Kots in ‘n tuimeldroeër August 12, 2009
Posted by tiaan in Life, Reality.Tags: issues, probleme, wegsteek
4 comments
Okay, hierdie post gaan nie oor kots of tuimeldroeërs nie.
Ek wonder maar net ‘n bietjie. Sien, ek wonder oor hoe accepting ons eintlik is. Ek sit byvoorbeeld met ‘n probleem en ek kan niemand daarvan vertel nie – dis te sensitief. “Dominees” is nie veronderstel om sulke tipe probleme te hê nie, ons is immers die morele steunpilaar waarop sowel die jeug as die ouer garde moet staatmaak. So dit maak dit ‘n bietjie moeilik. My shrink is in Pretoria en ek is in 400km daarvandaan, so ek kan haar nie vertel nie. Ek kan nie my ouers vertel nie, want dit sal net te erg wees. Ek kan nie my kollegas vertel nie (alhoewel ek behoort te kan, maar ek wil eintlik nie want ek kan nie nog geskende verhoudings hanteer nie). My beste vriende is in Pretoria en weer eens is die geografie teen my. En selfs vir hulle sal ek dit moeilik vind om te vertel. Ek weet dis nie ‘n judgmental klomp nie (ek glo nie so nie. Ek hoop nie so nie.). Maar ek is net té versigtig. Net té bang hulle verstaan nie. Of sien my anders as wat hulle my altyd gesien het.
So dis nogal moeilik.
Intussen moet ek face up, suit up en show up vir die daaglikse eise van “die bediening” – niks fout daarmee nie, ek noem dit net – sonder dat my eie persoonlike issue uitgesort word.
Dalk lug ek bloot ‘n gevoel wat baie ander met my deel.
I dunno.
Luidkeels 3 Oorgegee Road Trip en Marcus Borg se “Jesus” July 27, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Friends, Jesus, Life, Reis, Relationships, Suid-Afrika, Vryheid, books, godsdiens, jeug, kerk, music, musiek, religion, vriende, youth.Tags: Andrew Root, Luidkeels Hersien, Luidkeels Oorgegee, Marcus Borg, place-sharing, retief burger, Road Trip-experience
add a comment
Okay, die titel mag dalk suggest dat die twee in hierdie post iets met mekaar uit te waai het, maar dit het nie regtig nie, behalwe dat ek die Borg-boek tydens dieselfde naweek gekoop het. Dit sal dalk later meer met mekaar te doen hê!
Ons het die afgelope naweek van 26 Julie 2009 met ‘n spul tieners hier van Vryheid af Pretoria toe geroad trip vir Retief Burger en Luidkeels se derde cd/dvd-opname, getiteld Oorgegee, te NG Moreleta Park. Wat ‘n ervaring! Behalwe vir die opname, wat uitstekend was, was dit vir my ook ‘n voorreg om saam met hierdie tieners dit te kon deel. Nie almal is op dieselfde plek geestelik nie, onviously, maar dit was vir almal iets besonders. Of so glo ek, te oordeel aan die terugvoer en stories na die tyd. Veral van die een outjie wat in die week vir my gesê het hy het nog nie heeltemal honderd persent geloofsekerheid (om nou maar die taal wat ons praat te gebruik) nie.
Die musiek was van hoogstaande gehalte, soos ek verwag het. En ou Retief beïndruk my al hoe meer. So ‘n paar jaar gelede het ons na hom geluister toe hy by ‘n predikante-winterskool so ‘n sessie oor kerkmusiek gedoen het en hy het ‘n paar goed oor die Fakulteit in Pretoria kwytgeraak wat ons op daardie stadium (midde-in die Jurie Le Roux-Dirk Human-Julian Muller-saga) glad nie goed opgeneem het nie. Dit het my ‘n bietjie skepties teenoor die man gelaat, laat ek nou maar bieg. Maar vandat ek twee jaar gelede by Luidkeels Hersien se opname was, het ek ‘n ander deuntjie begin sing (pun intended!). Toe hulle in Mei vanjaar hier in Vryheid opgetree het, het hulle my regtig oortuig van hulle integriteit en die afgelope Saterdag kon ek dus gelukkig sonder enige ugly vooroordeel geniet.
Daar was ‘n paar van die tieners wat op die laaste moes kop uittrek, of wat lankal iets anders aangehad het maar graag wou saam gaan, of wat op die end besluit het: ag, ek is nie lus nie, en later baie spyt was.
Vir my het dit egter oor meer as net die opname gegaan. Dit was die hele Road Trip-experience, want daar was mense saam wat nie eintlik in ons gemeente is nie en ander wat nie gewoonlik by ander jeug-aktiwiteite kan wees nie. Dit was lekker en spesiaal om in ‘n koue nag terug te ry Natal toe van Gauteng af en met 17-jarige seuns gesprekke te kon voer oor hoe ons ons Christenskap verstaan en watter impak die Bybel in ons lewens kan maak en doen. En om sommer net musiek te luister en grappies te vertel. En om, in die woorde van Andrew Root, sommer net “place” te “share”. Dit was cool.
