twee naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.
Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.
Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).
Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.
Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/'mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.
En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.
Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.
Hoekom Pieter Koen nooit ooit weer naby Musiekteater mag kom nie en hoekom geen hoërskool hom ooit weer daarvoor mag gebruik nie September 23, 2008
Posted by tiaan in Life, Reality, South Africa, Sprokies, Suid-Afrika, jeug, music, musicals, musiek, random, schools, skole, song and dance, youth.Tags: Broadway, Grease, Greased Lightnin', High School Musical, I Feel Pretty, Ipi Ntombi, Maria, Memory, Music of the Night, Musical theatre, Phantom of the Opera, Pieter Koen, West Side Story
2 comments
* vir sekuriteitsdoeleindes, privaatheid en sodat ek nie geskiet word nie, is die name hier uitgehaal of verwyder.
Hoërskool-revue’s is sekerlik een van die heel lekkerste dinge wat daar is. Ek dink met groot fondness terug aan my eie paar revue’s waaraan ek deelgeneem het. Die ure se oefen voor die tyd, die balansering met jou sportaktiwiteite en akademie (ons sou soms in die voorportaal in ons sportklere sit en huiswerk doen op stoele terwyl ons wag vir ons beurt om te gaan oefen) en dan die hype wanneer dinge bymekaarkom: die aantrek backstage, grimering, kostuums, opening night met die kaas en wyn en uiteindelik closing night met die laaste show en al die bedankings en blomme en die details oor waar die foto’s en die dvd/video bestel kan word. Dis goed en elke hoërskoolkind moet dit ten minste een keer in sy of haar lewe ervaar.
So, toe M-hulle se skool, Hoërskool X, ook ‘n revue aanpak, was ek natuurlik opgewonde, gegewe die bogenoemde paragraaf en my agtergrond en drama-affiliasie yada yada yada. Hulle het al lank terug begin oefen en vanaand was ek by die laaste van slegs 2 shows. Hulle het in die P-teater in M P, Pretoria, opgetree. Interessante keuse – hoekom nie hul eie skoolsaal se verhoog nie? Ek weet nou nog nie.
Maar, goed, toe is ons nou P-teater toe. My aand het op ‘n uiters slegte noot afgeskop, wat dalk my ingesteldheid beïnvloed het: my sitplek was agter teen die muur, reg by die deur. Die heel crapste spot in die flippen teater. Behalwe vir die feit dat mense die hele tyd laat inkom, sit jy onder die galery, so jy het ‘n dakkie bokant jou kop wat die akoestiek tien keer meer bass gee as wat nodig is.
Nou, die groot ding met hierdie produksie, hulle trekpleister of watookal, was Pieter Koen. Hy sou al die male leads in die show sing. GROOT FOUT! Want seriously, is hierdie show Pieter Koen en die X’e of is dit Hoërskool X-revue met gaskunstenaar Pieter Koen? ‘n Mens kon nie agterkom nie. Wat ‘n mens wel kon agterkom, was dat hy glad nie, geheel en al en glad nie, daarby ingepas het nie.
Probleem nommer 1: As jy ‘n liedjie soos Memory, Music of the Night, You’re The One That I Want, Maria, Phantom of the Opera of Summer Nights sing, móét jy die woorde reg hê! Daar is min dinge in die lewe wat my so kan afpis as wanneer mense die verkeerde woorde van ‘n liedjie sing, met net so ‘n fokken smile op hulle gesigte asof hulle artistic license die ding beter maak. Dit doen nie.
Probleem nommer 2: Kry dan ten minste iemand wat ervaring het in Musiekteater. Vra vir Jannie Moolman of so iemand. Ek weet hy skud nie sy biscuit nie, maar ten minste kan hy die hoë note in Music of the Night moeiteloos baasraak sonder om tricks te trek of te klink soos ‘n stoomtrein wat uitasem raak.
Probleem nommer 3: WTF met die storielyn? Goed, ek weet ons spot met die sprokies en feetjieland en die Wolf mag maar met Tinkerbell iets aan hê (al is die Wolf vroulik) en die Drie Varkies mag vir Hompiekedompie rond begelei en die Three Blind Mice se komedie was actually snaaks (ek het my kliphard gecan toe die een oor ‘n trappie struikel en heel reflektief oor sy mic sê: “O, fok!” Freudian slip, much?!), maar waar de hel het die hot lugwaardinne ingepas? Dankie tog hulle was hot! En jammer, ek weet die Liewe Heksie en die ou Tannie wat die verteller was het die storie geskryf en die hele ding aanmekaar gesit, maar my hel, kry dan kinders om te act, my magtag! Flip, mens steel nie jou eie shine so nie!
Probleem nommer 4: Elke liedjie met Pieter Koen in. Hy moet bly by dit waarin hy goed is, naamlik biscuit-skudding en tattoo-ing, verkieslik op ‘n kunstefees soos Aardklop waar ‘n mens semi-gesuip kan wees as jy na hom luister en saam skud. Hy is nie stage actor nie, hy is ‘n entertainer.
Uitsonderings was Maria uit West Side Story en, actually, Phantom of the Opera se titellied…wel, ten minste totdat hy begin skree het “Sing, my angel!” aan die einde. Dit het hy eintlik heel goed gedoen.
Probleem nommer 5: Daar was eintlik net 3 outjies in die hele revue. Of 5. Maar daar was nie regtig ander nie. Ja, goed, die Eerste Rugbyspan is ingespan om die T-Birds te wees, soos dit maar altyd in hoërskool-weergawes van Grease gebeur en hulle was die twee gangs in West Side Story, maar dit was dit. En Greased Lightning se choreografie was verbeeldingloos en traag. Soos op baie plekke. Grease se choreografie het oor die algemeen nie sin gemaak nie. Hier en daar was daar strokes of brilliance, maar oor die algemeen…bleh.
Probleem nommer 6: Die speel van regte liedjies waar die oorspronklike kunstenaars dit sing terwyl die kinders te moves doen…as die kinders veronderstel is om self te sing. Gebruik hulle talente, my magtag! Selfs al sing hulle dan vals, ten minste gee jy daai Eerstespan-breker die kans om sy tenoor te laat hoor. Post-High School Musical is sing nie meer so groot skande nie.
Hier teen halftyd het dit regtig vir my gevoel of ek my een arm uit sy potjie kan ruk en met my gums aan die bloedkant kan begin kou. Dis nie hoe ek gewoonlik voel tydens musicals nie. Nooit. Ek was eintlik bly ek het by die deur gesit, ek het op ‘n stadium dit oorweeg om te loop. Net jammer ek was nie daar met my eie vervoer nie.
Goed, tweede helfte breek aan. En dis beter, dankie tog! Nie fantasties nie, maar beter.
Goeie punt nommer 1: Kostuums! Waar hulle dit ookal gehuur het, well done. Behalwe met Ipi Ntombi – soos N tereg opgemerk het, dit het meer soos Egiptiese haremmeisies gelyk as mense uit ‘n ‘n shanty-town.
Goeie punt nommer 2: Die ou en die (10-jarige!) meisie wat die latin-dans gedoen het. Uitstekend, absoluut! Ek was momenteel weegevoer en het regtig gedink: WOW! Dít is hoe die hele show moes wees. Die ou was blêrrie goed en hy is blykbaar nou eers 14, so ek sien ‘n blink toekoms vir die man.
Goeie punt nommer 3: M S! En ek belowe jou dis nie ‘n biased Goeie Punt nie. Ja, natuurlik is hierdie post subjektief, hello, maar sy was regtig goed. Sy kry sang opleiding en het al aan Eistedfodds en goed deelgeneem, so ek het darem verwag sy gaan dinge kan reg doen. En sy het, dankie tog! Sy was Maria in West Side Story en het vir ons I Feel Pretty gesing. Nou sy kan musiekteater doen! Selfs toe sy per ongeluk ‘n skop agter die kop kry, was sy nie van stryk gebring nie. Sy het lekker in die rol ingeleef, hoe kort dit ookal was, en haar stem het die hoë note heel gemaklik baasgeraak, selfs al het sy na die tyd gesê sy was nie fiks nie en het uitasem geraak. Nie so geklink nie. Well done, M!