Oor Marcus Borg se boek sal ek later seker in meer detail ‘n klomp goed kwytraak, maar vir eers net dit: ek het nog nie voorheen van hierdie boek gehoor nie, so ek is nie deur die titel beïnvloed nie. Okay, dis ‘n leuen, want die titel is Jesus en, wel, Jesus het my al baie beïnvloed, haha, maar ek is meer getrek deur die outeur. Ek het nog net The Heart Of Christianity deur Borg gelees, so twee jaar gelede. Dit was besonders, kom ons stel dit so. Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ook wees. Hy pak die verskillende maniere oor hoe ons die Jesus-storie vertel netjies uit en maak ‘n mens bewus van waar jy so half en half staan, of nie staan nie, en waar jy overlap en goed. Ek sal graag dit wat hy sê, of die manier hoe hy dit beskryf aan ons tieners wil oordra. Ons taal waarmee ons oor Jesus en ons eie geloofslewe praat is só arm dat dit net goed kan wees. Want baie is al lankal oppad saam met Jesus, maar dink hulle moet nog ‘n sekere woordformule uiter om dit offisieel te maak of iets.
Ons Christene is eintlik maar ‘n weird spul. Ek meen, waar ry jy op een dag byna 900km heen en weer net om saam met iemand te sing oor Iemand wat jou lewe verander?
Een oggend in die saal se voorportaal… June 10, 2009
Posted by tiaan in Life, Relationships, Suid-Afrika, choices, doop, godsdiens, jeug, kerk, skole, vriende, youth.Tags: aanneming, belydenisaflegging, doop, eksamen, voorstelling
add a comment
Dit is ongewoon koud en reënerig vir Junie-maand in V**. ‘n Groep matrieks staan in die voorportaal van die saal en huddle om ‘n bietjie warmer te word voordat hulle die tweede eksamensessie van die dag, Tegniese Tekeninge, aanpak.
“Wat maak daai kinders by die hoof?”
“Hulle het sulke vuurhoutjie-boks bomme gemaak,” antwoord Willie.
“Hoe werk dit?”
“Jy vat die vuurhoutjies…” begin hy verduidelik. Die ander luister geamuseerd.
“Ek hoor jy het ‘n bietjie aksie by die kerk Sondag?”
Willie knik so half instemmend.
“Wat doen jy by die kerk Sondag?” vra Anton.
“Ek word Sondag aangeneem,” antwoord Willie. Hy glimlag so half as hy dit sê.
“Moes jy nie die eerste Nagmaal-Sondag na ons aangeneem gewees het nie?” vra Anton weer.
“Ek kon nie daar wees nie, ek was by kompetisie,” verduidelik Willie.
“Dit maak in anyway nie saak wanneer nie. Hy doen dit mos nou. Ek sou graag daar wou wees, ou.”
Hy glimlag weer so half, en draai dan weg om ‘n papier of iets wat op die grond lê in ‘n asblik te gaan gooi. Wat sê daai glimlag? Is hy verleë? Is hy trots? Is hy opgewonde? Is hy onseker? Want ek weet ook dat hy Sondag gedoop word, tesame met sy aanneming en voorstelling/belydenisaflegging of wat jy dit ookal wil noem.
En dit is vir my hartseer dat hy al sy vreugdes en al sy probleme vir homself hou…
Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme May 30, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, South Africa, Suid-Afrika, rugby, schools, skole, thought provoking stuff, youth.Tags: Blou Bulle, parallelmediumskool, retief burger, Super 14-finaal, Vertikaal
14 comments
‘n Paar kort topics wat ek gou wil aanraak, net om hier en daar goeters rond te stir.
DISCLAIMER: hierdie entry is nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis vandag die Super 14-finaal op Loftus Versfeld in Pretoria, ‘n uiters Blou Pretoria en ek wens ek was daar, maar in plaas daarvan het ons ‘n big screen in die kerksaal waarop ons die wedstryd gaan wys. Dit kombineer ons met ‘n bring-en-braai en VERTIKAAL se optrede ná die tyd. Maandagaand was Retief Burger-hulle hier gewees en dit was awesome. Daar is net ‘n klein sakie met ‘n skool wat kinders gehou het om vir ‘n mode-parade/big brag-ding te oefen en veroorsaak het dat hulle nie kon kom nie, al het hulle saam met ons baie daarna uitgesien. Maar ons sal daardie kinders saamvat wanneer ons Pretoria toe road trip vir die Luidkeels 3 cd-opname!
En, nog ‘n ding: julle kan maar sê alle Blou Bulle is tappit, maar elkeen van die driedrukkers laas naweek het met ‘n gebaar die eer aan God gegee vir hul talente en dit openlik op TV gewys. Daarom sal ek die span aanhou ondersteun, al boe die ander mense op die pawiljoen ook hoe.