Goeie punt nommer 4: Wel, eintlik al die solo-sangeresse. Veral die girl wat Hopelessly Devoted To You gesing het. Olivia Newton-John sou trots gewees het op haar.
Goeie punt nommer 5: Elke scene waar Pieter Koen NIE in was NIE. Die fokus was op die kinders, waar dit moes wees, en ons kon hulle talente waardeer en nie wonder of dit nou maar net ‘n onderafdeling was vir sy rambling voordrag van You’re The One That I Want nie. John Travolta sou beslis nie trots gewees het nie.
Goeie punt nommer 6: Die choreografie van die gang-fight-toneel in West Side Story. Briljant. Die ouens pull dit so geloofwaardig af, dat ‘n mens dink Hoërskool X moet dalk in die vervolg nét ‘n produksie van West Side Story aanpak. Dit behoort hulle goed te doen (hulle het net ook hier die oorpronklike songs gebruik, wat steurend oorgekom het).
Goeie punt nommer 7: Die hoof en sy adjunkte se weergawe van No Matter What. Not bad, not bad at all. En dit is by the way die regte manier om onderwysers in ‘n skoolproduksie te gebruik: jy gee vir hulle cameo’s. Jy maak hulle nie die hoofkarakters nie.
Die afsluiting: ja, okay, hoe sluit ‘n mens so iets anders af as met We Go Together? So dit was fine. Die probleem is net, na die bedankings…toe doen almal saam Skud Jou Biscuit. AAAAAHHHHHHHHHGGGGGGHHHHHHHH!!!!!!!!!!!!!!!
WTF????!!!!!!
Ja, ons weet Pieter Koen was die “gaskunstenaar” (of “Broadway-ster” soos hulle in hul vroeë Lappop-rendition geclaim het – oh my word), maar is dit nodig om ‘n aand waar ons fokus op musicals is met sy trademark af te eindig en dan mal te gaan asof hy nou net self musiek as sulks ontdek het? I don’t think so.
Ná die tyd het ons (ek en N en sy vrou, wat backstage gehelp het) eers vir die onderwysers gaan gelukwens (!) en alles. En hier is die draaipunt van hierdie post, yay! Want net hierdie geselsies na die tyd het die ding weer vir my in perspektief kom sit.
Kudo’s nommer 1: Dit vat ongelooflik baie effort om so ‘n produksie op die planke te bring. Ek haal daarom al my hoede af vir die kreatiewe span agter die revue.
Kudo’s nommer 2: As die kinders dit geniet het, was dit suksesvol. Punt. Nie of die een dansende couple op die verhoog neergesloeg het en of Hompiekedompie ‘n paar keer nie sy val kon keer nie en of almal die hele tyd honderd persent op die noot gesing het of whatever nie. As die kinders dit geniet het en voor hulle vriende in die P-teater kon optree en na die tyd sê: “Wow, dit was lekker! Ons sal dit weer doen!” Dan was dit geslaagd. En in hierdie geval was dit.
Net ‘n laaste ding: Scout assbelief jou hele skool deur vir talent totdat jy senior seuns het wat kan sing. Jy hoef nie ‘n Afrikaanse Popster in te span wat jou derduisende rande kos net sodat jy sy naam op die kaartjie kan sit om jou produksie ‘n sukses te maak nie. Inteendeel.
Musiekteater is die een ding wat Pieter Koen nooit ooit weer mag doen nie. Ek is seker sy twee-jaar oue seuntjie wat saam met hom op sy heup sy biscuit geskud het en met permanente tinitis in sy ore gaan grootword, sal saam met my stem
I hate goodbyes…want dis hartseer September 12, 2008
Posted by tiaan in Blogroll, Cruise ships, Life, Reality, Relationships, movies, random, vriende.Tags: Disney Cruise Lines, Jim Carrey, One Tree Hill, Reënboogrant, The O.C.
add a comment
Die groot ding met afskeid neem is dat ‘n mens mense agterlos. Ja, jy sny hulle nie uit jou lewe uit per se nie, maar jy vat hulle nie noodwendig saam nie. Sommiges doen jy, maar jy kan dit nie met almal doen nie. Party bly noodgedwonge agter en staan op die wal vir jou en waai terwyl jou boot die sonsondergang in vaar.
En dis sad. Dis blêddie sad. Ek tjank sommer.
Sien, ek het die werk by Disney Cruise Lines gekry as Youth Activities Counselor en kan enige tyd van 5 Desember af vertrek. Ek weet nog nie wat die presiese datum gaan wees nie – hulle moet nog ons kontrakte stuur – maar die kanse is groot dat ek nie Kersfees by my familie gaan wees nie. Wat al klaar ‘n bummer is, maar as dit so moet gebeur, is dit nou maar hoe dit is.
Wat sleg is wanneer ek oor 11 weke by Wonderboom klaarmaak (Ja, ek tel al die slapies! Nog net 9 weke dan is ons gelegitimeer!), is die mense wat ek gaan agterlos. Goed, ek weet, hulle gaan okay wees en alles, maar nogtans. Ek hou nie daarvan om mense uit my lewe te verloor nie. Elkeen speel ‘n rol, elkeen maak ‘n impak. Ek sê mos altyd: It’s not WHAT you know, it’s WHO you know, en dis vir my belangrik. Natuurlik het die koms van Facebook aansienlike oplossings vir hierdie probleem kom aanbied, maar daai persoonlike kontak is maar iets wat ek mis.
Deur die jare was daar al baie mense vir wie ek moes totsiens sê, maar gelukkig het my paaie weer met hulle s’n gekruis. Ek raak dan so ‘n bietjie obsessief (sorry!) as ek hulle weer sien of kontak maak en dan voel ek vir myself soos ‘n stalker. Ek weet nie of dit is hoe dit oorkom nie. Dis net, ek is so bang ek “verloor” hulle weer dat ek soveel as moontlik tyd saam met hulle wil spandeer.
Call me an idiot. Ek voel al klaar vir myself so fake. As ek in die spieël kyk, vra ek myself: wat maak ek hier? Ek het niks om hierdie mense vir wie ek bedien, te bied nie. Daar is so baie dinge in my eie lewe wat verskriklike groot werk nodig het. Ek voel nie asof ek eerlik is met hulle of met myself nie. Dis een van die goed wat ek hoop ek kan uitsorteer wanneer ek op die skip is – waar ek hoort, wat ek het om te gee, sulke goed.
Sien, ek het ‘n afspraak gemaak gekry met die skryfster van die Reënboogrant-reeks, Louise van Niekerk. Aan die einde van my skripsie is een van die aanbevelings wat ek maak dat dié tiener-boekreeks in ‘n TV-reeks omskep moet word, soortgelyk aan The O.C. of One Tree Hill. Ek gaan nie nou die lys maak van sake wat dit aanspreek nie, maar vat my woord as ek sê dit kan uitstekend gebruik word om tieners mee te beraad of te evasngeliseer. Ek en sy gaan ‘n bietjie koffie drink en oor die moontlikhede gesels. Nou, in die lyn van al my drome en passies en stuff wens ek met my hele hart dat dit kan realiseer. Nou die aand by die oefening van die produksie wat ek en Annelie aanbied, het ek gevoel en geweet dat dit is wat ek vir die res van my lewe kan doen. Ek het dit vir haar gesê ook, maar sy was ‘n bietjie meer skepties oor haarself.
Dis net, ek sien nie kans daarvoor om in ‘n beroep te wees waar mense jou verkwalik as dit crappy gaan in hulle eie lewens nie. My hart lê nie by dit nie. Maar ek sal enige dag die heeldag lank werk aan ‘n manier om die nuus van hoop deur een of ander vorm van uitvoerende kunste aan mense te bring. Dan doen ek ten minste iets en praat ek nie net rondom ‘n sinode-tafel daaroor nie.
En in die proses wil ek almal wat vir my lief en dierbaar is behou. Want soos wat Jim Carrey in Dumb and Dumber gesê het: “I hate goodbyes!”…want dis hartseer.