Die rassisme-ding kom al van laas week af. Vir die wat nie weet nie, dis alive and kicking (and swearing). Ek het net maar weer beleef hoe verskillend mense gekondisioneer word, afhangende van die omstandighede waarin hulle is. Hoërskool Richardsbaai is een van 3 Afrikaanse hoërskole in KwaZulu Natal en tydens ‘n sportgeleentheid teen Hoërskool Vryheid (‘n parallel-mediumskool) het ons (VHS) daar by hulle gaan speel. Gedurende die dag sit ek saam met party van die kinders agter die een veld se rugbypale en kyk na ‘n wedstryd, met ‘n paar volwasse dames wat agter ons gesit het, op ‘n walletjie, so hulle was effens hoër as ons en hulle het op ‘n bankie gesit. Daar kom toe van die hokkie-ouens daar by ons aan en ons gesels toe oor hoe hulle wedstryd was. By ons het een van die swart spelers, Mpilo, gesit. Mpilo, ‘n gewilde leerling in graad 11, is in die Afrikaanse medium en het ‘n baie goeie verhouding met die wit inders – hulle is vriende en die wit kinders aanvaar hom ook so. Dis een van die voordele van ‘n dubbel- of parallelmediumskool: hulle leer kinders hoe om in die nuwe Suid-Afrika te kan funksioneer en goed te kan funksioneer ook!
In elk geval, die hokkie-ouens staan toe half voor die dames, wat mooi aangetrek is en eintlik heel ordentlik lyk) en een van hulle vra toe of die seuns sal skuif sodat hulle kan sien, wat die seuns toe doen.
Mpilo kyk toe heel onskuldig net om, om te sien wie daar sit.
“Wat kyk jy?” vra die een vrou ongeskik.
“Ek kyk vir jou,” kom Mpilo, wat nie op sy bek geval is nie, se antwoord.
Driftig spring die vrou op en storm nader.
“Gaan kyk vir jouself, jou fokken swart nerf. Jy is net ‘n fokken werfetter…”
“Jy is een, Tannie!” kom dit van Mpilo.
“Ag jy is fokol werd, jou fokken swart nerf…”
(gesprek verkort)
“Moenie so met my vriend praat nie, assebief!” probeer een van die wit seuns tussenbeide tree. As Mpilo se gesig wit van woede kon word, het dit.
“Kom ons loop net, ouens,” kry ek met moeite die ouens daar weg, Mpilo asvaal en duidelik diep seergemaak. Ons stap verby die kiosk na die pawiljoen toe, waar die ander “swart nerwe” van ons skool sit, om by hulle aan te sluit. Ek kry net gou eers vir Mpilo ‘n koeldrank om hom te kalmeer.
“Toemaar, Mpilo, daai vrou weet nie waarvan sy praat nie, hoor jy? Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie,” probeer die een wit ou hom troos, maar dis duidelik dat Mpilo se gedagtes hom anders oortuig.
Julle kan sê wat julle wil, maar dis wat gebeur het. Eina. Terwyl die wit kinders, Afrikaanses en Engelses, in die een skool hulle bes probeer om dit te “maak werk” (amper soos daai girl gesê het aan die einde van Remember The Titans), gee party ander mense doodeenvoudig glad nie om nie. Terwyl die een spul by die omstandighede in Suid-Afrika aanpas en werk daarvan maak, trek die ander terug en haat nogsteeds “die fokken kaffers”…
Wat my laat wonder: aan watter kant van die draad staan jy?
Swaarkaliber Springhaasjag en Reverse Mentoring May 18, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, Suid-Afrika, Vryheid, afrikaans, animals, jeug, sports, vriende.Tags: mentee, mentor, mentoring, Springhaasjag
add a comment
So twee naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.
Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.
Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).
Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.
Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/'mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.
En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.
Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.
Awkward!!! February 11, 2009
Posted by tiaan in Life, random.add a comment
Weet julle wat is awkward?
Om by ‘n houthuisie se hoekie om te spring en dan per ongeluk in ‘n meisie se gesig te poep
Om regtig kaal by die skool aan te kom
Om regtig kaal op ‘n verhoog te verskyn sonder dat jy dit beplan het
Om planne oor jou toekoms te maak en dan vind ander mense daarvan uit voor jyself doen.
Om in die Internet Kafee te sit en die couple langs jou fight só dat die vrou die man slaan terwyl hy op die rekenaar werk (dis MOERSE awkward)
Om op die preekstoel te klim en te weet almal kyk vir jou.
Om te voel dieselfde vrou wat haar man geslaan het gaan jou dalk nou slaan as sy hierdie lees terwyl jy dit tik
Om te veel wortels vir ontbyt te eet
Dis nogals awkward.